PDA

View Full Version : Xenofobia: Die Sondebok



Die Ou Man
25th May 2008, 15:01
Xenofobia: Die Sondebok, 25/05/2008, Die Ou Man

Tim, daar is oor politieke, sosiale en etniese grense heen 'n misnoŽ jeens die regering se hantering van verskeie kwessies. Overgezet zijnde, die regering voel homself beleŽr aan verskeie fronte. Die beelde van geweld op mede-Afrikane in die media verwek 'n weersin by alle mense. Veral kykers en lesers in ons buurstate behoort gewalg te wees by aanskoue daarvan.

Dit is daarom verontrustend dat die Minister in die Presidensie, Essop Pahad, 'n sondebok op die tafel plaas voordat hy en die President hul mede-Afrika leiers in die oŽ moet kyk. Pahad se skimp dat regse elemente (by implikasie Afrikaner elemente) agter die geweld sit kan verrykende gevolge inhou. Afrika onderskei nie tussen ideologiese verskille onder Afrikaners nie.

Suid-Afrikaanse toeriste in Mosambiek is juis besig om terug te keer uit vrees vir weerwraak. Die regering se strategie om die wit gemeenskap of sekere segmente daarvan, deurlopend as sondebok vir sy eie onvermoŽ uit te wys, het die potensiaal om 'n mutasie van die huidige vreemdeling haat tot gevolg te hÍ? Hierdie keer gerig teen die "ware sondebok", wat deurlopend deur die regering uitgewys word, naamlik die Afrikaner.

Die Ou Man

News24.com/rapport (http://www.news24.com/Rapport/Blogs/0,,752-2364_2327824,00.html)