PDA

View Full Version : The Donald Trump Prophecy



Carel van Heerden
10th November 2016, 06:20
Dit is altyd goed om kommentaar te lees oor ‘n bepaalde onderwerp, ander se opinies daaroor te hoor asook wat kundiges dink en te sê het (hetsy op televisie of in die koerante). Tot ‘n mate kry ‘n mens “ ‘n gevoel” van die bepaalde onderwerp en help dit jou soms om jou eie opinie te formuleer.

Wat opval is die retoriek wat somtyds gevolg word. Bittermin navorsing word gedoen en min argumente of beredenerings vind buite die sogenoemde “kassie” (box) plaas.

‘n Baie goeie voorbeeld van wat ek hierbo gesê het is van toepassing op Donald Trump, nou verkose President (president select) van die V.S.A.

Dit is eers wanneer ‘n mens wyer “kyk” as die normale kriteria dat ‘n mens iets dieper “raaksien” oor redes waarom Trump die presidentskap – teen alle verwagtings in – so oortuigend gewen het.

Op 18 April 2016 – lank voor die verkiesing – is die volgende youtube video opgelaai. Die titel is: “The Donald Trump Prophecy – End Time Presidential Election 2016.”

Kyk gerus na hierdie video. Dit laat ‘n mens 2 keer dink van dit wat regtig besig is om te gebeur. Die skakel is hieronder.

https://youtu.be/FsQG6WzmuE8
FsQG6WzmuE8