PDA

View Full Version : Nuwe Intrekker



Fulcrum X
19th July 2008, 01:02
Hello aan almal hier by Wendag. Ek is omtrent n maand gelede werwys na die Wendag Webtuiste en in kort wil ek net s dat ek baie hou van wat ek sien. Snaaks genoeg was ek al van my jongdae af skepties oor boodskappe van die kerk en die Woord al het ek nooit regtig n idee gehad hoekom nie (dertig jaar van nou af sal ek seker na hierdie jare van my lewe verwys as my jongdae). Ek moet s dat dit nou vir my duidelik is hoekom dele van Die Woord vir my teenstrydig was. Ek is werklik gelukkig dat Wendag op my pad gekom het want nou kry ek baie insiggewende antwoorde op my vrae. Ek hoop om nog baie meer te wete te kom en om op my beurt dalk ook van hulp te wees om van die dowwe plekke duidelik te maak alhoewel dit my n rukkie sal neem om op dieselfde vlak van kennis te kom met baie van julle. Ten minste beweeg ek nou in die regte rigting.

Dankie :smile:

Die Ou Man
19th July 2008, 08:40
Fulcrum X.

Welkom op Wendag.

Liefde groete.

Die Ou Man

Luther
19th July 2008, 14:28
Baie welkom van my kant ook, ek verstaan beslis nie alles nie, ek gesels maar oor ander goed, ek luister maar wat die Ou Man preek

Al ding wat ek weet is dat ons al die jare mislei was, maak nie saak in watter geloof ons was nie, hoog heilig met die bybel onder die arm, hier gaan ons

Dit het aan my bly krap en krap en.... ek het later na die IW oorbeweeg, sekere dinge het daar ook bly krap, nou sit en kyk ek die Ou Man uit 'n boom uit, wat ek sien stel met my gemoed saam, ek moet se, op 'n vreemde manier vind ons aanklank

Vicky
19th July 2008, 15:32
Fulcrum X,

Baie welkom by Wendag! Ek hoop jy sal ook vind dat mens hier geweldige geestelike groei ondervind, vanwe ons gesamentlike soeke na antwoorde.

En dis natuurlik altyd lekker om nog 'n Bloemfonteiner raak te loop!

Liefdegroete,
Vicky

Stefanus
19th July 2008, 18:32
Welkom hier by ons x, ek vertrou dat jy in jou soeke die antwoorde op jou vrae sal kry.

Liefdegroete,
Stefanus