PDA

View Full Version : WENKRUIS



Die Ou Man
12th June 2007, 15:45
My eerste werklike kennismaking met die Oorwinningskruis was op die ou Duitse imperiale vlag in Swakopmund. Ek koop toe vir my ‘n vlaggie en plak hom op my kar se agterruit. Dit was met hierdie vlag wat Siener en die Rebelle die Overeenkomst (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=26) aangegaan het.

My tweede kennismaking was in 'n groot verlate fort in Suid-Afrika. Daar is die kruis rooi op ‘n wit agtergrond. Die rooi en wit laat my onwillekeurig dink aan die kleure van die verheerlikte liggaam, soos beskryf in die Openbaring van Petrus.


Jesus wys die dissipels hoe die hemel lyk.

4. Die Here Jesus het verder gesê: “Kom ons gaan na die berg om te gaan bid.”

5. Ons twaalf dissipels het saam met Hom gegaan en Hom gesmeek om vir ons een van sy volgelinge te wys wie se lewe reg was, maar wat al dood was. Ons wou graag sien hoe hulle lyk en dan moed skep sodat ons die mense wat na ons luister, kon aanmoedig.

6. Toe, terwyl ons nog besig was om te bid, het daar skielik twee mans voor die Here gestaan.Ons kon nie na hulle kyk nie,

7. want hulle gesigte het geskitter soos ‘n sonstraal, hulle klere het geblink soos iets wat geen mens nog ooit gesien het nie. Ja, geen mens kan beskryf of begryp hoe wonderlik hulle aangetrek was en hoe pragtig hulle gesigte was nie.

8. Toe ons hulle sien, was ons verbaas, want hulle lywe was witter as die witste sneeu en rooier as die rooiste roos.

(Uit Apokriewe Ou en Nuwe Testament. Verlore boeke uit die Bybelse tyd.)

Die kleure van die verheerlikte liggaam, waarna ons smag, is wit en rooi.

Liefde groete.

Die Ou Man

http://img523.imageshack.us/img523/3640/duitseimperialevlaggq5.jpg http://img525.imageshack.us/img525/4996/oorwinningskruisjq1.gif

Die Ou Man
12th June 2007, 15:54
My volgende ontmoeting met die Oorwinningskruis was in Parys. Ek stap oor die St Michel (Aardsengel Michael) plein na die Nottre Dame. Die beeld van die engel is kenmerkend, soos al die ander oor Michel, naamlik waar hy in die geveg met die draak betrokke is. Sy swaard is triomfantlik bo sy kop en die verslane duiwel lê aan sy voete. Met sy linkerhand gee hy die saluut van Johannes die Doper (Ek verduidelik later).

Hierdie beeld neem my terug na Openbaring en die engel Michel se rol as “hoofengel” en "kryger" van God.

Na verdere opsoekwerk kry ek 'n beeld van engel Michel in Bussels. Tot my verbasing dra die engel die Oorwinningskruis op sy hoof. In nog 'n beeld van Michel in die Mont st Michel Katedraal in Normandië, Frankryk, is Michel ook in die geveg met die draak betrokke, met die Kruis van Oorwinning as kroon.

Die koppeling van die engel Michel aan die Oorwinningskruis het my die volgende dag na die Basilique du Sacre Coeur op die hoogste heuwel van Parys geneem.

Liefde groete.

Die Ou Man

http://img457.imageshack.us/img457/8220/stmichelparyscg9.jpg http://img441.imageshack.us/img441/2741/stmichelparysdi4.jpg http://img503.imageshack.us/img503/276/stmichelarchangelbelgieio1.jpg

Die Ou Man
12th June 2007, 16:33
Ek stap van die moltrein stasie af na die pragtige Basalisk op die hoogste heuwel in Parys. Die trappe neem my na die groot brons deure. Die beeldhouwerk van lemoen en roos op die deure val my op.

Binne die Basalisk draal ek by die pragtige muurskilderye en beeldhouwerke. Die Basilique du Sacre Coeur is ‘n gelofte kerk in eie reg. Dit is gebou na aanleiding van ‘n gelofte met God om Parys en sy inwoners tydens ‘n Pruisiese inval te spaar.

Ek stap weer na buite en betrag die gebou. Links voor is ‘n masiewe beeld van koning Louis XIV, die Sonkoning op sy perd. Die kenmerkende Franse lelie, fleur de lis, is op sy skild aangebring. Aan die regterkant is ‘n ewegroot beeld van Jean ‘d Arc, die beroemde Franse heldin en martelaar. Op haar perd se harnas verskyn dieselfde fleur de lis.

Op die dak van die basalisk is die bekende moordkruis (crux ordinaria), maar reg bo die masiewe beeld van die Messias is die Oorwinningskruis.

Liefde groete.

Die Ou Man

http://img257.imageshack.us/img257/4315/sacrecoeur01pv6.jpg http://img267.imageshack.us/img267/7708/parys016az4.jpg

Die Ou Man
12th June 2007, 18:05
422Ek stap weer terug na die swaar brons deure van hierdie manjifieke geloftekerk. Op elke deur is vier lemoene wat elk met roosblare en vier roosknoppe omring is. Die hele rand van die deur is met roosranke en roosknoppe versier.

