PDA

View Full Version : Liewe Wendag

Die Vrou
23rd November 2012, 08:42
Liewe Wendag,

Ek kan verewig neem om julle al hierdie verkeerde dinge in die skepping te wys. Julle te laat probeer sien dat die god die Skepper(Rospheros) niks anders
behalwe slegte dinge vir elk wat hier gevange is in die fisiese skepping (Die Tuin van Eden) het. Dat hy ook onder baie name funksioneer om die mense om die
bos te lei. Dat hy selfs vir julle sal se dat hierdie afstootlike lewe reg en goed is en ook leersaam, ja, dit kan mens net van hierdie walglike leunaar gees verwag.

Elke dag soos ek my pad loop in hierdie skepping en ek aanskou als se seer en swaar ontstaan daar hierdie roekelose gevoel om hulle te help. Ek het by julle begin,
julle probeer wys die erge lyding waarin hulle verkeer. Ekt julle ook probeer wys dat elkeen hier maak nie saak in watse vorm hulle is nie, gevoelens het, en dat hulle net soos die mens vrees en pyn en ook woede ervaar. dat wanneer hulle verkeerd behandel word ook wrokke teen die mens koester wat dit aan hulle doen. Maar die mees belangrikste van als het hulle elk op hulle eie manier die liefde in hulle harte. Sal hulle hulle eie soort beskerm teen ander wat hulle probeer skade aandoen. Ook dat hulle hulle self kan dood treur soos die kiewietjie oor die afsterwe van sy maatjie. :-( . En boonop wat die slegste deel hiervan uitmaak is die feit dat hy die mens so manipuleer om hulle lyding wat al reeds swaar sonder ons teenwoordigheid is, nog erger te maak. Want omdat hy ons in die fisiese liggaam geplaas het wat al ewig honger het en smag na lekkernye dit is nou ons mede fisiese skepping wat erg ly omdat ons hulle liggaame wil eet om ons honger en luste vir hulle vleis te bevredig. Gedurigdeur spartel hulle in ons hande om ook te kan leef. Voer die dier en plant 'n helse stryd om uit die hande van die mens te probeer ontsnap. Dan praat ek nog nie eers oor die aarde se swaar stryd nie. Wat dink julle gaan plant en mens en dier doen wanneer die aarde ten sterwe kom?? Die mens wat deur hierdie god voortgejaag word soos blinde slawe om als te vernietig met ongenaakbare gierigheid vir die vlees vir die skatte(ingewande) van die aarde se liggaam!! Verder ook nog die mense dryf om handel te drywe met lewende wesens wat gevoelens het!!!! Hulle smag na hulle vryheid meer as wat die mens ooit kan raai, WEET JULLE DIT???? As julle dit nie geweet het nie mense van Wendag dan weet julle dit nou!!!! want as julle als gelees het wat ek geskryf het, wat ek met prente en videos vir julle probeer wys het dan het julle ... Die Boodskap van Rosella die blom ontvang!

http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=952&d=1353654672

Nou is my vraag aan julle: Wat gaan julle met dit wat ek aan julle probeer wys het doen?? Gaan julle net eenvoudig voortploeter soos lewelose blindes wat nie meer 'n wil van hulle eie het nie?? Gaan julle aangaan met wat julle elke dag doen hier en maak of julle nooit my pleidooie ter wille van die skepping gehoor het nie???

Wat gaan julle doen?

Liefde groete

Die Vrou .....

knipmes
27th November 2012, 19:37
Die Vrou, naand,

Gaan julle net eenvoudig voortploeter soos lewelose blindes wat nie meer 'n wil van hulle eie het nie??

My oupa het my eendag baie lank gelede vertel dat mens m oet oppas vir iemand wat se " Mens moet nie daal na so of so se vlak nie!". Hy het vertel dat iemand wat homself so hoog sien bo andere, en nie wil afdaal na andere se vlak nie, maak van die self so 'n egoistiese verwaandheid, dat die eie ek dan die hoogste vlak van sotheid bereik... sonder om dit te besef.

Oupa het altoos vertel dat daar word mos deur ons voorouers geseg van mense wat nie hierdie fout begaan nie, nederige mense word van gese: Hy staan plat op die aarde, sout van die aarde, of hou hom nie hoog nie...

