PDA

View Full Version : Vloede in Vredendal omgewing



Luther
7th July 2008, 21:32
Ek plaas 'n paar fotos hoe dit nou lyk hier by ons in die Vredendal omgewing.Die Polisie het gejuig toe ek met my Crooza daar deurbrul, hulle kon nie glo dat hierdie mal Boer deur die vloedwaters deurkom nie, my vrou Karin het die fotos geneem, durf daag iemand my 'n leuenaar dan kan ek vir julle fotos wys waar die water oor my bakkie se bonnet loop, adrenalien se maai

Luther
7th July 2008, 21:46
'n Mede tonnel-boer van ons omgewing.

Luther
7th July 2008, 21:50
Klawer-brug. Rivier besig om te styg... more glo 3 meter hoeer!!

Luther
7th July 2008, 21:55
Ek staan by een van die talle onbegaanbare paaie in Trawal-omgewing. Raar maar waar!!!

Luther
7th July 2008, 21:58
...en dit is hoe die arme Tonnelboer se huis lyk...!!!

Luther
7th July 2008, 22:06
Jammer, 'n glips van die "vinnige hand".

Die Ou Man
8th July 2008, 20:01
Kyk, dit is nou maar een ding van 'n vloed op die dorp. Mense praat vyftig jaar later nog daaroor. In teenstelling daarmee, hou dominee se preek skaars tot die kerk uitkom. Dankie tog daarvoor.

Luther geniet die vloed. Dit is die Skepping aan die werk.

Liefde groete.

Die Ou Man

Luther
10th July 2008, 00:04
Kyk, dit is nou maar een ding van 'n vloed op die dorp. Mense praat vyftig jaar later nog daaroor. In teenstelling daarmee, hou dominee se preek skaars tot die kerk uitkom. Dankie tog daarvoor.

Luther geniet die vloed. Dit is die Skepping aan die werk.

Liefde groete.

Die Ou Man

Ou Man dit het toe net erger geword, my Pa se dit kon moontlik in 1925 so gelyk het,onthou Clanwillamdam is deur die witmense gebou gedurende die depressiejare , maar die ou man kan ook nie toe onthou hoe erg dit destyds was nie, destyds het hulle maar in kleihuisies naby die rivier gebly omrede daar nie water naby was nie, die kleihuisies was toe verspoel, hoever sal niemand weet nie

Nou kan jy weet hoe die hele Trawal omgewing se Boere na 1933 daar uitgesien het, die man het grond, maar dit is al, in 1933 was hier in die hele omgewing depressie, en droogte, groot droogte

Ek vermoed dat hierdie weer die grootste in 'n baie lang tyd was, iets is aan die gebeur, ons moet net uitvis wat