PDA

View Full Version : Briewe - Media



Stefanus
27th September 2008, 13:11
Angus se siening teenproduktief

Angus Buchan is n gemaklike, charismatiese persoon, en dit is te verstane dat mense aangetrokke voel tot hom en by die duisende na hom gaan luister.

Die soort Christenskap wat Buchan verkondig, is egter inderdaad deel van die probleem. Dit is die boodskap van n God wat voortdurend oordeel, en dit lei tot verdeeldheid en nie tot versoening nie.

Di godsbeskouing plaas mense in verskillende kampe op grond van onder meer geslag, seksuele orintasie en spiritualiteit. Die uiteinde daarvan is dat mense in twee hoofkampe beland: die gereddes, wat hemel toe gaan, en die ongereddes, vir wie ewige marteling in die hel wag.

Di siening is ook uitgespel in die onlangse RSG-gesprek met Freek Robinson waarin Buchan en inbellers wat hom ondersteun, slegte nuus vir alle nie-Christene gehad het, naamlik dat, tensy hulle Jesus aanneem, die warm plek hul voorland is. Dit is die denke wat talle godsdienste (en selfs verskillende groepe binne dieselfde godsdiens) laat dink dat net hl God, hl heilige geskrif en hl lewensresep reg is. Kyk hoeveel eeue handhaaf mense reeds di siening.

Het dit die mensdom nader aan mekaar gebring en universele waardes soos liefde en vrede bevorder? Nee. Inteendeel, dit het verdeeldheid, geweld en onverdraagsaamheid in die hand gewerk. Waarom dan volhard met n god- en lewensbeskouing wat hom oor eeue as teenproduktief bewys het?

Leon Atterbury

Somerset-Wes

Uit: By, Bylae tot Volksblad, Saterdag 20 September 2008

Stefanus
27th September 2008, 13:12
Laat vrou gelyke vennoot en beste vriend wees.

Die debat oor die man as hoof van die vrou en haar onderdanigheid aan hom verbaas my, aangesien die Skepper van die huwelik n baie duidelike voorskrif (gebruiksaanwysing) in die Bybel gegee het.

Hoewel die man en vrou se rolle verskil, is my vrou volgens Genesis 2:18 my gelyke (in baie opsigte my meerdere) en beskou ek haar as my gelyke vennoot en beste vriend.

Soos in elke vennootskap is dit nodig dat iemand soms die leiding moet neem, maar nie sonder dat die ander vennoot geken en daar konsensus bereik word nie.

Dat ek as man die hoof is, beteken nie ek is haar baas wat haar moet oorheers nie, en haar onderdanigheid (n begrip wat hier in konteks verstaan moet word) nie dat sy aan my onderworpe is nie.

Geriefshalwe word die vorige uitspraak en Efesirs 2:21 nie aangehaal nie: Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. Die opdrag aan die man is om sy vrou lief te h soos Christus sy gemeente, vir wie Hy Sy lewe afgel het, om bereid te wees om haar te dien en te versorg en lief te h soos sy eie liggaam.

Ek dink nie enige vrou sal n probleem h om haar man as leidende vennoot te aanvaar en hom daarvoor te eer, wanneer hy haar s liefhet nie.

Hierdie voorskrif wat deur baie gelowiges aanvaar word, werk reeds meer as dertig jaar in my huwelik (behalwe wanneer die sondige natuur sy lelike eie-ek-kop uitsteek), en daarom kan ek dit van harte aan almal aanbeveel.

Die grootste geskenk wat n pa dus aan sy kinders kan gee, is om hul ma lief te h.

Gawie Eksteen

Durbanville

Uit: By, Bylae tot Volksblad, Saterdag 20 September 2008

Stefanus
27th September 2008, 13:14
Waarheid lank van mensdom weerhou

Weens die onaantasbaarheid van Godsdiens wat deur eeue met moord en geweld in stand gehou is, is die waarheid lank van die mensdom weerhou.

Danksy ondersoekende artikels in hierdie koerant en die feit dat die stem van andersdenkendes nou vir die eerste keer gehoor kan word, word baie van die leuens en mites wat deur die kerk as die waarheid aan ons voorgehou is, nou aan die kaak gestel.

As dit dan veroorsaak dat Christene die waarheid oor Adam en Eva se denkbeeldige trek deur die woestyn onder leiding van Moses ontstellend vind, beteken dit tog sekerlik nie dat ons moet aanhou om die deksel op Pandora se boks dig te hou nie.

Omdat kerkleiers verwarrende en weesprekende uitsprake oor die ontstaan van die Bybel maak en die teenstrydighede in die Ou en Nuwe Testament ignoreer, is dit dan ook so dat Christene die waarheid oor hul geloof by ateste en sekulre geskrifte moet leer, met die voorspelbare gevolg dat di kennis as net nog n aanval op die Christelike geloof afgemaak kan word.

Of die waarheid seermaak of nie, daar is baie mense wat dit graag wil hoor en weet dat hulle dit nie by die Joyce Meyers, Benny Hinns en Angus Buchans van hierdie wreld gaan kry nie.

