Uit Beeld.
Die Ou Man
agnossie.
Jesus, die Jood wat 'n god geword het, het aan sy mense die koninkryk van God/die hemele verkondig. Volgens hom is die koninkryk van god binne ons. Dit is die "evangelie van die lewe". In teenstelling met hierdie positiewe boodskap het die Kerk gekies om die "evangelie van die dood" te verkondig. Die christen boodskap het ontaard in die langste begrafnis seremonie denkbaar en steeds word die "skuldiges aan sy dood" by die hope ingesamel deur sendingwerk.
Hy het ook gesê dat hy een met sy Vader is (vandaar o.a. die drie-eenheid) en bygevoeg dat ons ook een met die Vader kan wees (multi-eenheid?)
Die "godheid binne my" vergestalt in my geestelike bewussyn, wat sinkroniseer met die res van die sg. skepping (ewige oneindigheid)
Die godheid is 'n alom en immer teenwoordige krag en my verhouding tot daardie "krag" is soos dié van 'n weerkaatser wat op die lig terugkaats.
Ek is 'n goddelike wese en in vergelyking tot god vergelykbaar met, ék as 'n druppel seewater teenoor God die oseaan.
Nadat ek die Christen mitologie (Bybel) deurgewerk het, was ek in die posisie dat daar net een aspek tussen my en volwaardige agnosis gestaan het en dit is op die geestelike vlak. Noem dit die "godkol" in my kop as jy wil, maar dit bestaan en kan reflekteer op die toekoms.
Ouspenskie het dit soos volg verduidelik.
Vele van ons dra kennis van die sensasie van: "Ek was al hier. Of dit het reeds gebeur." Dit gebeur veral in die kinderjare en staan bekend as deja vous. Hierdie sensasie verdwyn gewoonlik in die volwasse lewe. Alhoewel hierdie voorkennis of geheue meeste van die tyd geverifiëer kan word, is dit nie genoeg om voldonge daarop voort te bou nie.
Ons is dus geregverdig om te vra: "As sodanige herhaling van tyd of lewe wel bestaan, hoekom weet ons niks daarvan nie? Hoekom onthou ons nie meer nie?"
Hierdie vrae is deeglik geregverdig en nie moeilik om te beantwoord nie.
Die skoenlapper verdwyn in sy voorafgaande lewe, sterf in sy voorafgaande lewe, hou op om te bestaan in sy voorafgaande lewe en verloor alle kontak met sy vorige lewe. Al is die skoenlapper in die posisie om meer te leer en te verstaan, is hy nie in die posisie om die rusper enigiets daarvan te vertel nie, want die rusper is reeds dood.
Daar moet dus iets analogies reg verloop vir mense aan wie die misterie van tyd geopenbaar is. (My vertaling)
Liefde groete.
Die Ou Man
Bookmarks