PDA

View Full Version : Oorlog vir die Boerevolk?



Carel van Heerden
22nd July 2014, 12:51
‘n Oorlog word normaalweg gesien as twee verskillende groeperings van ‘n groot aantal mense wat in konflik verkeer en mekaar met wapens vernietig totdat die een groepering die knie voor die ander buig of totdat ‘n derde party tussen beide tree en die konflik permanent of voorlopig beïndig.

Die waarheid is egter dat daar meer as een formaat van oorlogvoering is. Tydens die Anglo-Boereoorlog het die Boere guarilla-oorlogvoering bekend gestel. Dit was ‘n tipe van ‘n slaan-toe-en-verdwyn (hit and run) aanval. Die Duitsers het tydens die tweede wêreldoorlog weer van die sogenaamde “Blitzkrieg” tegniek gebruik gemaak. Jy val verwoed en vinnig aan met alle middels tot jou beskikking – of dit wat nodig geag word om die aanval suksesvol deur te voer. Verder is daar oorloë wat bekend staan as ‘n chemiese oorlog (WWI), Koue oorlog, Kern oorlog ensomeer.

Dan is daar die sogenaamde “stadige oorlog”. Sou ‘n mens “Slow War” Google dan definieer “The Urban Dictionary” ‘n “Slow War” as “....a war that is only visible when the big pattern is revealed over time. If you could play the seemingly-isolated events of a Slow War in speeded-up time, its real nature would be visible. A Slow War is the opposite of the Blitzkrieg. A war so slow that you hardly notice it. A war so slow that those waging it can deny that it is actually happening. Under the fog of war they hide it as “ordinary crime”. The end result is still the same as the Blitzkrieg. Total annihilation of the enemy”.

Suid-Afrika is ‘n goeie voorbeeld van waar ‘n stadige oorlog besig is om plaas te vind. Die blanke Afrikaanssprekendes (Afrikaners/Boere), en dan meer spesifiek die boere (landbouers) op die plase word beskou as die “vyand”. Hulle word geteiken en deur goeie beplanning stelselmatig vermoor trouens, ek dink nie dit sal verregaande wees om te sê uitgemoor nie. Ook word Blankes (ongeag taal) tydens huisrowe en kapings vermoor.

Indien ‘n mens 20 jaar terug vir die Blankes sou gesê het dat 4 000 wit boere en ongeveer 40 000 Blankes in hulle huise vermoor sou word in die komende 20 jaar sou jy geen instemming gehad het tot die totstandkoming van die huidige reënboognasie nie. Huidige kennis van wat om te verwag van korrupsie, vernietiging van infrastruktuur, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging asook die gedagte dat 50% van ‘n boer se grond vrywillig en sonder vergoeding aan swart plaaswerkers oorgedra sou moes word sou verseker 20 jaar terug ‘n oorlog ontketen het. ‘n Situasie wat destyd amper gebeur het.

Vervolg......

Carel van Heerden
22nd July 2014, 12:53
Wat is die realiteite van ons huidige omstandighede. Hierdie stadige oorlog is eensydig van aard. ‘n Oneerlike (tiraniese?) regering (afgelei van “skiet die boer” en “waar is my masjiengeweer” liedjies) veg teen ‘n 10% minderheid van die bevolking. Erger egter is die feit dat die minderheid wat stelselmatig uitgemoor word nie “terugveg” nie want hulle “sien” nie die “oorlog” wat besig is om plaas te vind nie. Om hierdie ras uitwissing onder die kombers te hou vervul die media ‘n belangrike rol. Hulle direkteure is swart en sulke nuusberigte mag nie gepubliseer word nie. Ook baie Blankes is gebreinspoel deur die beeldmedia dat hulle glo dat alles is reg, mooi en dat almal “vry” is. Soveel so dat die nuwe Suid Afrika die land van melk en heuning verteenwoordig. Die bevolkings aanwas van die wit Afrikaanssprekendes is negatief. Ons sal onself oor ‘n paar jaar “uitwis” as ons nie iets doen aan ons dalende getalle nie. Ander ondertrou en bring baster kinders voort wat eventueel nie gaan weet of hulle boom of bas is nie. Selfs die akademici vervul ‘n rol om die gewone man op straat ‘n rat voor die oë te draai. Ek haal aan uit Praag: “Op Daily Maverick het prof. Pierre de Vos van die UK ‘n aanval op die voortbestaan van “wit, Afrikaanse universiteite” gedoen waarin hy hulle afskaffing bepleit. Ene A.J. Venter het hom op die kommentaarafdeling van dié webblad taamlik breedvoerig ondersteun, al klaende oor die “outoritêre” aard van die Afrikaanse kultuur en dat ons te veel “soos militaristiese Duitsers” is.”

