PDA

View Full Version : Bespreking: Seun van die mens

Stefanus
24th June 2007, 00:38
Joh 3:11 Voorwaar, voorwaar Ek s vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
Joh 3:12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

"niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het,"
Tog lees ons van persone wat opgevaar het in die Ou Testament, watter betekenis hou die vir ons in?

"die Seun van die mens wat in die hemel is"
Weereens word dit vir ons gegee dat as ek die reg verstaan dat Jesus die Seun van die mens is, volgens sekere doktrines word Jesus as Seun van God asook God self beskou.

Liefdegroete,
Stefanus

Jaco Slabbert
26th June 2007, 16:48
Stefanus ek sien dit ook so dat Jesus altyd na Hom self verwys as die seun van die mens maar in Matt 16 : 15 - 16 toe Petrus vir Jesus die seun van God noem toe wys Hy hom nie reg nie. Hoe moet ons dan dit verstaan?

Na verwysing van die gedeelte wat jy gepos het sien ek dat ons almal deur God gemaak is en dat ons wel van die Hemel of kom en moet weer terug keer. Ek soek net die bevestiging in die Bybel.

Groete

Stefanus
26th June 2007, 18:36
Jaco,

Mar 9:7 En daar kom n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom n stem wat s: Dit is my geliefde Seun, luister na Hom!

2Pe 1:17 want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek n welbehae het.

Kom ons luister na wat Jesus vir ons se:

Mat 16:15 Hy s vir hulle: Maar julle, wie s julle is Ek?
Mat 16:16 En Simon Petrus antwoord en s: U is die Christus, die Seun van die lewende God.
Mat 16:17 Toe antwoord Jesus en s vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.

Hier het ons duidelik 'n opdrag van God gekry om na Sy Seun (Jesus) te luister, as ons daarop ag slaan se Jesus vir ons dat Hy 'n Seun van God is.

Liefdegroete,
Stefanus.

Jaco Slabbert
27th June 2007, 10:42
More Stefanus

(Luk 22:20) Net so neem Hy ook die beker n die maaltyd en s: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

(Joh 6:53) En Jesus s vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.

(1Jo 1:7) Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

Luk 22:20, Joh 6:53 en 1Joh 1:7 stem hier nie ooreen nie, die een se ons moet die bloed drink en vlees eet, die ander se Sy bloed is vir ons uitgestort en die ander se sy bloed reining ons van sondes.
As ons na alles luister en doen wat Jesus ons beveel wat sou die verse dan beteken vir ons? Die Vlees eet en die Bloed drink. Wat is die betekenis van Bloed en Vlees? Kan bloed die werke van Jesus wees en die vlees die opoffering as ons, ons self meet aan Jesus?

Groete

Soeker
29th June 2007, 17:50

Hallo Jaco, Stefanus, (as ek in die middel van die gesprek mag inkom :? )

Jaco,

Ek stem saam met dat die bloed van Christus sy offers is. Die offers om die evangelie van redding te verkondig.

Die vlees stem vir my ooreen met die brood van die avondmaal. Dit dui vir my op die versoening met die liggaam van Christus.
Die liggaam van Christus dui weer vir my op die gemeente.

Stefanus,

Baie interessante teks oor die Seun van die Mens wat in die Hemele is.

Dit klink asof die Seun van die mens nie die hemel verlaat het toe Hy uit die hemel neergedaal het nie. En niemand kan daarin opvaar nie, behalwe die Seun van die Mens nie. Dit bring my by die punt dat ek nie die hemel sal kan bereik as ek nie deel word/verenig met die Seun van die Mens nie.

Vir my pas dit ook in met Jaco se tekse. Ek versoen, verenig met Christus as ek sy bloed drink en vlees eet. Ek kan sy bloed drink as hy dit vir my uitstort. Dit moet dus nie my eie werke met menslike wysheid wees wat offers maak nie, maar die Gees van Christus moet my liggaam in besit neem wanneer ek as dienskneg hierdie offers van Christus maak.

Groete,
Soeker

Die Ou Man
22nd November 2007, 18:45
Die Evangelie van Phillip verklaar dit soos volg.

Some are afraid that they will ascend from death naked,
And they want to climb back to life in their flesh.
They are unaware that those who wear their flesh are naked,
And those who strip are not naked.

Onthou nou dat Adam en Eva besef het dat hulle naak was. Nou weet ons wat met daardie naaktheid bedoel is. Hulle het manifesteer in die vlees.

Flesh and blood cannot inherit the kingdom of god.
What will we not inherit? The flesh we wear on us.
But what then will we inherit as our own?
The body of Jesus and his blood. And Jesus said,
Whoever will not eat my flesh and drink my blood
has no life within him. What does he mean?
His flesh is the word and his blood the holy spririt.
Who has received these has food and drink and clothing.

Sy liggaam/vlees/brood is sy boodskap en sy bloed die Heilige Gees.

Liefde groete.

