PDA

View Full Version : Die Liefde!

Die Vrou
7th November 2013, 11:18
LIEFDE
--------

Jy kan hoe geestelik lewe, jy kan in tale praat, jy kan gereeld kerk toe gaan, jy kan n christen wees, of jy kan aan enige soort geloof behoort, MAAR as jy nie die LIEFDE het nie HET JY NIKS!!!

In ander woorde as jy nou byvoorbeeld aan die Christelike geloof behoort en jy s dat mense wat nie die selfde geloof as jy het nie van die pad af is en hel toe gaan ens, veroordeel en verdoem jy daardie mense en wanneer jy begin veroordeel en verdoem is die liefde nie meer teenwoordig nie.

Liefde veroordeel en verdoem nooit nie!!!

Wanneer jy neerkyk op ander is die liefde nie teenwoordig nie!!!

Liefde s nie ander sleg en bespreek hulle swakhede in die openbaar nie. Liefde verneder nooit nie.

Gelowiges nou wil ek julle vra! Oortree julle die wet van die liefde? Doen julle aan ander wat julle nie aan julle self gedoen wil h nie?

:ohmy:

Se julle hulle sleg? Verdoem julle mense tot die hel net vir die eenvoudige rede omdat hulle nie dieselfde geloof as julle het nie? of
dalk oor dade wat hulle gedoen het, verdoem jy hulle of hadhaaf jy die wet van die Liefde?

Die Vrou
7th November 2013, 11:21
As enige geloof die vereiste het om ander neerhalend of beledigend te veroordeel of selfs te se hulle is van die pad af oortree diegiene klaar die wet van die liefde!
Is enige geloof dan hier in die skepping reg?

Die Vrou
11th November 2013, 11:07
Sou enige geloof dan enige waarde h? Want ons word geleer dat liefde meer as enige geloof beteken in alle gevalle van die lewe!

So as jy nou sonder geloof is en baie liefde besit, besit jy meer as n persoon wat meer gelowig is maar geen liefde het nie.

Dan is die gelowe mos eintlik taboe, of hoe? Want geloof val weg as die liefde swaarder weeg. So waarvoor is geloof dan nou
eintlik belangrik as liefde dan nou meer weeg?

knipmes
14th December 2013, 19:54
...Dan is die gelowe mos eintlik taboe, of hoe? ...

Naand Die Vrou,

Ek het bietjie die woord "Liefde" gaan soek in die Bybel en vind toe die volgende in Johannes...

Joh_5:42 Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.
Joh_13:35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
Joh_15:9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.
Joh_15:10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
Joh_15:13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
Joh_17:26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

Ook het Jesus tereggewys met die volgende...

Mat_24:12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
Luk_11:42 Maar wee julle, Farisers, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

Laat mens dink!

Vir my is die LIEFDE alles!
Ek verkies om liefdevol en opreg net die goeie in alles wat op my pad kom te kan sien, en dit so te benader!!

Voor aan meeste preekstoele hang die woorde "God Is Liefde" maar min min mense leef dit uit in werklikheid!
Dis jammer tog!

groetnis
knipmes

knipmes
14th December 2013, 20:12
So as jy nou sonder geloof is en baie liefde besit, besit jy meer as n persoon wat meer gelowig is maar geen liefde het nie.

Kyk so daarna...

Daar is aardse liefde, menslik en vleeslik gedrewe! Hierin is jou stelling hierbo voorwaar moontlik!

Maar gestel jy is grootgemaak op n plek of juis waar geen godsdiens aan jou voorgehou was nie, geen aardse vooropgestelde waarborge en moontlikhede ingeprent nie, maar jy leer van die natuur, die wette van die lewe soos dit deur foute werklikheid word, en jy beleef dinge soos geboorte van blomme, diere, mensekinders. Dan word daar n hemelse Liefde gebore wat nie vanaf die mens af kom nie, maar van God af nes Jesus dit verduidelik...

Joh_17:26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

Joh 3:12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?

groetnis
knipmes

knipmes
16th January 2014, 10:49
Mar 12:30 en jy moet die Here jou God liefh uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
Mar 12:31 En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefh soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as di nie.

Ons het al baie die "naaste" bespreek en verteer een of ander kant toe...

Wat belangrik is, is nie om op die naaste te konsentreer nie, eerder op die belangrikste woordjie in alle tale... Liefde

Want dis slegs vanuit daardie hoeksteen dat ware lewe ondervind word. Die eerste naaste aan n mens is wie? Dit kan niemand anders as die Self wees nie. Want geen godsdiens, geen opleiding, geen lewens ervaring lesse kan regtig opreg beleef word as die self nie eerste kom nie!

