PDA

View Full Version : Boerseun / dogter vir God



knipmes
12th August 2008, 19:17
Die gelykenis van die Landbouer (Boer) en die wingerd

(Matthew 21:33) Luister na 'n ander gelykenis: Daar was 'n sekere huisheer wat 'n wingerd geplant het; en hy het 'n heining daarom gesit en 'n parskuip daarin gegrawe en 'n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.
(Matthew 21:34) En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang.
(Matthew 21:35) Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en 'n ander een doodgemaak en 'n ander een gestenig.
(Matthew 21:36) Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak.
(Matthew 21:37) Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.
(Matthew 21:38) Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.
(Matthew 21:39) En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.
(Matthew 21:40) Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?
(Matthew 21:41) Hulle antwoord Hom: Die slegte mense--hy sal hulle 'n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.
(Matthew 21:42) Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
(Matthew 21:43) Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.

In hierdie gelykenis verduidelik die Messias sy eie situasie en die doel waarvoor die Vader hom gestuur het. Daar word tussen twee groepe onderskei. Diegene wat betrokke was by die moord; en diegene wat nie die seun se bloed aan hulle hande het nie.

Die moordenaars se lot word soos volg deur die dissipels verduidelik:
Hulle sal ‘n vreeslike dood sterf.
Hulle verbeur die wingerd.
Jesus verklaar dat die koninkryk van God van hulle weggeneem sal word.

Die dissipels sê verder dat die wingerd aan “ander boere” verhuur sal word, wat hom die vrugte op die regte tyd gee. Jesus verwys uitdruklik na hierdie “ander boere” as ‘n volk wanneer Hy sê: “Daarom sê Ek vir julle dat die koninkryk van God van julle weggeneem sal word en aan 'n volk gegee sal word wat die vrugte daarvan sal lewer.

Het die volk, waarna die Messias verwys, op ons betrekking? Het ons die reg om aan te meld om die wingerd oor te neem?

Liefde groete.
Die Ou Man

Die ou Man vra pertinent of ons as volk die reg het tot aanmelding vir hierdie diens?

Dit wat hier gevra word, vereis ongelooflik verreikend meer as net die gedagtenis oor aanmelding weens geloofsleer of selfs net passievolle entoesiasme. Aanmelding gaan vereis dat diegene wat, op vrywillige grondslag inwillig, sy/haar ingeboesemde geloofs-oortuigings sal moet opweeg en straks moet wysig teenoor die werklikheid wat van hierdie “Boere” verlang gaan word.

Op hierdie Wendag webblad het Die Ou Man reeds verskeie blywende indrukke geskep by iedere en elkeen wat hier kom lees, dan nie so nie? Is daardie indrukke blywend weens Die Ou Man self, of dalk word aanklank gevind deurdat die leser deur iets geboei word veels groter is as enige mensekind, insluitende Die Ou Man?


(Matthew 21:43) Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.

Vir meeste van ons val die klem van Jesus se woorde op die “volk”, want dis mos deel van ons aardse mondering om veral aan die ontvang kant te wees. Ongelukkig is hierdie vrugte net te pluk deur diegene wat “Die koninkryk van Die Onbekende God” gaan herken en erken.

Die Evangelis en boer Angus Buchan se bekende stelling dat ‘n boer reguit (padlangs) moet ploeg, anders is die pad “cockeyed” kan ek ook my mee vereenselwig, want elke spesialiteit vereis eie kundigheid, en sodoende as lemkenner het ek het altoos baie respek vir ‘n skerp lem, want ‘n skerp mes sny reguit (padlangs) en kan dus ook nie “cockeyed” sny nie. Alhoewel Angus en ek wêrelde verwyderd is van mekaar in ingeboesemde geloofsleer, praat ons tog dieselfde taal deur ervaring as werkstuk te gebruik tot verduideliking van ons mikpunte. Die ongelooflike gewaarwording wat tans onder ons volk plaasvind, en veral met die Angus “Mighty Men” saamtrekke, bring Die ou Man se vraag heel na vore!


Het die volk, waarna die Messias verwys, op ons betrekking? Het ons die reg om aan te meld om die wingerd oor te neem?

Met die ontwaking van die “Aquarian Tydperk” wat die tydperk van die Waterdraer / Landbouer / Boer inlei, het dit haas noodsaaklik dringend geword dat ons besef dis aanstons tyd vir elkeen wat wil aanmeld om

‘n Boerseun of dogter vir God

te word… in murg en been!

Dit gaan ‘n interessante reis word om te ervaar… “don’t you think?”

die verhaal vervolg...

Groetnis
knipmes

Die Ou Man
13th August 2008, 21:20
... het dit haas noodsaaklik dringend geword dat ons besef dis aanstons tyd vir elkeen wat wil aanmeld om

‘n Boerseun of dogter vir God

te word… in murg en been!

Dit gaan ‘n interessante reis word om te ervaar… “don’t you think?”

die verhaal vervolg...

Groetnis
knipmes

knipmes.

Jy kies ook die moeilike roete.

Angus Buchan het besluit om die geykte maklike roete van die tipiese Amerikaanse "Evangelism" te volg. Die pad is ten minste reeds gelyk gemaak deur Billy Graham, Jimmy Schwaggart en andere.

Om stroom-af te swem is die Amerikaanse manier van doen. Om stroom-op te swem is die Boere manier van doen. Die enigste manier om by die oorsprong van 'n rivier uit te kom, is stroomop. Daarom behoort die nuwe godsdiens aan die Boer.

Ek sien uit na jou argument.

Liefde groete.

Die Ou Man

knipmes
13th August 2008, 22:14
Met Jesus se geboorte het die uurglas vir die tydperk van die Ram as min of meer 2000 duisend jaar in tydperk uitgeloop. Gedurende daardie tyd was die ‘priesters’ as geestelike bewakers van aardse siele (lank voor die ontstaan van die Kerk) bekend as ‘herders’. Kyk maar vandag nog na die kersfees kaartjie prente wat die “Wyse manne’ uit die Ooste, uitbeeld as ‘herders’ van ‘skape’ wat verteenwoordigend was van die ‘priesterskap’ van daardie era.

Die koms van die Christus het die volgende twee duisend jaar ingelei as die tydperk van die Vis. Jesus het dus ooglopend Sy Apostels uit die geledere van vissermanne gekies, Hy het op skuite gestaan en preek, op die water geloop, vir dissipels was brood en vis uitgedeel as kos… Die Ou Man het op verskeie drade reeds hierdie dinge uitgewys, en veral die Kerk wat lank na Jesus tot stand gekom het, het die tydperk van die Vis uitgebeeld in meeste kerkgeboue se vensters en koepels wat voorstellend is van koppe en skubbe van visse. Selfs die Pous se hoofgewaad stel daardie simboliek voor. Ter inleiding is verwys na die gelykenis van die Landbouer, en heel gepas of ons as ‘boerseuns en dogters van God’ sal deug, tydens die aanloop, inleiding en toekoms van die volgende tydperk as era van die Landbouer of ‘Boer’.