Lees gerus die artikel en kommentaar (skakel hieronder) oor die reaksie wat die sing van “die stem” in Nelspruit tot gevolg gehad het. Baie interessante punte word aangesny.

http://praag.co.za/?p=25726

Hieronder is nog ‘n skakel van ‘n Engelsprekende (Arthur Harding) se reaksie op plaas moorde soos geplubiseer in news 24.

http://www.news24.com/MyNews24/Response-to-Farm-Murders-What-are-we-going-to-do-about-the-farm-murders-20140721


Oor die sing van die “Stem” op Nelspruit was “kundiges” oral aan die woord, hetsy by wyse van kommentaarlewering in die media, op beeldradio, berigte asook oor die radio. Tog interessant hoe die sing van hierdie “lied” soveel reaksie kon ontlok. Ongeveer 45 000 mense sing onbeskaamd en openlik saam. Die rede waarom dit gebeur het, asook met die lied De la Rey vra nie om ingewikkelde filosofiese antwoorde nie. Enige Afrikaner/Boer sal jou in ‘n neutedop kan vertel wat die rede is.

Terug na die stadige oorlog. Waarom doen ons “niks” aan hierdie stadige uitmoor van ‘n volk (vir party mense) ons volk vir ander mense nie? Het ons weerstand opgebou teen die bied van weerstand teen die owerhede? Het die sogenaamde Boeremag se lang verhoor en gevangenesstraf ons psige beïnvloed? Vrees ons die owerhede? Het ons Christelike waardes iets daarmee te doen of aanvaar ons bloot ons lot en laat ons ons geduldig na die “slagpale” lei en hoop niks gebeur nie?

Vervolg...................

Carel van Heerden
22nd July 2014, 12:55
Alvorens daar probeer word om dié vraag te beantwoord is dit nodig om die konsep “weerstand teen weerstand” onder die loep te neem. Anders gestel – die stryd is eers verloor as jy die wil om te stry verloor het.

Mike Smith skryf op sy webblad die volgende – ek haal aan: “In the history of genocide and atrocities we often see people not fighting back. Whether it is the Nazi holocaust, Stalin killing 20 million Russians. Mao killing 70 million Chinese in his “Great Leap Forward” or the Hutus massacring the Tutsis in Rwanda…The story is always the same. Millions of people are slaughtered without fighting back or even fleeing to improve their situation. Rather it seems as if they simply accept their fate. The same can be said of people in Communist hellholes such as North Korea and the former GDR. Sure some tried to escape and were successful. Most of them probably wanted out, but stayed even if the opportunity was there to escape”.

Hy gaan voort en sê : “If genocide is the macro scale, then the micro scale would be the battered wife of bullied child. We see an almost identical situation. The woman being abused by her husband for years doesn’t fight back or flee to improve her situation. The same goes for the child being bullied at school for years. He/she doesn’t flee or fight back and simply accepts the situation”.

Dan maak hy ‘n gewigte stelling: “In South Africa, I see that same kind of mentality amongst the whites. They are openly discriminated against and marginalized with institutionalized racist laws and policies such as Affirmative Action, Black Economic Empowerment, racial quotas in universities, sports teams, etc. White farmers are brutally killed in their thousands, white people’s houses are being broken into and the occupants brutally maimed and tortured for hours, raped and killed, often with nothing stolen…yet they do nothing.

The whites in SA, especially the Afrikaners, see how their schools, universities and language are being destroyed. Yet they do nothing. There is a depressive, lethargy reminiscent of a deer staring into the headlights of an oncoming truck. Why?“


Onafwendbaar word die vraag gevra, hetsy implisiet of tydens ‘n gesprek: “Wat kan ons doen aan hierdie tsunami wat besig is om oor ons te spoel?”

Verskillende antwoorde word voorgehou. Die een wat ek nie voorstaan nie en wat ook nie die doel van hierdie skrywe is nie, is dié van geweld. Om die reg in eie hande te neem is dwaas en bots met met my en seker ook ander se bepaalde lewensuitkyk- en benadering.

Die doel van hierdie artikel is eerstens om dié mense wat nie weet wat om ons aangaan nie daarvan bewus te maak. Dan om dialoog te bevorder. Daar is baie praktiese en gesonde gefundeerde antwoorde op hierdie probleem – altans so glo ek.

