Ostara / Paasfees


Paasfees is in werklikheid van oorsprong n ou Heidense fees: Ostara.

Voor die kerstening van Europa is hierdie fees in Engeland gevier onder die naam Easter en in Duitsland onder die naam Ostern. Waar die naam van hierdie fees in Nederlands en Afrikaans verander is na Paasfees is die ou benaming in Duitsland en Engeland behou tot en met vandag. In Nederland was hierdie fees egter vroer bekend as Ooster of Ester. In Oud-Hoogduits was dit starn en in die Middeleeue het Paasfees bekend gestaan as stertac (Oosterdag). Die maand Maart was in Saksies bekend as Estermonath (Estermaand). Die Godin Ostara het 'n baie ou herkoms, want haar naam is ook herkenbaar in 'n aantal name van ander Indo-Europese Godinne, byvoorbeeld die Romeinse Aurora, die Griekse Eos, die Litouwse Austr, die Voorasiatiese vrugbaarheidsgodin Astarte, die Mesopotamiese Ishtar en die Vediese Usas. In die Germaanse taalgebied bestaan 'n aantal plekname wat dui op Ostara. Voorbeelde is Oosterhout wat tot in die elfde eeu bekend gestaan het as Ostreholt. Dan het Oosterbeek nog in 834 Ostarbac geheet. Heiligerlee het vroer bekend gestaan as Asterlo (Oosterloo).

Ostara was n seisoensgodin. Sy het die koms van die vrugbare periode aangekondig, nl. lente (in Europa). Haar naam dui op die ooste waar lig (die son) vandaan kom. Ostara was die Godin van die stralende lenteson en sy het gesorg vir blymoedigheid en vrolikheid. Omdat Ostara die vrugbare periode ingelei het, is ook ander minder bekende Vrugbaarheidsgode- en godinne in die tyd vereer. Op die eerste dag van Ostara sou die son drie vreugdespronge maak voordat hy werklik opgekom het. Water wat op hierdie dag uit n put gehaal is, was heilig en heilsaam. Tydens hierdie fees is ook vure op heuwels aangesteek wat in Nederland en Duitsland bekend staan as Paasberg en Paasvuur. Tydens die Middeleeue was daar in baie distrikte 'n verbod uitgevaardig teen die aansteek van Paasvure, maar die gebruik kon nie uitgeroei word nie. In 1342 skenk 'n Graaf in Hrde 'n berg op sy landgoed aan die volk waar hulle "up hillige Paschendag" vreugdevure kon aansteek. In die werk van Johann Timeus met die titel Vom Osterfeuer word beskryf hoe die mense in 1590 in die omstreke van Brunswijk, Lnel en Hildesheim op die heuwels paasvure aangesteek het waarna die volk hulle vermaak het met musiek, dans en spel. Na afloop van die fees het die feesgangers oor die vuur en as gespring en ook is die vee ten slotte oor die as gedryf. In die 17de eeu sou die kerk steeds kla oor die ongeregeldheit der schandelicke ende ergerlicke paeschvuyren. Vandag word Paasvure steeds in Europa tydens die Pase aangesteek. Ook is die aansteek van Paaskerse tydens die Pase 'n oorblyfsel uit die tyd van die Ostara-vuur.

Ostara was n vrugbaarheidsfees. Die Afrikaanse woorde 'oes' en 'oestrogeen' dui op hierdie vrugbaarheid. 'n Baie belangrike simbool van vrugbaarheid uit die verre verlede is die eier. Paasfees staan in Estland bekend as Munadephad of Eierfees. Hierdie lentefees het om eiers gewentel en is eiers geoffer aan die Lentegodin Ostara. Eiers is ook op 'n bord begrawe in 'n akker, wat as 'n offer beskou was aan hierdie Lentegodin, om die vrugbaarheid van die gewasse te verhoog. Tydens hierdie lentefees was uitbundig fees gevier. Daar was nie alleen baie eiers geet tydens die fees nie, maar hierdie volksfees het ook spelletjies ingesluit wat met eiers gespeel was(1). Die speurtog na die eiers in die Paastyd (baie gewild in Europa tydens die Pase) is n oorblyfsel van Ostara.

Benewens die eier as vrugbaarheidsimbool was ook die haas en die hen vrugbaarheidssimbole. Ouers het aan hulle kinders vertel dat hase eiers l. Dit is verder bekend dat die haas gewy was aan die Liefdes- en Vrugbaarheidsgodin Freya. Ook die Grieke het die haas geoffer aan die Liefdesgodin Aphrodite. In die agtste eeu het Pous Zacharias die eet van haasvleis vebied omdat dit 'n Heidense offerdier was. Ook was die haas geassosieer met die Oudromeinse maangodin Diana. Maar ook die haan het as simbool gedien vir vrugbaarheid. Die haan het in die top van die boom Yggdrasil gesit en is verbind met die koms van die eerste lig in die oggend. n Haan op n stok, met lekkers daaraan (in Nederland bekend as Paaspalm) is n oorblyfsel uit die Ostara. In die tyd van die Ostara was dit gewild om brood te bak in die vorm van hase, hane, henne en eiers. Die kerk het probeer om hierdie "Heidense Offerkoeke" te verbied in 743 tydens die sinode van Leptines in Henegouwen. Hierdie verbod was onsuksesvol en is koeke, lekkers en sjokolade in hierdie vorms, vandag steeds tydens die Pase verkrygbaar.

