PDA

View Full Version : Francois



Francois
22nd July 2008, 16:00
Dag aan almal. Ek is Francois, is getroud met een kind

Ek het al wye draaie in geloof geloop en nog steeds is ek soekend. Ek het egter myself belowe om al die energie wat ek aan kerke spandeer het, steeds te spandeer aan my soeke tot antwoorde. Dalk eindig my soeke hier en dalk nie...
Ek is egter seker ek sal lekker hier gesels as ek so na DoM se poste kyk. "Geen doekies omdraai nie" lyk vir my aan die orde van die dag en ek soek dit so.

Die Ou Man
22nd July 2008, 16:05
Welkom Francois.

Dit is ons plig om die Goddelike waarhede onbeskroomd van die kaf te skei.

Die enigste manier om by die oorsprong van 'n rivier uit te kom, is om stroomop te swem.

Liefde groete.

Die Ou Man

Fulcrum X
22nd July 2008, 23:23
Francois,

Welkom, ek is ook nog nuut hier maar het al baie geleer en ek weet nou eindelik wat my gepla het al die jare, ek is seker jy sal jou antwoorde vind. Sterkte

knipmes
29th July 2008, 20:44
Naand Francois,

Inderdaad welkom, en gesels gerus.

groetnis
knipmes