PDA

View Full Version : Die Vrede van Vereeniging



Stefanus
1st June 2008, 19:38
SATERDAG, 31 MEI 1902

Die Vrede van Vereeniging

Eenhonderd en ses jaar gelede, op die dag na, is die Vrede van Vereeniging tussen die Boere-verteenwoordigers en die Engelse bevelhebbers onderteken. Dit was Saterdag, 31 Mei 1902. Op hierdie dag het die bloedigste oorlog wat nog ooit op Suid-Afrikaanse bodem gevoer is, ten einde geloop.

Die deel van die bevolking van die twee gewese Boere-republieke – die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek van die Oranje-Vrijstaat – wat die hel van die oorlog oorleef het, het ontredderd en verslae teruggekeer huiswaarts: die mans van die slagveld af en die vroue, kinders en oumense uit die talle konsentrasiekampe landswyd. ’n Groot getal Kaapse rebelle wat hul broers en volksgenote tydens die oorlog getrou bygestaan en saam met hulle op die slagveld was, asook ondersteuners uit veral die stamlande wat aan Boerekant geveg het, het net so swaar gely in die stryd. Duisende swartmense wat van die plase af weggevoer is, het in afsonderlike konsentrasiekampe gesterf. Min het aan die oorlog en die gevolge daarvan ontkom.

Smartdeurdrenkte mense – mans, vroue en kinders – wat in hierdie tyd soveel geliefdes moes afstaan aan die dood, het geen keuse gehad nie as om oor ’n swartverskroeide aarde heen terug te keer na hul plase wat nie meer was nie, na hul wonings waarvan net die verbrande murasies oorgebly het, na bykans niks aan aardse rykdom nie.

Met onwrikbare geloof in en vertroue op God, met vaste hoop op die toekoms en ’n diepgewortelde liefde vir die gesin, volk en land as hul geestesrykdom het hierdie mense egter vasberade opgestaan uit die puin. Hulle het weer begin boer – en die oes was goed.

Die wÍreld het voortbeweeg en daarmee saam diegene as 21ste-eeuse voortdraers van bepaalde karaktereienskappe wat kenmerkend van diť van hul voorouers is, soos onder andere die strewe na (innerlike) vrede en vryheid, volharding, deursettingsvermoŽ, trots op die eie, vergunning aan ander wat jy jou en joune gun, en trou aan die Opperwese.

Die Vredesluiting

Broers, ons het besluit om tot die bittere einde te staan; laat ons soos manne erken dat daardie einde vir ons gekom het, in bitterder vorm gekom het as wat ons ooit gedink het. Vir ’n ieder van ons sou die dood ’n soeter en sagter einde gewees het as die stap waartoe ons nou sal moet oorgaan. Maar ons buk voor Gods wil. Die toekoms is duister; maar ons sal die moed, die hoop, die vertroue op God nie prysgee nie.

Dit was die woorde van genl. J.C. Smuts aan sy mede-Boerestryders op die oggend van 29 Mei 1902. Hulle was byeen in die Tent van Samekoms op Vereeniging vir die aanvang van die vredesonderhandelinge wat ’n einde sou bring aan die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Anglo-Boereoorlog. Hierdie stryd het reeds sedert 11 Oktober 1899 oor die hele land gewoed. Volgens die vredestraktaat, waarvoor net "ja" of "nee" gestem moes word, sou die twee Boererepublieke hul onafhanklikheid inboet.


http://boerekryger.co.za/images/MH.jpg
Melrose-huis in Pretoria, waar die ondertekening van die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 ’n einde aan die Tweede Vryheidsoorlog gebring het.

In Mei 1902 het sestig Boere-leiers met Britse verlof by Vereeniging vergader om oor vrede te besluit. Op 15 Mei tref die afgevaardigdes daar alles in gereedheid aan. Hulle is in twee ruim tente gehuisves, terwyl samesprekings in ’n groter tent in die middel van die terrein gevoer is.

Tydens die eerste vergadering is genl. C.F. Beyers tot voorsitter verkies en kry elke afgevaardigde die geleentheid om die toestand in sy kontrei te bespreek. Genl. Smuts wat pas teruggekeer het van Okiep het berig dat daar geen hoop op ’n algemene opstand in die Kaapkolonie was nie. Dit blyk ook dat net ’n paar generaals kans sien om die stryd voort te sit, onder andere genl. Christiaan de Wet van die Vrystaat. Die toesprake is ernstig en boeiend. Elkeen praat uit die hart en skets die omstandighede in sy eie distrik.

Die volgende dag word besin oor die moontlikheid om ’n deel van die land, waaronder die Witwatersrand, af te staan sodat die res van die volk in vryheid kon lewe. Die brandende vraag was: Sou die volk kon voortbestaan indien die leiers sou besluit om aan te hou veg? Hoewel die toekoms duister was, wou niemand onvoorwaardelik oorgee nie. NŠ baie gesprekvoering is daar toe ’n kommissie van volksverteenwoordigers na Pretoria gestuur om oor voorwaardes van oorgawe te onderhandel.

