PDA

View Full Version : Die Vlam van AndalusiŽ



Die Ou Man
5th August 2008, 12:43
Die verwoesting van AndalusiŽ

Uit Jan Kempdorp en Hartswater se wÍreld het ek verskeie briewe ontvang van mense wat nog kennis dra van Ďn gesig wat Siener glo kort voor sy dood gehad het; Ďn ontstellende visioen wat hom nog eendag in daardie geweste sou afspeel. Hy het glo gesÍ: ďEk sien Ďn ontsaglike vuur daar by AndalusiŽ (vandag Jan Kempdorp) brand. Dit sal die ergste brand wees wat die land nog gesien het.Ē

Uit SIENER VAN RENSBURG Boodskapper van God: 2001 Bl 260

Die Ou Man
5th August 2008, 12:48
Die leier van die DA in die Noord-Kaap sÍ duisende mense se lewens op en om Jan Kempdorp word bedrieg deur 'n ammunisiedepot op die dorp wat moontlik kan ontplof. Van Wyk sÍ die ammunisie by die depot is verouderd en het 'n groot plofkrag. Hy sÍ van die ammunisie dateer uit die Tweede WÍreldoorlog en dat 'n ontploffing as gevolg van verwering en lekkasie 'n moontlikheid is. Hy sÍ indien daar 'n totale ontploffing sou plaasvind, dat alles in 'n radius van 80 kilometers platgevee kan word. Hy het 'n beroep gedoen op persone wat die mag het om so 'n situasie te voorkom, om asseblief nie voet te sleep in die verband nie.
OFM Nuus (http://centralsa.womf.com/12004/1700-Bulletin-300307)


Mnr L H FIELDING: Voorsitter, lede van die Huis, besoekers, dames en here, met die besoek aan die Noord-Kaap deur die NRVP-lede en lede van die wetgewer in Kimberley is besoeke afgelÍ by gemeenskappe, munisipaliteite, skole, hospitale en die weermagbasis.
Tot ons teleurstelling het ons afgekom op ’n weermagammunisiebasis op Jan Kempdorp waar ons slegs twee weermagoffisiere kon kry. Die teleurstellende situasie daar was dat daar sedert 1941 ammunisie gestoor was en hierdie ammunisie gaan oor ’n tydperk van 35 jaar eers uitgefaseer kan word. Die ammunisie word gestoor in Ammunisiebasis Vastrap en Ammunisiebasis 93.
parliament.gov.za (http://209.85.135.104/search?q=cache:nxJxp-Co5CAJ:www.parliament.gov.za/live/commonrepository/Processed/20080519/53906_1.doc+Jan+kempdorp+Ammunisie&hl=en&ct=clnk&cd=6&gl=za)


Depot op Jan Kempdorp glo tydbom

Erika Gibson

PRETORIA. – Suid-Afrika het sy eie tydbom – soortgelyk aan die ammunisiedepot by Maputo – in die vorm van 93 Ammunisiedepot by Jan Kempdorp in die Noord-Kaap.
Kenners waarsku reeds die afgelope tien jaar dat die ammunisie in diť depot, waarvan sommiges terugdateer uit die Tweede WÍreldoorlog, vernietig můťt word.
Mnr. Mosiuoa Lekota, minister van verdediging, het drie jaar gelede in die parlement ook gewaarsku teen die plakkersgemeenskap wat al hoe nader aan diť depot trek.
In Maputo, waar die nasionale wapenopslagdepot eergistermiddag begin ontsteek en ontplof het, is van die huise ’n skamele 80 m van die grense van die depot.
Lekota het destyds gesÍ slegs die nasionale pad aan die westekant van Jan Kempdorp skei diť depot en die plakkersgemeenskap.
Boonop is daar “uiters onstabiele” ammunisie in die depot. Die weermag probeer sy bes om die afgelope jaar die ergste van die gevaarlike stukke te vernietig, maar ’n beloofde ammunisievernietigingsaanleg sloer reeds jare.
Mnr. January Masilela, sekretaris van verdediging, het verlede maand gesÍ ’n finale besluit oor die bou van diť aanleg sou teen die einde van Februarie geneem word. Niks het sedertdien gebeur nie. Kritiek teen die voorgestelde aanleg deur SAAB en BAE Systems (as teenhandelprojek voortspruitend uit die multimiljardrandse wapenpakkette) is dat dit te duur en gevorderd is en dat meer praktiese modelle beskikbaar is.
Volgens mnr. Ken Jones, voorheen van Krygkor, het Krygkor meer as tien jaar gelede reeds voorstelle gedoen vir ’n aanleg.
Geeneen van die voorstelle was aanvaarbaar nie en die afgelope paar jaar is die tender vir voorstelle onttrek toe dit as teenhandelprojek geregistreer is.
Volgens een weermagkenner is daar byvoorbeeld Israelse AS-30-vliegtuigmissiele, wat uit die jare sewentig dateer, in die depot. Diť missiele moet onder streng beheerde toestande geberg word, maar twyfel bestaan of diť toestande die afgelope paar jaar nagegaan is. Diť houers met missiele is 1 m by 5 m groot en sou dit weens verwering ontplof, sal dit massiewe gevolge inhou.
By Grootfontein in NamibiŽ is ’n soortgelyke en selfs erger probleem, sÍ Jones.
Die weermag het destyds met die onttrekking uit diť land baie van sy ammunisie in ’n depot agtergelaat. Deur die jare het die Namibiese weermag dit aangevul met sy eie ammunisie.
Die beplande aanleg in Suid-Afrika is volgens Masilela veronderstel om ’n bate vir die hele Suider-Afrika te wees om van al die verouderde ammunisie ontslae te raak.
Volksblad (http://152.111.1.251/argief/berigte/volksblad/2007/03/26/SV/9/tegmoz1_1802.html)

