PDA

View Full Version : Aangaande Die Skepping



Die Vrou
13th May 2014, 12:08
Die Skepping

Ek het n ruk gelede probeer wys hoe die mens besig is om die skepping te verwoes deur dit te gebruik om rykdom in te win. Hulle bedryf BESIGHEDE om die rykdom in te win. Besighede wat die skepping verwoes! In my Blog (Die GRUWEL dade in die skepping!)

Kyk na die wild hulle leef elke dag soos hy kom, maar die mens, nee hulle wil mos voorsiening maak vir hulle toekoms en daarom ly baie dele van die skepping erg onder hulle hand. Bv. om soos die diere van dag na dag te lewe gebruik die mens nou die skepping om vir hulle voorsiening te maak.

Waar het als verkeerd begin gaan?

Mens was ontevrede oor hulle leef styl! Hulle wou nie soos dier tevrede wees met dit wat hulle gehad het nie hulle wou ander mense se goedere h. Bv. een land het net rys, vleis en aartappels gehad maar hulle buurland het wortels en ook ander goedere gehad wat hulle nie gehad het nie. Daar het die mens begin handel dryf. Hulle het die goedere waarvan hulle baie gehad het begin uitruil vir ander goedere wat hulle nie gehad het nie.

Nou wat is die betekenis van handel dryf? Dit beteken om die vlees is bevredig! Dus het handel dryf begin omdat die mens hulle vlees wil bevredig!! Hulle was nie meer tevrede wat hulle gehad het nie hulle wou ook van ander mense se goed h, hulle wou meer h. Naderhand het hulle nie meer geruil nie hulle het goud ontdek en daar het hulle toe goud gebruik om te betaal vir hulle goedere. En toe al die goud bo-op die aarde klaar was besluit hulle sommer om die aarde oop te ruk vir nog en nog en nog! Deur dit te doen sien hulle dat daar allerhande ander goed in die aarde se liggaam was soos staal, steenkool, diamante ens. En daar begin een van die gruwelikste besighede wat die aarde se liggaam verwoes. Stuk vir stuk ruk hulle toe al die aarde se liggaamsdele uit deur gierigheid om meer te h as ander. (Hulle kon ook ander goed soos staal eerste gevind het ek gee net voorbeelde.)
Onthou nou die aarde het n liggaam net soos die mens of enige ander wese wat hier in die skepping bly. Hy lyk net anders as al die ander. Maar een ding is verseker die aarde het ook n senuwee stelsel en organe soos die menslike liggaam. Hoe meer die mens uithaal hoe minder kan die aarde se liggaam normaal funksioneer. Verder baklei die mense ook nog oor die aarde, hulle wil die grootste stuk grond besit. Gierig is hulle!!! Sal tot vermoor en oorlog voer daarvoor.

Maar die Aarde is nie die enigste een wat ly onder die mense nie! Daar is ook die plante, diere, visse, vols, insekte, ens. Hulle was almal vry tot mens besluit het om handel te dryf met hulle. Toe was hulle onmiddellik in hokke en kampe geplaas deur die mens om hulle vir hulle self te hou!! En daar was hulle vryheid daarmee heen. Gierig het die mens geword!!! So ja nou is hulle in hokke hulle kan nie vir hulle self sorg nie hulle word afhanklik van die mense wat hulle aanhou. Hulle het ook nie eers toilet geriewe nie hulle sit staan en slap in hulle eie mis en urine. In haglike omstandighede word hulle aangehou. Wanneer mens vergeet of nie geld het om hulle te voer nie moet hulle honger gaan miljoene sterf daagliks van honger en siektes as gevolg van onhiginiese omstandighede! Dan praat ek nie eers van die mishandelings wat plaasvind nie.

Baie plante en diere en lewendige organismes word verwyder of verjaag sodat mens die grond kan kry waarop hulle, hulle lewe begin het, dit kan oorvat en hulle dinge daarop kan doen. Kan handel dryf of wat ook al daarop kan doen. Dit los hulle dan haweloos, waarheen kan hulle dan gaan as die mens als vat en hulle verjaag. Los hulle oral op die aarde se liggaam om dood te gaan. Verdryf hulle in hoeke in. Gee vir hulle te min spasie om op te kan bly. Omhein hulle met draad sodat hulle nie in die mense se afdelings kan kom nie!! En as hulle dit waag om naby die mense se goed te kom word hulle summier vermoor. Want volgens die mens is dit sy/haar grond en hulle soek nie die diere of plante daar nie!! Wee die arme boom of plant wat waag om te begin groei waar die mens dit nie wil h nie, voor die voet word dit uit hulle enigste lewenslyn uitgeruk want dit hoort nie daar nie!! Hartseer is dit man!!!

Die mens vergeet dat die Skepping nie aan hulle behoort nie. In elke lewendige fisiese liggaam is daar n gees. En die fisiese en geestelike liggaam sal nooit hulle sin wees nie. Al het hulle ook maar hoeveel geld daarvoor betaal. Dit is nog steeds nie hulle sin nie. Selfs die grond wat die mens s is hulle sin is nie hulle sin nie. Hulle kan hoeveel daarvoor betaal het. Dit behoort nog steeds nie aan hulle nie.

Alles hierin die skepping word deur die mens gedoen om die mense se vlees te bevredig. Kom ons kyk verder, mense gebruik tot hulle eie spesie om hulle fisiese liggaam mee te bevredig. Bv. Mense wat vir hulle werk sodat hulle nie meer al die swaar werk self hoef te doen nie.
Kinders en vroue word ook gebruik op verskillende maniere. Seks slawe is ook daar om mense met oor aktiewe seks drange te help. Als vir geld. Gierig is die mense!!!!

Ons vermoor mekaar, vertrap mekaar en baie ander onskuldiges deur gierigheid om meer te kan h as wat ons werklik nodig het.

En nou staan ons vlees bevredigende mense op die vooraand van verdoemenis omdat die aarde besig is om te sterwe. Wat kan nou ons daaromtrent doen? NIKS!!
Maar ons kan bietjie tyd wen kan ons nie. Deur op te hou om verwoesting te saai vir GELD!!

Ek het hierdie boodskap oor die skepping gekry om aan die mens oor te dra. Hoop dat julle dit sal oordra aan al die mense wat julle ken. Elke klein bietjie mense wat julle vertel maak al klaar n groot verskil.

Hoop eintlik die meeste dat dit wat ek hier geskryf en verduidelik het julle harte geroer en sag gemaak het teenoor die hele skepping en nie net sekeres nie. Almal wat saam in die fisiese skepping is kry oneindig baie swaar en ly ontsettend om ander ryk te maak of te voorsien van voedsel!! Hoop dat ek dit reggekry het om deur die harde kors van verharding deur gedring het, en dat julle nou met nuwe o na die skepping sal kyk. Groot meegevoel vir hulle swaar kry en lyding sal h.

Liefde en Groete

Die Vrou