Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

+ Reply to Thread
Results 1 to 7 of 7

Thread: Genl. De Wet se vloek

  1. #1
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,436
    Rep Power
    10

    Lig die vloek op dorp, bid vrou

    2011-06-05
    Charles Smith


    WINBURG. – ’n Boervrou het hier gebid dat die Here “die vloek op Winburg moet lig wat deur ’n Boeregeneraal op die dorp uitgespreek is”.

    Mev. Marthina Kok het by navraag gesê die vloek is glo deur genl. C.R. de Wet oor Winburg uitgespreek nadat sy seun, Danie, deur die regeringsmagte in die Rebellie buite dié dorp doodgeskiet is.

    “Hy het gedreig om Winburg af te brand. Here, lig daardie vloek!” het sy op ’n kultuurdag in die Winburg-stadsaal gebid wat sy gereël het om die boek The Boer Whore van Nico Moolman bekend te stel.

    Sy het vir die geleentheid ’n Voortrekker-rok en voorskoot aangehad.

    Die boek gaan oor die Boeremeisie Susan Nell (17) wat deur dronk Britse offisiere in die Anglo-Boereoorlog (ABO) in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir dood gelaat is nadat sy deur die joiner C.P. Schutte van Heilbron na hulle gesleep is.

    Kok het ook gebid dat die Afrikaners die bitterheid teen die Britte vergewe word.

    Mense soos die joiner Olof Bergh moet ook vergewe word vir sy “gruwels” teen die Boerevroue.

    “Here, gee ook dat ons die joiners en hensoppers vergewe. Ek het van albei in my voorgeslagte,” het haar gebed gelui.

    Kok sê volgens oorlewering het Bergh ’n klomp Boerevroue en -kinders van Reitz na die konsentrasiekamp laat aanry. Halfpad het hy besluit dit is te veel moeite.

    “Hy het die vroue in ’n skuur op ’n plaas laat toesluit en ’n klomp mans gestuur om hulle met knopkieries te gaan doodslaan. Twee het op die dakbalke geskuil en só ontsnap.”

    Kok het gister gesê sy het die gebed gedoen om eenheid op Winburg te bewerkstellig. Sy vermoed die Here beweeg in hierdie tyd in gemeenskappe. “Ons moet regmaak vir die oordeelsdag, anders gaan jy vir herlewing bid, maar nêrens kom nie.”

    In haar gebed het sy ook verwys na die twee NG gemeentes wat nie eenheid kan bewerkstellig nie. Sy praat na die “Sap-kerk (die Winburg-gemeente) en die Nat-kerk (die Rietfontein-gemeente)”. Sy is self nie lid van een van die gemeentes nie.

    “Almal op Winburg lag en sê: ‘Ai, dié twee gemeentes...’ Ons trek maar net skouers op. Totdat die Here sê: ‘Maar niemand het My nog om verskoning gevra nie.’”

    Kok het gesê sy is gister deur inwoners gelukgewens met haar gebed.

    “Vir my gaan dit nie oor die bohaai nie. Die Here het vir my gesê ek moet dit doen, toe doen ek dit. Ons is ’n gemeenskap wat die Here ekskuus vra.

    “Ek hoop die Here aanvaar dit. Ek sal môre (Maandag) wag op Sy antwoord.”

    Kok sê sy gaan sit in die berge op hul plaas Môreson en praat met die Here.

    Uit Volksblad

  2. #2
    Mod
    knipmes has a spectacular aura about knipmes has a spectacular aura about
    knipmes's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    52
    Posts
    617
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 7

    Ek wil geen aanstoot gee nie, en kan die rede vir afbiddende gesmeek insien, tog laat hierdie spulletjie my eensklaps sien hoe dit is asof die Israeliete en een of ander volk in die OT hier aan die gang was, met die HERE wat beide "bestuur" het, kompleet met moorde en rugstekery???



    Dis tyd of van die OT manier van doen afstand en afskeid te neem, as ons werklik vorentoe wil beweeg!




    groetnis
    knipmes

  3. #3
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,436
    Rep Power
    10

    Ja, knipmes.

    Soos Jahweh wat Moses opsteek om Farao te vra om die Israeliete te laat loop en dan gatom swaai om Farao op te steek om hulle nie te laat loop nie.

    En so sit hy agteroor sy tande en slyp om die Egiptenare se kinders te vermoor.