Hierdie bronswerke voer my terug na ons eie Vierde Raadsaal in Bloemfontein. Die argitektuur is onmiskenbaar dieselfde. Die koepeldak, die lanterns en selfs die lemoen en die roos is gemeensaak.

Terug by die voet van die heuwel draai ek om en betrag hierdie majestieuse kerk. Hier lê dieper boodskappe opgesluit. Daaraan twyfel ek nie. My Hugenote gene stoei met my Pruisiese gene.

Laataand staan ek op die balkon van my woonstel in Fugirard ek kyk na die verligte Eiffel Toring en Mont Parnasse. En ek kry die Basilique du Sacre Coeur nie uit my gedagtes nie. Die soeklig op die Eiffel wat om en om gaan laat my wonder of die Franse steeds nie die Duitsers vertrou nie. En ek herkou aan die gedagte dat die Boervolk ‘n eie Jean d' Arc gaan oplewer.




Liefde groete.

Die Ou Man


419 420 421

Die Ou Man
13th June 2007, 08:05
France faced military defeat and occupation of part of the country by German troops. The response (http://www.sacre-coeur-montmartre.com/us/historique.html) of MM. Alexandre Legentil and Hubert Rohault de Fleury was spiritual. They vowed to build a church consecrated to the Heart of Christ in reparation (in penitence for sins commited) since for them, the misery of France stemmed more from spiritual than from political causes.

The work was financed by gifts, often modest, from all over France. The names of the donors are carved in the stone.

Tout visiteur de Paris apercevant les coupoles de la Basilique se dit :
La haut, en ce moment, quelqu'un prie pour moi !

Every visitor who comes to Paris, when he sees the dome of the Basilica, he says to himself:
"Up there, at this very moment, somebody is praying for me!"

Die Basilique du Sacre Coeur staan vandag as 'n pragtige simbool van die Franse se eertydse gelofte wat met God gesluit is. Of hulle vandag nog daardie gelofte respekteer, is 'n ope vraag. Dieselfde vraag kan ons aan onsself stel.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
13th June 2007, 19:31
Die koppeling van die Oorwinningskruis aan die Messias is nie toevallig nie. Die rooi kruis op die wit vlag staan bekend as die Oorwinningsbanier en simboliseer die Messias se oorwinning oor die dood. Die vroeë Christene was bekend met hierdie simbool en daarom vind ons dit in die kunswerke van die meeste vroeë kerke.

Die Oorwinningskruis is vroeg reeds in die Christendom uitgebeeld as simbool van die opstanding van die Messias. Die beroemde agnus dei met banier, beeld die Lam van God uit met die banier wat die opstanding bevestig. Daarom staan hierdie banier bekend as die Oorwinningsbanier van die Lam van God.


The Agnus Dei, or Lamb of God, is an ancient symbol of Christ. The cross stands for Christ's victory over sin and death. Biblical references include John 1:29 and Revelation 14.

In ancient examples of the Agnus Dei, may be seen lying upon the Book of Seven Seals or carrying the Banner of Victory. It must be crowned with a three-rayed nimbus or halo, signifying that it is a symbol of divinity. In other examples the Lamb stands upon a hill from which flow the Four Rivers of Paradise, signifying the Four Gospels.


Agnus Dei (Reclining)

The Agnus Dei (Latin for "Lamb of God") may appear in several postures. Seated on a book with seven seals, it represents the final judgment when Christ returns in glory.

Rev. 5:11 Then I looked and heard the voice of many angels, numbering thousands upon thousands, and ten thousand times ten thousand. They encircled the throne and the living creatures and the elders. 12 In a loud voice they sang: "Worthy is the Lamb, who was slain, to receive power and wealth and wisdom and strength and honor and glory and praise!" (NIV)
Season: Ascension Sunday, Christ the King Sunday


Agnus Dei (Standing)

Standing with a banner, the Agnus Dei represents the risen Christ who triumphs over death. This symbol is rich in significance. John the Baptist proclaimed Jesus to be the Lamb of God who takes away the sin of the world. In the Revelation, Jesus is portrayed as a lamb.

Die Oorwinningskruis is direk gekoppel aan die Messias se oorwinning oor die dood. Vandaar dus die benaming, Oorwinningskruis. Hieronder volg kunswerke uit die kerke van ons stamlande in Europa. Let veral op die bewoording van die laaste embleem, nl. "OUR LAMB HAS CONQUERED * LET US FOLLOW HIM." Dit is die embleem van die Morawiese kerk van Duitsland. (Ek sal aanstons die verwysing van Siener en die relevansie vir die Boer, plaas.)

Liefde groete.