Daar word in Engeland beweer dat die Hot Cross Buns deur die kerk ingevoer is om die Heidense gebak te verdring. Daar word egter ook beweer dat die Hot Cross Buns via die Mithrasme na Engeland gegaan het en dat dit bekend was voor die koms van die Christendom. Daar word ook beweer dat brode met 'n kruis daarop 'n baie ouer herkoms het. Dit is eintlik 'n hamerteken. Die hamer is simbool van die Germaanse God Thor. Die ou Germane het hierdie hamertekens (of kruistekens) aan hulle huise gehad, op hulle skilde, op hulle vlae, op hulle wapens (en later stadswapens), familiewapens en op hulle brood. Terloops die woorde brood en bord is verwant (verspringing van die r). Die ou Europers het groente en vleis op 'n plat stuk brood geet. Hierdie gereg staan vandag bekend as 'n pizza (vergelyk Hebreeuse pita en Griekse petta).





YslandSwedeNoorweFinland
Boerland



Die viering van die lentefees was uiters gewild en dit het ook oor 'n aantal dae gestrek. Die Heidense herkoms van 'n aantal ander dae rondom Pase is ook interessant. Direk na die einde van die Karnaval, volg Aswoensdag. Na Aswoensdag volg 40 dae vastyd tot en met Paas-Saterdag (ook Stille Saterdag).

Aswoensdag het 'n Heidense oorsprong, maar hierdie dag is deur die Katolieke kerk ingepalm. Op Aswoensdag sal die Katolieke priester 'n askruisie (sy vinger word in as gedoop) op die voorhoofde maak van Katolieke Christene met die woorde: "Gij zijt uit as en tot as zult ge wederkeren''. Vir die Katolieke dui dit op die nietigheid van die mens.

Vir die Heidene het 'n askruis juis simbool gestaan vir opperste weerbaarheid en beskerming. Die woord as is afkomstig van die Godegroep Ase. Die woorde van die Katolieke priester is ouer as die Christendom en beteken: "Van die Ase is jy, en tot die Ase sal jy terugkeer". Onder die Heidene het as verder ook simbool gestaan vir vrugbaarheid. As is na die offers in akkers gestrooi om dit vrugbaar te maak.

Die belangrikste biddae en dankseggingsdae vir 'n goeie oes, het plaasgevind op 'n Woensdag (Wodan se dag) en dan veral op die tweede Woensdag in Maart en die 1st Woensdag in November (danksegging). Vergelyk die Amerikaanse Dankseggingsdag.

Na Aswoensdag volg Wit Donderdag. Die belangrikste Gode vir die Ou Germane was Wodan en Donar. Sommige Duitsers (en ook Skandinawirs) het nog tot laat in die Middeleeue Donderdag as rusdag geken het ter ere van die God Donar. Donar was ook bekend as die Huweliksgod en is die meeste huwelike (tot in die laat Middeleeue) op 'n Donderdag gesluit (2). Wit was vir die ou Germane 'n heilige kleur en die kleur wit was op di dag 'n heersende kleur. Die meeste huwelike is dan ook voltrek in Maart voor of tydens die Ostara. Wit was die kleur van die priesteresse en ook die kleur van die dansende meisies wat die kern gevorm het van die lentefeeste.

Wit Donderdag staan in Griekeland ook bekend as Rooi Donderdag, wat verband hou met die opkomende rooi lente-son. Vandaar ook die rooigeverfde eiers (later Paaseiers) wat ook na die son verys. Vir die Ou Germane was rooi, naas wit, ook 'n heilige kleur, maar veral dan van die Joel (huidige Kersfees).

Wit Donderdag staan in Duitsland en Denemarke bekend as Groen Donderdag. Groen staan simbool vir die komende lente. Op hierdie dag was juis baie groen groente geet tydens die fees. In Limburg is op die dag 'n groenkleurige sop genuttig wat bekend gestaan het as ''Dissipelsop'' wat dui op die kerstening van die Heidense feesgereg. Groen Donderdag is vandag steeds 'n vakansiedag in Denemarke. In Litouwe staan Groen Donderdag bekend as Velu Velikos - die groot dag van die geeste.

Na Wit Donderdag (of Groen Donderdag) volg Goeie Vrydag.

Die datum waarop Ostara gevier was het per streek verskil. In sommige streke was dit gevier op 21 Maart, dus presies tussen midsomer (21 Junie) en midwinter (21 Desember). In ander streke was die fees gevier tussen 21 en 25 Maart en in ander streke weer op die eerste volle maan na 21 Maart.

Die kerk het aanvanklik probeer om die Heidense fees stop te sit, maar sonder sukses. Ook moes daar 'n vaste datum gekom het vir die viering van Paasfees. Luther was onder andere 'n voorstaander hiervan. Maar die wens van Calvyn was dat hierdie feesdag moes verdwyn. In Switserland was hierdie fees dan ook 'n tyd lank afgeskaf. Die Calviniste het hierdie vrolike lentefees ook probeer omskep in 'n dag van boetedoening. Aan die einde van die 17de eeu was Pase by die Protestante gevier as boetedag in plaas van 'n feesdag. Hierdie mense sou die nagmaal bewoon in swart roukleding en alle vorme van vrolikheid was verbode. Die Christelik Paasfees was tot en met 325 saam met die Joodse feesdag gevier. Vanaf 325 vier die Christene die opstandingsfees nie meer op die 14de dag van die Joodse maand Nisan nie, maar op die Sondag daarna. Paasfees word vandag gevier op die eerste Sondag na die eerste volle maan wat op of na 21 Maart val (tussen 21 Maart en 26 April).

(1) Van hierdie feeste met eiers ken ons vandag nog tydens volksfeeste waar met eiers in lepels gehardloop word, eiers deur die lug gegooi word sonder dat dit breek, vrot eier, ens.

(2) Elke huwelik is met die slaan van 'n hamer beklink - die hamer van Donar. Dieselfde hamer word vandag steeds gebruik in geregshowe.



Met dank en erkenning aan Heiligdom.