Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

+ Reply to Thread
Results 1 to 1 of 1

Thread: Top 11 tekens dat jy ‘n onkritiese gelowige is

  1. #1
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Top 11 tekens dat jy ‘n onkritiese gelowige is


    1. As jy glo in ‘n hoorsê, onbewysbare en onwaarneembare entiteit met wie jy telepaties kan kommunikeer, noem jy dit jou godsdiens. As ‘n andersdenkende groep dit glo, noem jy dit ‘n sekte, bygeloof of kultus. Maar as ‘n anderdenke enkeling dit glo, noem jy hom ‘n duiwelbesete waansinnige.

    2. Jy reken hoe minder die bewyse vir dit waarin jy onwrikbaar glo, hoe beter ‘n gelowige maak dit jou.

    3. Jy ontken fanaties die bestaan van sowat 2800 ander gode wat die mensdom al uitgedink het, maar is diep verontwaardig as iemand die bestaan van jou God bevraagteken.

    4. Jy glo dat die ganse mensdom gedoem is om in smart en pyn vir ewig in die hel te brand – behalwe mense van jou eie geloof (maar uitgesluit die mense in kompeterende sektes). Tog beskou jy jou geloof as een van mees verdraagsame en liefdevolle gelowe ooit.

    5. Jy voel tot in hou diepste wese gekrenk as wetenskaplikes sê dat jy uit eenvoudiger lewensvorme ge-evolueer het, maar jy het geen probleem met die Bybelse aanspraak dat jy uit stof geskep is nie.

    6. Jy word rooi van woede as jy hoor van die “vergrype” wat aan Allah en ander gode toegeskryf word. Tog knip jy nie ‘n oog as jy hoor hoe God glo die babas in Egipte laat vermoor het nie. Ook nie hoe God glo (volgens Joshua) hele gemeenskappe uitgewis het nie – insluitende kinders, vrouens en diere.

    7. Jy lag vir die Hindu en antieke Griekse gelowe waar Gode glo met mense seksuele omgang gehad het. Tog knip jy nie ‘n oog vir die Bybelse storie dat ‘n gees glo vir Maria swanger gemaak het, ‘n man-god bebaar het, doodgegaan het, weer lewendig geword het en toe met ‘n wolk weggery het.

    8. Jy spandeer ‘n leeftyd om onbenullige gapings te soek in die wetenskaplike aansprake dat die aarde sowat 4.55 miljard jaar oud is. Tog het jy geen probleem met die aansprake van ‘n klompie brons-eeuse veeherders wat geraai het dat die aarde slegs ‘n paar geslagte oud is nie.

    9. Bewyse van die moderne wetenskap maak min indruk op jou. Tog mag ‘n aanbidder wat in ‘n hipnotiese toestand op die grond rondrol en in “tale spreek” al die bewyse lewer wat jy nodig het.

    10. Toenemende, konsekwente en kumulatiewe bewyse vir evolusie soos waargeneem in paleontologie, geologie, vergelykende anatomie, genetika, embriologie, biochemie, fisiologie en mikrobiologie word van die tafel gevee as “te onwaarskynlik”. Tog het jy geen probleem met ‘n almagtige en uiters komplekse entiteit wat sommer vanself ontstaan het.

    11. As jy uit argumente raak of jou argumente afgeskiet word, meen jy dat jou kritikuste in elk geval “nooit sal verstaan nie”, waarsku jy hulle dat hulle eendag gaan brand, kry jy hulle jammer en gaan jy vir hulle bid.

    Uit Beeld

  2. The Following User Says Thank You to Die Ou Man For This Useful Post:


+ Reply to Thread

Similar Threads

  1. Hoe moet ek as gelowige so iemand liefhe?
    By Silencio in forum Besprekings
    Replies: 2
    Last Post: 11th February 2011, 22:44

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites