Die Kurgans
Die Midde-Ooste was 'n vroeë sentrum van beskawing, en as gevolg daarvan was dit een van die eerste areas wat die Kurgans geteiken het vir inval en verowering. Soos hulle beheer oorgeneem het oor elke plaaslike gebied, het hulle, hul gewelddadige manlike oorlogsgod daar geïnstalleer bo die inheemse argetipes van die moedergodin.
![]()
Die Kurgans
Rooi Oker Heuwel Begrafnisse
Voorgangers van die Piramides?
Die Hetiet, Koningin (links) dra 'n kroon
soos deur die Letlanders gedra was.
Is die Kurgans die voorouers van die Hetiete?
Die Kurgan kultuur word soos volg beskryf:"seminomadic pastoralist culture that spread from the Russian steppes to Danubian Europe. the Kurgans arrived in the Aegean and Adriatic regions. The Kurgans buried their dead in deep shafts within artificial burial mounds or barrows. The name means 'barrow' or 'artificial mound' in Turkic and Russian."
Gedurende die laaste ystyd (25.000 tot 13.000 jaar gelede), het die bevolking van Europa teruggeval na veiliger hawens, een daarvan die Oekraïne. 'n Spesifieke Haplo-groep R1a1 gedefinieer as die M17 (SNP merker) van die Y-chromosoom word deur sommige navorsers geassosieer met die hierdie Kurgan kultuur. Die Haplo-groep R1a1 word "tans in Sentraal en Wes Asië, Pakistan, Indië, en in die Slawiese bevolkings van Oos-Europa" gevind, maar dit is skaars in die meeste Wes-Europese lande (bv Frankryk, of sekere dele van Groot-Brittanje). Maar, 23,6% van die Noorweërs, 18,4% van die Swede, 16,5% van die Dene, 11% van die Saami deel hierdie groep. Ondersoeke dui daarop dat die HG R1a1 gene uitgeprei het vanuit die Dnieper-Don Vallei, tussen 13.000 en 7600 jaar gelede, en is gekoppel aan die rendier jagters van die AhrensBurg kultuur wat vanuit die Dnieper-vallei in die Oekraïne afkomstig was en Skandinawië 12.000 jaar gelede bereik het. Alternatiewelik, is daar voorgestel dat R1a1 aangekom het in die suide van Skandinawië gedurende die tyd van die Stryd Byl kultuur of enkelgraf kultuur.
Ornella Semino et al. stel 'n na Ystydperk verspreiding van die R1a1 geen tydens die Laat ystyd wat daarna versterk word deur die uitbreiding van die Kurgan-kultuur in Europa en na die ooste. R1a1 kom die meeste voor in Pole, Rusland en die Oekraïne en is ook waargeneem in Afghanistan, Iran, Pakistan, Sentraal-Asië en Indië.
Onlangse genetiese studies bevestig 'n Wes-Eurasiese oorsprong vir die meeste van die Y-DNA Haplo-groep R1a1 gekoppel aan die begin van die Indo-Europese bevolkings. Oorblyfsels van die Andronovo kultuur van Suid-Siberië bevestig dat tot 90% van die Wes-Eurasiese oorsprong gedurende die Bronstydperk en feitlik uitsluitlik verband hou met Haplo-groep R1a1 (en 77% algeheel in die Brons / Ystertydperk tydraamwerk). Die DNA-toetsing het ook 'n hoë voorkoms van mense met eienskappe soos blou (of groen) oë, ligte vel en ligte hare aangedui, wat beteken dat hierdie bevolking hul oorsprong uit Europa het. Oorblyfsels in Kazakhstan van die Brons / Ystertydperke, ook van die Andronovo kultuur, was ook meestal van die weste van Eurasiese oorsprong.
Verskeie 4600 jaar-oue menslike oorskot gevind by ‘n Stryd Byl kultuur opgrawing in Eulau, Duitsland, behoort aan Haplo-groep R1a1.
Hierdie elemente is geneig om sterk ondersteuning van die Kurgan-hipotese te gee.