Kyk na die eerste gebod. Jesus verduidelik dat jy nie lief kan he as jy nie eers die self liefhet nie. Hoe kan jy jou God liefhe, en die een liefhe, maar daai een haat? Waar ware liefde in die hart van harte is, met ander woorde, waar daar die Lig skyn van binne, kan donkerte nie bykom nie. Die wetenskap leer ons dat donkerte self nie meet kan word nie, want dit bestaan nie, daar kan wel lig gemeet word, donkerte is net die afwesigheid van lig.

Die Lig van God, die Wese van God is Liefde, dit is juis reeds binne-in jou... jy word daarmee gebore!
Kindertjies het geen donkerte in hulle nie, materie en vorm het nog nie die geestesoog verdof nie, hulle het alles lief...

Luk_17:20 En toe Hy deur die Farisers gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en ges: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
Luk_17:21 En hulle sal nie s: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
Luk_18:16 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en ges: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
Luk_18:17 Voorwaar Ek s vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

Ware liefde is die mees ongelooflikste gevoel wat op hierdie planeet ervaar kan word, want dit is aansteeklik en tasbaar. Dink aan die mond loop oor van wat die hart van vol is...

Om verlief te wees, is om op water te loop, te sweef, waarom? Omdat dit die vergestalting in materie is van dit wat vanuit die hart straal! Daardie Lig, wat God is!!!
Daar le alles in opgesluit!!

want die koninkryk van God is binne-in julle.

groetnis
knipmes

knipmes
18th January 2014, 08:36
Gaan lees ook hier vir verskeie insigte oor Naaste en Liefde...

Hier (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/713-Wie-is-jou-quot-Naaste-quot?p=5307#post5307)

groetnis
knipmes

Die Vrou
19th January 2014, 11:02
Ons het al baie die "naaste" bespreek en verteer een of ander kant toe...

Wat belangrik is, is nie om op die naaste te konsentreer nie, eerder op die belangrikste woordjie in alle tale... Liefde

Want dis slegs vanuit daardie hoeksteen dat ware lewe ondervind word. Die eerste naaste aan n mens is wie? Dit kan niemand anders as die Self wees nie. Want geen godsdiens, geen opleiding, geen lewens ervaring lesse kan regtig opreg beleef word as die self nie eerste kom nie!

Kyk na die eerste gebod. Jesus verduidelik dat jy nie lief kan he as jy nie eers die self liefhet nie. Hoe kan jy jou God liefhe, en die een liefhe, maar daai een haat? Waar ware liefde in die hart van harte is, met ander woorde, waar daar die Lig skyn van binne, kan donkerte nie bykom nie. Die wetenskap leer ons dat donkerte self nie meet kan word nie, want dit bestaan nie, daar kan wel lig gemeet word, donkerte is net die afwesigheid van lig.

Die Lig van God, die Wese van God is Liefde, dit is juis reeds binne-in jou... jy word daarmee gebore!
Kindertjies het geen donkerte in hulle nie, materie en vorm het nog nie die geestesoog verdof nie, hulle het alles lief...

Ware liefde is die mees ongelooflikste gevoel wat op hierdie planeet ervaar kan word, want dit is aansteeklik en tasbaar. Dink aan die mond loop oor van wat die hart van vol is...

Om verlief te wees, is om op water te loop, te sweef, waarom? Omdat dit die vergestalting in materie is van dit wat vanuit die hart straal! Daardie Lig, wat God is!!!
Daar le alles in opgesluit!!

groetnis
knipmes

Ware liefde is die mees ongelooflikste gevoel wat op hierdie planeet ervaar kan word, want dit is aansteeklik en tasbaar. Dink aan die mond loop oor van wat die hart van vol is...

Nee wat knipmes ... hierdie woorde is nie waar nie Want as dit aansteeklik was sou liefde meer as swaar en hartseer geweeg het .. wat tans nie die geval is nie.

Die Lig van God, die Wese van God is Liefde, dit is juis reeds binne-in jou... jy word daarmee gebore!
Kindertjies het geen donkerte in hulle nie, materie en vorm het nog nie die geestesoog verdof nie, hulle het alles lief...