Die Ou Man

http://img176.imageshack.us/img176/8568/agnusdei3eg2.jpg http://img504.imageshack.us/img504/3386/agnusanglikaanskl8.jpg http://img519.imageshack.us/img519/4619/agnusdeijd6.jpghttp://img510.imageshack.us/img510/7865/mcclureagnusdeiwindowsg8.jpg http://img521.imageshack.us/img521/4625/morawieseembleemqn0.gif

Die Ou Man
13th June 2007, 20:34
Die Lam van God staan in Latyn beken as Agnus Dei. Dit is die Agnus Dei wat keer op keer uitgebeeld word met die Oorwinningskruis en die Oorwinningsbanier. 'n Rooi kruis op 'n wit vlag.

Ons moet noodgedwonge aanvaar dat die Katolieke oor die mees omvattende Christelike biblioteek beskik. Daarom het ek die Katolieke gaan raadpleeg aangaande die Agnus Dei. Hier is wat hulle te s'e het.


The Agnus Dei

One of the oldest of the Church’s sacramentals used in private devotion is the Agnus Dei — the “Lamb of God.” Though its origin is shrouded in the mist of antiquity, the Agnus Dei sacramental is mentioned in historical Church accounts as early as the sixth century and mentioned frequently by the early-to-middle ninth century. Thus, for at least fifteen centuries, the Agnus Dei has been a popular and treasured sacramental of Catholics, especially those living in Europe where it was most readily available. Yet, regrettably, few Catholics living today have ever even heard of the Agnus Dei.

http://www.catholicism.org/sacramentals-grace.html

As ons na antieke beeldhouwerke, skilderye en loodglas versierings in die ou Christen kerke kyk, vind ons dat die rooi kruis op die wit doek sonder uitsondering aan die Messias gekoppel is, as sy banier van oorwinning oor die dood.

Die Wenkruis en die Agnus Dei is reeds voor die Messias se oorwinning oor die dood en die Bose, deur Johannes die Doper aan die Messias gekoppel. Daarom word die Wenkruis ook allerwee in die eerste eeue nC aan Johannes die Doper gekoppel.

Hieronder is ‘n mosaiek van Johannes die Doper( foto 1) in volle gewaad en van die Messias (foto2), in ‘n baie spesiale kerk, nl. die Hagia Sofia in die voormalige Konstantinopel (Ek verduidelik later Johanna Brandt se visioene wat verband hou met die Hagia Sofia.). Foto 3 is 'n renaissence skildery van die opstanding. Hier volg die onderskrif tot hierdie skildery.


Resurrection of Christ.
The greatest event ever to be recorded in world history is the resurrection of Jesus Christ from the grave. He is shown standing above the fallen sentry carrying the banner of victory of life over sin and death. Vignetted are two of His post-resurrection apearances: Mary Magdalene and Thomas (The Doubter).

http://img106.imageshack.us/img106/1648/johnchrysostomdf6.jpg http://img514.imageshack.us/img514/374/hagiasophiachristyn3.jpg http://img115.imageshack.us/img115/7060/hemelvaartvl5.png

Die Ou Man
13th June 2007, 21:18
Gedurende die Kruistogte (Crusades) het die kruisvaarders, insluitende die Tempel Ridders (Knights Templar) en Germaanse Ridders (Teutonic knights) op skepe na die Heilige Land vertrek om die Moslems, wat Jerusalem intussen beheer het, te verdryf. Krygers van omtrent die hele Wes-Europa het aan die veldtogte deelgeneem.

Die Kruistog oorloë is geveg onder die Oorwinningskruis van Christus en nie onder die moordkruis van Golgota nie. Die Moslems is dus wel bekend met die Oorwinningskruis.

Toe Osama se manne in Afghanistan gevegsvernuf geoefen het, het hulle geskiet op teikens met die rooi Oorwinningskruis op. Die beelde daarvan op TV is redelik bekend. Daardie kruis is nog vars in hulle geheue.


The video showed terrorists-in-training entering ancient buildings in Afghanistan used for training purposes. On the wall were cut-out figures of human beings, which are probably used for target practice. But I was shocked to see on the figures a prominent Christian cross, which seemed to be a clear incentive for the terrorists to execute Christian civilians

http://www.parliament.nsw.gov.au/prod/parlment/hansart.nsf/V3Key/LC20050622012

Hieronder is afbeelde van die Kruisoorlog Ridders (Tempel Ridders, foto 1 en 2, sowel as Germaanse Ridders, foto 3 en 4) in gevegsmondering.

Liefde groete.

Die Ou Man

http://img337.imageshack.us/img337/4952/knighttemplar7sj1.jpg http://img444.imageshack.us/img444/6411/kruisvaardersknightsmq1.gif http://img104.imageshack.us/img104/9696/germaanseridder5tf0.jpg http://img79.imageshack.us/img79/5333/teutonicknightsfightnf7.jpg

Die Ou Man
13th June 2007, 22:03
Die Oorwinningskruis is deur die Pous aan die Tempel Ridders gegee.


1146
Pope Eugenius III authorised the Templars to add the red cross on the left breast of their tunics and the shoulder of their mantles, symbolising willingness to shed their blood and die for the Faith.