Luther
5th August 2008, 21:22
Jy is heeltemal in die kol Ou Man

Pionier
22nd August 2008, 15:47
DOM

'n Plaaslike koerant hier in Bloemfontein het verlede week 'n artikel publiseer van 'n ontploffing in daardie geweste tydens die tweede wereld oorlog. Kan dit wees dat hierdie gesig reeds plaasgevind het?

Ek sal die berig gaan soek en hier plaas.

Groetnis

Pionier
2nd October 2008, 13:25
Hier is die berig:

Volksblad 16Aug2008

KURUMAN. Ė Haar naam was Lila. Lila Claassen.
Eintlik Christina Alida, maar die familie het haar Lila genoem.
Lila  het  nie  ín  lang  lewe  gehad  nie.  Op  agtjarige  ouderdom  is  haar  jong  lewe  wreed  beŽindig toe sy in 1924 een van die slagoffers van die bomongeluk op die wapenskou op Kuruman was.
Dit is diť bomongeluk waarin mev. Sarie Bothma van Bloemfontein, toe ín baba, se lewe deur haar pa, mnr. Abraham Erasmus, gered is toe hy op haar gelÍ het toe die bom ontplof (Volksblad, Saterdag 9 Augustus).
Haar familie weet nie veel van Lila nie, ook nie wat daardie dag gebeur het nie. Lila se jonger sussie, Hester Hendrina, toe vyf jaar oud, het oor die jare heen nie veel gepraat oor daardie dag nie.
Hul ander suster, Tiny, het ternouernood aan die dood ontkom. Minute voordat die bom ontplof het, het sy en Lila saam gespeel. ín Vrou het Tiny gestuur om gou iets te gaan haal. In die tydjie wat sy weg is, het die bom ontplof Ė daar waar sy en Lila gespeel het.
Mev. Janetta Erasmus, een van Hester se dogters wat nou op Jan Kempdorp woon, sÍ sy het haar ma net een keer oor die voorval gehoor huil en praat. Dit was toe iemand haar daaroor uitgevra het.
Maar andersins wou sy nooit daaroor praat nie. ďDit was vir haar ín baie teer puntjie. Sy het dit vir haarself gehou.Ē
Erasmus is nie seker of haar ma daardie dag self daar was nie.
Lila en wat alles daardie dag gebeur het, het onduidelik gebly. En die familie het maar altyd gewonder oor diť familielid wat so gewelddadig van hulle weggeruk is.
Haar naam het egter in die familie voortgeleef. Hester se oudste dogter, nou op Brits, dra haar naam. Dit was ook Lila se ma se naam.
ďTwee van my susters, Hannetjie Bateson en Tillie van Reche, lyk ook baie na haar,Ē sÍ Erasmus.
Waar Lila begrawe is, is nie seker nie. Dit is vermoedelik in die ou begraafplaas op Kuruman, waar drie van die ander slagoffers ook begrawe is.
In diť begraafplaas is daar verskeie kindergraffies, maar sommige is bloot hopies  grond,  terwyl ander sů beskadig  en  verweer  is  dat  die  grafskrifte op die stene  nie meer gelees kan word nie.
Lila se pa, Matthys Jacobus, is deur skrapnel getref, en was gevolglik ín invalide. Dit is daarom moontlik dat hy nooit vir Lila ín behoorlike graffie kon gee nie, sÍ Erasmus.
Hy was ook nooit weer dieselfde nŠ die voorval nie, sÍ sy.
Al herinnering van Lila wat vir die familie oorgebly het, is ín foto.
Erasmus sÍ die berigte wat nou oor die voorval in Volksblad en Kontrei verskyn het, beteken vir die familie baie. ďDit het ons susters herenig.Ē
Erasmus beplan nou om ín plakboek oor die voorval te maak.

Die Ou Man
2nd October 2008, 22:17
Pionier.

Dankie vir die berig. Die ontploffing waaroor berig word, het plaasgevind tydens 'n wapenskou op Kuruman.

Siener se voorspelling het betrekking op Jan Kempdorp (voorheen genaamd AndalusiŽ), digby Kimberley.

Liefde groete.

Die Ou Man