PDA

View Full Version : Rooi Busse



knipmes
26th July 2013, 20:58
Meteens was my aardse liggaam vreeslik moeg en afgemat. Ek kan vir die beste wil in die wreld net skielik nie my o oop hou nie, en was verplig om op die bed te gaan l, al was dit helder oordag op Moedersdag 2013...




Skielik staan ek so entjie weg vanaf n motor deurpad. Die pad is bo my op n lae heuwel, en ek staan in die dal in die stof. My bakkie is voor my, en ek staan in sy deur as of ek nou net uitgeklim het. Ek kyk op na die deurpad, die pad is vreeslik besig met baie voertuie wat van noord na suid voor my verby beweeg, asook uit sig agter hulle van suid na noord beweeg, alhowel ek hulle nie sien nie, is ek bewus van hulle. Ek sien net die eerste ry, buite baan van noord na suid. Ek staan met my rug na die ooste. Ek is bewus dat daar verskeie voertuie en mense langs en agter my saam met my is, alhoewel ek hulle nie kan eien nie, is ek wel bewus van hul teenswoordigheid. Dis my se mense.

Meteens word ek gefokus op die deurpad asof deur n onsiende hand wat my forseer om op te let. Verbasend vir my kom in sig uit die noorde n poskantoor rooi enkel laag bus, met lang vensters met wit gordyne, en ek sien baie mediese toerusting binne-in. Daar staan ook heel paar verpleegsters met rooi kappies op met die wit rooi kruis teken duidelik op hul voorkoppe te sien. Hulle gesigte is strak en tens van afwagting oor iets in die verte in die suide waarheen die bus oppad is. Dit word toe duidelik dat dit n ambulans bus is wat dringend met sirens en ligte voortsnel oppad na n ramp gebied.

Voor ek kon reaggeer, kom nog een reg agter die eerste een in sig, en nog een, en nog een, totdat ek vyf busse sien verbyflits in strak tog dringendheid. Dis asof die verkeer om hulle, hul pas belemmer. Die voertuie om hulle is vol mense wat aangaan asof niks in die wreld verkeerd is nie, die busse is maar net nog n hinderlikheid in hul daaglikse pas. Die gevoel wat ek kry van die busse, is een van uiterste indringendheid. Dis asof alles in uiterste stadige aksie voor my afspeel, tyd het hierin geen faktor nie, ek neem elke detail waar, dis asof ek deel is van die prentjie, en die prentjie van my, tog speel dit af en beweeg voort...

My fisiese eie reaksie hierop word ervaar en ek vole hoe ek na regs agter my kyk, waar n baie vername person se teenwoordigheid ook langs sy voertuig aan die anderkant aan my bewustheid raak. Ek kan hom nie eien nie, kan sy gesig nie sien nie, alhoewel ek dit sien. Ek is vreeslik lief vir hierdie person, weet hy is baie meer as ek, al is ek baie ouer as hy in aardse mondering, en ek fokus sy aandag op die konvooi busse. Hy kyk reguit na my, en glimlag met 'n liefdevolle gevoel wat ek nie kan beskryf nie so intens is dit, asof dit te wagte was.
Ek draai weer na die pad toe, en sien hoe die busse verdwyn in die suide uit sig. Skielik verskyn daar weer so n konvooi, maar die keer is dit almal brandweer waens met manne op, ook in rooi met wit rooi kruise op hul helmets. Hulle kyk ook strak na voor so asof hulle intensies suiwer doelgerig is. Hierdie busse verdwyn ook uit sig in die suidekant. Dit is al laat middag, want ek sien hoe die son rooi skyn reg voor my oorkant die pad in die weste...



Skielik is ek bewus van my dogter se kat wat by my op die bed spring, en teen my been kom l, ook in die sonnetjie wat so lekker op ons straal so op n koue winters middag in Pietersburg. Ons het nog nie regtig by die klimaats verandering vanaf Durban onlangs aangepas nie. Ondanks is ek is ook nogsteeds ten volle op die toneel wat voor my afspeel...




Ek draai na die vername persoon, kry die gevoel van onheil wat voorl, en wil iets s, maar die gevoel van onheil word skielik gepaai deur sy rustigheid, so asof dit te verwagte was wat ek so sien gebeur. Hy wink dat ek suid moet kyk, en ek draai my sig na die pad wat verdwyn links van my. Die pad verdwyn agter n heuwel waaroor ek nie kan sien nie. Skielik is dit vreeslik wanhopig binne my gemoed, want ek word bewus van 'n rook kolom wat swarter is as die nag van nagte wat agter die heuwel uitkom, maar dis baie rook, dig soos kerswas, maar enorm groot. Ek probeer stip kyk om deur die rook na agter dit te kyk, en dis asof die rookwolk my gedagtes gelees het, want skielik verander die rookwolk so plek plek en maak soort van vensters vir my oop om deur te sien. Agter die rookwolk kom die een staal en sement stelasie na die ander in sig. Ek herken dit as hoe geboue tipies van ons stede van vandag. Dis asof ek deur geboue se buitemure sien, daardie mure het verdwyn, en ek sien met xray o die binnekant, vloer vir vloer, hor en hor op in die lug. Elke vloer het n water tenk op met die pype teen die mure tussen die vloere, en kom in sig dat elke vloer het baie voertuie geparkeer in rye langs mekaar asof by n groot parkeer gebou.


In elke voertuig sien ek mense wat skreeu en brand, want dit is net vlamme waar jy kyk. Mense borrel soos rook uit die voertuie se vensters uit, en spring van die gebou se vloere na onder sonder huiwering, met gesigs uitdrukkings van ongelooflike hel waardeur die brein gaan om weg te kom van die vuur om hulle. Ek begin skree dat hulle nie moet spring nie, want dis baie hoog, hulle spring na hul dood, maar dis asof my geskree niks vermag nie. Ek voel paniekbevange en wil help, maar dis asof ek soos in n rolprent, net eenvoudig n toeskouer is, magteloos in wanhoop, die pyn gevoel van weemoed is Hemels hoog in my hart van harte. Ek kan nie agter die heuwel op die grondvlak sien nie, en dit pla my verskriklik.


Ek draai na die vername persoon vir hulp, en s dat ek n indringende slegte gevoel het dat daar agter die rook aan die agterkant van die heuwel n vreeslike groot euwel is wat vanuit die suide in aantog is, en alles verteer, oppad hiernatoe. Hy glimlag vir my, s dat ek nie moet bekommer nie, want die busse is daar agter onder uit sig besig om belangrike werk te doen, om de te help wat gehelp kan word, en dat ek nie verder hoef te bekommer nie. dit sal nie tot hier by ons kom nie...

n Ongelooflike gevoel van kalmte kom oor my wese, en ek raak rustig, want my mense is hier om my by ons voertuie hierdie kant van die heuwel, en toe verander die voertuie in tente met vure wat brand waar die heerlikste boerekosse voorberei worre...





My kat se gesiggie kom weer in fokus, met sy intense gevreetjie wat uitspel dat hy my angs voel en een is met my, ek kon dit net nie weerstaan nie en ek druk hom styf teen my vas... met die reuk van vars gebraaide uie nog sterk in my neus wande...













groetnis
knipmes