PDA

View Full Version : nieuwoudrl doen aanmelding.



nieuwoudtrl
26th July 2008, 20:58
Goeienaand mense.

Na betwyfeling van Die ou man se teorie op BV het ek geworstel met baie vrae.

Maak nie saak wat ek doen of lees in die Bybel nie, alles kom terug na Die ou man se torie toe.

Maar wat my nou regtig hierna gebring het was n sekere bespreking op BV.

http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?t=14092

Sien Stoere Boer is baie hardkoppig en probeer telke male om ie ou man te verkleineer.

Maar hy het hom self vas gepraat op daardi edraad.

Ek weet nie of die volgende in die Bybel voorkom nie maar ek weet die word op die begrafnisse gebruik.

Asshes to ashes dust to dust.

SB sÍ self hy stem saam dat dit dust to dust is en nie ashes to ashes nie.

D.W.S mdat hy eintelik saam stem alhoewel hy dit nie erken nie.

My groot vraag aan alma is. Hoe kry n mens geloof?

Stefanus
26th July 2008, 21:31
Hoe kry n mens geloof?

Welkom nieuwoudtrl,


Paulus, ‘n dienskneg van God en ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is, in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het
Tit 1:1-2

Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sÍ dit tot julle beskaming.
1Co 15:34

nieuwoudtrl, Paulus som dit redelik goed op, kennis is die bron van geloof, sonder kennis is daar geen geloof nie of "valse geloof". Sonder werke is daar geen redding nie, albei hierdie begrippe vul mekaar aan en kan nie afsonderlik van mekaar funksioneer nie.
Daarom is dit belangrik om te strewe om die kennis wat ons verkry, suiwer is.

Liefdegroete,
Stefanus

nieuwoudtrl
26th July 2008, 21:48
Ek het ook onlangs vrae ontwikkel oor die openbaring.

Ek is n Gods vresende mens, en ek aanskou die waarskuwing in die laaste paar verse van Openbaring as waarskuwing van God.

Daar is wel die een geval wat my pla.

Ek haal nie die verse nou aan nie, maar die getale wat genoem word is 14400 en die getal wat niemand kan tel nie. Volgens wat ek verstaan word beide gered, maar logika sÍ vir my dat net die een of die ander korek is. Kan iemand my hiermee help of kan ons almal daarna kyk en tot n gevolgtrekking kom?

Stefanus
27th July 2008, 00:28
One of the major drawbacks of any research that uses only one interpretation to follow the "treasure trail" they are seeking, is the limited meaning this places on subsequent findings.

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/en/1/17/Serapis.jpg | The Christian era soon started in Alexandria. In 62 AD Mark was martyred for protesting against the worship of Serapis. Around 284AD an estimated 144,000 martyrs died over a nine year period. Constantine announced Christianity as the official religion in 312 AD and changed the eastern capital of the Roman Empire to Byzantium which he renamed Constantinople. Half the grain from Alexandria was shipped to Constantinople. Alexandria started diminishing from prominence as the center of the Mediterranean world but remained an important center for learning. | http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/05/Constantine_Musei_Capitolini.jpg/200px-Constantine_Musei_Capitolini.jpg

Liefdegroete,
Stefanus

Luther
27th July 2008, 15:59
Nieuw,t, ek dink ek is nog meer verward as jy

Ek was vir jare op BV, eintlik was ek van die eerste lede daar, ongelukkig is ek nie meer daar nie, daar is baie goeie mense daar, los dit maar daar!!!

Ek het toe by die Wendag webwerf gerigestreer, ek is nog self soekend, ek lees die Ou Man se goed, wat hy se maak vir my meer sin as wat die Bybel asook die kerke vir my vanaf dag 1 kon se

Ek hou van 'n man wat sens praat en nie nosens nie, ek gee die Ou Man 'n billike kans

Fulcrum X
28th July 2008, 21:45
Welkom nieuwoudtrl,

Eerstens wil ek se dat ek dink jy nou op die regte plek is om die regte boodskap te kry. Sonder die regte boodskap kan geloof nie versterk word nie.

Hoe kry EK geloof?

Geloof was vir my nog altyd n gevoel en voordat ek die regte boodskap (volgens my) hier op Wendag gekry het was dit meesal n verkeerde gevoel. Ek kyk na die wereld, nie die mensgemaakte deel daarvan nie maar die natuurlike deel. Kyk na die berge, waters, wolke, alles wat mooi en goed is en ek kan nie anders as om geloof te kry in ons skepper nie. Die vraag is of jy die regte Skepper ken en of jy die "ingeskrewe skepper" ken. Ek is nog n nuweling maar ek glo jy sal die antwoord op Wendag vind.

knipmes
29th July 2008, 20:39
Naand Almal,

Ek staan verstom nederig vanaand....

DOM, Stefanus, Die Boer, as ek so na die mense hierbo luister, dan dink ek onwillekeurig terug na 'n baie spesiale middag op 'n baie spesiale plekkie waar ons hierdie blad as trillende magswoorde geuiter het tot ontwaking van onse volk... tot ons Goddelike Ouers se eer...

my grootste dank aan u hande arbeid vir hierdie kuber kindjie wat groei en groei...

groetnis
knipmes

nieuwoudtrl
18th May 2009, 19:16
Na n enorme lang afwesigheid hier meld ek graag weer aan.

n Ondersoek na n eie ek benadering het gelei daarna dat ek weer hier aanmeld.

Ek het so n bietjie gedwaal en op my eie probeer soek na n oplossing vir ons Boere en ek het tot die besef gekom dat daar geen oplossing is anders as die van Godelike verlossing vir ons volk nie.

Ek dink onwillekeurig aan die verhaal van die verlore seun as ek vanaand hier aanmeld en hoop dat julle dit in julle harte sal vind om soos in die verhaal my hier terug te ontvang.

Stefanus
18th May 2009, 20:05
Ek dink onwillekeurig aan die verhaal van die verlore seun as ek vanaand hier aanmeld en hoop dat julle dit in julle harte sal vind om soos in die verhaal my hier terug te ontvang.


Elkeen van ons is 'n 'verlore seun' totdat ons, ons Goddelike Ouers herondek het ons einddoel is tog om terug te keer na ons Ouers, nie een van ons paaie is dieselfde nie solank ons einddoel dieselde is.
Jy is altyd welkom hier nieuwoudrl, ons het nog baie om te leer en te ondersoek ek hoop jy sal deelneem aan die reis.

Liefdegroete,
Stefanus

nieuwoudtrl
18th May 2009, 20:34
Jy is altyd welkom hier nieuwoudrl, ons het nog baie om te leer en te ondersoek ek hoop jy sal deelneem aan die reis.

Liefdegroete,
Stefanus

Die tyd vir die reis het by my aangebreek.

Die ewige lewe wag op ons en dit is immers ons plig om dit te soek.

Die Ou Man
18th May 2009, 22:03
Die tyd vir die reis het by my aangebreek.

Die ewige lewe wag op ons en dit is immers ons plig om dit te soek.

Nieuwoudtrl ek het verlede week gewonder wat van jou geword het. As jy so deur ons poste lees sal jy vind dat ons nie noodwendig in alle opsigte oor alles saamstem nie. Maar jy sal ook vind dat ons in ordentlikheid verskil en lewe om te laat leef.

Wendag bied aan jou die vryheid om die waarheid in jou eie tyd en op jou eie manier te soek.

Ek is bly om weer van jou te hoor.

Liefde groete.

Die Ou Man