PDA

View Full Version : Soetsappige Christenskap in die werkplek

Vicky
22nd July 2008, 19:16
Ek word die afgelope tyd daagliks gekonfronteer met soetsappige valse Christenskap, en die laaste week of twee ook nog met mense wat hulle geloof op my wil afdwing.

Voorbeeld: By my werkplek het ons span elke oggend n vergadering om die gebeure van die vorige dag te bespreek, asook transaksies wat moontlik nog kan gebeur, en sommer allerhande dinge met betrekking tot ons werk. By hierdie vergadering is gewoonlik n groepie van 5. Wanneer ons in die kantoor instap word daar meestal allerhande vulgre grappe gemaak. Wanneer almal uiteindelik tot ruste kom, word die deur toegestoot en n stukkie gelees uit n dagstukkie-boek uit die pen van ene Joyce Meyer, wat vir ons onder andere vertel hoe dankbaar ons moet wees dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het. Deesdae word ons ook nou gedwing om een vir een n beurt te kry om n gebed te doen. Daarna is dit business as usual vuil grappe, vloek, klinte beledig. En so begin ons dag.

Ek sukkel om my te vereenselwig met hierdie tipe van "godsdiens-beoefening" te midde van soveel vulgariteit en disrespek. Hoe kan mens God vra om jou dag te sen, terwyl jy net daarna die geleenthede wat Hy oor jou pad bring vervloek?

Wat gaan hierdie kollegas van my doen as ek met my beurt my gebed rig aan my Hemelse Vader en Moeder soos wat ek by die huis sou doen?

Wat my ook stomslaan, is dat mense wat heeldag na Christelike radio stasies luister en wie se kantore vol geplak is van plakkertjies met Bybelversies en inspirerende gediggies, dikwels di is wat met die meeste venyn ander kan bespreek of seermaak en tenakom.

Hoe maak ek in hierdie situasie waar ek so vasgevang voel? Ek voel n onweerstaanbare drang om n oorplasing te vra na n ander afdeling waar ek die mense ook redelik goed ken, maar wie se waardes baie nader is aan my eie as di van die groep waarin ek myself tans bevind. Aan die ander kant vra ek ook myself af of ek dan nie juis my verantwoordelikheid probeer ontduik nie. Daar is tog seker n rede waarom ek hier geplaas is. Is dit om te leer hoe om ni as gelowige op te tree nie, of is dit om n verskil in iemand se lewe te probeer maak? Intussen moet ek ook daagliks veg om n sukses van my beroep te maak.

My o het oopgegaan die dag toe ek besef het dat ek hier is om ander mense altyd met respek en liefde te behandel, dat ek onder alle omstandighede moet poog om op te tree soos wat Jesus sou doen, en dat ek nie vrygeskeld is deur n verskriklike moord aan die kruis vir enige sonde wat ek sou mag pleeg nie. Net ek en ek alleen is verantwoordelik vir my dade. Net ek kan om vergifnis vra, maar dan ook die verantwoordelikheid dra om die vergifnis wat ek weet my Ouers aan my sal toestaan wanneer ek daarvoor vra, met respek te bejen en nie net omdraai en weer dieselfde sonde sal gaan aanvang nie.

Is ek verkeerd as ek dink dat hierdie kruis-dood boodskap wat die kerke verkondig juis veroorsaak dat mense makliker sondig? Dat hulle God soos n kredietkaart gebruik wanneer hulle Hom nodig het, en Hom dan weer tussen die bladsye van n dagstukkie boek bre wat heeldag op die lessenaar sigbaar is om die gewetens bietjie te sus omdat hulle mos hulle deeltjie doen?

Of is ek t krities??

Fulcrum X
22nd July 2008, 23:42
Wat my ook stomslaan, is dat mense wat heeldag na Christelike radio stasies luister en wie se kantore vol geplak is van plakkertjies met Bybelversies en inspirerende gediggies, dikwels di is wat met die meeste venyn ander kan bespreek of seermaak en tenakom.