Ons moet pasop wie ons blind noem...

groetnis
knipmes

Die Vrou
30th November 2012, 08:35

More knipmes ;-)

Na my mening knipmes, mense is blind as hulle na die wreedheid van die skepping kyk met oop o en dit nog steeds ophewe as wonderlik
en beeldskoon!

:smile: :thumbup_1:

knipmes
2nd December 2012, 13:50
Ja Bokkie, daar word gereken dat 98% van vandag se aardlinge leef "bewustelik onbewustelik" wat beteken dat daar word met die aardse twee oe gesien, en met die aardse ore gehoor, en met die aardse liggaamlike sintuie geleef, sonder enige bewustelike poging om na die innerlike sintuig wat die skakel is met die nie-fisiese. Dit wat Jesus na verwys het as die Koninkryk binne-in jou, of liewer dinge soos jou geestesoog en "gut feeling".

Sad but so true...

Tog wil ek jou aanvat oor die denke dat hierdie dimensie net sleg en lelik is... daar is maar min dinge so mooi soos 'n mooi roos, of 'n pragtige vrou, of 'n jong bokkie, of lammer, of selfs 'n skoenlapper... of 'n kragtige leeu of beer. Wat natuurlik is as evolusie is vir baie 'n straf en oordeel... die feit is dat hier die sterkste oorleef, die swakkery val uit. Dis dalk wreed vir sommige, maar natuurlik vir andere.

Die een se dood is 'n ander se brood, soms maar meestal letterlik...

groetnis
knipmes

Die Vrou
4th December 2012, 08:09
knipmes ;-)

Ek aanvaar jou uitdaging!

Beeldskoon is die skoenlappertjies maar kyk mooi na hulle sagte liggaampies hulle het soos die mens 'n senuweestelsel reg! Nou kom ons kyk verder
wanneer hulle in hierdie skepping moet probeer oorleef. Reen, wind en son verniel hulle brose liggaampies:

Hier is hulle nog nuut en pragtig!

http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=954&d=1354600410 http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=955&d=1354600413

Hier het hulle al deur hierdie elemente van wind, reen en son beweeg praat nie eers wat hulle moet verduur wanneer hulle voedsel word vir ander nie!!

http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=962&d=1354600429 http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=961&d=1354600427 http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=960&d=1354600425

Hierdie lewe is baie sleg vir skoenlappers!!

Ek val seker onder die sommige kategorie :thumbup_1: Eks te dankbaar hieroor ;-)

Hoekom moet 'n reeds volmaakte en rein en sterk gees deur hierdie wrede fisiese lewe loop om konsuis sterker te word! Ons is dan afkomend van 'n perfekte geestelike
skepping wat nie nodig het om hierdie wrede lewe te h nie?

Groete

Die vrou

knipmes
12th December 2012, 19:43
Naand Die Vrou,

Pragtige fotos van skoenlappers, dankbaar...

Tog moet onderskei word tussen Gees, Siel en Vonke. Die plant en diereryk beskik oor hoofsaaklik Vonke wat basiese lewensvorme is wat nie uitermate met emosievol belaaide evolusie te doen het nie. Die een se dood is die ander se brood, swakkelinge word uitgewerk en het die beste gene by voortbestaan. Dit het niks met emosievolle egoistiese Siele te maak wat onderskeie tussen "reg en verkeerd" nie. Dit gaan slegs oor oorlewing, punt. Hulle sien die verloop van papie na wurm na skoenlapper as evolusie wat ongestoord voortgaan sonder werklike emosie inwerking.

Dis net die mens wat emosie gebruik as deel van hul mondering, wat mens die wreedheid soos jy dit stel, dan ein en baasraak of herhaaldelik oordoen, lewe na lewe, totdat die punt of les geleer word, wat dan aanbeweeg, karma is karma, skuld is skuld, punt.

Daar is slegs een wreedheid wat vir my uitstaan... en dis die absolute breinspoeling en manupilering en slawerny gedrewe stelsel van hierdie wereld wat mensgemaak is...

'n moordenaar kry soos elke hond sy dag, glo my, maar wie staan pa vir die globale wreedheid om almal so bewustelik onbewustelik te laat lewe?
Dis die vraag!!!

groetnis
knipmes

Die Vrou
9th January 2013, 10:18

Goeiedag knipmes,

Die pragtige foto'tjies is my plesier! ;-D

Die plant en diereryk beskik oor hoofsaaklik Vonke wat basiese lewensvorme is wat nie uitermate met emosievol belaaide evolusie te doen het nie.

