PDA

View Full Version : Beginsels vir geestelike oorlogvoering



Vryheids Vegter
20th August 2008, 13:39
Vir meer inligting oor die onderwerp van geestelike oorlogvoering stel ek voor dat u
die boek bekom meer daaroor lees. Die beginsels wat hier genoem word sal vir jou 'n
basiese begrip vir die saak van geestelike oorlogvoering gee en jou hopelik stimuleer om 'n
dieper studie van die onderwerp te maak en die belangrikheid daarvan te verstaan.
Daar is 30 beginsels van geestelike oorlogvoering en ek gaan probeer om elke dag een beginsel te plaas vir bespreeking en om die gevoel van die mede forum lede se denke daaroor te kry.

Beginsel 1: Die belangrikste waarheid wat die gelowige moet ken en kan hanteer, is die gesagsposisie of troonposisie. Onkunde hieroor maak die gelowige geestelik magteloos. Die Christen moet weet wie hy in Christus is en dat hy in Christus gesag het oor alle bose magte
(Ef.1:19-22 en Ef.2:6).

Vryheids Vegter
21st August 2008, 17:55
Beginsel 2: Die Christen moet weet van die sleutelmag wat God aan ons gegee het en moet
weet hoe ons dit elke dag en in elke situasie waar dit nodig is, te gebruik. Vanuit ons
gesagsposisie moet ons die werke van die Satan bind en hulle wat deur die Satan gebind
word, in Jesus se Naam ontbind.

Vryheids Vegter
22nd August 2008, 20:34
Beginsel 3: Ons moenie die duiwel en sy demone vrees nie. Ons moet hom weerstaan
(Jak.4:7) en hom bestraf waar nodig. Moenie onnodig aandag gee aan die magte van die
Bose nie, maar daar waar ons hulle sien werk, moet ons hulle weerstaan en bestraf.

Vryheids Vegter
23rd August 2008, 20:33
Beginsel 4: Ons moet die volle wapenrusting van God aantrek sodat ons staande kan bly
teen die aanvalle van die Bose (Ef.6:10-18). Elke stukkie van hierdie wapenrusting is
belangrik. Daarsonder kan ons nie staande bly nie.