Angus Buchan het laasweek tydens ‘n onderhoud een oggend op Radio Sonder Grense met Freek Robinson bevestig dat hy homself ‘n Skot van herkoms is, uit Zambië, en dus nie die Afrikaanse taal magtig is nie. Sy onderhoud het grootendeels gehandel oor wat hy noem “Suid-Afrika is aan die brand!,” dat die Christelike geloof besig is om alle volkere in hierdie land saam te vestig en dat dit tyd geword het om die strydbyl te begrawe, veral oor die verlede, en dat ons as verskillende rasse hande moet neem in geloof. Hy het homself as “wit Zulu” verklaar, en wat egter uiters interessant was, was dat hy pertinent daarop gedui dat die “Afrikaans sprekende wit gemeenskap” van ons land, vir God baie spesiaal is, en die indruk was verkry dat hierdie deel van ons gemeenskap geseend synde te wees. Hy het afgesluit deur omverskoning aan te bied aan die luisteraars weens sy gebrek aan vaardigheid van die “Hemelse Taal” Afrikaans, want dis die taal wat glo in die Hemel gepraat word!


Daar bestaan geen twyfel, met alle respek bygese, dat die kerke van vandag besig is om leeg te loop, en dat kinders van God soos Angus, meer na vore gaan tree om as plaasvervanger op te tree? Die duidelike boodskap egter is dat almal, van verskeie geloofsoortuiging, vermaan word tot terugkeer na “GOD”!

Almal is dit eens, daar is ‘n God, maar wie is God? Van kleins af is ons geleer dat God nie met die aardse oog gesien kan word nie, maar dat ons ongetwyfeld moet “glo” dat God bestaan en vir ons lief is, as Hemelse Vader. Jesus het tog by verskeie geleenthede gebid tot Sy God en Vader. Die punt is nie hier om enige geloofsoortuiging aan te tas, of enige disrespek te toon nie, dit word egter duidelik gevra dat die leser hier saam loop op ‘n pad tot moontlike uitsluitsel van die begrip “God”. Elders op hierdie webwerf is reeds duidelik uiteengesit dat die verhale in die bybel verweef is met verwysings na verskeie Gode wat deur sommige instellings as een God ervaar word, deur andere as twee, of drie en selfs meer Gode, veral met Jesus as by uitstek God te wees. Elkeen op aarde is geregtig op ‘n eie opinie, hetsy as individu, of as deel van ‘n instelling met andere wat dieselfde opinie opper. Ongetwyfeld kan geeneen vandag met sekerheid verklaar hoe God lyk of voorgestel kan word nie, en is die mens steeds soekend na antwoorde. In die Christen geloof is daar meer as drie duisend vertakkinge wat elk ‘n ander opinie vorm. Geeneen kan verklaar dat enige hiervan op ‘n dwaal is nie, of verkeerd is nie, want mens moet mos eers sterf om te kan sien hoe dit aan die “anderkant” lyk of is. Daar is heelwat wereld wye getuienis van mense wat as dood verklaar was en weer lewend geword het, en die mees algemene getuienis spreek van ‘n donker gang of tonnel of deur met ‘n suiwere wit lig aan die anderkant. Dit bring dus die heimlike vraag na vore: is God dan ‘n wit lig wat ons omvou, of bestaan die hemel of die pad soontoe uit hierdie wit lig met God aan die binnekant? Sonder twyfel het hierdie tergende vrae by elke lewende mens op aarde, wat deur kennismaking met enige geloofsoortuiging van God te hore gekom het, opgekom. Meestal heimlik omdat mens bang is vir enige aanstoot, en dus aanvaar almal een of ander opinie van wie en wat God blyk te wees, en berus daarby. Daar word immers vandag nog deur die geestelike bewakers gemaan tot besefmaking dat dit die mens nie beskore is om te vra of te weet nie. Mens moet net “glo”. Basta.

Wel, hierdie reis wil by uitstek poog om die menslike interpretasie van die Wese van God soos deur die mens voorgestel te ondersoek. Dus om ‘n ‘Boerseun / dogter vir God’ te word beteken dus allermins om op ‘n plaas te boer om te kwalifiseer. Dit beteken by uitstek dat ons eers moet verstaan waar ons vandaan kom, voor ons kan aanmeld vir die lewenstog vorentoe.

As klein kind het ek destyds aan my aardse ouma tydens gesprekke oor God, gevra “ouma, hoe lyk God?” ouma het haar beste gedoen om haar uitbeelding aan my voor te hou, en glo ek, het meeste van ons sulke koesterende belewenisse. Sedertdien het my lewens omswerwinge by verskeie opinies rondom hierdie vraag verbygesweef, en word daar nou aan u voorhou in eie opinie, die mees onbeskryflik pragtigste voorstelling van die ontstaan en bestaan van God uitgebeeld deur die woorde van ‘n mensekind, wat as daar soos ‘n klein kindjie na ‘n storie geluister word, hierdie verhaal die verbeelding tot in die diepste geheime kamers van elke hart behoort te raak…


Die Witboek bl. 281

Eerste Visioen

… dit was vir my asof ek binne ‘n baie groot sirkel van verblindende lig staan, wat alle ruimte vul. Daar was niks buiten die lig nie.

Ek het intuitief geweet dat wat ek sien, ‘n tydperk lank voor die aanvang van dit wat bekend staan as die ‘skepping’ verteenwoordig het en dat ek eintlik binne ‘Die nag van God’ inkyk toe daar slegs God was, in Wie hoegenaamd geen duisternis bestaan nie.

Die lig was vir ‘n ruk so intens dat ek gedink het dit bevat niks anders daarbinne nie. Namate my oe egter daaraan gewoond geraak het, het ek reg in die middel van die lig ‘n simbool gesien wat die Wese van God verteenwoordig.

Dit het nie gesluimer of geslaap nie, maar gedink en beplan … en toe in ‘n oneindige opstelling, net soos ‘n panorama, het dit gelyk asof al sy gedagtes soos ‘n tafereel van voorstellings voor die simbool van die Opperwese verby beweeg. Die simbool was ‘n baie groot oog van volmaakte saffierblou.

Ek het meer na die oog gekyk as na waarna dit gekyk het. Diep, diep binne die oog asof onder die pupil, het ek iets gesien wat soos ‘n hart lyk …

Groetnis
knipmes

knipmes
15th August 2008, 18:57
Die Witboek bl. 282-6

Tweede Visioen

… ek het weer die visioen gehad van die geweldige groot sirkel van lig, verteenwoor-digend van daardie tydperk toe dit net God was wat bestaan het ... voordat die huidige dag van vergestalting buite die Wese van God aangebreek het.

Ek het weer die verblindende, helder lig oral gesien ... niks anders nie, net lig. Terwyl ek nog so daarna kyk, het ek 'n punt gesien wat gelyk het, soos 'n lig binne 'n lig ... wat nog helderder en meer gekonsentreerd was as die lig wat ek die eerste keer waargeneem het.

Hierdie glansende sentrale punt, was vas en bewegingloos vir 'n ruk, maar toe het dit stadig begin vibreer ... soos die ligte gefladder van 'n mens se ooglede net voordat jy wakker word; en met elke beweging bars daar strale van die pragtigste kleure deur die skitterende helderheid waarvan 'n verblindende kern die middelpunt was.

Geleidelik het die middelpunt die vorm van 'n oog aangeneem, en terwyl dit uitkyk oor die lig wat dit self uitgestort het, breek die mooiste gekleurde strale deur die skittering wat ek aanvanklik gesien het ... toe slegs God daar was, en raak elke oomblik al skitterender. Want nou wás God, en sy gedagtes het ook vergestalt geraak. Toe het ek verstaan dat die oog tydens die visioen gebruik is as 'n simbool vir die Wese van God wat: op dié dag van vergestalting ontwaak en oorgegaan het van 'n rustende tot 'n werkende toestand.

