PDA

View Full Version : Vakansie!!!!



Luther
30th June 2008, 21:38
Somtyds het 'n ou vakasiekie nodig

Ek persoonlik is verlief op Duitswes, SuidWes, ens, daai laaste naam kan ek nie eers uitspreek nie

In elk geval ek en Karin besluit mos toe op 'n vakansie, ons eitlike doel Henties, nammies, visvang by die dosyne, helsem verkeerde tyd van die jaar

Ry eers by Sossusvlei Lodge aan R3000 per nag


http://www.wendag.com/images/Sossusvlei.jpg
Sossusvlei

Daarna gaan ons vir 3 nagte by Die oord, te Henties, ek vang darem een Galjoen wat ons braai by , Die OORD

Ons sit koppe bymekaar en besluit om vis te vang op 'n boot, daai volgende oggend ry ons op 'n pragtige boot, soos jy jou visttok ingooi so pluk jy die Kabeljoue uit

Ry terug slaap op Mariental oor, die mooiste skoonste dorp ooit

Ons was deur die woestyn, afgesak daar na Walvisbaai, woestyn staan kniediep van die Boesmangras

NS, ons het presies 30 Kabeljoue deurgesmokkel(Stefaans, Karin sal more die fotos deurstuur, ook van my waar ek die duine bewonder)

Groete

Luther