PDA

View Full Version : Geestelike blindheid van die fisiese liggaam



Die Vrou
25th November 2013, 08:03
Dit nie nodig om enige bybel te ken en in konteks te lees nie .. die bybel van die ou tot die nuwe testament is verhale van mense in hulle stryd op soek na verlossing uit die fisiese skepping maar hulle het almal gefaal anders sou ons al lankal VRY gewees het .. en tot dit gebeur bly ons slawe. Die Mesiah soos baie Jesus noem het ook nie daarin geslaag om werklike verlossing vir ons te bring met sy woord of dood nie my mening van sy dood is dat hy baie wreed en lelik vermoor is deur mense wat deur geeste beheer was! Die bybel wat my betref is n leun en ander mense se poging om geestelike ding te probeer openbaar wat in werklikheid niks geestelik was nie. Geestelik leef beteken om dit te kan sien, voel, hoor, beleef soos jy in die fisiese lewe al daardie dinge kan doen. Geen mens weet tot vandag toe presies wat in die geestelike realm aangaan nie, want toe hulle fisies geword het, het hulle blind geword vir die geestlike wereld. Hulle kan hom nie meer sien nie! Vertel enigeen my hoe op aarde kan enige mens wat geestelik blind geword het toe hulle fisies gebore geword het die geestelike ruim sien of wat nog te s enigieman daarheen lei? Hy kan jou nie lei nie want hy is dan self blind. Hoe kan iemand n boek glo wat deur blindes gegee is om as die waarheid en die weg na n Vader wat die mense skeinbaar ook nie eers meer ken nie te lei! Dit kom my voor dat wanneer daar in die bybel staan, mense dit blindelinks sal doen, amper soos wanneer ek in die vuur spring, spring hulle saam wat tog verkeerd is, nie waar nie! Mens weet nooit watter geeste het met daardie mense gepraat en daardie woorde valslik versprei as waar en eg nie. Vir al wat ons weet is dit die satan homself, wat soos die lig voorkom!

knipmes
14th December 2013, 20:22
.... Vir al wat ons weet is dit die satan homself, wat soos die lig voorkom!


Die Vrou,

Jou slaan die spyker op die kop in baie maniere hier!

Maar soos enige boek moet dit wat geskryf is, van verskeie hoeke bekyk en beleef word in die gees. Eers dan sal die waarheid soos die self dit wil ervaar, in werking tree in die uitleef van dit wat as gebooie van die self gesien word.

Die bybel het die moontlikheid om die pad na die verderf of die noue pad na die waarheid te lei, dit is elkeen se keuse hoe woorde verstaan word!

Die werklike vraag is...

Is die middeweg na die hel wyd groot?
of is die middeweg na die Hemele smal en nou?

Ek dink dat dit egter die anderkant om is as mens met werklike Liefde vanuit die Gees uitleef, instede om van die ego siel se keuses te lewe wat dalk wydoop is... waarheen?






groetnis
knipmes

Die Vrou
19th January 2014, 10:37
Kom ons kyk nou na ander dele uit die bybel bv. Die Brand offer.

Lees hierdie onderste stuk nou mooi deur en hou ingedagte hoe die skepping aanmekaar gesit is neh naamlik die senuwee stelsel wat in elke fisiese liggaam is ek wil ook iets anders aan julle uitwys met hierdie stuk bv. met watter gees het die mense hier gekommunikeer.

Let op die wrede manier wat die offers gedoen moet word neh, let ook op na die persoolikheid van die gees wat hulle beveel omtrent die offers.

