Wendag - Debating Christianity and Religion Forum
-
9th January 2012 18:24
#1
[hide][top]Kiwi’s kry 17 aardbewings
2012-01-02 21:07 Beeld
Sapa-DPA
WELLINGTON. – Christchurch in Nieu-Seeland is gister binne 18 uur deur 17 aardskuddings gepeper.
Geen ernstige skade is aangemeld nie. Twee van die skuddings het meer as 5 op die Richterskaal gemeet en ses ander van 4 tot 6.
Die stadsraad het ’n verklaring uitgereik waarin hy versoek dat “die gemeenskap omsien na bure, vriende en familie en versigtig sal wees in dié moeilike tyd”.
Die Suideiland se grootste stad word sedert September 2010 deur aardbewings geteister, waarvan een in Februarie 2011 tot die dood van 181 mense gelei het.
Die eerste skudding het gister om 01:27 gebeur en 3,9 gemeet.
Hierna het verskeie skuddings gevolg met ’n 4,8-skudding net voor 07:00, het die land se GeoNat-organisasie wat aardbewings monitor, berig.
Al die aardbewings was relatief vlak met dieptes wat van 8 km tot 20 km gewissel het en was rondom Christchurch gesentreer.
groetnis
knipmes
-
Posting Permissions
- You may not post new threads
- You may not post replies
- You may not post attachments
- You may not edit your posts
Forum Rules
Bookmarks