Katryn - April 21, 2011 om 16:37
Eksodus 20: 3, 4 “Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.’ “Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.” Ek dink dis baie duidelik dat jy GEEN ANDER GODE MAG Hê NIE. Paasfees en Kersfees is heidense feeste en ons mag hulle nie vier nie (hê nie). Dis nou die afgelope 2 jaar dat ons nie meer die feeste vier nie en ek moet by sê my kind is 8 jaar oud en verstaan dit. Wat hartseer is, is dat volwassenes dit nie verstaan nie want dis iets wat ek my arme kind ontneem wat absoluut snert is. My kind kry aandag, liefde en wee twat respek vir ander is. Terloops het julle geweet dat kersfader redelik baie einskappe het wat Christus ook het? Hy is alomteenwoordig, hy weet wanneer kindertjies stout was en nie ‘n present gaan kry nie, hy kom vanuit die Noorde en hy lewer geskenke af vir al die kindertjies in een nag. Wat sê dit vir jou? Jou kinders het nie Paasfees en Kersfees nodig nie en dis nie ag shame nie want ag shame gaan hulle nie die Ewige Lewe laat beërwe nie.
Die Ou Man - April 21, 2011 om 17:25
Katryn.
Met die woorde: "jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie" erken Jahweh (stamgod van die Israeliete) die bestaan van ander gode. Let wel, nie afgode nie.
Jahweh se Tien Gebooie is ook nie gerig aan die Fillistyne, Egiptenaars, Kanaäniete en die res van die wêreld nie. Dit is slegs van toepassing op die Israeliete.
Nie-Israeliete is dus geregtig om te aanbid wie ons wil, of glad nie.
Vergelyk die volgende erkenning in die Bybel.
"Want al die volke van die aarde MAG wandel elkeen in die naam van sy god, maar ons sal wandel in die naam van die Here onse God vir ewig en altoos." (Miga 4:5)
Nou kan julle gerus ophou om 'n Midde-Oosterse stamgod en sy Duiwel op die res van die mensdom af te dwing.
Liefde groete.
Die Ou Man
Bookmarks