Hierdie klink klink nou amper soos n Dominee my eendag wou probeer wysmaak dat Ek my baba leer wat is pyn, wat n leun is want sommige babas word met koliek gebore wat van die wat met hartkwale en allerhande misvormdheid gebore word dink jy hulle het alles en almal lief wat n beter lewe as hulle het. Waar is die sogenaamde wonderlike liefde toe hierdie gebreklike of baie siek babas gebore was in n liggaam wat pyn kan verduur. Waaruit bestaan siektes en gebreklikheid ? Uit onuitstaanbare pyn en lyding. Waar was en is hierdie God in die tyd wat elke onskuldige of dit nou kind of grootmens of dier of plant is swaarkry en met allerhande siektes en hartseer oorweldig word?
Watse soort lig straal hierdie God as die skepping is in die toestand van puin en ellende wat tans oral waargeneem kan word?

knipmes
20th January 2014, 21:13
Nee wat knipmes ... hierdie woorde is nie waar nie Want as dit aansteeklik was sou liefde meer as swaar en hartseer geweeg het .. wat tans nie die geval is nie.

Dis net wanneer daar vanuit die hoek van geen liefde in die hart van harte slegs met denke gedink word dat sulke stellings waar is! So jammer tog! Ek is al vir baie baie jare verlief op n ongelooflike pragtige wese, nes biljoene mense op aarde tans ook wat hul wederhelftes liefhet, en hul kinders, en andere as naastes, en dit weeg baie swaarder as geen liefde!

Geen liefde bring donkerte in die hart, en ja daar is min of meer netso veel daarvan op aarde as liefdevolles, want die balans in die univers sal altyd uitbalanseer. Vir elke wandaad is daar n goeie daad! vir elke onding, n held! Want was daar geen liefde nie, het ons mekaar as mens lankal reeds uitgewis en het hierdie planeet soos die hollywood voorstellings van doomsday gelyk en gewees!

Hierdie klink klink nou amper soos n Dominee my eendag wou probeer wysmaak dat Ek my baba leer wat is pyn, wat n leun is want sommige babas word met koliek gebore wat van die wat met hartkwale en allerhande misvormdheid gebore word dink jy hulle het alles en almal lief wat n beter lewe as hulle het. Waar is die sogenaamde wonderlike liefde toe hierdie gebreklike of baie siek babas gebore was in n liggaam wat pyn kan verduur. Waaruit bestaan siektes en gebreklikheid ? Uit onuitstaanbare pyn en lyding. Waar was en is hierdie God in die tyd wat elke onskuldige of dit nou kind of grootmens of dier of plant is swaarkry en met allerhande siektes en hartseer oorweldig word?

Aarde tog, hierdie stelling is net waar as die uitgangspunt die is van wie juis so daarna kyk. My een dogter was an piepklein baba ook geweldig siek, en het dit oorleef, baie pyn verduur, en ek kan getuig dat sy dit alhoewel as moeilik aanpasbaar ondervind het, het sy dit oorkom, nes biljoene ander. Dit is so dat sommiges dit nie maak nie, en weer terugkeer na die niesiende, maar die res kom dit tog oorbrugend oor. Geen pasgebore baba sien dit so nie, inteendeel, dit neem enige gebrek net aan asof dit die norm is!

En om God die skuld vir alles te gee is inderdaad om nie werklik die werking van karma te verstaan nie! Wat gesaai word, word gemaai, in hierdie of in volgende lewens, van derde tot die vierde geslag! En dis die eie selfde siel wat sal inkarneer om juis dit wat in n vorige lewe verkeerd gedoen is te kom regmaak!

Watse soort lig straal hierdie God as die skepping is in die toestand van puin en ellende wat tans oral waargeneem kan word?

Weereens, om die God of Gode die skuld te gee vir die aardse mens se foute is myns insiens weens onkunde... Dis juis die onkunde van die mens wat in n staat van onbewuste bewusteloosheid lewe wat hierdie soort ding doen en beleef asof dit deur God aan hulle gedoen word! Intussen is dit juis hul bewusteloosheid wat die pyn en leiding en sorge as karma op die eie pad plaas om te leer. Kom ek vra jou dit... hoe sal jy weet wat die kleur swart is, as jy die kleur wit nie ken nie, of hoe sal jy weet wat pyn is, as jy vlekkeloos met n liggaam sonder pyn lewe? Almal gaan leer deur juis te lewe! juis te fouteer, juis te kan groei deur pyn en lekkerte... Die ou gesegde van ouma se vermaning dat van lekker lag kom lekker huil, kom hier duidelik ter sprake!

Net vir die pret, gooi ek hierdie versies in die poel, nie omdat ek dit uit konteks wil voorhou nie, maar omdat dit vermanings is om bewustelik te lewe...

Luk_23:34 En Jesus s: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Joh_5:42 Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.

groetnis
knipmes

Die Vrou
4th February 2014, 08:44
Dis net wanneer daar vanuit die hoek van geen liefde in die hart van harte slegs met denke gedink word dat sulke stellings waar is! So jammer tog! Ek is al vir baie baie jare verlief op n ongelooflike pragtige wese, nes biljoene mense op aarde tans ook wat hul wederhelftes liefhet, en hul kinders, en andere as naastes, en dit weeg baie swaarder as geen liefde!