Namate die oog meer en meer van die gekleurde strale uitgestraal het, het ek gesien wat deur die Wese van God gegaan het - dit wil sê, die volmaakte patrone van al daardie vorme wat later in die drie goddelike sfere gebruik sou word.

Uiteíndelik het die lewenskruis verskyn as verkose simbool van die goddelike ... en dus die onsterflike 'liggaam'.

Ek het besef dat die lewenskruis die simbool was van die glorieryke gestalte van lig wat later deur God en ook deur God se seuns en dogters gedra sou word ... 'n simbool van daardie volmaakte liggaam waarvan die huidige dierlik-geslagtelike liggaam slegs maar 'n bespotting is.

Toe het ek gesien dat die oog die juiste kern van daardie wonderlike kleure wat dit uitgestraal het, om sig heen versamel.

Terwyl dit hierdie kleure laat vermeng het, het dit oor sig heen daardie goddelike gestalte of vorm aangeneem wat ek vroeër in die gedagtes van God gesien het ... waarvan die lewenskruis as simbool moes dien, omdat dit onmoontlik sou wees om op die Aarde die volmaakte skoonheid daarvan uit te beeld.

Toe het ek die kruis van die ewige lewe (die lewenskruis) gesien en ten volle begryp dat dit slegs maar gebruik is as simbool van daardie goddelike vorm of gestalte met behulp waarvan die Wese van God beplan het om aan Sigself gestalte te gee.

God het ook beplan om dié patroon te gebruik as kleding vir al sy kinders wat nog geskape sou word.

Ek het geweet dat God om sy ontwil sy Wese aan die Kruis van die Ewige Lewe gekruisig het … want dit was wat daardie Goddelike vorm vir Hom beteken het.

Ek het besef dat ek besig was om na die kruisiging van God te tuur … waarsonder ons, sy kinders, nie die lewe en vorm soos dié van ons ouers kon ontvang nie.

Binne die geweldige groot sirkel van verblindende en skitterende lig wat die woning van die verpersoonlikte Wese van God gevorm het, het nou slegs God die Vader daar gestaan … alleen, terwyl die lig Hom soos ‘n kleed omvou het.

Die Wese van God was beklee in dieselfde glansvorm wat later as die geestelike liggaam van die Goddelike mens bekend geraak het.

Ek het ook geweet dat, tensy die Wese van God beklee was met daardie gestalte van lig wat uit die kern daarvan afkomstig is, ons as God se kinders – Seuns van die Wese van God deur afkoms en nie slegs deur aanneming nie – ook nie daarmee beklee kon wees nie.

Want ons is ten volle geskape na God se beeld. Ons is nie afgetrokke denkbeelde nie en God is ook nie ‘n afgetrokke denkbeeld nie.

Maar omdat ons uit God gestraal het, was ons volmaakte druppels van die volmaakte oseaan: God, die Groot heelal … ons, die heelal in die kleine, sy ‘klein kindertjies’, volmaak net soos ons Ouer-God volmaak was en is.

Die res van die glans wat vanuit die oog gestroom het – verteenwoordigend van die Wese van God wat deur die gestalte van God geskyn het net soos lig vanuit ‘n lantern – het die ruimte gevul en wás die ruimte self, want daar was toe nog alleenlik God.

Maar nou het die Wese van God wat gestalte aangeneem het, binne sy eie uitstralings van lig gewoon: God as ‘n bewuste aktiwiteit te midde van die glans waardeur die oog aanvanklik verberg is toe – in sterfling taal – God onbewus was … omdat Hy ‘slapend’ of rustend was.

Dit wat uit die Wese van God gestroom het, maar nie die aktiewe Wese van God was nie, was dit wat nou bekend staan as die inwonende God – buite en verwyderd van die Wese van God soos die Son se strale wat skyn na buite en verwyderd is van dié liggewer, maar steeds deel daarvan is … groter in omvang, maar laer in rang, omdat die beliggaamde oog verteenwoordigend was van die lewende, liefdevolle, werkende Wese van God, wat van plan was om op die verordende tyd ons Vader te word.

En net soos die wese van die vleeslike mens van groter belang is as die vleeslike liggaam waarmee dit beklee is, so is die verpersoonlikte wese van God ook magtiger en nuttiger as die onbewuste glans of krag wat uit daardie Wese voortkom – soos met die straleglans die geval is.

Daar moet ook deeglik begrip word dat, hoewel die verpersoonlikte Wese van God tans slegs volmaakte goedheid bevat, die glans wat die inwonende God is, binne sý omtrek sowel die bose as die goeie bevat … aangesien dit onmoontlik is om daarbuite te beweeg.

Dit bevat alles wat bestaan: sowel die goeie as die bose.

Want God het aan sy kinders skeppende denke en ‘n vrye wil gegee as hul erfenis van Hom.

Die bose wat wel binne die geweldige sirkel van die Godheid aanwesig is, het ontstaan uit dié wat tydens hul sending neergedaal het tot in die sfere van materie en verkeerdelik met hul skeppende denke geëksperimenteer het.

Hoewel hulle bínne die inwonende God bestaan, is hulle buite die verpersoonlikte God, net soos ‘n kind buite sy ouer bestaan, hoewel hy in daardie ouer se huis en omgewing, asook in die ouer se gedagtes bly ... om nooit van vergeet te word nie.

Maar voordat die oog sigself beklee het met die vorm wat ons as dié van die goddelike mens ken, het ek daarbinne 'n hart gesien, en binne die hart was 'n swaard, en rondom die swaard was daar druppels soos suiwer water, vermeng met die wonderlikste kleure van blou en karmosyn.

groetnis
knipmes

knipmes
15th August 2008, 20:47
Die Witboek bl. 287 - 294


Derde Visioen


… weer het ek die visioen gehad van die gestalte van God wat beklee was met lig wat uit Homself gestraal het en wat binne die omtrek van die inwonende God gestaan het. Maar hierdie keer was die simbool om Hom te verteenwoordig dié van die Eerste Lantern - Lewenskruis - dit wil sê, 'n glansryke blou oog geleë binne die lus van die Lewenskruis.

Hierdie simbool wat so die Alvader-God verteenwoordig het, het binne sy eie uitstralings gestaan - beperk, soos sommige dalk sou dink, maar gefokus soos werklik die geval was. Want die algehele Wese, die algehele Liefde en die algehele Mag van God het verkies om gedurende sy naderende Dag gekonsentreerd te werk ... in plaas van as slegs 'n krag, soos sekere geleerdes tans verkeerdelik onderrig.

Terwyl ek aanhou tuur het, het ek die Wese se gedagtes gehoor wat nou gekonsentreerd was as die kern van die Godheid. En dit het soos volg gelui:

"Luister! Ek wat alles is wat bestaan; Ek, die enigste wat is - Ek verlang om nie meer eensaam te wees nie. Kyk, Ek gaan uit my diepste Wese voortbring Haar, vir ewig my tweeling en wederhelfte.

"En eers nadat Sy wat ook Ek is - Sy, die waaragtige hart van God - gestalte aangeneem het, sal Ek ook aan al my gedagtes gestalte gee, sodat ander kan deel in my bewustheid en hulle kan verheug in my blydskap om te bestaan. En Ek as hul enigste Stamvader, sal My ook in húl blydskap verheug. Myne ... want Sy en Ek is Een."

