El Elyon (Die Allerhoogste)
Tydens sy vertoef te Salem, het Melgisedek die Allerhoogste God van die Hemel verkondig onder die term, El Elyon. Aanbidding van die Allerhoogste het vir eeue daarna voortgeduur. Selfs Abraham se nasate het afwisselend beide El Elyon en Jahweh aanbid.
Ons vind 'n verwysing na die status van die Allerhoogste in Deuternómium 32
8 Toe die Allerhoogste aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.
9 Want die HERE se deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel.[
Ons sien dus dat die HERE (Jahweh) ondergeskik is aan die Allerhoogste. Die Allerhoogste deel uit en die HERE (Jahweh) ontvang bloot 'n afgemete deel.
Hier volg die vertaling uit die Bybel van die Boere Jahwehiste:
8 : Toe die Hoogste El die Erfdeel van die nasies geskei het van die seuns van adamiete en die grense van die volke vasgestel het volgens die getal van die seuns van JisraEl.
9 : Want JaHWeH se deel is Sy volk, Jakob is Sy afgemete Erfdeel.[
Selfs in die Boek van die Boere Jahwehiste is Jahweh slegs die God van 'n afgemete deel en ondergeskik aan die "Hoogste El".
Die oorspronklike vertaling lui soos volg:
When the Most High gave to the nations their inheritance, when he separated the sons of men, he fixed the bounds of the peoples according to the number of the sons of God.
For the LORD's portion is his people, Jacob his allotted heritage.
Hebrew for Most High H5945 עליון 'elyown
In Genesis 14 vind ons verdere bevestiging vir die feit dat Melgisedek nie Jahweh nie, maar die Allerhoogste verkondig het.
18 En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring
19 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.
Die engel Gabriël verklaar soos volg in Lukas 1 aangaande die Christus.
32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
35 En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.
Ons lees in Lukas 8 dat die duiwels ook geweet het.
28 En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met 'n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie --
In Handelinge 16 ken 'n waarsegster die apostels uit as dienaars van die Allerhoogste.
17 Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.
Hebreërs 7 bevestig dat Melgisedek aan die priesterorde van God die Allerhoogste behoort het.
1 Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;
Dan lees ons ook in Hebreërs 7 waar die Christus inskakel.
15 En nog baie duideliker is dit as daar 'n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek,
16 een wat dit geword het nie kragtens die wet van 'n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe.
17 Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
Ons weet nou
dat die HERE (Jahweh) ondergeskik is aan die Allerhoogste,
dat die Christus nie die Seun van Jahweh is nie maar Seun van die Allerhoogste
en dat die Christus die bloedrituele van Jahweh tot niet kom maak het en daarom deur die prieterorde van Jahweh vermoor is.
Liefde groete.
Die Ou Man
Bookmarks