PDA

View Full Version : Die selfde gepos op BV, ek is op soek na antwoorde.



nieuwoudtrl
16th August 2008, 20:08
Hierdie draad begin ek met die volgende:

Volgens die wit boek mense, is daar God, YaWHeW, en satan. Indien daar ander is gaan ek nie nou daarmee werk nie.

Satan is die groot vyhand.
God is die skepper van die hemel en aarde.
YaHWeH is die God van die Israeliete, of moslems of wat ook al.

Die gode of geestes wreld is vr bo ons vuurmaak plek.

Jesus het nie gekom om die profete onklaar te maak nie.

Jesus het eerstens gekom vir die verlore skape van Israel, en dan ook vir die res van die wreld. (Almal wat glo aan Hom)

Aan YaWHeH is die "regerende mag" gegee oor die Israeliete.

Hy, YaHWeH, het volgens my die verantwoordelikheid om die mensdom te suiwer vir die ewige lewe.

Satan bewerk die ondergang van die ewige lewe.

God gee die ewige lewe.

In ons geledere is daar geeste van al drie hierdie faktore.

Wat belangrik is, is dat daar God (El Hohim) en (YaHWeH) is.

Ons baklei teen satan, Die Israeliete is verantwoordelik vir die suiwering.

Jesus is die Verlosser.

Satan is die onheilige.

As die wat oordeel kan ophou met hulle oordeel denke, en eerder BID vir die suiweraars, laat die oordeel oor aan God wie oordeel.

Ek het die denke van n suiweraar, waar kom dit vandaan?

knipmes
16th August 2008, 21:27
naand, nieuwoudtrl,


As die wat oordeel kan ophou met hulle oordeel denke, en eerder BID vir die suiweraars, laat die oordeel oor aan God wie oordeel.

Ek het die denke van n suiweraar, waar kom dit vandaan?

Wat beteken die term "suiweraar" vir jou ?

groetnis
knipmes

Stefanus
16th August 2008, 22:53
Satan is die groot vyhand.
Die werke van die bose is ons vyhand, om deel daarin te he is waarteen ons moet veg.

En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Rev 12:9
nieuwoudtrl, God wil nie een van Sy kinders verlore laat gaan nie:

Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie? Luk 15:4


God is die skepper van die hemel en aarde.
Die Allerhoogste is die skepper van hemel en aarde (Materriele sfere).


YaHWeH is die God van die Israeliete, of moslems of wat ook al.
YaHWeH was aangestel as heerser oor die fisiese volk Israel.

Toe die Allerhoogste aan die nasies n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van die Elohim. Want die HERE se erfdeel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel. Deu 32:8-9


Die gode of geestes wreld is vr bo ons vuurmaak plek.
Nee, Jesus het die Koningkryk van God aan ons bekend gemaak, is ons bereid om die te aanvaar.

n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode. Psa 82:1


Jesus het nie gekom om die profete onklaar te maak nie.
Nee Hy het nie, hy het egter vir ons 'n ander Evangelie gebring as wat op daardie stadium aanvaar was.

Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het. Mat 23:31


Jesus het eerstens gekom vir die verlore skape van Israel, en dan ook vir die res van die wreld. (Almal wat glo aan Hom)
Korrek.

verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek; maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek. Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie. Rom 2:9-11


Aan YaWHeH is die "regerende mag" gegee oor die Israeliete.
Ja die HERE/YaWHeH het oor "regerende mag" ten opsigte van die Israeliete beskik, Jesus het egter 'n Nuwe verbond/evangelie gebring waar ons almal onder die heerskappy van die Vader geplaas is.

Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin. Luk 16:16


Hy, YaHWeH, het volgens my die verantwoordelikheid om die mensdom te suiwer vir die ewige lewe.
YaHWeH het sy beste gedoen om sy volk op die regte pad te hou, die het egter "agter ander gode" aangeloop, daarom is Jesus gestuur om die orde te herstel.


Satan bewerk die ondergang van die ewige lewe.
Satan verskaf die middele, dis jou keuse of jy dit gaan volg/aanneem, elkeen van ons het 'n vrye wil, van God ontvang om ons eie heil/onheil te bewerkstellig.


God gee die ewige lewe.
Die ewige lewe is by God, dis ons keuse waar ons wil wees.


In ons geledere is daar geeste van al drie hierdie faktore.
Daar is goeie en slegte geeste oral teenwoordig, dis ons keuse wat ons toelaat om ons te lei.


Wat belangrik is, is dat daar God (El Hohim) en (YaHWeH) is.
Ek as Boer is slegs onderworpe aan die Elohim, YaHWeH was daargestel vir die Semietiese volk van Isreal.


Ons baklei teen satan, Die Israeliete is verantwoordelik vir die suiwering.
Ons geveg is teen die bose, soos die Isrealiete is ons self verantwoordelik vir ons eie suiwering.


Jesus is die Verlosser.
Jesus, die Seun van die mens, het vir ons die evangelie van die lewe van die Vader gebring, dus kan ons se dat Hy die "Verlosser" is.


Satan is die onheilige.
Satan en sy volgelinge bewerk onheil.

En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Rev 12:9


As die wat oordeel kan ophou met hulle oordeel denke, en eerder BID vir die suiweraars, laat die oordeel oor aan God wie oordeel.
Dit is ons nie gegee om te oordeel nie, maar om die Evangelie soos wat Jesus dit verkondig het aan almal oor te dra, om God aan almal te openbaar.


Ek het die denke van n suiweraar, waar kom dit vandaan?
Ek sien myself as helper van die Allerhoogste, om die boodskap van ons Vader-Moeder-God na die beste van my vermoe uit te dra.

Liefdegroete,
Stefanus