Terwyl ek getuur het in die oog wat binne die lantern - lewenskruis geleë was, het ek in die Wese van God wat steeds alleen bestaan het, soos in 'n panorama, al daardie lewende 'siele' gesien wat later verpersoonlik sou word ... omdat God hulle gedink het.

En die gedagtes van God het voortgegaan:
"Wanneer Ek my binneste helfte uit Myself voortgebring het, sal Sy my kinders voortbring. Want in my groot plan het Ek bepaal dat die komende Dag van God, die Dag van die Familie sal wees.

"Net soos Sy wat my hart is, dus uit, My sal voortkom ... want Ons is Een, net so sal ander deur ons mag gestalte kry uit Haar.

En daar sal vir Ons wees seuns en dogters, sodat ons liefde geniet kan word deur bewuste persoonlikhede wat lewe van ons lewe en substansie van ons substansie is."

Toe het ek in die visioen gesien hoe die Vader-God die lig wat uit Hom gekom en Hom soos 'n kleed omvou het, van sy bors af wegtrek ... en ek het die volgende woorde gehoor:

"Kom U na vore uit u woning binne my Wese, U wat die waaragtige hart van God is ... vir ewig sy tweeling en wederhelfte."

Dit het toe gelyk asof daar op die plek waar die hart in die vleeslike liggaam geleë is, met dié woorde 'n nog meer gekonsentreerde lig uitgestraal het.

Nadat dit volledig uit die gesplete sy van God die Vader voortgekom het, het Sy ewige wederhelfte as Sy vroulike helfte langs Hom gestaan. En hoewel die goddelike
liggaam geen geslagtelikheid soos dié van die Aarde gehad het nie, was dit tog duidelik dat God as Vader-Moeder manlik en vroulik was.

Hulle wat tydens die afgelope Nag van God as twee helftes saam was binne een geheel, het nou verkies om as een geheel in twee helftes gestalte aan te neem.

Ek het na die glorieryke gesig bly tuur totdat dit onuitwisbaar in my ewige wese ingeprent was, sodat ek my fisiese brein die visioen kon laat opneem en behou.

Na 'n rukkie ... dit is onmoontlik om te oordeel hoe lank dit in aardse tyd was ... toe die Een wat Twee geword het maar tog vir ewig een God is, verheug was soos 'n bruidegom verheug is oor sy bruid, het die Vader-God weer gespreek:

"U wat my hart is: U, wat Ék is: tot U spreek Ek, Ek, wat Ú is. Vanuit Ú sal ons mag gestalte kry as ons uitvoerende gesag vir die groot plan waaroor U en Ek ooreengekom het. So sal 'n derde gestalte van ons Wese uit Ons voortkom, sodat almal wat ná Hom kom, soos Hy geskape sal wees — na ons beeld."

In die visioen is ek toe gewys hoe die Vader-God die lig wat uit haar goddelike gestalte voortgekom het en waarmee dit beklee was, weggetrek het - sodat ek getuur het na die boesem van die Moeder-God waarin die ark van die lewe is - die hartvormige kelk wat die skoot van Godhoof is.

Toe het ek gesien hoe die Vader-God geadem het op die boesem van Haar, Sy wederhelfte, en daar het uit haar sy wat nou gesplete was, 'n derde lig voortgekom wat net so skitterend was soos die twee vorige ligte wat, in aardse taal, gekristalliseer het as dié vorme wat God gekies het om te dra om Homself gedurende die komende Dag gestalte te gee.

Hierdie derde lig het egter voortgekom met 'n verskil:

Toe die Moeder-God voortgekom het uit die gesplete sy van Hom, haar tweeling en wederhelfte, wat die Vader-God is, het Sy alleen in al haar skoonheid voortgekom.

Toe daardie derde lig egter uit die sy van God die Moeder voortgekom het om die liggaam van God die Seun te vorm, was die skeppende ouerlike ademing nie ten volle uitgeput tydens die vorming van die liggaam van God die Seun nie.

Want net soos daar met die verwekking van 'n vleeslike liggaam deur vleeslike ouers baie van die ouerlike saad vermors word, so was dit ook met die skeppende Ouerlike energie wat gebruik is in die vergestalting van God die Seun. En uit daardie goddelike Ouerlike oorvloei is die res van God se familie vergestalt, sodat God die Seun en al sy jonger broers - die Seuns van God - uit dié enkele goddelike Ouerlike ademing voortgekom het.

Ek het geweet dat die visioen wat ek gesien het dié was van die maagdelike geboorte, toe God die Moeder deur die werkinge van die goddelike ademing van God die Vader vergestalting aan God die Seun gegee het.

Toe God die Seun langs sy Ouers gaan staan het, het die Wysheid en die Liefde en die Mag van die rustende God aktief geraak. Dit is nie geskape nie, maar het voortgekom; want die Wese van God wat slapend en onaktief was, het tóé verkies om Hom uit een geheel in drie dele te verdeel. Elkeen het sy eie werk gehad om te doen, gevolglik het dié een Wese drie Lanterns gebruik vir opheldering.

Drie Lanterns: Een lig.
Drie Stemme: Een Wese.
Drie Wyses van uiting: Een God.

En die drie glorieryke goddelike gestaltes of liggame is slegs die middele van die absolute Wese van God, wat vir ewig Een is.

Die Drie het vir 'n ruk lank bymekaar gestaan, maar ek kon nie die eerste gesprek van die Vader-Moeder-Seun hoor nie. Maar sonder dat dit gesê is, het ek geweet dat binne die Wese van die Seun lê die Dogter verborge ... Sy wat tot op hede nog nie voortgekom het uit haar goddelike tweeling en wederhelfte nie.

Dit sal ook nie gebeur alvorens die geheimenis van die Aarde uiteindelik eenvoudig en duidelik gemaak word nie ... iets wat eers sal plaasvind wanneer die tyd vir die Bruilofsmaal van God die Seun aanbreek.

Nadat die gesprek van Godhoof ten einde geloop het, het die Vader wat wysheid is die Seun wat die uitvoerende gesag is, gebied om aan die gedagtes van God objektief gestalte te gee met die skepping van daardie sfeer wat die Hemel genoem word ... die hoogste van die goddelike sfere - die troonsaal van die Groot Koning van Konings.

En nadat die Seun 'n Woord gespreek het wat nie herhaal rnog word nie en selfs al was dit moontlik, nie toelaatbaar sou wees nie, het 'n deel van die straleglans van God soos dit was voordat die Wese van God Sigself gekruisig het deur vorm aan te neem, saamgetrek en 'n sirkel binne 'n sirkel gevorm, sodat daar - in aardse woorde - aan die voete van God 'n ontsaglike kring was wat op sy beurt verdeel het in sewe sirkels, die een onder die ander.

Die Wese van God wat as die Vader-Moeder-Seun gestalte aangeneem het en beklee was met skitterende suiwer wit lig, het bo gestaan.
En die sirkels aan die voete van God was soos 'n reënboog, met elke sirkel as een van die reënboogstrale ... en nie in aardse nie, maar in Hemelse kleure. Daar het dus 'n ontsaglike sfeer bestaan waaromheen die res van die straleglans van God geskyn het soos strale wat van ons Son af skyn. En daardie sfeer is die Hemel genoem.

In die visioen het ek toe gesien hoe die Vader-God sy hand op die gesplete sy van Sy wederhelfte lê en dit het - in aardse woorde - gelyk asof die druppels van die goddelike Ouerlike oorvloei wat een vir een uit die hart van God die Moeder voortgekom het, op hul beurt geleidelik elk van die sewe sirkels van die Hemel gevul het.