Philip Slabber

Vredenburg

Uit: By, Bylae tot Volksblad, Saterdag 20 September 2008

Stefanus
27th September 2008, 19:00
Talle kerkloses, kerklosses

Sep 24 2008 11:02:30:230PM - (SA) (http://www.news24.com/Die_Volksblad/Briewe/0,,5-89_2399168,00.html)

Waarom is daar so baie kerklose en kerklosse mense in vandag se samelewing? As ek koerante lees, kom ek onder die indruk dat daar geweldig baie soekende siele is na die ware Bybelse Evangelie. Ek is een van daardie baie wat dringend op soek is na ’n Pinksterkerk waar God in alle eerbied en sonder mensgemaakte tierlantyntjies gedien word.

In die hedendaagse sogenaamde Pinksterkerke vind ek dat meer na mense opgesien word as na God.

Die vereistes wat aan ons as mense gestel word in God se Woord word eenvoudig gegnoreer en kerklike wette of ordes word voorgehou.

Is daar pastore of selfs lidmate wat hierdie toedrag aan my kan verduidelik? God se Woord leer dat die afval in Sy Huis sal begin en dit is reeds so duidelik sigbaar dat ek baie dringend raad soek!

Om ander briefskrywers aan Volksblad ook kans te gee om hul standpunte te mag lug, vra ek dat ons nie deur Volksblad praat nie, maar gebruik maak van my e-pos, selfoon of my posadres. Ek vertrou dat ek spoedig reaksie sal sien of hoor.

Frikkie Koen
Posbus 13928,
Noordstad
frikkiekoen@world-online.co.za

Stefanus
13th May 2009, 20:18
‘Talle verlaat Christen-geloof’

May 12 2009 08:19:23:410PM - (SA) (http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2515433,00.html)
Neels Jackson

Oortuigings wat vir sommige Christene die hoeksteen van hul geloof is, is besig om ander mense in strome hul rug op di geloof te laat keer.

Dit het gister duidelik geblyk toe prof. Scott McKnight, Nuwe Testamentikus aan die North Park University in Chicago, die VSA, by die Universiteit van Pretoria gepraat het oor redes waarom mense die Christelike geloof verlaat.

McKnight het die bekeringsverhale van talle mense bestudeer en ges dit toon telkens dieselfde elemente. Dit sluit in dat iemand ’n krisis met sy oortuigings ontwikkel, antwoorde begin soek, met ’n nuwe stel oortuigings gekonfronteer word en hom of haar daartoe verbind.

McKnight het ges presies dieselfde patroon geld ook mense wat die Christelike geloof verlaat omdat hulle in die proses een stel oortuigings die rug toekeer en ’n ander aanneem.

Volgens McKnight is die stroom jongmense wat Amerikaanse kerke verlaat nou so groot dat dit die voortbestaan van die kerk oor ’n geslag of wat in die gedrang kan bring.

Hy het na die verhale van talle sulke mense gaan luister en bevind daar is vyf faktore wat baie mense se Christelike oortuigings in ’n krisis laat beland het:


Die rigiede leer dat die Bybel onfeilbaar is. Volgens hom berus dit op ’n foutiewe leer by kerke dat die Bybel as’t ware deur God aan die Bybelskrywers gedikteer is. Mense wat die Bybel dan self bestudeer, kom dan later met ’n skok agter dat daar baie van die menslikheid van die Bybelskrywers in hul geskrifte te sien is.


Die botsing tussen die wetenskap en geloof, spesifiek waar kerke leer Genesis vertel presies hoe die wreld ontstaan het.


Die manier waarop Christene en die kerk leef. Hy het verwys na die skandale van seksuele misbruik in die Rooms-Katolieke Kerk in die VSA en hoe dit sommige mense laat voel het dat hulle nie met integriteit deel van die kerk kon bly nie.


Die beskouing van die hel. Baie mense kan nie aanvaar dat dit billik is dat God iemand vir ewig straf vir sondes in ’n tydelike lewe van miskien 75 jaar nie. Hulle vra of die straf nie by die oortreding moet pas nie.


Die “God van die Bybel” wat dikwels voorgehou word, skrik baie mense ook af. Daar word onder meer geredeneer dat as God almagtig is, hy nie goed kan wees nie, anders sou die wreld nie so vol kwaad gewees het nie. En as hy goed is, kan hy nie almagtig wees nie, want anders sou hy die boosheid gekeer het.


McKnight s di bevindings behoort die manier waarop Christene hul geloof verdedig op ’n ander koers te stuur. Mense is onder meer lief om die opstanding van Jesus uit die dood te verdedig, terwyl dit nie in een van die verhale wat hy bestudeer het die krisis veroorsaak het nie.

Die kerk behoort ook veilige ruimtes te skep waar mense wat met sulke vrae worstel nie veroordeel word nie, maar waar hulle die kwessies wat hulle pla openlik kan bespreek.