PDA

View Full Version : Positiewe Boervolk



Skottie
8th August 2008, 08:18
Ons het niks om te vrees nie veral as ons terugdink aan 16 Desember.

Ons harte is direk gekoppel met die VADER/MOEDER GOD.

Vandag 8-8-8 is 'n besondere dag in die "universe". Energie van die HART VAN DIE VADER/MOEDER GOD kom na ons toe. Ek glo dit is om ons positief op aarde te maak en krag te gee vir ons taak op aarde. Ek noem dit ook onsiende energie.

As ons direk gekoppel is wat het ons om te vrees?

Baie mense noem dat ons 'n leier kort, maar is ons nie die leiers nie? Elkeen van ons?

Ons moet ons krag binne (ons harte) ons soek, buite is daar niks.

Die lekkerste plek om kontak met ons SKEPPER te maak is onder 'n boom.

Ek wens u 'n vreeslose dag toe.

Skottie.

Stefanus
10th August 2008, 19:37
Welkom Skottie,

"So, first of all, let me assert my firm belief that the only thing we have to fear is fear itself -- nameless, unreasoning, unjustified terror which paralyzes needed efforts to convert retreat into advance." Franklin D. Roosevelt

Daardie vrees om iets nuuts aan te pak, om buite die "box" te begin dink en lewe, om dinge vanuit 'n ander hoek te benader. Ek moet se as mens terugstaan en na die werf kyk, die redenasies wat geopper word nie teruggehou word deur enige vrees nie.

Liefdegroete,
Stefanus

knipmes
13th August 2008, 22:30
... Ek wens u 'n vreeslose dag toe.

Skottie.

Skottie, welkom!

As kind van ons Goddelike Ouers, is daar geen, maar geen, aardse vrees meer in my ook te vinde nie...

Iemand vra my vandag hoe dit gaan, en ek het geantwoord dat vandag die beste dag van die jaar is! Daar word toe gevra waarom ek so seg, en my antwoord was : " vra my more en oormore weer, en die antwoord sal weer wees dat 'vandag' die beste dag van die jaar is!"

groetnis
knipmes