Wendag - Debating Christianity and Religion Forum
-
10th September 2011 11:04
#11
IV. Vierde generasie AN.UNNA.KI.
Anu, Groot Vader van die hemel (ook die God van die hemel)
Getroud:- Antu (Groot Moeder van die hemel, alias Nammu)
- Ki (Aardse Moeder, alias Urash)
Kinders van Anu:
- By Antu: EN.KI. ("Die Here van die Aarde en Waters" van die Sumeriese)
- By Ki: NIN-KHURSAG ("Dame van die berg" van die Sumeriese)
- By Ki: EN.LIL ("Here van die hemel en Bevel" van die Sumeriese)
In die Sumeriese mitologie en later ook in die Assiriërs en die Babiloniërs se verhale, is Anu [Ook An; (van Sumeriese An = lug, die hemel)] 'n hemelgod, die god van die hemel, here van die konstellasies, die koning van die gode, geeste en demone, en woon in die hoogste hemelse streke. Dit was geglo dat hy die krag gehad het om diegene wat misdade gepleeg het te oordeel, en dat hy die sterre geskep het as soldate om die goddelose te vernietig. Sy kenmerk was die koninklike tiara, hoofsaaklik versier met twee pare bul horings. [Hierdie gehoringde voorstelling kom geredelik baie voor in die geskiedenis, insluitende alles vanaf die godin, Hathor van antieke Egipte tot by die horings van die Kudu of nabootsings wat tradisioneel gebruik word in Judaïsme.]
Anu was een van die oudste gode in die Sumeriese panteon, en 'n deel van 'n drietal insluitend Enlil, die god van die hemel en Enki, die god van water. Op grond dat hy die eerste figuur in die drietal was wat bestaan het uit Anu, Enlil, en Enki, het dit gekom dat Anu eers beskou was as die koning van die gode en later as die vader. Anu word prominent geassosieer met die Eanna tempel in die stad Uruk (Bybelse Ereg) in die suide van Babilonië. Die godin Inanna (of Ishtar) van Uruk was op 'n tyd as sy metgesel beskou. [Op die heel minste was sy die "geliefde van Anu".]
-
Similar Threads
-
By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
Replies: 0
Last Post: 18th March 2010, 06:33
-
By Ou Sanna in forum Besprekings
Replies: 2
Last Post: 17th February 2010, 17:25
-
By Stefanus in forum Artikels uit die media
Replies: 3
Last Post: 7th October 2009, 12:29
-
By Vicky in forum Boervolk Teologie:
Replies: 0
Last Post: 12th July 2009, 21:39
-
By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
Replies: 13
Last Post: 25th May 2008, 10:13
Tags for this Thread
Posting Permissions
- You may not post new threads
- You may not post replies
- You may not post attachments
- You may not edit your posts
Forum Rules
Bookmarks