Wendag - Debating Christianity and Religion Forum
-
9th January 2012 17:48
#1
[hide][top]‘Stille nag’ mag 1ste keer in 152 jaar in dié kerke gesing word
2012-01-08 21:18 BEELD
Neels Jackson
Potchefstroom. – Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) mag nou vir die eerste keer die Kerslied “Stille nag” in hul eredienste sing.
Dit is een van die eerste 18 liedere wat eergisteroggend deur die sinode goedgekeur is ná die ingrypendste wysiging in standpunt oor kerkliedere in die GKSA se 152-jarige bestaan.
Dié kerkverband is in 1859 juis gestig uit weerstand teen die sogenaamde “vrye gesange”.
Sedertdien het hulle hoofsaaklik Psalms gesing, aangevul deur ander liedere wat uit die Bybel of die belydenisskrifte berym is.
Vrydagaand het die algemene sinode dié standpunt ingrypend verruim deur ook die deur te open vir ander Skrifgetroue liedere, mits dit eers deur die sinode goedgekeur is.
Saterdagoggend is ’n aantal sulke liedere uit die Liedboek van die Kerk vir goedkeuring aan die sinode voorgelê, nadat ’n stel riglyne vir die keuring van liedere aanvaar is.
Van die afgevaardigdes wat baie versigtig was dat dwaalleer of oneerbiedige musiek nie die kerk ingevoer word nie, het bedenkings oor van die liedere geopper.
Dr. Hennie van Wyk van Christiana en Bloemhof wou byvoorbeeld oor “Stille nag” weet of die sinode nou dié nag heilig kan verklaar.
Dis nie eens seker dat Jesus in die nag gebore is nie, het hy aangevoer.
Ds. Christie Roets van Alberton-Wes het bedenkinge gehad oor die geskiktheid van twee liedere se melodieë.
Hy het gevoel die wysie van Lied 329 (“Want so lief het God die wêreld gehad”) klink te “hopperig” en die melodie van Lied 292 (“My enigste troos in lewe en dood”) is nie gewyd genoeg nie.
Een afgevaardigde het gemeen die reël “vrees vir straf laat my nie weifel” uit Lied 241 (“Troue Here van my lewe”) klink of dit God uitdaag.
Nog iemand het gemeen party liedere is te gerig op menslike reaksie of gevoel.
Die besware het die sinode egter nie oortuig nie en op een ná is al die liedere wat voorgelê is, goedgekeur vir gebruik.
Net Lied 353 (“Die Heiland is gebore”) is eers na ’n kommissie verwys om oor die dogmatiese korrektheid daarvan te oordeel.
Daar is aangevoer die tweede reël, “Daar in die stad van Dawid word Hy Immanuel”, berus op ’n foutiewe siening van God.
Hy was altyd Immanuel (“God met ons”), Hy het dit nie eens daar “geword” nie.
groetnis
knipmes
-
Similar Threads
-
By Die Ou Man in forum Nuus
Replies: 1
Last Post: 3rd February 2011, 09:47
-
By Die Ou Man in forum Artikels
Replies: 3
Last Post: 15th November 2010, 15:13
-
By Die Vrou in forum Gedigte
Replies: 1
Last Post: 14th November 2010, 09:01
-
By Stefanus in forum Kletshoekie
Replies: 0
Last Post: 16th June 2009, 22:20
-
By marline in forum Aanmelding
Replies: 1
Last Post: 1st January 2009, 20:37
Posting Permissions
- You may not post new threads
- You may not post replies
- You may not post attachments
- You may not edit your posts
Forum Rules
Bookmarks