_________________________

Levitikus 1

Die brand-offer

1Die Here het vir Moses geroep en Hy het met hom gepraat uit die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. 2Die Here het ges: Jy moet vir die Israeliete s:

Wanneer een van julle vir die Here n offer wil gee, en die offer is n dier, dan moet hy n bees of n skaap of n bok gee. 3As sy offer n bees is, dan moet dit n gesonde bul wees. Hy moet die bul bring voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, sodat die Here die offer van hom kan aanvaar. 4Dan moet hy sy hand op die kop van die offer-dier sit, sodat die Here sy offer kan aanvaar en sy sonde kan versoen. 5Daarna moet hy die bul daar voor die Here slag, en die priesters van die nageslag van Aron moet die bloed van die bul nader bring en hulle moet dit spat teen die altaar, die altaar wat voor die tent is waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hulle moet dit oral rondom die altaar spat. 6Die persoon wat die offer gee, moet die bul slag en hy moet die vleis in stukke sny. 7Die priesters van die nageslag van Aron moet vuur op die altaar sit en hulle moet hout op die vuur pak. 8Hulle moet die stukke vleis op die hout sit wat op die vuur op die altaar is, hulle moet ook die kop en die niervet daarop sit. 9Die persoon wat die offer gee, moet die pote en die binnegoed was, en die priester moet alles op die altaar verbrand. Dit is n brand-offer, n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.

10Wanneer iemand n skaap of n bok gee om n brand-offer te wees, dan moet hy n gesonde ram gee. 11Hy moet die ram daar voor die Here slag, langs die noordekant van die altaar, en die priesters van die nageslag van Aron moet die bloed teen die altaar spat, oral rondom die altaar. 12Die persoon moet die kop afsny en hy moet die niervet afsny. Hy moet die vleis in stukke sny, en die priester moet alles langs mekaar op die hout sit wat op die vuur op die altaar is. 13Die persoon moet die binnegoed en die pote was, en die priester moet dit alles offer en verbrand op die altaar. Dit is n brand-offer, n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.

14Wanneer iemand vir die Here n vol wil gee om n brand-offer te wees, dan moet hy vir die Here n tortelduif of n makduif gee. 15Die priester moet die duif na die altaar bring. Hy moet die duif se nek omdraai en hy moet dit op die altaar verbrand. Hy moet die duif se bloed uitdruk teen die kant van die altaar. 16Daarna moet hy die krop en die vere neem en hy moet dit weggooi, oos van die altaar, op die ashoop. 17Hy moet die duif se vlerke amper afskeur, maar hy moenie dit heeltemal afskeur nie. Dan moet hy dit heeltemal op die altaar verbrand. Dit is n brand-offer, n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.

2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

____________________________

Ek weet nie wie van julle het al gesien hoe regeer n dier wanneer hulle geslag word nie ... hulle spartel en skree verwilderd om hulp maar niemand luister na hulle geroep nie ... hulle wil ook maar leef soos die mens.

Hierdie Gees wat hier praat is wreed en gevoelloos om sulke offers te vra dink julle nie ook so nie. Wie is hy Werklik??

++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++ ++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++

Nou kom ons lees wat word daar gese in Jeremia 7

___________________________

22 - Want Ek het met julle vaders, op die dag dat Ek hulle uit Egipteland uitgelei het, nie gespreek nie en hulle geen bevel gegee in verband met brandoffer of slagoffer nie.

23 - Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle n God wees, en julle sal vir My n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.

24 - Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie.

____________________________

Nou se die gees hy het nie met hulle gespreek in daardie tyd nie en wie is die gees wat dan met hulle gepraat het in levitikus?

Wie is die ander gees wat met hulle weer praat in Jeremia? As jy jou bybel vat en die hele hoofstuk gaan deurlees kan jy sien dat die gees wat ook daar in jeremia praat ook nie goedgesind is nie sy persoolikheid is sleg - hy praat van hy is bv toornig en grimmig en kwaad hy kan nie volmaakte liefde in hom he as hy so is nie want volmaakte liefde is nie toornig of grimmig nie, want uit daardie emosies spruit baie slegte dinge kyk bv wat doen die mense soms as hulle daardie geaarheid openbaar .. sommige pleeg sommer moord neh - rand iemand aan of beledig hulle neh!!

++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++ ++++++++++++++++++++++++++++++++++++++

Ek het vir julle verduidelik hoe ons baie maklik deur die Geeste beheer word in my nota "Die tronk en slawerny".