Nog 'n merker wat nou ooreenstem met Kurgan migrasies, is die verspreiding van bloed groep B-allele, opgeteken deur Luigi Luca Cavalli-Sforza. Die verspreiding van die bloed groep B-allele in Europa stem ooreen met die voorgestelde kaart van die Kurgan-Kultuur, en Haplogroup R1a1 (YDNA) verspreiding.
Marija Gimbutas skryf dat die Kurgans (Yamnaya of Pit-graf kultuur) oënskynlik hulle migrasies in Suid-Rusland in die Oekraïense steppe by die Swart See begin het, Anatolië en Mesopotamië bereik het deur die Balkan en Griekeland, oor die Kaukasus, dan Oos na Sentraal Asië en Suid na Iran. Hierdie migrasies was verantwoordelik gewees vir al die heuwel-graf kulture wat ons van weet, selfs die wat in China (deur die Tocharians) en in die Indusvallei rondom hierdie tyd verskyn het.
Het die Kurgans as gevolg van die vloed verhuis? Was dit teen 5500 vC? Ten tye dat die Swart See se kus onder water weggesink het? Is dit die mense wat nou bekend staan as die Sumeriërs in Mesopotamië wat die tumulus hope na die suide gebring het, wat gelei het tot die bou van die ziggurats (dws gebakte grond in plaas van suiwer grond hope) en daarna die bou van die piramides van klip (waar die heuwel bouers hulle stelsel volmaak het).
Die oorspronklike tempels van die faraos in Egipte was gemaak van "modderstene" (soos in Mesopotamië), wat eers later hul bouwerk in klip gedoen het, Hierdie “nabootsing” van argitektoniese styl het daartoe gelei dat die egyptoloog Walter Emery tot die gevolgtrekking gekom het dat die farao Egiptiese kultuur sy oorsprong na 'n immigrerende groep mense kan terugspoor, uit Suid-Mesopotamië. Die Kurgans verskaf aan ons 'n "Vroeër" groep mense wat hul eie dooies in 'n soortgelyke wyse begrawe het wat beskou word as 'n tegnologiese voorloper van die latere grafheuwels van Babilon en Egipte, 'n volk vanuit Europa.
Niemand kan vir seker sê dat die verhaal van Noag en die ark slegs 'n mite of legende is en of daar dalk sekere mate van waarheid in die verhaal steek nie. Dalk is dit net 'n moralistiese storie van 'n regverdige man, goddelike morele woede en die mensdom se misdrywe. Wat wel waar is, is dat baie kulture of gelowe regoor die wêreld die storie van 'n vloed behou het.
Moontlike feite ter stawing van die Genesis-verhaal het onverwags in die eerste jaar van die nuwe millennium gekom nadat sekere ontdekkings by die Swart See gemaak is. Die ontdekking van 'n Neolitiese bronstydperk-nedersetting 100 meter onder die oppervlakte van die see het wetenskaplikes laat wonder of dit nie die dorpie kon wees waarvandaan Noag gekom het nie. Dié ontdekking is deur Robert Ballard, 'n wetenskaplike van onbesproke reputasie, gemaak. Hy was ook die man wat die wrak van dieTitanic gevind en gefotografeer het.
Die nedersetting is 7 500 jaar oud en is 20 km noordwes van die huidige Turkse hawestad Sinop gevind. Die ontdekking dui daarop dat die Swart See aansienlik kleiner in Noag se dae was en dat die stygende seevlakke te wyte is aan die laaste Ystydperk wat die see tot sy huidige grootte laat swel het. Die oostelike deel van die Middellandse See het dalk deur die Bosporus gebreek en katastrofale stygings in die Swart See se seevlakke veroorsaak.







.jpg)

Reply With Quote



Bookmarks