Ek weet nie hoeveel tyd verloop het tussen die val van die druppels een na die ander nie, maar die tye tussenin het gewissel en dit was baie lank voordat die sewe sirkels met die kinders van die Allerhoogste gevul was. Toe die eerste druppel die eerste kring aan die voete van God bereik, het dit onmiddellik die vorm aangeneem van verblindende lig ... suiwer wit, met 'n tint van ametis as die hoogste van die Hemelse reënboogkleure.

En daardie eerste druppel van die goddelike Ouerlike oorvloei het die liggaam geword van die Seun van God, die oudste van die Seuns van die Ademing - die oudste Stralekind, tweede in aansien naas God die Seun, wat dikwels genoem word die 'Woord' of die 'Derde Uitroep van God' ... want die drie vergestaltings van die Wese van God tesame met die Oudste Seun van die Ademing het in Druïdiese leringe as die 'Vier Uitroepe van God' bekend gestaan.

En so het dit gebeur dat die Seun van God later deur sy goddelike Ouers tot die 'Vader-Koning' benoem is - hul verteenwoordiger op vlakke wat toe nog nie geskape was nie. Dit was Hy wat in die vroegste taalgebruik van die Ingewydes bekend gestaan het as die 'Vierde Uitroep van God' of die 'Vierde Woord' nog lank voordat hulle, die Ingewydes, na die eilande van die Weste gekom het waar die boek van die Vader-Koning in die volheid van die tyd deur Hom self dikteer sou word.

Dit is Hy wat net in 'n mindere mate aan God die Seun ondergeskik is daarin dat Hy nie soos God die Seun uit die hart van God die Moeder voortgekom het as 'n bewuste individu nie, maar as 'n druppel goddelike dou: "Die dou van ú geboorte kom uit die skoot van die oggend."

Hy is verhewe bo al sy ander broers, want hoewel almal die seuns van die ademing was en in die vervolg eerder 'stralekinders' genoem sal word, het daardie druppel of
straal waaruit die Seun van God gestalte aangeneem het 'n bewuste, geïndividualiseerde Seun geword baie eeue voordat die res van die seuns van die ademing individualiteit verkry het of toe van hulle nog slegs druppels van die goddelike oorvloei was - moontlikhede maar nog nie werklikhede nie.

Toe het die Vader-Moeder-God saam op die sy van die Vierde Uitroep geadem, terwyl Hulle sy kleed van wit en ametis lig eenkant toe trek. En saam, asof met een stem, het die Goddelike Ouers die vroulike helfte van die Seun van God versoek om uit die gesplete sy van haar ewige tweeling en wederhelfte na vore te kom, net soos God die Moeder uit die sy van God die Vader voortgekom het, sodat dié Man-Vrou voor hul Ouers gestaan het ... Seun-Dogter van die ademing. Ek het ook gesien dat die eenwording van die twee helftes in die Hemel só volmaak was dat die twee gestaltes tot Een kon vervloei indien dit, nodig sou wees.

Toe het ek gesien dat die goddelike Ouers en die goddelike oudste Broer aan Hom wat ek nou as El Daoud ken, baie raad gee en betrek by die planne wat Hy vir God ten uitvoer moes help bring.

En wanneer Ek praat van 'Hom' en 'Hy' verwys ek na die ewige twee-in-een of een-in-twee, die twee helftes, Man-Vrou, El Daoud en sy tweeling en wederhelfte.

Want die goddelike familie word in die eg gebore na die beeld van hul goddelike Ouers.

Toe het ek in die visioen gemerk dat dit tyd was vir die ander druppels om een vir een die hoogste kring aan die voete van God te bereik, waar die God van alle Geeste gestaan het in dié skittering wat selfs bokant die hoogste van die Hemelsirkels was. Elke druppel wat die sirkel van ametis geraak het, het die vorm van 'n seun van God aangeneem - eerstens 'n seun van God, met die vergestalting van 'n dogter van God daaropvolgend, soos reeds beskryf.

Maar in al die gevalle buiten dié van El Daoud, die Seun van God op wie daar lewe geadem is, was die vergestalting van die dogters van God 'n outomatiese gevolg van die skepping van die seuns van God ... uit wie die tweeling en wederhelfte van elk voortgekom het, net soos die tweeling en wederhelfte van El Daoud uit sy gesplete sy voortgekom het.

Nadat die ametis-sirkel as die hoogste sirkel in die Hemel, gevul is met die Seuns van die Dageraad omdat hulle die oudste van die stralekinders was wat uit die hart van die Moeder voortgekom het en deur die Vader se ademing van lewe tot gestalte geroep is, het daar op dieselfde wyse nog druppels na die volgende sirkels geval. So het dit aangehou totdat al sewe sirkels van die Hemel gevul was met gelukkige, liefdevolle denkendes, en nie net met die lig van die uiterlike Wese van God nie.

Dit is baie belangrik om duidelik te begryp dat El Daoud, die Vader-Koning - wie se besondere titel, naamlik die Seun van God aan geen ander stralekind behoort nie -baie Hemeldae ouer as sy broers was. Gevolglik was sy onderrig al geweldig gevorderd en het Hom dus in staat gestel om met sy Vader-Moeder-Broer-God te verkeer nog lank voordat die tweede stralekind, ook 'n seun van God, geïndividualiseerd was.

Wat invloed en stand betref, was Hy as oudste Broer van die stralekinders inderdaad net onder God die Seun, wat alleenlik uit die ark van die lewe voortgekom het as 'n ten volle geïndividualiseerde en denkende Wese, beklee in die substansie van die goddelike Ouers ... en hul gelyke.

Die koninkryk van die Vader-Koning, El Daoud, omvat ál die gebiede van materie, fyn en grof, wat onder die drie goddelike sfere, naamlik die Hemel, Paradys en Eden geleë is. Want God het alles wat materieel is in die hand van die Seun van God oorgegee. En sy Naam, El Daoud, beteken: Die Geliefde.


Groetnis
Knipmes

knipmes
15th August 2008, 20:49
Die Witboek bl. 295 - 296

Víerde Visioen
Dle Verre Toekoms


… ek het weer eens die een groot lig gesien waarvan ek in die eerste visioen gepraat bet. En nou het God skynbaar weer geslaap, omdat al sy gedagtes ingetrek was.

Hierdie keer het dit gelyk asof die hele sirkel van lig wat alles wat bestaan, omvat het, nie net 'n sirkel was nie, maar 'n oog. Hierdie keer het die pupil egter nie gelyk soos dié van 'n gewone oog nie en die hart was hierdie keer nie onder die pupil van die oog nie, maar die hart wás die pupil. Die hele Wese van God was in werklikheid wakker en besig om te dink, hoewel dit gerus het wat die uiterlike werk betref.

Waarlik, die Vader-Moeder-God het as 'n aktiewe geheel saam oor hul planne beraadslaag, en nie soos voorheen tydens die Nag van God toe die een helfte van die Wese van God werkend en die ander rustend was nie.

En weer het ek die gedagtes van God gehoor.

Hierdie keer het alles wat uit God se substansie voortgekom het binne die hart geslaap - ja, slegs geslaap. Hulle het nie en kon ook nooit weer hul bewuste onsterflike individualiteit verloor wat tydens die volgende Dag van God weer aktief sou raak nie: omdat hulle uit God gebore is, het hulle ook in God se onsterflikheid gedeel.