Geen liefde bring donkerte in die hart, en ja daar is min of meer netso veel daarvan op aarde as liefdevolles, want die balans in die univers sal altyd uitbalanseer. Vir elke wandaad is daar n goeie daad! vir elke onding, n held! Want was daar geen liefde nie, het ons mekaar as mens lankal reeds uitgewis en het hierdie planeet soos die hollywood voorstellings van doomsday gelyk en gewees!

Aarde tog, hierdie stelling is net waar as die uitgangspunt die is van wie juis so daarna kyk. My een dogter was an piepklein baba ook geweldig siek, en het dit oorleef, baie pyn verduur, en ek kan getuig dat sy dit alhoewel as moeilik aanpasbaar ondervind het, het sy dit oorkom, nes biljoene ander. Dit is so dat sommiges dit nie maak nie, en weer terugkeer na die niesiende, maar die res kom dit tog oorbrugend oor. Geen pasgebore baba sien dit so nie, inteendeel, dit neem enige gebrek net aan asof dit die norm is!

En om God die skuld vir alles te gee is inderdaad om nie werklik die werking van karma te verstaan nie! Wat gesaai word, word gemaai, in hierdie of in volgende lewens, van derde tot die vierde geslag! En dis die eie selfde siel wat sal inkarneer om juis dit wat in n vorige lewe verkeerd gedoen is te kom regmaak!

Weereens, om die God of Gode die skuld te gee vir die aardse mens se foute is myns insiens weens onkunde... Dis juis die onkunde van die mens wat in n staat van onbewuste bewusteloosheid lewe wat hierdie soort ding doen en beleef asof dit deur God aan hulle gedoen word! Intussen is dit juis hul bewusteloosheid wat die pyn en leiding en sorge as karma op die eie pad plaas om te leer. Kom ek vra jou dit... hoe sal jy weet wat die kleur swart is, as jy die kleur wit nie ken nie, of hoe sal jy weet wat pyn is, as jy vlekkeloos met n liggaam sonder pyn lewe? Almal gaan leer deur juis te lewe! juis te fouteer, juis te kan groei deur pyn en lekkerte... Die ou gesegde van ouma se vermaning dat van lekker lag kom lekker huil, kom hier duidelik ter sprake!

Net vir die pret, gooi ek hierdie versies in die poel, nie omdat ek dit uit konteks wil voorhou nie, maar omdat dit vermanings is om bewustelik te lewe...

groetnis
knipmes

Hang nou af wie sien jy as jou naaste knipmes? Het j n moordenaar lief, knipmes? Het jy jou vyand lief? Het jy hulle lief met dieselfde liefde as wat jy vir jou kinders en Vrou koester of nie??

Liefde het geen uitsonderings nie, dit moet jy onthou!

Ek het jou al gese dat smart, pyn en lyding swaarder weeg as wat die liefde in die skepping weeg. Ek dink jy kyk miljoene se swaarkry mis en sien net die goeie raak. elke keer as mens moet eet is daar lyding betrokke, elke keer as die mens na rykdom smag is daar lyding dan praat ek nie eers van die harseer nie!! Slegs hierdie weeg al klaar swaarder as die liefde wat hier sigbaar is!! :-)

knipmes
4th February 2014, 23:01
Naand Die Vrou,

Ek geniet ons geselsie terdee!

Liefde het geen uitsonderings nie, dit moet jy onthou!

Ware woorde die!!

Ek kan slegs vir, en van, my self praat.

Al van kleins af weeg ek alles op wat aan my gedoen word, deur myself of andere, goed of sleg, aan die hand van wat Jesus, en ook later in Sy lewe as Die Christus, deur Hom sou gedoen het. Met ander woorde, mens kan slegs vanuit liefde as basispunt ontstaan en selfs al is dit vanuit aardse drange alleenlik, nogsteeds is daardie lewe wat geskep is geskep uit liefde. Gods Liefde wat die reg gee tot skep van lewe in materie, asook skepper se liefde as pa en ma van die betrokke geboorteling, hetsy dit dier of menskind is. Die verginsel dat mens in sonde ontvang en gebore word kan nie water dra nie, want n pasgebore baba het geen sondes nie, die sogenaamde "sondes" kom later by wanneer daar van die ewige na die tydelike oog verwissel word deur vorm. Een man se dood is n ander man se brood! Mens moet tog n perske afpluk as jy dit wil eet!

