'n Paar bekende Boere bygelowe.
*Sewe jaar se ongeluk as jy 'n spieël laat breek.
*Jy roep die dood as jy 'n sambreel in die huis oopmaak.
*Moenie onder 'n staande leer verby loop. Dit bring ongeluk en tweespalt.
*Raak aan 'n stuk hout as jy positiewe opmerking maak.
*Swart kat oor die pad sien stap, beteken onheil.
*13 is 'n ongelukkige nommer (abnormale vrees vir die 13de: triskaidekaphobia.)
* 7 is 'n gelukkige nommer.
*As 'n jong meisie bo op 'n tafel sit, gaan sy nie 'n man kry nie.
*As 'n mes of vadoek val, gaan daar gaste kom kuier.
* 'n By in die huis beteken dat kuiermense op pad is.
*As die uil op jou dak kom sit en roep, gaan iemand sterf.
*As die wolke 'n sekere formaat aanneem, voorspel dit ook onheil of dood.
*Gooi 'n knippie sout oor jou skouer as sout gemors is.
*Moet nooit vir iemand 'n knipmes as geskenk gee nie.
*As die weerlig en donderweer slaan, moet jy 'n kombers oor die spieël gooi.
* Slegte dinge gebeur in drieë.
* Kap 'n pennie op jou drumpel vas om bose geeste uit te hou.
* Hang varkspek in jou huis om bose geeste uit te hou.
* Kap 'n perdeskoen aan jou kosyn vas met die oopkant na bo, vir geluk.
* Mayflower in die huis bring die dood.
* Ossewaens op die Groot Trek is aan die binnekant blou geverf om bose geeste uit te hou.
* 'n Bruidegom mag nie die bruid in haar trourok voor die troue sien nie.
* tel die aantal vratjies op jou liggaam. Sit soveel klippies in 'n twaksak en gooi dit oor jou skouer sonder om te kyk waar dit val. Die vratte sal dan verdwyn.
* Sny 'n vrat en ent die bloed in 'n keep wat uit 'n aartappel gesny is. Plant die aartappel en die vratte sal verdwyn wanneer dit opkom
Bookmarks