Kyk nou na hierdie interessantheid. Die Pous stuur, in oorleg met ander Europese vorste, die kruisvaarders om Jerusalem van die Moslems te herower. Hy gee aan hulle 'n simbool. Daardie simbool is nie die moordkruis van Golgota nie, maar die Oorwinningskruis van die Christus. Hy het dus iets geweet wat ons vandag nie weet nie.

Kyk nou na die onderstaande kiekie. Die skepsel staan so waar as waaragtig met albei kruise. Die moordkruis in sy hand en die Oorwinningskruis op sy mantel.

Die Pous weet presies wat die koppeling tussen die die Oorwinningskruis en die oorwinning oor die dood, deur die Christus is.

Die Pous hou die doodskruis vir ons uit en die Oorwinningskruis vir homself. Deur die doodskruis behou die kerk sy houvas op ons deur die verwekking van 'n skuldgevoel, as synde die Messias in ons belang gemartel en vermoor is.

Die doodskruis is die moordinstrument van Satan en die dood. Die Oorwinningskruis is die simbool van die Messias en die oorwinning oor Satan en sy doodskruis.

Liefde groete.

Die Ou Man

http://img514.imageshack.us/img514/6708/benedictxviya5.jpg

Die Ou Man
14th June 2007, 08:02
Elke seil van elke skip van Dias en Da Gama het die Oorwinningskruis van Christus op gehad. Die kruise wat Dias vanaf Kaap Kruis in Duitswes tot by Kenton on Sea in die Oos-Kaap geplant het, is die Oorwinningskruis van Christus. Die Oorwinningskruis het ons as volk vooruit geloop. Dias het ons kleim kom afsteek met elke kruis wat hy hier kom plant het.

Daardeur kan ons aanvaar dat die oorwinningskruis van Christus ons vooruit geloop het. Die Kruis was reeds ingeplant as teken van wat sou kom, hier in Boerland. Dit is miskien tyd dat ons opnuut na die simboliek van die Kruise langs ons kus gaan kyk.

Die Portugese seevaarders het na die Kruis verwys as die Kruis van die Orde van Christus.

Liefde groete.

Die Ou Man

http://img177.imageshack.us/img177/3233/vasco2rd3.jpg http://img511.imageshack.us/img511/6646/dagamaseskipgz6.jpg
http://img145.imageshack.us/img145/8182/vascoaa8.jpg http://img528.imageshack.us/img528/4439/vascodagama2ghs4.jpg

Die Ou Man
14th June 2007, 08:37
Die Oorwinningskruis en die Oorwinningsbanier loop van die Opstanding af as die Messias se oorwinningsimbool, deur die geskiedenis van ons voorvaders in Europa.

Die Oorwinningskruis kom voor in die meeste ou krone van die koningsgesinne in Europa. Die Britse kroon het nie minder nie as 4 Oorwinningskruise.

Die meeste Westerse lande koppel heldedade aan die Oorwinningskruis van Christus. Die Victoria Cross (foto 1) van Britanje en die Ysterkruis (foto2) van Duitsland is die mees bekende voorbeelde.


The medal (in German 'Eiserne Kreuz') was reinstituted during the Franco-Prussian War of 1870-71 and again by Kaiser Wilhelm II on 5 August 1914 for use during the First World War.

Die Ysterkruis van Duitsland kom van die Germaanse Ridders (Teutonic Knights) van Pruise uit die 12de en 13de eeu wat in die Kruisoorlog geveg het. Hitler het egter 'n ander kruis, nl. die Hakekruis (swastika) op die Oorwinningskruis aangebring (foto 3). Kom dit neer op besoedeling van die Oorwinningskruis?

http://img300.imageshack.us/img300/6061/victoriacrossxa4.jpg http://img264.imageshack.us/img264/7889/ysterkruiswpw7.jpg http://img264.imageshack.us/img264/5030/ysterkruisnazinc7.jpg

Die Ou Man
14th June 2007, 08:47
Voordat 'n Volk daaraan kan dink om 'n stryd te voer, moet hy sy simbole reg kies. Hitler het op die swart Hakekruis besluit (foto1). Toe Hitler egter oorlog toe gaan met sy Volk, verander hy Duitsland se vlag en voeg 'n swart Oorwinningskruis by. Dit is die sg. "Battle Flag." (Foto 2)

Dit is belangrik dat ons as Boere ons simbole van die begin af reg kies.

Liefde groete.

Die Ou Man


http://img169.imageshack.us/img169/6673/nazivlagbo1.jpg http://img256.imageshack.us/img256/5374/nazioorlogvlageh8.jpg

Die Ou Man
14th June 2007, 09:26
Ons het die Oorwinningskruis van die Heilige Land gevolg, deur Europa al met die kus langs, tot waar Dias ons daarmee begrens het. So het die Oorwinningskruis ook saam gekom op die embleem van die Franse Hugenote. (Foto1) En saam met die Hugenote simbool, kom die simbool van die Heilge Gees, was soos 'n duif neerdaal en die fleur de lis, waarna Siener verwys. (Ek gaan die fleur de lis afsonderlik bespreek)

Die spoor neem ons nou verder tot in die ZAR.