Jy is reg as jy reken dat ek alles op aarde liefhet in totaliteit. Ekself maak geen onderskeid tussen goed of sleg, of oordeel die een, en verafgod die ander nie, want daar is in elke mens beide goed en kwaad! Myself veral! Ek weet waarvan ek praat, was daar, het die motor al gewas met baie t - hempies... Van n moordenaar tot my kinders maak foute, en met reg so, want so leer mens om te groei. Vir elke positiewe aksie is daar n negatiewe aksie in werking, dis die balans van die univers! Om die werking van materie te veroordeel as heeltemal liefdeloos en slegs wreed is opreg een opinie wat dalk deur jou gekoester kan word, maar is dit die enigste opinie wat water dra? Net soos ek nie n moordenaar oordeel nie, want oordeel kom my nie toe nie, netso kan ek ook nie my kinders oordeel nie!

Mat_7:9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom n klip sal gee;

Luk_11:11 En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom n klip gee; of ook n vis, en hy sal hom in plaas van n vis n slang gee;

Die wreedheid van die lewe wat jy na verwys, en hier moet ek byvoeg dat ek medelye het met jou pyn wat ek kan aanvoel, is voorwaar n riem onder die hart! Dat jy wat Die Vrou is, n pragtige Wese is wat verskriklik seerkry deur die wreedheid van hierdie wereld te aanskou, is benydenswaardig! Maar tog ook nie, want geeneen het die reg of vermoens om die systeem te wil of kan verander nie. As n muskiet jou byt, en jy is vinnig genoeg sal jy hom doodklap op die plek! Dis moord! Is dit? Jy het dan n lewe geneem sonder huiwering! Moordenaar! Dan praat ek maar net van n onbenullige lewe soos n muskiet! Is dit onbenullig? Het die muskiet nie ook n plek in die samelewing nie? Malaria en kanker en die soort slegte dinge op aarde, soos selfs moord en oorlog, is juis in plek om ons getalle as mensekinders in toom te hou! Nes die getalle diere wat met migrasie deur leeus en krokkedille en wat nog uitgedun word. Die swakkeling sterf uit en net die beter gene oorleef, dis tog immers die leuse van oorlewing! Tog werk ons hard om dit te verander sodat ons as mensekinders hopeloos te veel kan vermeerder ten spyte van die planeet van maar slegs in wese n kwart van die huidige populasie op die aarde sal en werklik kan dra met volhoubaar! So jy is reg dat ons handuit geruk het! Ons moet in die bek geruk word, maar wie se kinders gaan vergaan en wie se kinders gaan bly? Waar trek ons die lyn? By n derde wereld oorlog? Dalkies! Wreedheid het egter sy plek ook, en is nodig of ons dit geniet of nie! Pluk die perske voor jy eet. Hoeveel perskes is daar, en hoeveel wat wil eet? Wie gaan kyk en wie gaan eet?

Ek het al kleins af op die plaas vir ouma gese toe sy reken ek moet my groentes eet in my bord saam met my rys, vleis en aartappels dat ouma moet by die venster uitkyk. Die skape en die bokke eet die gras, die boomblare en met n bietjie geluk die heerlike groente as ouma per ongeluk die groentetuin se hekkie oopgelos het! Dit maak hulle lekker vet, en uiteindelik slag ons daardie skaap en dan eet ek sy vleis. So ouma, deur oupa, en die skool, is ons geleer dat die grond gee sy minerale aan die plantegroei, hy as skaap of bok eet die blare, ek kry die minerale in deur sy vleis te eet, want n skaap is wat hy eet. Kyk maar na n gesogte karoo lam se sagte heerlike gegeurde vleisie! Ouma het gemompel dat oupa weer sy streke alklaar aan die kleinkinders verkoop het, en dat sy hom voor stok gaan kry! Tog het sy geglimlag want sien, ons is van nature vleiseeters. Ek het hierdie gesogte gesegte van my wat ek al jare lank uitdeel dat ek is n vleiseeter, nes my oupa en sy oupa, en as ek lus is vir n slaai, dan gaan koop ek n hoender! Ek eet nie sommer blare nie, want as my Vader wou gehad het ek moet blare eet, het Hy my n bok gemaak, nie n mensekind nie! Ouma lag nounog!! Al is dit in die mou! Oupa in al sy wysheid darem!!! Sy staan mos nie verniet voor die warm stoof en sloof haarself af vir ons nie!! Pragtigste Mensie wat sy was, en is... ewiglik!

