Venus van Willendorf
Die volgende beeldjie, wat bekend staan as die Venus van Willendorf, is gevind in Oostenryk in 1908. Dit was gesny uit kalksteen en versier met 'n natuurlike rooi oker verf. Die kalksteen wat gebruik was kom nie in die gebied waar die beeldjie gevind was voor nie. Dit is ongeveer 22000 tot 21000vC gedateer.
|  |
Venus van Willendorf |
Venus van Laussel
Die "Venus" van Laussel is in 1911 ontdek deur 'n geneesheer met die naam JG Lalanne, uitgekap in die wand van 'n kalksteen skuiling in die Dordogne nie ver van Lascaux af nie. Die skuiling, onder 'n oorhang, is op 'n terras oor die 300 meter lank, wat uitkyk oor die vallei daar onder. Alhoewel daar aanvanklik gedink het dat dit 'n woning area was, word daar nou geglo dat dit gedien het as 'n seremoniële sentrum.
Die sneewerk, wat 17 duim hoog is, was uitgekap met outydse Flint beitels en dateer uit ongeveer 23000 v.C. Die kunshistorikus Sigfried Giedion beskryf die figuur soos volg:
"The figure and the block are inseparably interlocked. In the position selected by the artist for this relief, the block had a slight overhang, so that the figure swelled forward gently. When seen from one side, the curve appears as taut as a strung bow. It swells up to a supreme point, the maternal belly, then falls away at either end and sinks slowly into the rock, in which the feet seem to melt. The upper part of the body curves gently backward, and the head, resting between two rock projections, seems to be reclining, as though on a cushion."
Die figuur hou 'n Europese bison horing, of dalk 'n “cornu copiae”, in die een hand, waarop daar 13 kerwe gemaak is. Volgens sommige navorsers kan dit die aantal mane of die getal van die menstruele siklusse in een jaar simboliseer.
Venus van Laussel in Bordeaux museum.
|
Bookmarks