Zuid-Afrikaansche Republiek

The Zuid-Afrikaansche Republiek (the Boer state in the Transvaal from 1858 to 1902), had no official honours system, but in 1874, at the request of the predominantly British-born mining community of Pilgrim's Rest, a presidential decoration was established to reward two women who had nursed the community through a fever epidemic.

Burgers Cross (1874)

Presented by Transvaal president Thomas Burgers to three women: two for nursing services during an epidemic and one for composing the ZAR's national anthem.

Insignia: A gold cross pattee, suspended from a green ribbon with "Burgers Cross" on.

http://www.geocities.com/militaf/pre52.htm

Die Burger Kruis van die ZAR was 'n Oorwinningskruis in goud.

Die Burger Kruis was nog net aan drie persone toegeken. Drie vroue. Wie sal die vierde wees?

So loop die spoor van die Oorwinningskruis, nou as die Burgerkruis, tot in Angola waar hy teen die Kubaanse Kommuniste veg by Cuito Cuanavale.


7SAI had two Lynx’s that used to go on Parade with us every time we flew the "Colours. We (our Company) won two ‘Battle Honours’ for 7 SAI during our Op.’s Duties, making 5 in total, once just before a pass, we had to do a Parade through Palabowa, as well as a funeral March for 3 Guy’s who made it not. The Rooikat was 7 SAI’s Emblem, a Silver Lynx Head, mounted on a gold Burgers Cross.

There was a lot of history behind the Burgers Cross and the Lynx’s, and the Senior Rank was extremely proud of this. We were not allowed to wear the Colours, Belt Buckle or Balkie until we had graduated to `troops’, not just `Roofies’. I later went out with the daughter of one of President Burger’s descendants, who also happened to be the Jeweler who made the 30 Originals, out of 9ct Gold (Part of the original Nugget found by President Burger, at Pilgrims Rest) and Stirling Silver.

http://www.geocities.com/sadfbook/7sai.htm

En so lyk dit vir my, loop die spoor van die Oorwinningskruis dood by Cuito Cuanavale. Want hierna het die politici besluit om te kapituleer, al had ons die beste weermag op die kontinent.

Ek plaas 7SAI se embleem. Die rooikat op die goue Burgerkruis. (Foto 2)

Liefde groete.

Die Ou Man

http://img515.imageshack.us/img515/9229/croixhuguenoteokmu2.gif http://img530.imageshack.us/img530/5991/7saicrosspatteefc1.jpg

Die Ou Man
14th June 2007, 14:13
In Frankryk word die Edik van Nantes opgehef en duisende Hugenote word in 'n menseslagting vermoor.


In March 1562 approximately 1,200 Huguenots were slaughtered in Vassy. And in August 1572, a further 8,000 Huguenots were massacred in the infamous attack at St Bartholomew's

As gevolg van hierdie menseslagting, vlug die Hugenote na ander dele van Europa en ook na Suid-Afrika. Onder die Hugenote wat hulself aan die Kaap kom vestig, is die van Cilliers, wat later weereens 'n kritieke geestelike rol sal moet vervul. Die familiewapen val my op.

Liefde groete.

Die Ou Man

http://img227.imageshack.us/img227/6909/celliersspi1.jpg

Die Ou Man
14th June 2007, 14:17
Die idee van 'n ambulans het ook sy oorsprong gedurende die heilige oorlog teen die Moslems gehad.


1099 - Christian armies wanting to keep holy places safe for Christian pilgrims fought the Muslims and finally captured Jerusalem. This was called the first Crusade. After acquiring a property where the ancient Monastery of St. John the Baptist had stood, the Order adopted St. John the Baptist as its patron saint and so took on the name St. John.

1113 - The Pope noticed that the Order of St. John was doing good things for the poor and sick. He decided to officially recognize it as a religious order known as Hospitallers.

1119 - Despite the Christian conquest of Jerusalem, pilgrims continued to be attacked. The role of armed protection was added to the duties of some of the Hospitallers. These knights formed a military order of the Hospitallers known as the "Order of Templars". They were also referred to as the "Knights of St. John". The Order of the Hospital was not only the first military religious order of chivalry, but indeed the first order of knighthood of any kind.

1870 - The Order of St. John in England offers to do ambulance work in the field during the Franco-Prussian War. The first ambulance services of the order were organized in 1872 in the pottery and mining districts of England.

1877 - The St. John Ambulance Association was started. Its aim was to train people in first aid and ambulance support

Die rooi kruis wat vandag deur ambulanse gebruik word, het ook sy oorsprong in die rooi Oorwinnigskruis wat deur die pous aan die Tempelridders gegee is.

Ek plaas fotos van die Hospitaalridders.

Liefde groete.