Dit is liefde, liefde vir beide die voedsel in blaar en vleis vorm, dis tog immers vir ons gegee as voeding! Hoe anders moet ons bestaan, net pille drink om te oorleef? Daar moet ook dankbaarheid wees! Regtig? Daar is derduisende getuienis daagliks in alle volkere van elke lewe wat geneem word om as voedsel te dien, of dit nou vesel of vlees vorm het, deur die betrokke Vader by wyse van spreke te dank vir die voorreg om hierdie voedsel te kan inneem. Kom ons vat hande voor ons eet! Dis tog immers die regte ding om te doen, of is dit? Wat van die biljoene mensekinders wat daagliks eet sonder n oomblik van dank vooraf of tydens of agterna? Maak dit hulle nou sondaars wat verdelg moet word! Wat van die skaap wat ouma se tamaties en ertjies bygekom het! Ons hanslammers op die plaas het die groentetuin se hekkie se oopmaak geluid presies geken! As daar n beweging hoorbaar was, is hulle soos n koeel uit n geweer onderdeur jou bene die tuin in en dan sukkel jy om een te vang, en so ver hulle hardloop eet hulle te lekker! Van wortels tot slaaiblare! Het hulle gebid daarvoor! Seersekerlik! Hulle moes... ek grap nie! Ek sien nounog die vergenoegdoening op daai gesiggies as hulle etend so hardloop en bler... en ouma wat skreeu vang die swerkatertjies!!! Stout!!!

Laat my dink aan die grappie van Jan wat gaan jag het, en toe hy hom kry staan hy reg voor n leeumannetjie wat honger is! Die leeu storm! Jan bid dat dit tog net n christelike leeu moet wees, wat hom begenadiglik sal wees met toe oe. Hy maak sy oe oop, en die leeu storm steeds! Weer bid Jan tog dat dit n christelike leeu moet wees! Meteens stop leeu reg voor Jan, gaan sit op sy hurke voor Jan, sit sy poot op Jan se kop, en plegtig bid die leeu... Vader, seen die voedsel wat aan my voorgesit is, en maak my opreg dankbaar...

Om vanuit liefde na dinge te kyk is veel beter as om vanuit seer na die wereld op hierdie planeet te kyk!
Dis tonne lekkerder, smaak heerlik verby en is tog so aanloklik in die hartjie....
My Hart van Harte noem dit "Njammies"!!!!
Haar het ek voorwaarlik onvoorwaardelik Lief!!!
Ewiglik!
Dis my opinie!
:w00t:

groetnis
knipmes

Die Vrou
14th March 2014, 08:48

More knipmes my liewe vriend

Moet se ek hou daarvan om met jou te gesels!!! :-D

"Van n moordenaar tot my kinders maak foute, en met reg so, want so leer mens om te groei"

Met elke fout wat mens maak word hulle afgedruk en vertrap en verneder en sommige word op wrede maniere dood gemaak ... Watter les sien jy daarin?
Behalwe dat hulle gemartel word daarmee sommige tot die dood toe!!

Vir elke positiewe aksie is daar n negatiewe aksie in werking, dis die balans van die univers! Om die werking van materie te veroordeel as heeltemal liefdeloos en slegs wreed is opreg een opinie wat dalk deur jou gekoester kan word, maar is dit die enigste opinie wat water dra? Net soos ek nie n moordenaar oordeel nie, want oordeel kom my nie toe nie, netso kan ek ook nie my kinders oordeel nie!

Nee ek stem nie saam met die positiewe en negatiewe reaksie waarvan jy praat nie .. ek glo aan dat daar veronderstel is om net positief te wees!
Nee knipmes hierbo seker jou opinie en miskien 'n paar ander mense maar ek kan jou verseker ek dat ek nie die enigste een is wat die fisiese lewe so sien nie ;-) .
Die fisiese skepping is robotte en word deur die geestelike dimensie beheer.

Dit word daar in Romeine 7 verse 17 tot vers 21 mooi aan mensdom gewys!

17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. 18 Want ek weet dat in my, dit wil s in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. 19 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. 20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. 21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad (Geestelike wese) by my aanwesig.

Hierdie woorde bewys dat hierdie persoon geweet het dat hy beheer word deur onsigbare wesens, gevorseer word dat wanneer die mens die regte daad wil doen nog steed uitgaan en die verkeerde doen! Bv. met moord, die mens word vorseer om die moord te pleeg wat hy nogtans nie wil of wou doen nie!

Miskien se jy nog steeds dat ek nie weet waarvan ek praat nie en dat jy nie n robot is nie, maar doen jouself 'n guns en gaan delf daagliks in jou gedagtes en jou hart, miskien duik daar tog inligting op wat jy nie weet waar dit vandaan kom nie. Hoop dat jy dan hierdie gesprek met my gaan onthou :-)

Die wreedheid van die lewe wat jy na verwys, en hier moet ek byvoeg dat ek medelye het met jou pyn wat ek kan aanvoel, is voorwaar n riem onder die hart! Dat jy wat Die Vrou is, n pragtige Wese is wat verskriklik seerkry deur die wreedheid van hierdie wereld te aanskou, is benydenswaardig! Maar tog ook nie, want geeneen het die reg of vermoens om die systeem te wil of kan verander nie.