In plaas daarvan dat die Vader alleen gedink het soos tydens die vorige Nag van God, het die Vader-Moeder - beide helftes van die Wese van God - saam gedink. En dit: is wat. ek gehoor het:

"Voorheen, o U my Hart, terwyl U nog binne My Wese gesluimer het, het Ek alleen gedink - sonder U. Gevolglik het My planne vir ons kinders nie ten volle tot uitvoering gekom soos Ek beplan het nie. Ek het aan ons kinders die mag van 'n vrye wil gegee ... om te gehoorsaam of nie te gehoorsaam nie.

"Maar selfs al is hulle as man - vrou na ons beeld geskape, het Ek hulle bedink voordat U nog vergestalt was, o my Hart, toe nog net een helfte van Godhoof gedink het ... gevolglik het hulle nie die doel en betekenis van God se hele Wese ten volle begryp nie.

"Maar in ons komende Dag sal U en Ek as die twee helftes van een geheel tesame beraadslaag, sodat die hele Wese van God duidelik kan wees vir ons 'klein kindertjies' -daarom sal ons volgende Dag volmaak aanbreek, sonder gebrek.

"Ons hervat waar Ons opgehou het; Ons voorbereiding is dus reeds gedoen. En gedurende die Dag wat sal aanbreek, sal Ons nog beter substansie hê om mee te werk. Want nou het ons lewende, liefdevolle kinders wat; na óns beeld gemaak is ... lewe van ons lewe.

"Waar Ons tydens óns 'dag van vergestalting' slegs met die uitstralings afkomstig van ons eie substansie begin het, begin Ons nou met intelligente seuns en dogters wat vir U en My en hul oudste Broer, God die Seun ... ons Woord, ken en liefhet. Hulle het Ons lief omdat Ons hulle eerste liefgehad het; want Ek is hul Vader en U is hul Moeder, U wat; my tweeling en wederhelfte en die Moeder van God ons Seun is."


Groetnis
knipmes

knipmes
15th August 2008, 20:56
Want God het alles wat materieel is in die hand van die Seun van God oorgegee. En sy Naam, El Daoud, beteken: Die Geliefde.

Woorde en gedagtenis staan sprakeloos voor sulke duidelike uiteensetting van die glorieryke ontstaan, bestaan ... van ons Goddelike Ouers en ons ouerhuis, waarna elke lewende wese tans smag om na terug te keer...

Ek vra dat u dit 'n paar keer lees om die prentjie duidelik te vorm, want uit die hart van harte... is verbeelding gladnie nodig nie!

Die reis vorder...

groetnis
knipmes

knipmes
16th August 2008, 21:14
Die Witboek bl. 287 - 294

Derde Visioen

… En daardie eerste druppel van die goddelike Ouerlike oorvloei het die liggaam geword van die Seun van God, die oudste van die Seuns van die Ademing - die oudste Stralekind, tweede in aansien naas God die Seun, wat dikwels genoem word die 'Woord' of die 'Derde Uitroep van God' ...

… Dit is baie belangrik om duidelik te begryp dat El Daoud, die Vader-Koning - wie se besondere titel, naamlik die Seun van God aan geen ander stralekind behoort nie -baie Hemeldae ouer as sy broers was …



Die Witboek bl. 24 - 25

En ons Vader God het gespreek …

… “Kyk, Ek orden hiermee dat God die Seun, wat waaragtig God is, wie se hulp Ek benodig in die goddelike sfere, dáár sal bly en volle heerskappy sal voer oor die goddelike gebiede wat in sy hande geplaas is.”

“Verder verorden Ek ook hiermee dat die heerskappy oor al die gebiede wat nie volledig goddelik is nadat hulle tot stand gekom het deur die skeppende Woord wat deur die Seun van God gespreek is nie, in die hande sal wees van díe Een wat hulle tot stand laat kom het – net soos die goddelike sfere is in die hande van God die Seun deur wie dít geskape is.



Die Bybel

Openbaring 14:7 En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

Openbaring 19:13 En Hy was bekleed met 'n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.


Groetnis
knipmes

knipmes
18th August 2008, 19:30
Elders op hierdie werf onder Boervolk Teologie:


Adam/Eva: Seun/Dogter van God

... Ek som dus soos volg op.

… Die ELOHIM (God) van Genesis 1 is die Skepper van hemel en aarde, Vader, Moeder, Seun.

Die Allerhoogste (Adam) is deur God die Vader, Moeder en Seun, saam met sy ewige Wederhelfte, Eva (Trooster/Moeder van alles wat lewe) geskape en aangestel om te heers oor die aarde.

Jesus, die Christus is deur die geestelike bemiddeling van die Allerhoogste en die Heilige Gees, fisies in die vlees deur Josef en Maria verwek.
Jesus is Seun van die Allerhoogste (Adam).

As hoogste gesag op aarde stel die Allerhoogste (Adam) die HERE/Jahweh aan as heer van die fisiese Israel.

Liefde groete.
Die Ou Man



God is die God van die somtotaal van die heelal en Adam en Eva die Vader en Moeder van die aarde en die materiële wêreld.

As wedergeborene Adamiet is ek kind van my vader en moeder, Adam en Eva.
Adam is my Vader en Eva is my Moeder.

Liefde groete.
Die Ou Man





Oorspronklik gepos deur Stefanus

Paulus vermaan ons tot die volgende:

Om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus, in wie al
die skatte van wysheid en kennis verborge is. Kol 2:3-4



Noudat die agtergrond duidelik geskep is vir hierdie reis doeleindes wil ek dit weer onomwonde stel dat hierdie reis by uitstek poog om die menslike interpretasie van die Wese van God, soos deur die mens voorgestel, te ondersoek. Dit beteken by uitstek dat ons as kwalifisering tot aanspraak as ‘n ‘Boerseun / dogter vir God’ eers ons herkoms moet verstaan alvorens ons kan aanmeld.

Hierdie draad was begin as reis waar die visioene in Die Witboek by uitstek uitgebeeld wou word, as leiding tot die weg as ‘n “Boerseun / dogter vir God’.

Soos wat ons gelei word, kom antwoorde mos maar vorendag op verskeie terreine en plekke en reise. Een daarvan het meer onlangs tydens Angus Buchan se saamtrek van Christene by Kings Park Stadion tot my gekom ter aansluiting van hierdie reis. Ek verwys na die saamtrek waar 50 000 mense in God’s naam kom vergader het, waar algar gekonfronteer was deur al die verskillende items by dosyne rondom die stadion wat te koop aangebied was soos boeke, bybels, diskette en kledingstukke, rondom die Christen geloof veral.

Deur persoonlike fassinering aangaande die polemiek rondom die fisiese bloedlyn van Jesus, aangespoor deur onder andere die “Da Vinci Code” rolprent, vang my oog toe ‘n dvd te koop aan te biede wat volgens die omhulsel handel oor die “vry koop” van die sedelose vrou genaamd “Magdalena – delivered from shame”. Gedrewe deur openhartige nuuskierigheid en eetlus vir kennis, word hierdie dvd ten koste in ontvangs geneem.

Die verhaal poog rondom die vrou se stryd om veral aanvaarding as gelyke deur die man uit te wys deur middel van die teregwysings en leringe van Jesus ten opsigte van veral die sedelose of onaanvaarbare “goedkoop” vrou te gebruik. Interessantheids-halwe, Magdalena wat as spreker gebruik word in die verhaal, baseer die herkoms van haar hele storie tot verduideliking van Jesus se dade, op die Skeppings verhaal, veral vanuit Genesis.