Die voortbestaan van die volk het inderdaad die Boere-afgevaardigdes by Vereeniging in hul diepste wese aangegryp. Hul taal, hoe belangrik ook al, was maar ’n klein onderdeel van die reusagtige probleem wat hom in die ure van beslissing onontwykbaar opgedring het. Hoe kon die volk wat met soveel heldemoed so bitter swaar gestry, gely en geoffer het, gered word? Deur voort te veg totdat daar miskien geen volk meer oor is nie, of die wapen neer te lÍ en die bitter smaak van nederlaag, die demoralisering, die verlies van onafhanklikheid en politieke magteloosheid te aanvaar?

Dit was in die opweeg van hierdie geweldige alternatiewe dat die taalkwessie vir die eerste keer op 16 Mei 1902 in Kestell en Van Velden se notule van die konferensie vermeld word. Genl. Louis Botha was aan die woord. Hartroerend het hy gepleit dat die hopeloos geworde stryd gewonne gegee moes word voordat die reeds so diep beproefde volk totaal geruÔneer was. Laat hulle, terwyl die geleentheid nog daar is, die beste moontlike voorwaardes beding. "Indien wij onze onafhankelijkheid niet kunnen behouden, laten wij dan trachten Verantwoordelijke Bestuur te krijgen ... Laten wij ook trachten om de rechten van de Hollandsche taal, onze taal, te behouden. Gij weet, hoe lang het genomen heeft, voordat men in de Kaapkolonie de rechten dier taal eenigszins erkend kreeg. Zullen wij niet trachten, die rechten vastgesteld te krijgen, nu wij de kans ertoe hebben?" (Zietsman: 38).

Dat die Boere-onderhandelaars nie juis daarin geslaag het om die regte van hul taal vasgestel te kry nie, moes reeds vir die afgevaardigdes by Vereeniging duidelik gewees het. Naas Stoffberg en Kemp was dit egter slegs J. Naudť van die Pretoria-kommando en die 'losse kommando' onder genl. De la Rey, wat kommer daaroor uitgespreek het. Volgens Naudť was dit ’n vaste opdrag van sy burgers dat die regte van die Hollandse taal gewaarborg moes word; die taal "die van zoveel beteekenis is voor het volk en een kanaal is, waardoor het volk weer volk kan worden" (ibid.: 39).

Op Maandag 19 Mei begin die onderhandelinge tussen genls. Louis Botha, Koos de la Rey, J.B.M. Hertzog en Jan Smuts aan die een kant, en Alfred Milner en genl. Herbert Horatio Kitchener aan die ander kant. Dit word ’n taai stryd en op 21 Mei stel Hertzog, Smuts, Kitchener en sy regsverteenwoordiger, Richard Solomon, ’n konsepvoorstel op om aan die Britse regering voor te lÍ. Op 28 Mei kom die finale vorm van Londen terug. Die voorstelle moet voor die einde van Mei in die geheel deur die Boere-afgevaardigdes aanvaar of verwerp word. As hulle dit sou verwerp, word die stryd voortgesit.

Op 29 Mei word die voorstelle in die Tent van Samekoms op Vereeniging bespreek. Pres. M.T. Steyn was ernstig siek en kon nie aan die samesprekings deelneem nie; gevolglik is genl. De Wet in sy plek as Vrystaatse president beŽdig. By die aanvang van die bespreking stel genl. Koos de la Rey die vraag: "Wat is geloof? – Here, u wil geskied, nie my wil om te oorwin nie. Ek moet myself vernietig onder Gods wil." De Wet pleit dat die stryd wat in die geloof begin is, ook in die geloof moet voortgaan. Beyers sÍ dat die voortbestaan van die volk in God se hande gelaat moet word, maar dat die posisie haglik geword het omdat ’n gees van moedeloosheid die mense beetgepak het. Nou loop hulle oor na die vyand, en teen daardie gees kan niemand stry nie.

Op 30 Mei weeg Hertzog die voor- en nadele van die besluit teen mekaar op en merk toe op: "As julle twyfel, gaan voort met wat julle wil doen!" Botha wat pleit vir ’n staking van vyandelikhede omdat dit in die belang van die volk sou wees, word hierin deur Smuts ondersteun.

Op Saterdag, 31 Mei 1902 vergader nege verteenwoordigers van die Boererepublieke by Melrose-huis, Kitchener se hoofkwartier in Pretoria. Die Vredestraktaat word net nŠ 11 die aand onderteken.

Die vredesvoorwaardes het die volgende ingesluit:

ß die Boere erken die Britse monarg as wettige heerser

ß die Boere kon hul besittings, insluitend gewere vir verdediging, behou en

ß Nederlands sou in die skole van die Transvaal en die Vrystaat as vak onderrig word mits ouers dit verlang.