Die Ou Man


http://img108.imageshack.us/img108/8707/hospitallerverpleegriddxe9.gif http://img257.imageshack.us/img257/9117/beredehospitallerbr1.jpg

Die Ou Man
14th June 2007, 14:20
Siener van Rensburg sien die volgende visioen:

In die Ooste kant is ‘n groot lege fort.
Toe kom vijf wit amelans vlae met rooi kruis op uit.

Vir die wat ore het om te hoor.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th June 2007, 14:33
Die Oorwinningskruis van Christus, is die simbool waaronder die Boer sy geestelike stryd teen die Bose gaan voer. Dit is die Kruis wat ons gaan opneem om die godsdiens weer nuut en vry te maak van dogma en ander onsuiwerhede, soos wat Siener voorspel het.

Die Oorwinningskruis is 'n simbool van oorlog en paternalisme. Siener het ook aan ons die simbool van die vrou gegee. Ek vervolg daarmee.

Laat ons alle misverstande uit die weg ruim. Ons gaan 'n nuwe Godsdiens hê, nuut en gestroop van 2000 jaar se bedrog.

Liefde groete.

Die Ou Man

Klasie
15th June 2007, 04:07
Die Oorwinningskruis en die Oorwinningsbanier loop van die Opstanding af as die Messias se oorwinningsimbool, deur die geskiedenis van ons voorvaders in Europa.

Die Oorwinningskruis kom voor in die meeste ou krone van die koningsgesinne in Europa. Die Britse kroon het nie minder nie as 4 Oorwinningskruise.

Die meeste Westerse lande koppel heldedade aan die Oorwinningskruis van Christus. Die Victoria Cross (foto 1) van Britanje en die Ysterkruis (foto2) van Duitsland is die mees bekende voorbeelde.


The medal (in German 'Eiserne Kreuz') was reinstituted during the Franco-Prussian War of 1870-71 and again by Kaiser Wilhelm II on 5 August 1914 for use during the First World War.

Die Ysterkruis van Duitsland kom van die Germaanse Ridders (Teutonic Knights) van Pruise uit die 12de en 13de eeu wat in die Kruisoorlog geveg het. Hitler het egter 'n ander kruis, nl. die Hakekruis (swastika) op die Oorwinningskruis aangebring (foto 3). Kom dit neer op besoedeling van die Oorwinningskruis?

http://img300.imageshack.us/img300/6061/victoriacrossxa4.jpg http://img264.imageshack.us/img264/7889/ysterkruiswpw7.jpg http://img264.imageshack.us/img264/5030/ysterkruisnazinc7.jpg


Beteken die Suider Kruis { Southern Cross } iets.?

SA15. Southern Cross Decoration [ 1975 ]

Instituted: 1975.

Ribbon:
32mm blue with 1mm white stripes 3mm from each edge

Metal:
Silver and enamels.

Description:

An eight-pointed Maltese cross superimposed on a larger, broader cross in the same form, with a beaded enamelled medallon at the centre bearing the constellation of the Southern Cross. fitted with n protea emblem for suspension from a steaigt bar.

Hou ingedagte dat 8 die volmaakde syfer is, kan enige syfer of getal met 8's maak.

Comments:

Awarded to commissoned officers of the South African Defence Force or of related forces who contributed to the security of the nation, in recognition of outstanding service of the highest order and the utmost devotion to duty displayed in time of Peace or War.

Klasie
15th June 2007, 05:29
Die Oorwinningskruis van Christus, is die simbool waaronder die Boer sy geestelike stryd teen die Bose gaan voer. Dit is die Kruis wat ons gaan opneem om die godsdiens weer nuut en vry te maak van dogma en ander onsuiwerhede, soos wat Siener voorspel het.

Die Oorwinningskruis is 'n simbool van oorlog en paternalisme. Siener het ook aan ons die simbool van die vrou gegee. Ek vervolg daarmee.

Laat ons alle misverstande uit die weg ruim. Ons gaan 'n nuwe Godsdiens hê, nuut en gestroop van 2000 jaar se bedrog.

Liefde groete.

Die Ou Man

Godsdiens was gestroop......By Bloedrivier, maar nie vir lank nie.

Die Ou Man
15th June 2007, 08:57
Die Oorwinningskruis van Christus, is die simbool waaronder die Boer sy geestelike stryd teen die Bose gaan voer. Dit is die Kruis wat ons gaan opneem om die godsdiens weer nuut en vry te maak van dogma en ander onsuiwerhede, soos wat Siener voorspel het.

Die Oorwinningskruis is 'n simbool van oorlog en paternalisme. Siener het ook aan ons die simbool van die vrou gegee. Ek vervolg daarmee.

Laat ons alle misverstande uit die weg ruim. Ons gaan 'n nuwe Godsdiens hê, nuut en gestroop van 2000 jaar se bedrog.

Liefde groete.

Die Ou Man

Godsdiens was gestroop......By Bloedrivier, maar nie vir lank nie.

Daar is 'n opinie dat die visioene van Siener daarop neerkom dat ons moet terugkeer na die kerk, maar dit is hoegenaamd nie waarop dit neerkom nie. Maar jy weet dit beter as ek.