Hierdie is 'n baie persoonlike worsteling wat ek deurmaak maar ek gaan jou verduidelik waar dit vandaan kom: (Lank terug want ek hou nie rekord van datums nie het ek n belewenis gehad, ek was op die begin pad van my roeping en was op verskeie maniere gewys baie daarvan in die bybel self en ander was persoonlik deur geestelike ervarings aan my gegee. Die een wat die grootste indruk om my gemaak het was: Ek het in my voorhuis gesit was besig om met my liewe Pappa te gesels Sy dinge te bedink. Skielik het my hart uit my borskas uit gespring en hier reg voor my o vinnig in die rondte gespin net soos n tol spin wanneer jy hom gegooi het op dai sekere manier neh. Daarna het ek hande van oral af gesien wat na my hart gryp, van alle oorde het hulle gekom, ontel baar baie. Terwyl my hart wat net bokant die hande was steeds bly spin het in die ronte)

Daar was ook in die bybel vir my gewys hoe ek sou ween, en rou bedrywe! Ek het nie daardie tyd geweet wat dit beteken nie. Maar vandag as 'n volwasse vrou besef ek wat my roeping is en ek leef my tenvolle uit daarin. Dit maak nie saak wat die mense s nie, of hoe hulle my beledig nie, sleg s of selfs soos jy dit tereg hierbo gestel het dat ek nie die reg of vermoens het nie. Hoe weet jy dat ek nie die vermoe het nie? Ek sal voortgaan en doen wat van my verwag word. As ek klaar is en my laaste asem uitblaas knipmes kan ek jou veseker dat die hele wreld daarna veranderd sal wees.

Ek ontferm my oor die hele skepping en weet dat hierdie skepping baie swaar kry en ly dit is so aan my gewys en al betwis jy dit dalk ook knipmes! Veder .. "Al lyk ek ver jou na 'n kleintjie is ek eintlik 'n Grote"

Dit is liefde, liefde vir beide die voedsel in blaar en vleis vorm, dis tog immers vir ons gegee as voeding! Hoe anders moet ons bestaan, net pille drink om te oorleef? Daar moet ook dankbaarheid wees! Regtig? Daar is derduisende getuienis daagliks in alle volkere van elke lewe wat geneem word om as voedsel te dien, of dit nou vesel of vlees vorm het, deur die betrokke Vader by wyse van spreke te dank vir die voorreg om hierdie voedsel te kan inneem. Kom ons vat hande voor ons eet! Dis tog immers die regte ding om te doen, of is dit? Wat van die biljoene mensekinders wat daagliks eet sonder n oomblik van dank vooraf of tydens of agterna? Maak dit hulle nou sondaars wat verdelg moet word! Wat van die skaap wat ouma se tamaties en ertjies bygekom het! Ons hanslammers op die plaas het die groentetuin se hekkie se oopmaak geluid presies geken! As daar n beweging hoorbaar was, is hulle soos n koeel uit n geweer onderdeur jou bene die tuin in en dan sukkel jy om een te vang, en so ver hulle hardloop eet hulle te lekker! Van wortels tot slaaiblare! Het hulle gebid daarvoor! Seersekerlik! Hulle moes... ek grap nie! Ek sien nounog die vergenoegdoening op daai gesiggies as hulle etend so hardloop en bler... en ouma wat skreeu vang die swerkatertjies!!! Stout!!!

Die fisiese honger voed net die vlees en nie die Gees nie dus is die fisiese voedsel eintlik nie belangrik nie! Die vlees is tydelik maar die Gees leef verewig.

Laat my dink aan die grappie van Jan wat gaan jag het, en toe hy hom kry staan hy reg voor n leeumannetjie wat honger is! Die leeu storm! Jan bid dat dit tog net n christelike leeu moet wees, wat hom begenadiglik sal wees met toe oe. Hy maak sy oe oop, en die leeu storm steeds! Weer bid Jan tog dat dit n christelike leeu moet wees! Meteens stop leeu reg voor Jan, gaan sit op sy hurke voor Jan, sit sy poot op Jan se kop, en plegtig bid die leeu... Vader, seen die voedsel wat aan my voorgesit is, en maak my opreg dankbaar...

Ken die grappie baie oulik jong LOL hahahaha

Haar het ek voorwaarlik onvoorwaardelik Lief!!!

