PDA

View Full Version : Sameswerings TeorieŽ



SabbatariŽr
5th October 2008, 12:55
Ek dink dat die voortrekker monument Ů vrymesselaars tempel is. Of hoe sÍ ek dan nou? groetnis sabbatariŽr
Posted via Mobile Device

Stefanus
5th October 2008, 13:36
Ek dink dat die voortrekker monument Ů vrymesselaars tempel is. Of hoe sÍ ek dan nou? groetnis sabbatariŽr
Posted via Mobile Device

SabbatariŽr, wat laat jou so dink?

Liefdegroete,
Stefanus

SabbatariŽr
7th October 2008, 15:04
Hallo stefanus! my redes is as volg: 1. Gerhard Moerdyk wat die monument ontwerp het as argitek,was Ů vrymesselaar,Piet Retief was ook Ů vrymesselaar gewees. 2. Op Piet Retief se waterbottel,word die driehoek met die alsiende oog van osiris en die sonstrale uitgebeeld,die 2 pilare Boas en Jachin word uitgebeeld,die kompas en die tekendriehoek,die maan en die son,die geruite vloer al die tekens van vrymesselary word in die feinste detail op die bottel uitgebeeld. 3.piet retief se inswering as goewerneur is ook van die vrymesselaars,omdat hy die teken van baphomet wys,die bokgod. 4. Die moeder en kind uitbeelding die vrou hou Ů baba vas en sy is in die klassieke posisie van Madonna en Kind geplaas. Dit bevestig die posisie van die vroulike afgod,of dan die Koningin van die Hemele. 5. Die t vormige kruis en die blokhammer is ook 2 betekinisvolle simbole van die vrymesselary,wat in die historiese fries ingewerk is. Dit is van my feite te min spasie. Groetnis sabbatariŽr
Posted via Mobile Device

knipmes
7th October 2008, 21:11
SabbatariŽr,

Interessantheid wat jy na vore bring, klim gerus op 'n rekenaar en haal meer uit, ons lees graag.

Vieringe van die sogenaamde Geloftedag of dan liewer Dingaansdag hou glad nie verband met die oorspronklik bedoelde herdenking van Wendag soos die Gelofte bepaal het nie. Interessant dat die dag van Goddelike oorwinning oor die vyand gedoop word met die naam van die vyand se koning as herdenking, wat mens nou waar kry, of hoe?

Dit is 'n feit dat die ware herdenking van Wendag nie herdenk kan word deur die gebruik van daardie monumente nie...

groetnis
knipmes

SabbatariŽr
8th October 2008, 22:21
Hallo knipmes! ek weet jy is reg! Weet jy wat is die waarheid oor die Gelofte dag,die feit dat die dag nie sosseer gehandel het oor die oorwinning tussen wit en swart nie,maar oor die oorwinning van Elohim oor Baphomet,het jy geweet dat daar sowat 200 anders kleuriges in die laer was? Daar was ook Ů britse predikant en sy gesin in die laer,dus die slag van bloedrivier was nie net oor die sg boere nie. Groetnis sabbatariŽr
Posted via Mobile Device

Die Ou Man
8th October 2008, 22:43
SabbatariŽr.

Ek het nie geweet dat die Zoeloes Baphomet aanbid het nie. Voorwaar 'n interessante nasie, die Zoeloes.

Vertel meer asb.

Liefde groete.

Die Ou Man

NS.

SabbatariŽr, jy lees te veel fiksie. Die wÍreld is nie meer plat nie.

sewes
9th October 2008, 09:30
Die oorwinning van geloftedag was nie oor velkleur ni mar di oorwinning oor di Son, di slag het plaasgvind op di sondag, nes Yahshua se opstanding. ,n nasaat van ,n impi het vertel dat hul ni inni nag wou aanval ni omdat di lanterns anni swepe glyk het soos spoke. Toe hul wel anval het manne met wit klere en goue gordels tussn di gras opgstan, dar was glo ook manne op wit perde. Hul het ook goue wapens ghad.
Posted via Mobile Device

Die Ou Man
9th October 2008, 18:45
Die oorwinning van geloftedag was nie oor velkleur ni mar di oorwinning oor di Son, di slag het plaasgvind op di sondag, nes Yahshua se opstanding.

