PDA

View Full Version : Lisensie



knipmes
28th August 2014, 09:28
2014/08/28 04h00



Ek ry in die straat in van ʼn piepklein gemeenskap, is van plan om net deur die dorpie verder aan te ry.

Om die volgende hoek, in die middedorp kom ek om ʼn hoek gery, en merk dat vorentoe so honderd meter links onder ʼn boom staan ʼn konstabel met blinkende ry kamaste aan sy pofbroek groen blou uniform, en kyk vir my. Ek besef al wat fout kan wees is dat ek het nie my sitplek gordel aan nie. Ek maak of ek hom nie sien nie, by hom verby gaan die straat tot in die veld in doer vorentoe in sig. Reg oorkant hom is ʼn straat wat na regs gaan uit die dorpie uit, maar ook deur die klein sake sentrum van die gemeenskappie. By hom draai ek regs in die straat in wat na die volgende dorp gaan, ek ignoreer hom volkome, maar merk hoe hy my stip dophou. Ek draai, in my tru spieŽltjie sien ek hoe hy spring om op sy motorfiets te kom, ek dag hy gaan my jaag, maar onthou van ʼn oorlaaide volksvreemde trokkie vol meubels het vanuit die straat waarin ek draai gedraai in die straat in waaruit ek kom veld se kant toe. Ek sien hoe hy wegjaag want hy is oorvol, en kan aanvoel dat hy benoud is. Ek kyk in my tru spieŽl en sien hoe die konstabel hom begin jaag.


Ek kyk voor my, en die volgende oomblik toe druk ʼn motorfiets my af. Dit kan tog nie dieselfde een wees nie? Vaderland, die man is slinks, dink ek terloops. Ek stop agter die motorfiets wat agter ʼn geparkeerde voertuig stop. Dis nou in die midde dorpie. Ek sit agter die stuur van ʼn trokkie myself. Ek klim uit en die volgende oomblik is ek self besig om van ʼn motorfiets af te klim. Ek dink aan wat die klag teen my kan wees. Ek het mos net nie my sitplek gordel gedra nie, maar dit maak nie sin nie, ʼn motorfiets het mos nie gordels nie. Toe is daar skielik baie toeskouers om ons. Die man kom nader, maar ek merk nou dis nie hy nie. Ek word beveel om uit te klim. Die nuwe man wat dieselfde aangetrek is as die een op die straathoek voel ek skielik stel homself voor aan my as die Polisiehoof van die dorp self deur smalend na al die omstanders te kyk, my met direkte oogkontak te vermy en selfvergenoegd te vra of ek weet wie hy is. Ek sÍ nee. Almal glimlag van genot. Hy word woedend, met die is die konstabel by wat ek eerste op die straathoek gesien het, en hy beaam ek is die een!! Ek word daar en dan geboei, en word in die gebou ingeneem. Ek kyk terug, sien my motorfiets en besef dat ek nie ʼn lisensie het om dit te bestuur nie. O gonna. Wat nou?


Die volgende oomblik besef ek dat my trokkie deur my seun, met my kleinseun by hom, bestuur was, en ek sien hoe hulle stop voor die gebou. Dadelik word hulle ook bevelend ondervra en ook ingebring. Die omstanders is meestal volksvreemdes. Met die kom ʼn volksvreemde man in sig wat beslis die voorkoms het van ʼn slinkse regsgeleerde, en hy glimlag vir my. Hy hou sy hand uit, ek vind dit moeilik om dit te skud, en is agterdogtig. Hy wink asof hy weet waarvan hy praat en fluister in my oor dat ek moet nie bekommerd wees nie. Hy sal alles regmaak. Ek kry die gevoel dat ek in ʼn ding in geboelie word, en begin wonder oor die toevalligheid van sy verskyning, wetende dat daar nie so ding soos toevalligheid is nie. Ek ken hom van iewers, maar kan nie my vinger daarop sit nie. Vertrou moet ek hom beslis nie!

Ek word in ʼn vertrek ingeboender, al die omstanders in die straat is weer by, en ek sien hoe my kinders na ʼn ander deel van die gebou geneem word om oor my ondervra te word. Ek kry die gevoel hulle gaan probeer om my kinders te kry om my te inkrimineer. Oor wat weet ek nog nie. Met die word ek bewus van nog ʼn volksvreemde van ʼn ander soort wat my aandag versoek. Ek kyk na hom en hy word skielik ʼn ou kennis wat ek lank gelede mee saam gewerk het. Hy verduidelik hy is hier om my te laat vergeld vir sy lewenslesse. Hy sit glo agter die hele ding, en ek was onwetend gelei tot hier waar hy dit nou vir my kan voorhou. Vergenoegd kyk hy na my en verwag ʼn smekende hulp soekende pateet wat nou in sy mag is. Ek kyk op na hom, en kyk weg na die regsgeleerde wat glo my verdediger in die saak moet wees, en antwoord sonder om te blik of te bloos prontuit dat ek hulle dilemma verstaan, maar dat hulle self die kaiings uit die vuur moet krap, ek kan nie help nie. Met dit, is die Polisiehoof by met ʼn bloedrooi gesig wat skreeuend my wil opfoeter oor my blatante houding, so asof ek moet oorgee en ingee en smekend moet raak. Die regsgeleerde kyk my aan en reken dit is so dat ek in my beste belang maar moet ingee en erken ek is die skuldige. Ek vra toe wat is die klag teen my, denkende dat slegs my bestuur van die motorfiets sonder lisensie die klag kan wees. hulle aldrie kyk vir mekaar, begin hardop lag en gee my die indruk dat hulle dink ek moet die naÔefste mens op aarde wees.


Op daardie oomblik stap ʼn Vroumens in blou, ongelooflik pragtig, statig van postuur en formeel saaklik in houding tog ferm, sag die vertrek binne. Aldrie die mans deins weg in skaamtelike besef van op heterdaad betrap word, en verdwyn soos mis voor die son.

Ek ken haar sonder dat ek Haar ken, tog raak ek rustig en kalm.


Sy kyk glimlaggend na my, neem my hand in haar fluweel sagte hand en lei my na my trokkie waar my kinders reeds wag...







groetnis
knipmes