Wat opvallend was, was die skeppings verhaal se verweefde sameflansing van pertinent gefokusde rolprent tonele wat die kyker op die volgende tog neem:



God (Gees) skep die aarde, see, diere
Die mens word vleeslik geskep uit stof (grond / klei) (Adam) in God se gelykenis alleen in die Tuin van Eden
God self word nie uitgebeeld nie, maar Sy teenswoordigheid ward deur ‘n wit duif op ‘n boomtak voorgestel
Eva word geskep deur die mens se ribbebeen te gebruik om gelyk met die mens te wees
Hulle word gewaarsku om nie van die boom van kennis van goed en kwaad te eet nie.
‘n Aardse swart slang word uitgebeeld wat dan vir Eva verlei met ‘n vrug van die boom, wat op die beurt vir Adam verlei waar hulle tussen die pragtigste natuurskoon verkeer onder die boom
Hulle eet, die duif vlieg weg, en eensklaps is hulle in trane alleen in die woestyn, sonder herkome
Adam word gedwing tot harde arbeid om te voorsien
Eva word gedoem tot pynvolle vleeslike geboorte, en tot onderworpenheid aan die man van nou af aan weens haar ongehoorsaamheid
God belowe dat uit hul nakomelinge die slang vergruis sal word
Abraham word dan uitgebeeld as enigste ware vriend van God
Abraham word getoets deur God met doodmaak van sy seun Isak, ram word geoffer instede
Hierdie daad herstel die intieme verhouding tussen die mens en God en die duif keer terug
Die slang word as opsteker uitgebeeld
Adam en Eva word as SONDEBOKKE uitgebeeld wat deur Abraham as nasaad reggestel word
Die slang word gewys as vertrap en verbrysel
Deur hierdie intieme verhouding beloof God aan Abraham dat sy nakomelinge soos die sand aan die see, en sterre aan die hemele sal wees
Waaruit die Messias sal kom as groot Koning, Profeet en Verlosser om veral die arm, swakkelinge onder die mens sal verlos van armoede, uit tronke sal haal ensovoorts…
(Vir doeleindes van ons reis sal die verdere verloop van die rolprent wat Jesus se uitbeelding betref nie aangehaal word nie)


Ek wil dit pertinent stel, dat hier nie enige probleem is met die rolprent of wat dit uitbeeld nie, inteendeel, dit speel ‘n belangrike rol in die opheffing van die vrou assulks, want die uitbeelding van Jesus se dade ten opsigte van die opheffing van die vrou spreek boekdele.

Ek verwys egter hierna, want die skeppings verhaal word deesdae op verskeie wyses uitgebeeld, en soos reeds deur Die Ou Man se insiggewende bydraes op hierdie werf uitgebeeld, vervat meeste van hierdie verhale sameflansing van verskeie menslike pogings deur die eeue ter stawing van eie geykte oogmerke om die skeppings verhaal voor te hou.

By implikasie word dus ons herkoms voorgehou, en by verdere implikasie die verhouding tussen ons en God.

Op Kings Park en ook Loftus die anderdag het derduisende mense ‘n vlaggie rondgeswaai met die woord “Jesus” daarop. Jesus word by uitstek as God aanbid saam met Sy Vader. Hiermee assulks kan nie geargumenteer word synde dit verkeerd of reg is nie.

Wat egter van belang moet wees is die besef dat die term God vir ons van veel groter betekenis sal wees, as ons die herkoms of agtergronds geskiedenis van waar ons as nietige mens vandaan kom, beter kan begrip en verstaan. Daar kan vandag nie meer voorgehou word dat mens “nie die reg het nie” of “dis sondelik om te bevraagteken” oor ons herkoms nie.

Die tyd het gekom dat ons besef dat daar verskeie aspekte van ons “menswees” of die “Wese van die mens” is wat reggestel moet word, ooreenkomstig dus ook die regstelling hier op aarde deur vrywillige ‘Boerseuns / dogters vir God’ ten opsigte van die “Wese van God”. Hierdie “Wese van God” wat soos aangehaal uit die visioene by uitstek insluit alles maar alles wat in sigself bestaan vanuit GodHoof, deur GodHoof, deur die werkinge van ons geliefde Ouers Vader Adam en Moeder Eva.


Luk 11:2 En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

Die reis vorder fluks
Groetnis
knipmes

knipmes
24th August 2008, 14:11
In ‘n onlangs vrygestelde verhandeling oor die Bybelse Boek Openbaring onderandere die volgende onder die opskrif Die teologiese boodskap van Openbaring in ‘n neutedop en ek haal aan:


“… die nuwe Jerusalem, waar God en die Lam op die troon sit, bring die Almagtige en verhewe God tot by sy volgelinge…

Matt 6:10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

Dan ook:


“Die persoon van Christus word met God vereenselwig wanneer ons lees dat dieselfde beskrywings wat vir God gebruik is, soos Alfa en Omega en Eerste en Laaste, ook vir Christus gebruik word. Hier word aan die hand gegee dat die volgende verse met mekaar vergelyk moet word as bewys…

Op. 1:8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Op. 1:17 En toe ek Hom (gelees ’Jesus’)sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste

Voorts:


Net soos God, is ook Christus ewig, sonder begin en einde. Die koms van God na die aarde toe, wat verwag is, val saam met Christus se wederkoms. Christus het God sigbaar gemaak. Daarom word Christus ook aanbid. Christus is God se middelaar en bemiddelaar van verlossing en oordeel. Hy het God se plan met die mense geskiedenis kom uitvoer. In hierdie proses is Hy as Lam geslag… die dood van Christus is die fokus in enige getuienis… Die boekrol bevat God se bloudruk van die toekoms van ons nuwe geskiedenis… Die lam self het sy bruid en vrou, die nuwe Jerusalem (as mense), verdien deur sy slagting…”

En dan:


… Die dood en opwekking van Christus het momentum gegee aan God se proses om sy geloofsvolk te gebruik om deur hulle getuienis oor Hom die heidennasie tot bekering te beweeg. Dit gee ook perspektief aan vandag se gelowiges wat op pad is na die volmaakte nuwe aarde…”

Met alle respek en dank teenoor die verhandeling en selfs die skrywer daarvan, is die
doel van die aanhalings hier slegs gebruik as voorbeeld van die hedendaagse(?) maatstaf waardeur ons geloofsdenke deur die evangelie van die dood vasgevang word, waar die moord op die Messias as slagting aangedui word en om dit te regverdig word Hy as Lam beskrywe. As boerseuns en dogters het ons al baie skape en selfs lammers op die plaas geslag?

Onwillekeurig dring tot my gedagtenis deur, die visioene soos hierbo in vorige poste aangehaal, en besef ek dat die Almagtige of Allerhoogste ongetwyfeld ons Vader Koning Adam self is wat in hierdie geskryf uitgebeeld word as die God wat tot ons vlak gaan daal en tussen ons gaan wees, as God. Jesus self het tog herhaaldelike kere op aanvraag erken slegs dat hy die Seun van Die Mens is… een is met Sy Vader…

In die HAT (vyfde uitgawe bl. 710) lees ek
Men’se-seun s.nw. (Byb.) Die Messias, Seun van die mens en dan lees ek daardie vers gedeelte uit Openbaring weer, en in Jesus se woorde self sê Hy aan Johannes en Johannes verduidelik soos volg:



Op. 1:8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Op. 1:9 Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.
Op. 1:10 Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my 'n groot stem gehoor, soos van 'n basuin, wat sê:
Op. 1:11 Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in 'n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.
Op. 1:12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,
Op. 1:13 en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel.
Op. 1:14 Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos 'n vuurvlam,
Op. 1:15 en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.
Op. 1:16 En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.
Op. 1:17 En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste
Op. 1:18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.


