Wendag - Debating Christianity and Religion Forum
-
Die Apostoliese Geloofsbelydenis
OF: TWAALF ARTIKELS VAN DIE ALGEMENE ONGETWYFELDE, CHRISTELIKE GELOOF
Die Christelike Kerk noem hierdie Belydenisskrif die Apostoliese Geloofsbelydenis, alhoewel die apostels dit nie opgestel het nie. Reeds vanaf die 2de eeu het dit sy ontstaan gehad en het verder ontwikkel totdat dit ongeveer die vierde eeu sy finale beslag gekry het (NGB, art. 9).
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde;
en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is
wat die angste van die hel tot in die dood ondergaan het;
wat op die derde dag opgestaan het uit die dood;
opgevaar het na die hemel
en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
waarvandaan Hy sal kom om die lewendes
en die dooies te oordeel.
Ek glo in die Heilige Gees;
Ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges;
die vergewing van sondes;
die opstanding van die liggaam
en 'n ewige lewe.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde;
en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
Die bostaande stelling hanteer die Vader, die Almagtige en Skepper van hemel en aarde as een Wese.
Paulus verwys na God en die Vader en Christus. En verder vermaan hy dat dit 'n verborgenheid is:
Om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus,
in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is. Kol 2:3-4
Die beste manier om mense van verborgenhede weg te hou, is om hulle van kleins af te indoktrineer deur hulle elke Sondag, soos robotte 'n rympie te laat opsê.
Miskien is dit tyd dat Christene, sonder vrees ondersoek wat hulle belei. Die geloofsbeleidenis is immers nie 'n skepping van die Christus nie, maar wel van priesters.
Liefde groete.
Die Ou Man
Last edited by Die Ou Man; 27th April 2008 at 21:40.
Reason: Skakel
-
-
Die Apostoliese geloofsbelydenis is deur die Rooms Katolieke Kerk opgestel en die doel daarvan was dat 'n lidmaat belei dat hy/sy die Katolieke doktrine onderskryf. Hier volg die Katolieke weergawe.
I believe in God, the Father almighty,
creator of heaven and earth.
and in Jesus Christ, his only Son, our Lord.
who was conceived by the power of the Holy Spirit
born of the Virgin Mary.
suffered under Pontius Pilate,
was crucified, died, and was buried.
He descended into hell.
On the third day he rose again from the dead.
He ascended into heaven
and is seated at the right hand
of God the Father Almighty.
From thence he shall come again to judge the living and the dead.
I believe in the Holy Spirit,
the holy catholic Church,
the communion of saints,
the forgiveness of sins,
the resurrection of the body,
and the life everlasting.
Amen.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
Kom ons beskou die volgende gedeelte van naderby.
Ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges;
Kan daar werklik van my verwag word dat ek aan 'n kerk moet glo?
Wat bedoel ek wanneer ek opsê dat ek glo aan die gemeenskap van die heiliges? Wie is die heiliges waarvan ek praat?
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
Vir diegene wat belang sou stel om te weet wie die heiliges (Saints) is, plaas ek hierdie skakel.
Toe die Protestante die Katolieke geloofsbelydenis oorneem, het hulle basies net die naam van die kerk verander.
I believe in the Holy Spirit,
the holy catholic Church,
the communion of saints,
Ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges;
Ons sien dus dat ons Sondag vir Sondag die Katolieke doktrine belei en dat ons verder belei dat die kerk heilig is en dat ons aan die Heilige Gees sowel as aan die heilige kerk glo. Dit is mos verspot!
Tegnies gesproke belei ek dus geloof aan 'n Vier-Enige God.
Vader
Seun
Heilige Gees
Heilige Kerk
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-

Originally Posted by
Die Ou Man
Vir diegene wat belang sou stel om te weet wie die heiliges (Saints) is, plaas ek hierdie
skakel.
Toe die Protestante die Katolieke geloofsbelydenis oorneem, het hulle basies net die naam van die kerk verander.
Ons sien dus dat ons Sondag vir Sondag die Katolieke doktrine belei en dat ons verder belei dat die kerk heilig is en dat ons aan die Heilige Gees sowel as aan die heilige kerk glo. Dit is mos verspot!
Tegnies gesproke belei ek dus geloof aan 'n Vier-Enige God.
Vader
Seun
Heilige Gees
Heilige Kerk
Liefde groete.
Die Ou Man
DOM
Sou ons elke wedergeborene as heilig beskou kan ek my vereenselwig met 'n gemeenskap van heiliges. Hul het immers Gees van God ontvang.
Wat my egter pla is dat hul sê "He descended into hel". Nou waarom sou die Suiwerste se gees hel toe gaan?
Pionier
-
Posting Permissions
- You may not post new threads
- You may not post replies
- You may not post attachments
- You may not edit your posts
Forum Rules
Bookmarks