Baie geeste kan met enigiemand praat in n dag dit is nie net noodwendig een nie, dus kan 'n gees net n gedagte in jou oor fluister en jy kan dit s of skryf of dink neh.

Dit is ook wat met die skrywers van die bybel gebeur het van die ou ou bybels af tot vandag se nuwer moderne bybels.

Gits daar is vandag so baie bybels en elk klink anders om verskillende soorte mense se eie begeertes tevrede te stel, en almal is deur verskillende mense geskryf en vertaal en wie sal nou ooit kan raai watter gees het waar gepraat as mens hulle nie eers kan identifiseer nie, veral omdat ons hulle ook nie eers kan sien nie. Bv. Hierdie persoon kies hierdie bybel want sy glo so en weer daardie persoon verkies weer heeltemal n ander bybel want hy glo so, sien!

Ek het vir julle in vorige stukke van die bybel al gewys hoe verskillende Geeste met die mense van die bybel gepraat het en die mense geleer het party is wreed en haatdraend ander vol liefde en genade.

Lank terug het ek soos ons almal maar maak die Geestelike dinge in die bybel gaan soek. Ek het die (Ou Vertaling) bybel deurgelees en baie verse ter harte geneem. Ek het baie dinge opgelet hierdie is nog een van hulle:

(Rom 8:20-)

20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.

Nou wie is die Gees wat hier gepraat het en wat gesien het dat die skepping onderworpe is en wie is die Gees wat die Skepping onderwerp het aan die nietigheid? En ons is ook nie gewillig onderwerp nie so die gees wat die skepping onderwerp, het ons forseer!

22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

Hier s die gees dat hy weet dat die skepping in barensnood verkeer. Nou wat beteken barensnood presies? Dit beteken fisies dat n Vrou op te punt staan kom geboorte te gee aan haar reeds wagtende baba neh!
So barensnood beteken om Gebore te word. Nou hoekom moet ons weer gebore word as ons reeds hier gebore is? Hierdie vers vertel ook dat ons nie gelukkig is nie met die woorde dat ons tesame sug!!

23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

Hierdie vers vertel dat ANDER vir ons wag om verlos te word van die fisiese liggaam wat ons vashou en dus ook n gevangene maak van die fisiese liggaam. Dus wat ons hier kan verstaan dat daar n ander geestelike lewe of wreld is, een waar ons nie slawe is nie, een waar ons gelukkig en vry kan wees. Dus, wat weer moet gebeur is nog n geboorte, ons moet weer soos ons in die fisiese liggaam gebore was, om uit die fisiese liggaam van gevanenskap te kom moet ons weer in die gees gebore word.

------------------------------------------------

Hierdie verse vertel n verhaal van Geestelike wesens wat in hierdie fisiese liggaame gedwing word om slawe te wees deur n Gees en dat ons moet veg vir ons vryheid.

knipmes
20th January 2014, 21:45
...dat ons moet veg vir ons vryheid...


Naand Die Vrou,

Watse vryheid is dit?
Hoe gaan jy dit verkry?
En hoe gaan jy dit behou?


Ek leef gladnie onder die dwang van enige gees nie! Ek is self Gees!
Die Duiwel en sy trawante is my broers, nie my Nemesis nie!
Ek vrees niks maar niks op hierdie planeet nie!
Daar is niks wat my hier sal kan hou nie!
Net my aardse liggaam, wat verganklik is!
My liggaam beheer my nie!
My denke beheer my ook nie!
Dit staan enigeen vry om onder dwang te lewe!
Dwang van die self deur karma veral!
Dis immers n keuse!


My keuse is...
Uit my skyn daar n Lig, wat nie myne is nie, ek is net die vaartuig!
Die donkerte wyk voor hierdie Lig!
Ek is....


Daar is ewe veel My en Ek in beide goed en sleg soos hierbo in balans op hierdie planeet!


Ek is oortuig die vryheid wat jy na verwys, is juis vryheid van die eie ek!!

Die alterego self! Die "I think, therefor I AM!"

Sadly so!





groetnis
knipmes