Spesiale woorde hierdie wat menig vroue graag wil hoor! Maar sommige is dit nie beskore nie neh!

Dit was aangenaam om met hieroor te gesels knipmes ... maak weer later so! ;-)

Groete

Die Vrou

knipmes
15th March 2014, 11:19
More knipmes my liewe vriend

Moet se ek hou daarvan om met jou te gesels!!! :-D

[QUOTE]Met elke fout wat mens maak word hulle afgedruk en vertrap en verneder en sommige word op wrede maniere dood gemaak ... Watter les sien jy daarin?
Behalwe dat hulle gemartel word daarmee sommige tot die dood toe!!

Elke ding wat gebeur het n les te leer vir die wat dit doen, meemaak, mee laat gebeur, en die wat toekyk... elke les is verskillend en elke les is te vat of te los!

Nee ek stem nie saam met die positiewe en negatiewe reaksie waarvan jy praat nie .. ek glo aan dat daar veronderstel is om net positief te wees!
Nee knipmes hierbo seker jou opinie en miskien 'n paar ander mense maar ek kan jou verseker ek dat ek nie die enigste een is wat die fisiese lewe so sien nie ;-) .
Die fisiese skepping is robotte en word deur die geestelike dimensie beheer.

Elke magneet het n positiewe EN n negatiewe kant, so is alles in die univers onderhewig daaraan... een se brood is n ander se dood!
Dis verblydend dat jy ook die positiewe eerder raaksien, alhoewel die negatiewe in die donker skuil in alles... sad but true!

Dit word daar in Romeine 7 verse 17 tot vers 21 mooi aan mensdom gewys!
Hierdie woorde bewys dat hierdie persoon geweet het dat hy beheer word deur onsigbare wesens, gevorseer word dat wanneer die mens die regte daad wil doen nog steed uitgaan en die verkeerde doen! Bv. met moord, die mens word vorseer om die moord te pleeg wat hy nogtans nie wil of wou doen nie!
Miskien se jy nog steeds dat ek nie weet waarvan ek praat nie en dat jy nie n robot is nie, maar doen jouself 'n guns en gaan delf daagliks in jou gedagtes en jou hart, miskien duik daar tog inligting op wat jy nie weet waar dit vandaan kom nie.

Speak for yourself! My gedagtes is myne om te beheer! Geeneen maak dood sonder om verantwoordelik te wees vir dit nie! Of n duiwel jou beetkry of nie, dis JOU keuse om in te gee of nie!

Hoop dat jy dan hierdie gesprek met my gaan onthou :-)

Jou gesprekke is altyd so lekker om te mee te maak, vriendin!

Hoe weet jy dat ek nie die vermoe het nie? Ek sal voortgaan en doen wat van my verwag word. As ek klaar is en my laaste asem uitblaas knipmes kan ek jou veseker dat die hele wreld daarna veranderd sal wees.

Ek het veralgemeen, nie probeer om jou persoonlik na te verwys nie. Natuurlik het jy die vermoens en reg, en jy doen goed ook daarmee!

Ek ontferm my oor die hele skepping en weet dat hierdie skepping baie swaar kry en ly dit is so aan my gewys en al betwis jy dit dalk ook knipmes! Veder .. "Al lyk ek ver jou na 'n kleintjie is ek eintlik 'n Grote"

Ek weet ja! Jy is Groot! Moet nooit jouself gering skat nie! Maar dis so lekker om dit vanuit n nederige standpunt te wees, is dit nie!

Spesiale woorde hierdie wat menig vroue graag wil hoor! Maar sommige is dit nie beskore nie neh!

Jy is so reg... dit gaan beide kante toe! die ... beskore deel... ek kan lank gesels oor dit! Wat ek die graagste in hierdie lewe wil meemaak en beleef, is vir my nie beskore nie, tog lewe ek nogsteeds!

Hartseer en verlange na wat kan wees teenoor wat is, is wat ons maak wat ons is, ek dink!

Dit was aangenaam om met hieroor te gesels knipmes ... maak weer later so! ;-)

Jip, Jy praat net te min gereeld met my...

groetnis
knipmes

Die Vrou
15th March 2014, 19:04
Jip, Jy praat net te min gereeld met my...

Skuus jong maar die lewe maar besig hier en ek probeer antwoord soos ek die tyd kry.

Die Vrou
20th March 2014, 07:52
knipmes

n pragtige Wese is wat verskriklik seerkry deur die wreedheid van hierdie wereld te aanskou, is benydenswaardig!

Hoe kan enigiemand my beny, want ek glo nie enigiemand wil hierdie verskriklike smart wat ek voel beleef nie!! So hoekom sal hulle my beny?