    Jahweh, die god van die Jode, het die Engelse "geback" met die ABO.

  4. #4
    Stefanus has a spectacular aura about Stefanus has a spectacular aura about Stefanus has a spectacular aura about
    Stefanus's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Oos-Londen
    Age
    50
    Posts
    1,309
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 1

    Geagte Volksgenote
    Lig die vloek op dorp, bid vrou
    2011-06-05 22:57 : Berig in Volksblad

    Een ding staan soos 'n paal bo water. Die verlede is onuitwisbaar. Wat aan ons volk gedoen is kan miskien nog vergewe word, maar vergeet nooit. Waarom daardie arme dogter wat verkrag is en vir dood agtergelaat is 'n "Boer whore" genoem is, gaan die verstand te bowe. Dit is nie net sy wat deur die Engelse verkrag is nie. Ons vrouens is deur hierdie skuim mishandel en gemartel. Hulle trots het hulle verhoed om daaroor te praat. Dit bly 'n skandvlek wat nog nie uitgewis is nie.

    Die vuilgoed wat haar na die Engelse gesleep het, verdien nie vergifnis nie. Nog minder Oloff Bergh en sy "kafferkommando" wat Boerevrouens en kinders met knopkieries laat doodslaan het. Generaal De Wet skryf in sy boek dat hy hom gaan soek het, maar nie gekry het nie. Hoe kan ons bid en pleit vir vergifnis en dan poog om kwaad met goed toe te pleister. Moet ons nie eerder bid en pleit dat die Vader die Engelse hulle wandade moet vergeld.

    Generaal De Wet se kind is by Mushroom Valley naby Winburg, deur Afrikaners doodgeskiet in die rebellie toe die seun en sy pa rebelleer het vir onafhanklikheid vir die Boerevolk. Ons eer hom te min.

    Versprei deur Piet Rudolph

    namens Orde Boerevolk.

  5. #5
    Member
    Silencio will become famous soon enough Silencio will become famous soon enough
    Silencio's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    32
    Posts
    233
    Rep Power
    14

    en hier dag ek Olof Begh is 'n alkoholiese versnappering, vergewe hom vir diefstal van sy gebruikes se logika! lol

    nee goed op 'n ernstige noot, dit is menslik om die onreg wat jou landsgenote aangedoen is nie te wil vergewe nie, ons is immers almal net menslik, sekere meer geestelik volgroeid as ek verseker, die regte ding om te doen is vergewe ja, want die verlede is in die verlede en die laste en haat wat ons daaroor dra vernietig ons en ons kan niks daaraan doen nie.... maar as mens gaan sit en jouself indink in daardie situasies waar grusame moorde en onreg teen die vrouens aangedoen is, so irrasioneel en wreed en harteloos, die pyn en angs, die trauma wat gely is, jy kan voel die knop in jou keel, hoe verstommend jy raak oor die gebeure, hoe hartseer en kwaad dit jou maak, jou hart loop oor van soveel gemengde gevoelens vir die wat dit moes deurmaak, is dit so maklik om te vergewe? kan jy net besluit nou vergewe ek en als is fine? o weë ek het nog baie om te leer voor ek op daardie vlak kom.

    Groetnis
    Silencio
    How can one expect to have his prayer heard for mercy by what is above him when he shows no mercy for what is beneath him?

  6. #6
    Mod
    knipmes has a spectacular aura about knipmes has a spectacular aura about
    knipmes's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    52
    Posts
    617
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 7

    Quote Originally Posted by Silencio View Post
    ...ek het nog baie om te leer voor ek op daardie vlak kom...



    Hier waar ek sit tussen die ingelse kan ek duidelik sien dat die arogansie van die ingelsman nog lank nie uitgeput is nie... maar dat hulle nog altoos lugtig is vir die Afrikaner... is gewis!









    groetnis
    knipmes

  7. #7
    Member
    Silencio will become famous soon enough Silencio will become famous soon enough
    Silencio's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    32
    Posts
    233
    Rep Power
    14

    okay ek het jou verloor daar, ek is 'n ier so terloops, en iere is vernaamd bekend vir die drie goed wat hul die beste kan doen, ... wat ek nie gaan noem nie. maar steeds... kom weer?
    How can one expect to have his prayer heard for mercy by what is above him when he shows no mercy for what is beneath him?

+ Reply to Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites