| 2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. | 6 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. | 11 Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. |
| 3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. | 7 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. | 12 Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien 'n strik by jou word nie. |
| 4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. | 8 Jy mag vir jou geen gesnede beeldof enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. | 13 Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap. |
| 5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; | 9 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; | 14 Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers -- 'n jaloerse God is Hy. |
| 6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou. | 10 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou. | 15 Sluit tog nie 'n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet; |
| 7 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. | 11 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. | 16 en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer. |
| 8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. | 12 Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig soos die HERE jou God jou beveel het. | 17 Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie. |
| 9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; | 13 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; | 18 Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek. |
| 10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie -- jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. | 14 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God;dan mag jy géén werk doen nie -- jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy. | 19 Alles wat die moederskoot open, is myne; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van beeste en kleinvee. |
| 11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. | 15 En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland 'n slaaf was, en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te hou. | 20 Maar die eersteling van 'n esel moet jy met 'n lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, en niemand mag met leë hande voor my aangesig verskyn nie. |
| 12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee. | 16 Eer jou vader en jou moeder soos die HERE jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die HERE jou God aan jou gee. | 21 Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus. |
| 13 Jy mag nie doodslaan nie. | 17 Jy mag nie doodslaan nie. | 22 Die fees van die weke moet jy ook hou, die fees van die eerstelinge van die koring-oes; en die fees van die insameling by die wisseling van die jaar. |
| 14 Jy mag nie egbreek nie. | 18 En jy mag nie egbreek nie. | 23 Al jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die aangesig van die Here HERE, die God van Israel, verskyn. |
| 15 Jy mag nie steel nie. | 19 En jy mag nie steel nie. | 24 Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, drie maal in die jaar. |
| 16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. | 20 En jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. | 25 Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood slag nie, en die offer van die paasfees mag nie tot die môre toe oorbly nie. |
| 17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. | 21 En jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie; en jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie -- na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. | 26 Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie. |
| | | 27 Verder het die HERE vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, want volgens hierdie woorde het Ek 'n verbond gesluit met jou en met Israel. |
Bookmarks