Ek gaan nou poog om jou rasionaal te verstaan.

Die wenkommando van Andries Pretorius trek op teen die Zoeloes vir 'n beslissende en finale veldslag teen die Zoeloes.

Jy reken dat hulle verkeerdelik gereken het dat hulle teen die Zoeloes veg en dat hulle eintlik teen die son geveg het.

Nou wat sou hulle probleem met die son wees. Dit was dan juis die son wat die mis laat opklaar het sodat die buskruit kon werk. Daar kon seker nie 'n meer welkome gesig vir die Wenkommando lede wees as die eerste strale van die son op 16 Desember 1838 nie. Die son kan dus indirek as bondgenoot van die Wenkommando beskou word. In jou scenario was die nag en die mis dan die bondgenoot van die Zoeloes.

Die aarde, son, maan en sterre is deel van die Skepping van God. Van wanneer veg Boere teen die Skepping?

Nee wat, jou teorie aangaande die songeveg maak nie sin nie. Ons geveg is nie teen die lig nie, maar teen die duisternis.

Liefde groete.

Die Ou Man

SabbatariŽr
9th October 2008, 20:31
DOM ek het nerens gese die Zoeloes aanbid bathomet nie,ek het wel gesÍ Piet Retief wys die teken van die bokgod bathomet,ek wonder of jy nie dalk fiksie lees nie ou man,ek het naslaan werk gedoen oor die onderwerp van vrymesselary,lees gerus die boek: Oes die stormwind. Van Denise Woods,kyk na die DVD van Eben Swart oor die vrymesselaars,kyk die DVD reeks van Prof.Walther Veith,gaan na google search en tik vrymesselary in. Daar is nog so baie NASLAAN werke oor die onderwerp,definitief nie fiksie nie. Groetnis sabbatariŽr
Posted via Mobile Device

Die Ou Man
9th October 2008, 20:50
DOM ek het nerens gese die Zoeloes aanbid bathomet nie,ek het wel gesÍ Piet Retief wys die teken van die bokgod bathomet,

SabbatariŽr.

Ek ken die geskiedenis. Jy haak vas by Piet Retief. Daar was verskeie Boere generaals en Boere presidente wat aan die Vrymesselary beweging behoort het. Die opper-bittereinder President M T Steyn was ook 'n bokryer.

Die Bokryers roem juis op hul Voortrekker en Anglo-Boere Oorlog helde.

Die Vrymesselary beweging in Boer- en latere Afrikaner-geledere is eers wesenlik gestuit met die stigting van die Afrikaner Broederbond.

Liefde groete.

Die Ou Man

SabbatariŽr
10th October 2008, 08:30
Ha ha ha! die afrikaner broederbond is ook vrymesselaars,van 1652-2008 was al die land se presidente 33 graad masons,die bokryers regeer die wereld op alle vlakke,en die enigste Wese wie hulle sal kan stuit is die Messias,en nie die gnostiese messias nie,maar die Messias wat na die aarde gekom het,en gesterf het vir jou en my sonde,wat op die derde dag opgestaan het uit die dode,wat opgevaar het na die hemel,van waar Hy weer sal kom,om almal te oordeel,die bokryers ingesluit. Net Hy kan die Satan verslaan. dankie tog vir dit. groete sabbatariŽr
Posted via Mobile Device

Stefanus
10th October 2008, 10:19
SabbatariŽr, jy klink geweldig selfvoldaan? As jy beweer dat al die leiers vanaf 1652 "33 graad masons" is moet ons dit verder terugvat na die spesiale sinode sitting van Kajafas sowat 2000 jaar gelede waar die klomp beraadslaag het om die Messias te vermoor soos wat Jesus self geprofeteer het in Mat 21. Dit is duidelik dat jy dan deel moet uitmaak van die groep wat hul redding in die moord van die erfgenaam verkry?


Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesÍ: Hulle sal my seun ontsien. Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesÍ: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem. En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.


Liefdegroete,
Stefanus

Die Ou Man
10th October 2008, 17:45
Ha ha ha! die afrikaner broederbond is ook vrymesselaars,van 1652-2008 was al die land se presidente 33 graad masons,

SabbatariŽr jy praat uit onkunde. Die Afrikaner Broederbond sou nooit iemand werf wat aan die Vrymesselary of sy organe naamlik die Tafelronde, Lions International, RotariŽrs, ens. behoort het nie.

Kom ons ontleed jou stelling dat alle presidente van SA 33 graad Vrymesselaars was.

Genl. J B M Hertzog (33 graad vrymesselaar), opponeer Genl. J C Smuts (33 graad vrymesselaar) en verslaan hom by die stembus.

Genl. J C Smuts (33 graad vrymesselaar) lei SA in 'n oorlog teen Duitsland en lig Genl. J B M Hertzog (33 graad vrymesselaar) uit die kussings omdat laasgenoemde weier om teen Duitsland oorlog te maak.

Dr. D F Malan (33 graad vrymesselaar) opponeer Genl. J C Smuts (33 graad vrymesselaar) en lig hom uit die Eerste Minister stoel.

F W De Klerk (33 graad vrymesselaar) voer 'n bloedlose staatsgreep op P W Botha (33 graad vrymesselaar) uit en oorhandig die land aan die ANC.

Kan jy sien hoe onlogies jou standpunte is? Daar is geen basis daarvoor nie. Dit is nou loutere sameswerings teorieŽ.

Doen my een guns. Plaas asb een stelling, net een, wat jy kan bewys.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
10th October 2008, 20:56
Ek dink dat die voortrekker monument Ů vrymesselaars tempel is. Of hoe sÍ ek dan nou? groetnis sabbatariŽr
Posted via Mobile Device

SabbatariŽr, terwyl jy nou as kenner na vore kom.

Vertel ons asb. van die verband tussen die Voortrekker Monument, Mapungubwe, Groot Zimbabwe en antieke Egipte.

En indien jy sou bevind dat daar wel so 'n verband bestaan, verduidelik asb waarop sodanige assosiasie gebaseer is.

Moet my nou nie teleur stel nie.

Liefde groete.

Die Ou Man

knipmes
10th October 2008, 21:52
... die verband tussen die Voortrekker Monument, Mapungubwe, Groot Zimbabwe en antieke Egipte...



Nou kom ons nader aan die waarheid. Hierdie gaan 'n interessantre reis worre...

groetnis
knipmes

Leesnet
8th February 2009, 21:29
Ou Man
Interesante webtuiste. As 'n mens na jou avatar en 'signiture' kyk is dit te verstane dat jy nie wil erken dat dat die Voortrekker Monument 'n vrye meselaar gebou is nie.

Stefanus
8th February 2009, 21:44
Ou Man
Interesante webtuiste. As 'n mens na jou avatar en 'signiture' kyk is dit te verstane dat jy nie wil erken dat dat die Voortrekker Monument 'n vrye meselaar gebou is nie.

Leesnet, as ek 'n soektog op die net doen kry ek heelwat "messelaar" losies en hul adresse waar hulle byeenkom maar die Voortrekker Monument kom nie voor nie, dalk kan jy ons meer hieroor inlig.

Die Voortrekker Monument het natuurlik 'n kleurryke geskiedenis, vanaf ontwerp tot hede, kan jy dalk uitbrei oor die ontwerp en oprigting van die geskiedkundige gebou?

Liefdegroete,
Stefanus