Laasgenoemde is vervat in artikel 5 van die voorwaardes en lui soos volg:

The Dutch language will be taught in Public schools in the Transvaal and the Orange River Colony where the parents of the children desire it, and will be allowed in courts of law when necessary for the better and more effectual administration of justice (ibid.: 37).


Verteenwoordigers van die Zuid-Afrikaansche Republiek



J.H. de la Rey|L. Botha|F.W. Reitz
http://boerekryger.co.za/images/JH%20delaRey.jpg|http://boerekryger.co.za/images/LBotha.jpg|http://boerekryger.co.za/images/FWReitz.jpg


L.J. Meyer|S.W. Burger
http://boerekryger.co.za/images/LJMeyer.jpg|http://boerekryger.co.za/images/SWBurger.jpg



Verteenwoordigers van die Republiek van die Oranje-Vrijstaat




C.R. de Wet|J.B.M. Hertzog
http://boerekryger.co.za/images/CRDeWet.jpg|http://boerekryger.co.za/images/JBMHertzog.jpg



C.R. de Wet in die plek van pres. M.T. Steyn asook C.H. Olivier en W.C.J. Brebner. (Uit Fotogalery: Melrose-huis-webwerf)


SLOTWOORDE


Die Vrede van Vereeniging (31 Mei 1902) het uitgeloop op Uniewording (31 Mei 1910) waarop later die Republiek van Suid-Afrika (31 Mei 1961) gevolg het. Tans word diť dag nie meer gevier nie, hoewel die land steeds as die Republiek van Suid-Afrika bekend staan.

Hierdie is blykbaar nie die laaste republiek nie. In pragtig-vloeiende en gevoelvolle Afrikaans skryf die bekende Suid-Afrikaanse digter G.A. Watermeyer van ’n toekomstige republiek, genaamd die ...


REPUBLIEK VAN DUISEND JAAR

Wat Israel was sal my volk word,
sy lendene met God omgord ...

Ons is gewond, maar oor die wond
vloei die gesalfde morestond;

ons is gebuig, maar uit die smaad
vlam die gevlerkte daeraad.

Deernis-deurdrenk van weerloos ly,
deur smart tot wordingswil kasty,

puur uit ons pyn die roepingslig
waar wolkkolomme nasies rig ...

Wat Israel was, sal my volk word,
sy lendene met God omgord.

In republiek wat ons verklaar
anker Sy droom van duisend jaar;

Hier word Sy raadsaal uitgebou
waar ons die Suide suiwer hou ...

In lig wat tot bewussyn kom
erf ons die rigterstaf van Hom,

word voorwaens in die Groter Trek
wat weer die Wysheid herontdek,

die binnelande van die gees
oopstel vir God-bewuste wees;

oor die seisoene en gety
die mens se vroeŽr mag verkry

toe Adam in gestalte was
en heel geloop het in die gras ...

In republiek wat ons verklaar
anker Sy Droom van Duisend Jaar;

hier word Sy Raadsaal uitgebou
waar ons die Suide suiwer hou.

Uit waters wat weer onrus word
sal skoner see in aarde stort ...

Ligwoord sal tot ons midde kom
wat trou en teken is van Hom;

Rigwoord wat wit en waarheidrein
die dou van Sy gedagte skyn:

Woord wat Sy Droom tot wording baar
in vrederyk van Duisend Jaar;

terug na die seisoene tas
voordat die sondvloed water was;

die heelal weer tot heelheid grens
binne bewussyn van die mens;

Sy Beeld tot beeld in ons gesmee
die vleuels van gestalte gee ...

Uit waters wat weer onrus word
sal skoner see in aarde stort.

In hierdie groter tyd van God
sal Afrika weer Eden bot ...

Wanneer ons ligwaartse verlang
gevleueld oor die aarde hang,

die liefde in ons hoŽr staan
as wat die haat se kringloop gaan,

word uit die sondeswaar gety
die nuwe wÍreldryk bevry;

die periodieke paradys
wat helder tot bewussyn rys,

in eenheid tussen God en mens
smart van die sondeval oorgrens;

die Vrede wat op die aarde was
opnuut herenig met die gras ...

In hierdie groter tyd van God
sal Afrika weer Eden bot.

Hierdie keer geen bitter einde nie, hierdie keer geen duister toekoms nie. Op diegene wat God deur al die tye nooit prysgegee of verloŽn het nie, maar in diť opsig as bittereinders1 getrou gebly het, wag daar ’n tyd van vrede en krag as oorwinnaars na ’n lang en moeisame stryd, innerlik en uiterlik, ter wille van Hom en sy Ryk.



_______________________________________________

Helena Liebenberg (http://www.taaloord.co.za)