Om as Boerseun of dogter van God onder die leiding van ons Vader Koning Adam te wil aanmeld, gaan dus ook beteken om ‘n tweesnydende swaard te word, by wyse van spraak. Om te wil verwag dat God die Vader, God die Moeder en God die Seun tot op aardse vlak te moet daal, is myns insiens dus absoluut ongehoord, uiters egoïsties, ongepas en ondenkbaar… vir die wat ore het om te hoor…


Hierdie reis word boeiender…
Groetnis
knipmes

Luther
28th August 2008, 21:12
Die ou Man vra pertinent of ons as volk die reg het tot aanmelding vir hierdie diens?

Ek dink ek moet nog 'n bietjie studie doen, en ek glo dat ek geregtig daarop is.

knipmes
1st September 2008, 19:54
Afrikaans as Hemelse Taal, is én bly ongetwyfeld die lekkerste taal om te besig, en verál om in te sing…

Die ou Man sal ongetwyfeld vir ons kan uitlê waar ons as Boerevolk die liefde vir sing ontwikkel het, uit ons germaanse verlede… want kyk, sing kan ons sing, en saam sing nog beter, of hoe? Kyk net na die verskeidenheid diskette van musikante en liedjies wat deesdae op rakke pryk, en mens raak sommer lus vir sing…

Wat byval, uit die baie velde waarin ons graag sing, is dat dit te kies en te keur is uit die verskillende diskette wat meestal koer oor die liefde… en dan oor ons godsdiens. Heel gepas hier, speel die Christelike geloof ‘n belangrike rol in die verheerliking van Jesus… veral die opheffing van ons Here Jesus…

Tog wonder ek soms oor die dinge wat ons sing, of ons régtig weet wat ons sing, en die manier wat ons verheerliking toepas. Glo my, ek het geensins beswaar teen enige sanger, liedjieskrywer of lirieke nie, in teendeel, min van ons kan stil wees terwyl liedjies aanloklike, aansteeklike polsende lirieke voortplaas op ons daaglikse tog na die ewige lewe… veral as dit om Jesus gaan?

Onlangs vang my oor ‘n spesifieke liedjie wat eensklaps vir my soos manna uit die Hemele kom… en ek haal aan…




Jy glimlag so breed… as jy my vriendelik groet,…
Jy lyk tog só selfversekerd…
Met die wêreld aan jou voete… voel jy soos ‘n reus…
Bly die lewe ‘n fees!
As teëspoed jou tref… dan skeel dit jou min…
Dit lyk of jy dans as jy loop!
Ek kon dit nooit verstaan nie… ek moes die antwoord hê…
En toe hoor ek jou sê……

My Pa is die Koning van die heelal, jy weet…
En kom wat wil… ek sal dit nooit vergeet nie,
Die wind kan waai, die berge kan val…
Hy’t gesê Hy voorsien… en Hy sal… …

Ek’s die Koning se kind, ja dit maak my ‘n prins…
My lewe is Christus… selfs die dood is ‘n wins…
Vir niks is ek bang nie… dit sê ek jou nou…
My Pa is die Koning, onthou… …

Hoe moes ek nou voel… ek wens ek was jy…
Maar ek’s net ‘n gewone ou…
Dit klink so onregverdig… om ‘n Koning te hê…
Vir wie jy Pa kan sê…
Toe’t jy my genooi… jy sê kom luister nou mooi…
Hoe kan jy tog so gou vergeet…
Ons is mede-erfgename… en toe ek my kon kry…
Toe sê jy vir my… …

Jou Pa is die Koning van die heelal, jy weet…
En kom wat wil… jy sal dit nooit vergeet nie,
Die wind kan waai, die berge kan val…
Hy’t gesê Hy voorsien… en Hy sal… …

Jy’s die Koning se kind, man dit maak jou ‘n prins…
Jou lewe is Christus… selfs die dood is ‘n wins…
Vir niks is jy bang nie… of wat sê ek nou…
Jou Pa is die Koning, onthou… …

la lala la la, la la lala lala… …

My Pa is die Koning van die heelal, jy weet…
En kom wat wil… ek sal dit nooit vergeet nie,
Die wind kan waai, die berge kan val…
Hy’t gesê Hy voorsien… en Hy sal… …

Ek’s die Koning se kind, ja dit maak my ‘n prins…
my lewe is Christus… selfs die dood is ‘n wins…
Vir niks is ek bang nie… dit sê ek jou nou…
My Pa is die Koning, onthou… …
My Pa is die Koning, onthou… …
My Pa is die Koning, onthou… …

MY PA IS DIE KONING (W. GERKE / M. HANNES / L. FERREIRA) UNIVERSAL
met vergunning van FANTASIA MUSIC DISTRIBUTION
gesing deur RONELL ERASMUS


KONING… Onwillekeurig gaan my gedagtenis terug na die Visioene in Die Witboek…


… Dit is baie belangrik om duidelik te begryp dat El Daoud, die Vader-Koning - wie se besondere titel, naamlik die Seun van God aan geen ander stralekind behoort nie…

en ek sing weer saam…


My Pa is die Koning van die heelal, jy weet…

En net hier… begin ek EEN voel met die suiwer WIT LIG wat om elkeen van ons skyn…

Dis heerlik om te reis terwyl mens sing…
groetnis
knipmes

schalk
27th January 2011, 14:25
Ek het nou eers hirdie draad opgevolg maar merk dat dit taamlik lanklaas verder gevoer is.Gaan iemand dalk Die draad verder voer. Persoonlik dink ek daar moet nog n klompie water in die see loop voor hierdie volk die gemelde taak sal kan volvoer.

knipmes
7th February 2011, 20:32
...nog n klompie water in die see loop...

Hallo schalk,

Inderdaad so! Maar ook het reeds baie van daai water al oor die sewe klippe van die lewe gespoel...

Om Boerseun of Boerdogter vir God te word, is 'n saak wat uit en uit direk tussen beide Partye sonder enige inmenging van enige ander in die proses. Luister EN hoor mens die klanke wat Die Ou Man en andere maak aangaande die verlossing of agterlating of wegbreek van die "kerk" of "dogma" dan is dit duidelik dat slegs diegene wat die geskiedenis, verlede, middeleeue oue verlede en veral OT verlede kan agter laat en vorentoe kyk, sal wel die Man met die Kruik Water raaksien in die nuwe Millenium...


Hoeveel van ons Volk is reeds daar??? Wie is regtig ons vyand? Die Swartes?, die Muslims?, die Christene?, die nuwe Wereld orde generasie?, ons buurmanne? die EU? die Anti-Christ? Die nuwe Messias? Uhuru? ons Kinders? ons lewensmaats? Ek dink dat ons onsself is ons eie vyand wat ons eerste sal moet oowin, voor ons enigsins as ware Godskinders van enige hulp aan enige ander aardling of wese sal kan wees aan die sy van ons Vader-Koning.


groetnis
knipmes