PDA

View Full Version : Veg of Verdwyn



Die Ou Man
28th May 2008, 07:43
http://img132.imageshack.us/img132/9423/20080527223710bordng3.jpg

‘Rassistiese’ reklame toe eintlik vir drama
May 27 2008 10:37:47:443PM - (SA)

Die advertensiebord op die N1-suid net voor die John Vorster-afrit, wat al sedert verlede week nie net die motoriste op die hoofweg aan die raai het nie, maar talle van hulle erg ontstoke gelaat het oor die beweerde "rassisme" en "haatspraak". Foto: CornÍ; van Heerden

“Hoe oorleef ’n volk teen ’n oormag? Daar was net een keuse . . . veg of verdwyn.”

Sů lees die bewoording op ’n advertensiebord wat sedert verlede week op die N1-suid-hoofweg digby Centurion pronk, tot groot ontsteltenis van talle motoriste.

Intussen het diť bord die bloeddruk verder die hoogte laat inskiet toe Transvaalse Vierkleure op diť bord aangebring is.

Luisteraars van die radiostasie Talk Radio 702 het ook die afgelope week vies ingeskakel en die vreemde bord met sy “rassistiese aanslag” bespreek.

Die advertensiebord pryk net voor die John Vorster-afrit naby SuperSportpark en maak dit glad nie duidelik wie verantwoordelik is vir die reklamebord of waaroor die stelling gaan nie.

Beeld het intussen verneem dat diť bord eintlik niks anders is nie as ’n advertensie vir die omstrede teaterproduksie Ons vir jou.

Die vervaardigers van diť produksie, wat in September in die Staatsteater in Pretoria open, wou eers nie gister die aap uit die mou laat nie.

Sean Else, een van die skeppers van die produksie wat handel oor die destydse Anglo-Boereoorlog, het uiteindelik met die hele sak patats uitgekom weens druk van buite.

Else en sy kollega Johan Vors-ter van Mozi Records werk saam met die bekende dramaturg en regisseur Deon Opperman van Packed House Productions om diť stuk op die planke te bring.

Diť produksie het vroeg verlede maand groot polemiek ontlok toe talle Afrikaanse sangers, onder wie Koos Kombuis en Kabous Verwoed, vir Opperman en Else oor die toneelstuk op die webwerf www.litnet.co.za aangeval het.

Hulle het toe gesÍ die produksiespan plaas nou weer onnodige klem op gebeure wat in die verlede hoort en dat die produksie maklik as rassehaat geÔnterpreteer kan word.

Maar Else het gister weer beklemtoon dat daar geensins “rassistiese ondertone” of enige planne vir “rassespanning” is nie.

Die advertensie sal volgens die produksiespan teen volgende week volledig ontwikkel wees en dan sal motoriste die volledige prentjie kry, het me. Ria Potgieter, ’n bemarkingskonsultant van die advertensie-agentskap Adpost, wat vir die advertensie verantwoordelik is, gesÍ.

Beeld (http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2330257,00.html)