Die Ou Man

Pionier
26th November 2007, 07:45
More Stefanus

(Luk 22:20) Net so neem Hy ook die beker n die maaltyd en s: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

(Joh 6:53) En Jesus s vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.

(1Jo 1:7) Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

Luk 22:20, Joh 6:53 en 1Joh 1:7 stem hier nie ooreen nie, die een se ons moet die bloed drink en vlees eet, die ander se Sy bloed is vir ons uitgestort en die ander se sy bloed reining ons van sondes.
As ons na alles luister en doen wat Jesus ons beveel wat sou die verse dan beteken vir ons? Die Vlees eet en die Bloed drink. Wat is die betekenis van Bloed en Vlees? Kan bloed die werke van Jesus wees en die vlees die opoffering as ons, ons self meet aan Jesus?

Groete

Jaco
Goeie more

Onthou reg deur die Ou Testament, en selfs vandag is bloed die teken van 'n verbond tussen die mens en God, ook tussen mense. Selfs vandag is daar 'n bloed verbond tussen man en vrou op hul eerste huweliksaand.
Die Heilige Gees is God se verbond met ons, voor jy dit nie ontvang het nie, is daar geen verbintenis/verbond van jou siel met God nie. Jesus is egter ons enigste weg om die Heilige Gees te ontvang, daarom sou mens Sy bloed aan die Heilige Gees kon gelykstel. Daar is ook verwysings in die OT dat diere eers uitgebloei moet word voor dit geet word, om van die dier se gees ontslae te raak.

Om by Stefanus se Gedagte aan te sluit kyk wat s Johannes in sy Evangelie:

Johannes 1:1-14
1 IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
2 Hy was in die begin by God.3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.6Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
7 Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wreld.10 Hy was in die wreld, en die wreld het deur Hom ontstaan, en die wreld het Hom nie geken nie.11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
13wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.
14En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon--en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom--vol van genade en waarheid.

Deur hierdie Vleeswording/daling van God, het die Woord aan ons sigbaar/fiesies/vleeslik geword. Jesus se Bloed/Heilige Gees is gestort sodat ons dit kan bekom.

Groete

knipmes
5th December 2007, 20:37
Mar 9:7 En daar kom n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom n stem wat s: Dit is my geliefde Seun, luister na Hom!

2Pe 1:17 want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek n welbehae het.

Naand Julle Almal,

Ek wil graag hier 'n klip in die bos gooi deur te verwys na die bogenoemde tekste, en het nog altyd dit gelees as Vader Koning Adam wat hierdie woorde uit die Hemel geuiter het, en nie soos almal dalk dit lees as God die Vader self wat praat nie?? Jesus seg tog dat hy die Seun van die Mens is, en daardie Mens antwoord uit die Hemel, as synde dit te bevestig dat Jesus wel Sy [Adam] Seun is...

groetnis
knipmes

Jaco Slabbert
6th December 2007, 16:11
Hallo Pionier ek sien wat jy se ek verstaan dit so. Mens bestaan uit gees, siel en liggaam. Jou gees is geskep deur God, jou liggaam natuurlik deur jou ouers en jou siel is jou denke geskep deur jou self wat ontwikkel en groei. Nou as jy deur jou liggaam gelei word soos wat baie mense doen dan is jou gees onder danig aan jou vlees dus jy stel God glad nie bo aan die lys nie. As jy gelei word deur jou gees dan sal jou liggaam dan ook so volg en dan onderdanig wees aan God. Dit dink dit is wat die Bybel se van ons moet God in gees en waarheid aan bid. (Joh4:24)

Johannes 1:1-14
1 IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
2 Hy was in die begin by God.3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.6Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
7 Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wreld.10 Hy was in die wreld, en die wreld het deur Hom ontstaan, en die wreld het Hom nie geken nie.11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
13wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.
14En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon--en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom--vol van genade en waarheid.

As ons kyk na vers 12 en 13. Wie is uit God gebore? Ons as sy kinders of Jesus of albei.
Ek dink ons is almal Seuns van God ons moet net die waarheid ontdek. Ons God my gees gemaak het wonder ek wat het ons bespreek of oor gesels voor ek vlees geword het, wat was my opdrag my werk wat ek op aarde moes kom doen? Ons weet dat God 'n plan het vir elke mens of te wel gees. Hoeveel mense vervul regtig hulle taak op aarde en hoe weet jy of jy op die regte plek is in jou lewe? Moes jy kom om iemnd iets te leer, moes jy iets geleer word.....ek wonder? AS jy se dat Jesus se bloed ons skoon was van sonde waar pas die taak wat God vir ons het in. Het Jesus nie ook vir ons iets ander kom wys as dit nie?

Ek bid elke dag vir my en my vrou voor ek by die huis uit gaan...ek vra elke dag dat My Vader ons gedagted moet vernuwe om meer soos Jesus te wees, maar na ek nou bietjie gedink het moet ek eintlik vra dat Vader ons gedagtes sal vorm om meer te wees soos Hy beplan het vir ons.

Groete

Jaco