PDA

View Full Version : Hoe betroubaar is die bybel



Francois
23rd July 2008, 15:22
Ek wil graag n paar vrae vra.
Die witboek en die geloof daaraan verbonde is gebasseer op dele van die bybel. In my opinie is dit n onbetroubare bron aangesien die bybel by die "council of Nicea" deur Constantine tot stand gebring is. Ek betwyfel gladnie dat meeste van die boeke wat ingevoeg is redelik akkuraat is nie, maar hoe kan enige iemand se.
Christenskap is juis geskep vir politieke redes(die oneerlikste deel van menswees) en dus met voorbedagte rade.
Hoe kan ons vandag bepaal wat is waar, wat is verdraai, en wat is bog?
Ek weet die bybel verspreek homself telkens en het nog altyd geglo dit is omdat verskillende mense dinge verskillend interpreteer. Ek is ook oop vir die idee dat dit is omdat meer as een geloof in die bybel verkondig word (Pagan ens).
My vraag bly, Wie besluit wat is waar en wat nie.

Die Ou Man
23rd July 2008, 19:32
Francois.

Ons neem 'n praktiese voorbeeld. In Genesis 6:19 en 20 kom die opdrag deur God dat daar een paar van alles wat leef in die ark moet gaan. Een paar diere en een paar voŽls per soort.

In Genesis 7: 2 en 3 word daar onderskeid getref tussen rein en onrein. Daar gaan nou 14 rein diere en 14 voŽls per soort in die ark.

Een van die twee weergawes is 'n leuen. Hoe bepaal ons wat is die waarheid?

Ons let op die opdraggewer.

God (Elohim) plaas een paar van alle diere en voŽls in die ark en die HERE (Jahweh) plaas sewe paar rein diere sowel as 7 paar voŽls. Ons weet reeds dat die HERE (Jahweh), rein diere en offerande saamloop. Die probleem is egter dat die onderskeid tussen rein en onrein diere nie in Noag se tyd bestaan het nie. Dit is eers in LevŪtikus gegee. Die HERE se verhaal is dus terugwerkend aangepas met kennis wat eeue later eers bekend geword het.

So kan ons bepaal wat vervals is en wat as eg beskou behoort te word. Ons kan ook met sekerheid bepaal wie die vervalsers (Jahweh se priesters) is en watter God daardeur bevoordeel moes word.

Teen hierdie agtergrond kan ons die Witboek raadpleeg.

'n Tweede voorbeeld. Volgens LevŪtikus gee die HERE (Jahweh) 'n magdom opdragte wat verband hou met bloedrituele wat op die oog af na sataniese rituele lyk. In Jeremia 7:22 ontken die HERE (Jahweh) dat hy die opdragte gegee het. Wie moet ons glo?

Die Witboek gee hierop ook die antwoord (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=111).

Liefde groete.

Die Ou Man

Jannie
26th July 2010, 03:35
Dit is nie 'n kwessie van waar of onwaar nie. Dit alles is 'n soort van kode. 'n Mens is veronderstel om die sleutels te vind. In my opinie het niemand die sleutels gevind nie. Praat van sleutels. Miskien het Gustav Muller die sleutels.

www.Bybel.com

Jannie

Die Ou Man
26th July 2010, 08:43
Jannie, vir die Israeliete wat oortreders van die wette van die Ou Testament in eie geledere met klippe doodgegooi het, was niks in kode nie. Dit was ondubbelsinnige opdragte van hul God, Jahweh wat moes dien op hul daaglikse handel en wandel te reguleer. Om nou 'n kode daarin te soek, kom slegs daarop neer dat jy die bestaande letterlike waarde daarvan bevraagteken en 'n alternatiewe interpretasie deur middel van rassionalisasie opsoek.

Wat Gustav Muller se sleutels betref. Hy verwar die Suidland in die Midde-Ooste waarna die Bybel verwys, met blank Suid-Afrika.

Sy ontrekking-skema wat hy so naarstigtelik verkoop, sal in die praktyk neerkom op 'n nasionale selfmoord van witmense. Gestel die 600 000 blanke inwoners van Pretoria aanvaar sy pleidooi, verlaat huis en haard en vlug die platteland in. Dit sal die grootste katastrofe in ons geskiedenis wees. En dit is maar een stad. Gustaf het nie die insig om die noodlottige gevolge van sy oproep te besef nie. Nog minder het hy die insig om te besef wat die logistieke implikasies van sy vlugplan gaan wees.

Ek vermy hedendaagse "profete" en "ongeleide misiele" wat hul ideologie of godsdiens bemark op grond van vrees inboeseming of strafbedreiging.