Bloedrivier se gelofte, Siener, Brandt, Genesis 1 en Openbaring 14:7 sluit soos die speke van 'n wiel by mekaar aan. Die bedrog het in Genesis 2:4 ingesluip. Kyk gerus of die Skepper van Genesis 1 en Genesis 2, vanaf vers 4 dieselfde God is. Raadpleeg gerus ook die Boek van Herinnering. Ek sal dit op 'n gepaste draad verduidelik.

Liefde groete.

Die Ou Man

Klasie
15th June 2007, 09:06
Die Oorwinningskruis van Christus, is die simbool waaronder die Boer sy geestelike stryd teen die Bose gaan voer. Dit is die Kruis wat ons gaan opneem om die godsdiens weer nuut en vry te maak van dogma en ander onsuiwerhede, soos wat Siener voorspel het.

Die Oorwinningskruis is 'n simbool van oorlog en paternalisme. Siener het ook aan ons die simbool van die vrou gegee. Ek vervolg daarmee.

Laat ons alle misverstande uit die weg ruim. Ons gaan 'n nuwe Godsdiens hê, nuut en gestroop van 2000 jaar se bedrog.

Liefde groete.

Die Ou Man

Godsdiens was gestroop......By Bloedrivier, maar nie vir lank nie.

Daar is 'n opinie dat die visioene van Siener daarop neerkom dat ons moet terugkeer na die kerk, maar dit is hoegenaamd nie waarop dit neerkom nie. Maar jy weet dit beter as ek.

Bloedrivier se gelofte, Siener, Brandt, Genesis 1 en Openbaring 14:7 sluit soos die speke van 'n wiel by mekaar aan. Die bedrog het in Genesis 2:4 ingesluip. Kyk gerus of die Skepper van Genesis 1 en Genesis 2, vanaf vers 4 dieselfde God is. Raadpleeg gerus ook die Boek van Herinnering. Ek sal dit op 'n gepaste draad verduidelik.

Liefde groete.

Die Ou Man

Dit is duidelik nie die selfde God nie, maar jy weet dit beter as ek. Moet ook nie die gelofte van Paardekraal vergeet nie, die Volk se geloof was toe nog suiwer genoeg om ons n oorwinning te gee.

Die Ou Man
15th June 2007, 09:10
Beteken die Suider Kruis { Southern Cross } iets.?

Hou ingedagte dat 8 die volmaakte syfer is, kan enige syfer of getal met 8's maak.


Klasie.

Die honurus crux loop in dieselfde lyn.

Die syfer agt is die simbool van die ewige lewe. Wanneer hy op sy, sy l'e ∞, simboliseer hy die oneindigheid. Kyk weer na die Oorwinningskruis en die Hugenote Kruis met hulle 8 punte. Daarin lê die antwood op ons geestelike herkoms.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
15th June 2007, 19:59
Kom ons keer terug na Parys.

Ek besoek die bekende en veelbesproke Louvre. Die glas piramide van Miterand praat nie met my nie. Wanneer ek omdraai en terugkyk op die Champs Élysées na die Arc de Triomf, word my uitsig versper deur die manjifieke Quadriga. 'n Vrou op 'n krygstuig, getrek deur vier perde, met 'n lourierkrans wat sy omhoog hou.

Die Quadriga voor die Louvre is 'n afbeelding van die oorspronklike Quadriga van Berlyn. Die vrou op die krygstuig met die lourierkrans omhoog, versinnebeeld die sg. vredesgodin. Nadat Napoleon Berlyn verower het, het hy die oorspronklike Quadriga van Berlyn na Parys geneem as oorlogsbuit en in die Champs Élysées opgerig.

Na Napoleon se nederlaag is die Quadriga terugbesorg aan Berlyn. Intussen het die Franse 'n afbeelding gemaak en voor die Louvre aangebring. Ek plaas 'n foto van die huidige Quadriga in die Champs Élysées sowel as die Quadriga by die Grand Palais in Parys. Die beeld van die vredesgodin met die lourierkrans is duidelik sigbaar.

Liefde groete.

Die Ou Man

http://img471.imageshack.us/img471/1741/quadrigaparisss4.jpg http://img48.imageshack.us/img48/1934/300pxgrandpalaisparismalt2.jpg

Die Ou Man
15th June 2007, 20:26
Terug op vaste bodem in Boerland, skakel my geesgenoot en Volksmoeder my. Sy bring my denke terug na die Quadriga van Parys. "Het jy geweet dat die beeld op die Brandenberg Hek van Berlyn ook die Wenkruis omhoog hou?" vra sy my.

Sover ek weet het die Quadriga van Berlyn die simbool van vrede, die lourierkrans omhoog gehou. Die Ou Vrou dwing my nou om weer te gaan dink. Hier volg die resultaat.