Waar kom jy aan bogenoemde siening, sou graag n antwoord daarop wil h?

Dit is die verkeerde denke knipmes, daar is definitief emosies betrokke, die diere sin is sigbbaar vir die mens se fisiese oog maar die arme stomme plante kan
jou niks wys behalwe wanneer dit al amper te laat is aan hoe sy liggaam vertoon nie. Verlep, dooi takkies ens.

Die een se dood is die ander se brood, swakkelinge word uitgewerk en het die beste gene by voortbestaan.

Knipmes omdat daar in elke lewende wese se fisiese liggaam 'n senuwee stelsel is en dat hulle kan pyn ervaar as daar aan hulle liggaame gesny en gestamp
word is die skepper van die skepping 'n wreedaard toe hy die dag ges het dat ons almal wat in hierdie tuin saam woon van mekaar moet leef. Dit wat jy dan nou
s van "die een se dood is die ander se brood" is 'n wrede kringloop om van mekaar te lewe en eintlik net ook 'n martelings proses!!
En van wanneer af moet die swakkere een doodgaan as hy/sy nou nie volmaak is soos hierdie skepper dit wil h nie? Kon hy dan nou nie sy skepping volmaak maak soos hy ges het in die boek wat hulle die bybel noem nie?

Dit het niks met emosievolle egoistiese Siele te maak wat onderskeie tussen "reg en verkeerd" nie. Dit gaan slegs oor oorlewing, punt. Hulle sien die verloop van papie na wurm na skoenlapper as evolusie wat ongestoord voortgaan sonder werklike emosie inwerking.

Hierdie is nou tipies menslike onkunde om te dink dat daar geen emosie betrokke is by die ander deel van die skepping nie. Die mens sien net wat hulle wil sien en vermy dan om verder en dieper te kyk want dan begin hulle skuldig voel en begin hulle die ander deel van die skepping jammer kry en die mens wil nie skuldig voel nie en hulle wil dit ook nie jammer kry nie ... want daar is nog altyd die groot vraag " Waarvan gaan ons dan moet leef?? Soos ek al by vele geleenthede ges het hierdie skepping is in so mate geskep sodat ons nie met mekaar kan kommunikeer en kan sien wat werklik hier aangaan nie. Ons is blind en doof teenoor mekaar!

knipmes daar is emosie, pyn en lyding betrokke.

Daar is slegs een wreedheid wat vir my uitstaan... en dis die absolute breinspoeling en manupilering en slawerny gedrewe stelsel van hierdie wereld wat mensgemaak is...

Nee knipmes, hierdie is 'n leun wat jy maar alte graag wil glo!! Die mens dryf nie hier in Die Tuin van Eden slawerny nie, dit is suiwer die werk van die een wat die mens en die res geskep het en sy trawante "Die skepper". Gaan lees bietjie " Die Tronk en slawerny " in Die Tuin van Eden onder my blog entries. Daar verduidelik ek wat hier gebeur.

'n moordenaar kry soos elke hond sy dag, glo my, maar wie staan pa vir die globale wreedheid om almal so bewustelikbewustelik onbewustelik te laat lewe?
Dis die vraag!!!

Ek is nou nie seker of ek hierdie deel reg verstaan nie, help maar reg as ek dan verkeerd is ;-).

Die een wat pa staan vir die fisiese skepping (bewustelikbewustelike) is die vormeerder daarvan en ook genoem die skepper. Vra eerder wie staan pa vir die skepping wat nie met die fisiese oog gesien kan word nie. Deur jou genoem die (onbewustelike).

Hiers vir jou 'n ietsie om oor na te dink van die liefde.

http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=963&d=1357714984

Liefde groete

Die vrou..

knipmes
7th February 2013, 21:10
Naand Die Vrou, wil net seg dat ek vermy jou nie, is net vreeslik besig op die oomblik, ons sal weer gesels

groetnis
knipmes

Die Vrou
10th February 2013, 16:25
Naand Die Vrou, wil net seg dat ek vermy jou nie, is net vreeslik besig op die oomblik, ons sal weer gesels

groetnis
knipmes

Dis reg so ... ek verstaan ... ons is almal maar besig ;-)

Groete

Die vrou..