Is ek verkeerd as ek dink dat hierdie kruis-dood boodskap wat die kerke verkondig juis veroorsaak dat mense makliker sondig? Dat hulle God soos n kredietkaart gebruik wanneer hulle Hom nodig het, en Hom dan weer tussen die bladsye van n dagstukkie boek bre wat heeldag op die lessenaar sigbaar is om die gewetens bietjie te sus omdat hulle mos hulle deeltjie doen?

Of is ek t krities??

Vicky,

Hierdie twee paragrawe is vir my nogal waar, ek ken die tipe mens waarvan die eerste paragraaf praat en dit dra nie n goeie beeld uit van gelowiges nie en ja ek dink ook die (verkeerde) kruis-dood boodskap van die kerk hits die "ek kan doen wat ek wil solank ek DIT glo" optrede aan. Ek self was skuldig daaraan op n tyd. Dit sal ook nou een van die vele redes wees waarom ek nog altyd gevoel het daar is fout met die kerk stelsel, dit het net nie reg gevoel dat dit nou so maklik is om van sondes ontslae te raak nie, gelukkig weet ek nou van beter.

Ek glo nog altyd dat kritiek nodig is om op jou foute te verbeter al is dit nie lekker nie. Vir my gaan dit oor die regte pad en nie altyd oor die lekker nie, selfde met geloof.

Sterkte.

Francois
23rd July 2008, 15:31
Hi Vicky

Ek het geleer in my geloof om versigtig te wees met ander mense as dit kom by boodskap oordra. Ek het ook my plig aanvaar dat ek ander moet inlig en help om God te aanvaar. Ek het telke male my vingers gebrand en soms selfs meer skade aangerig.
As God wil he jy moet iets doen sal weet. Ek het gedink dis almal se plig, maar later besef dat n oningeligte mens wat almal wil bekeer en dan na een of twee argumente die stryd verloor, meer skade aanrig as goed.
Ek se gladnie jy is oningelig nie, ek se God sal jou lei as jy moet optree.

Vicky
23rd July 2008, 19:09

Francois,

Ek is oortuig daarvan dat daar geen sterker getuienis is van wat jy glo as jou natuurlike optrede in jou alledaagse lewe nie. Daarom oorweeg ek nie "optree" in die sin van mense probeer "bekeer" na wat ek glo nie. Glad nie. Ek glo dit is my en almal van ons se verantwoordelikheid om ten alle tye deur middel van jou gedrag 'n toonbeeld te wees van dit wat in jou hart is. Mens kry 'n aanvoeling wanneer daar wel 'n geleentheid is om 'n bietjie van Jesus se boodskap oor te dra, soos wat dit Sy bedoeling was. Wanneer daar weerstand is, bly ek stil. Iemand wat meer wil weet, sal dit baie duidelik laat blyk.

Aan die ander kant is dit vir my baie duidelik waarom sogenaamde "Christene" se optrede juis die groot oorsaak is waarom mense wat soekend is soms nog verder van ons Skepper vervreem word.

Ons besef nie ho 'n magtige uitwerking ons alledaagse optrede op die mense om ons het nie.

Liefdegroete,
Vicky

Vicky
23rd July 2008, 19:12
Vicky,

Hierdie twee paragrawe is vir my nogal waar, ek ken die tipe mens waarvan die eerste paragraaf praat en dit dra nie n goeie beeld uit van gelowiges nie en ja ek dink ook die (verkeerde) kruis-dood boodskap van die kerk hits die "ek kan doen wat ek wil solank ek DIT glo" optrede aan. Ek self was skuldig daaraan op n tyd. Dit sal ook nou een van die vele redes wees waarom ek nog altyd gevoel het daar is fout met die kerk stelsel, dit het net nie reg gevoel dat dit nou so maklik is om van sondes ontslae te raak nie, gelukkig weet ek nou van beter.

Ek glo nog altyd dat kritiek nodig is om op jou foute te verbeter al is dit nie lekker nie. Vir my gaan dit oor die regte pad en nie altyd oor die lekker nie, selfde met geloof.

Sterkte.

FX,

Ek kan sien ons is op dieselfde golflengte. Weet jy, die regte pad is miskien nie altyd maklik nie, maar kan beslis lekker wees. Die vreugde met elke stukkie waarheid wat ons ontdek, kan met niks vergelyk word nie. :)

Liefdegroete,
Vicky