Die oorspronklike muur om Berlyn het 14 hekke gehad. Al die hekke, behalwe die Brandenberg Hek is vernietig. Die Brandenberg Hek is vandag nog die simbool van Berlyn en van Duitsland. Die Quadriga het wel van Parys teruggekeer. Maar die Vredesgodin moes plek maak vir die Oorwinningsgodin.

Met die terugkeer van die vredesgodin van Parys, is haar lourierkrans vervang met die oorwinningskruis. Die godin van vrede is vervang met die godin van oorwinning. Dit beteken nie dat die Duitsers die vredes- of oorwinningsgodin aanbid het nie. Die simboliek hieragter is egter geweldig kragtig.

'n Volk se simbole bepaal 'n Volk se psige. Maak of breek.

Ek plaas die Oorwinningsgodin op die Brandenberg Hek vir Die Ou Vrou.

Liefde groete.

Die Ou Man


http://img339.imageshack.us/img339/8641/brandenburggatesunsetqugo1.jpg

Die Ou Man
15th June 2007, 20:48
My gesprek met die Die Ou Vrou laat my gedagtes weer terugkeer na die ridders wat werklik daaroop aanspraak kan maak dat hulle ridders vir Christus was.

Ek betrag die onderstaande foto.

Ek dink onwillikeurig aan hierdie gebroke Boervolk en ek sidder!

Liefde groete.

Die Ou Man

http://img354.imageshack.us/img354/5121/templar20battledt6.jpg

Die Ou Man
15th June 2007, 21:07
'n Volk se simbole is sy Gewete.

'n Volk se simbole vertel waarvoor hy stry en waarteen hy stry.

'n Volk sonder grondige simbole is 'n hersenskim wat geen bestaansreg regverdig nie.

Hoe het die wapen van die formidabele ridders van die vroeë Christendom gelyk?

Onder watter simbole het hulle geveg en hul indrukwekkende militêre suksesse behaal?

Ek plaas die hedendaagse seremoniële weergawe. Die simbole bly dieselfde.

Liefde groete.

Die Ou Man


http://img525.imageshack.us/img525/5585/ma584tszq2.jpg

Die Ou Man
16th June 2007, 12:02
Die swaard hierbo bring ons terug na die vyf kruise van Siener. Siener was nie die eerste om die belangrike vyf kruise te sien nie. Dieselfde getal kruise is aan 'n ander Johanna gegee. Daardie ander Johanna was Jeanne d'Arc, heldin van Frankryk en die vyf kruise is deur die engel Michel aan haar gegee.


In the month of April, La Pucelle prepared herself for war. She was guided to call for a specific sword that her voices said was buried behind an altar in the Church of Saint Catherine, in the city of Fierbois. She was told that it would be recognizable by its bearing five crosses. It was brought to her from that place having appeared miraculously; coming to her from out of the earth, much in the way Excalibur had come to King Arthur, from out of the water. She would use it in leading her troops, blade pointed downward with the hilt elevated, to form a cross.
The Mystic Legacy of Jeanne d’Arc by Marcia Quinn Noren

Tydens haar latere ondervraging, verstrek Jeanne d’Arc die volgende besonderhede.


"Whilst I was at Tours, or at Chinon, I sent to seek for a sword which was in the Church of Saint Catherine de Fierbois, behind the altar; it was found there at once; the sword was in the ground, and rusty; upon it were five crosses; I knew by my Voice where it was."

Die swaard met vyf kruise is in die vroee christen oorloë gebruik.


It was at St. Catherine's of Fierbois, a shrine to the martyr, that St. Joan found her sword. She dug beneath the stone and found the old sword used by Charles Martel when he fought the Moslems, and which Joan would take in battle to free her French people from the English invaders.

Martel was juis die man wat die Moslem opmars na Frankryk finaal gestuit het.


A Frankish barbarian of the eastern Frankish kingdom of Austrasia, Charles Martel (688 - 741 C.E.) was most famous for the Battle of Tours (732 C.E.), near Poitiers, in which he successfully defeated the Saracen Moors in their invasion of France, thus preserving Christian Europe from the encroachment of Islam. He held the title of Mayor of the Palace of Austrasia, but in actuality wielded the power of a king. His byname, "Martel," meant "hammer" and was used to describe the way he indefatigably drove back the Moorish invasion.

Die swaard ter sprake bring dan ook twee simbole bymekaar, nl. die Wenkruis en die Lelie (Fleur de Lis). Die Lelie is wel sigbaar op die swaard hierbo.

Die reis van die Lelie deur ons Volk se geskiedenis gaan nog interessanter as die Wenkruis wees. Bekyk solank vir Johanna van Ark hieronder.

Liefde groete.

Die Ou Man

http://img142.imageshack.us/img142/2594/johannarn2.jpg

Die Ou Man
5th August 2007, 08:54
Waarom spesifiek vyf rooi kruise? Waarom die getal vyf?

Want die vyf rooi kruise verteenwoordig die vyf wonde wat Jesus tydens die moord toegedien is.

Vier spykerwonde en een spieswond.

Die verhaal van die lelie word hier (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=11) voortgesit.

Liefde groete.

Die Ou Man