Groetnis

Carel van Heerden

Carel van Heerden
23rd July 2014, 07:38
Hierdie artikel is ook geplaas op AKSKA se webwerf. Lukas (eienaar van die webwerf) vat die hele probleem sivol vas wanneer hy as volg antwoord:

"Carel ek het ook al baie daaroor gewonder hoe massas deur n minderheid uitgemoor kan word, sonder om weerstand te bied. Ek het video materiaal waar duisende Arabiere op Zanzibar bymekaar gemaak en vermoor was, sonder om weerstand te bied. Maar om die assosiasie met huismoles en boelies te vergelyk, is slim. Dit is presies wat dit is.

In Suid-Afrika is ons besig om presies dieselfde houe te vat. Daar is soos wat ek dit in Suid-Afrika sien, vier groepe mense. Ek verwys nou na die blanke groepering. Die wat absoluut in ontkenning leef en wat uiteindelik baie erg ontnugter gaan word. Die wat die probleem sien en vir die regte tyd wag terug te baklei, Die wat die probleem sien en wat in die Gees daarteen optree. En die laaste groep is die wat die probleem sien, in die Gees daarteen optree maar terselfdertyd gereed is om hulle rug op die regte tyd styf te maak.

Ek kan nie namens al die Afrikaners en al die blankes in Suid-Afrika praat nie. Ek beweeg net in kringe waar ek tuis voel omdat die mense min of meer soos ek voel en dink. Hoeveel daar uiteindelik is, kan ek jou nie sê nie, want om die mense wat soos ons dink te bereik, is nie ’n proses wat oornag gebeur nie.

EK stem saam met Caholt, en hier is soos wat ek die bedreiging sien en beleef. Daar is verseker ‘n aanslag teen ons en wêreldwyd word die wêreld vir n rasse-oorlog gereedgemaak. Die Amerikaners laat onwettige immigrante toe om oor hulle grense te spoel, terwyl die grens bewakers met verf gewere uitgereik word. Eers wanneer binne die grense, word die Amerikaners deur hierdie indringers geterroriseer en uitgemoor.

Hier by ons is dit presies dieselfde. Anders as in die res van die wêreld waar die rasse-oorlog teen groeperings georganiseer word, wat vissies in voorkoms van mekaar verskil, is dit in Afrika so bietjie anders. Hier is dit uiteindelik swart teen swart. Terwyl die swart bedreiging van elders in Afrika die swartmense in Suid-Afrika terroriseer, het ons in Suid-Afrika nog n groepering wat wit is. As wittes het ons rede om te glo dat daar n aanslag teen ons is. Ons sien dit aan die toename van geweldsmisdaad en politiekery wat ons meer en meer benadeel.

Tog dink ek dat daar n paar redes is waarom ons op hierdie stadium nie paniekerig word nie.

Ons weet dat ons nie die grenslyne wat ons vaders gelê het, mag verander nie. Die politiek is besig om dit te doen en die gevolge van hulle dade, maak die res van Afrika uiteindelik vir ons oop.

Ons weet dat God ons nie hier op die punt van Afrika geplaas het om hier tot niet te gaan nie. Ons vertroue in ons Vader, maak ons ook kalm.

Ons weet dat die res van die wêreld onder ‘n vreeslike verdrukking sal kom en dat ons hier op die Suid-punt, moontlik later ‘n vlugteling oord vir vervolgde gelowiges, regoor die wêreld kan word.

Ons weet dat die regering indirek of direk een of ander tyd, ‘n groot aanslag teen ons kan loots. Terselfdertyd weet ons dat ons op die oomblik, nie ‘n vinger kan verroer om dit te voorkom nie. Eenvoudig omdat die wêreld ons sal verpletter wanneer ons te vroeg ons ruggies gaan styf maak.

Intussen sit ons terug. Ons leer soveel as wat ons kan leer, sodat ons die veranderings tot ons voordeel kan gebruik. Maar ons weet ook dat daar moontlik ‘n dag sal kom wanneer die regering se magte teen ons kan draai. Wanneer dit die dag gebeur, het ons geen vrese nie. Ons weet waar die regering se wapentuig is. Ons weet nie net waar dit is nie, ons kan dit enige dag vat wanneer dit nodig word en dan weet ons dat ons dit beter sal kan aanwend, as wat die regering se magte dit self kan doen.

Intussen bid ons dat dit nooit nodig sal word nie".

Groetnis.

Carel.