PDA

View Full Version : Rundu, Otjiwarongo



Moeder
22nd November 2008, 20:03
Die blou-oog dogtertjie met die dun beentjies staan op die walle van die Groot Okavango, met n tiervis omhoog. Sy voel soos die Koningin van die Noorde. Hier heers en speel sy en haar maats dag na dag en keer eers huis toe as die Groot Okavango die die rooigloed insluk.

Spense word vroegoggend leeg gesnoep vir betaling om n watto te huur vir die dag. Dan roei ons die uitgeholde boomstompe al met die kronkels van die Kavango en gaan baljaar en swem op die sandbanke in die middel van die rivier.

My kinders kyk my ongeloofwaardig aan. Wat van die krokodille? Watter krokodille?" dink ek hardop.Di binne of buite die water. Daar was niks waarvoor ons gestuit het nie. Ek het n wonderlike, avontuurlustige kinderlewe gehad op die oewers van die Kavango, te midde van n oorlog wat geheers het.

Ek keer toe terug na baie jare om my kinders te gaan wys waar ek skoolgegaan het en om die nostalgie met hulle te deel. Die gedagte van, volg in die voetspore van gelukkige kinderdae, het my opgewonde en vol afwagting gelaat en ek kon nie ophou praat nie.

Ek was egter gestil met ongekende hartseer en teleurstelling, terwyl ek tussen die klaskamers deurgeloop het. Die Laerskool Noordgrens met die visarend op sy wapen, was n bouval. Sy was vir my so mooi, so n pilaar. Haar bomskuilings was nie meer skuilings nie en die sandsakke het geskeur en verstrooid gel. Die bomskuilings het as veiligheid gedien, wanneer die mortiere van Angola af op Rundu losgebrand het. Almal het ook bomskuilings in hulle erwe gehad. n Bomskuiling was nie net n skuiling teen bomaanvalle nie, maar n speelplek duisend. Al ooit piekniek gehou in n bomskuiling en dit met "ration packs?"

Rundu se huise en tuine, eens pragtig was verwaarloos en vervalle en soos n kind wou ek opeens weer die stofstrate afhardloop, maar hierdie keer weg, rivier se kant toe, veld se kant toe, want daar was dinge nog dieselfde.

Op die plato van die Waterberge van Suid-Wes het ek eers weer rustigheid gevind. Nie eers toe ons verby die Koedoekoppies, net buitekant Otjiwarongo ry kon ek my hartseer tot bedwang bring nie. n Gelukkige jeug en n diepgewortelde liefde vir hierdie land sou nooit weggeneem kon word nie.

In die rame van my psige is fotos van Kolmanskop verweer deur natuurkragte en dit is goed, fotos van die Spitzkoppe wat Swakopmund se mis soms soos n hoed oor sy kop trek, die wilde see van die Weste en die duine, o die duine wat alles verswelgend is en steeds vir my die mooiste mooi inhou. Ander fotos van aftakeling, verniel en verwoesting deur mens teweeggebring, moet ek verwerk of verwerp.

Die Waterberge tussen Otjiwarongo en Okakarara, is mooi en rein en so ook is my herinneringe aan my kinderdae op n Sandveldplaas, hier aan haar voet.

Ek staan trots en vier hier op die Waterberg en begin te sing: Hart wie kameldornholz ist unzer Land soos ek gestaan het Maandag oggende met saalopening in my laerskool op Otjiwarongo.

Hierna sou ons die Lied van jong Suid-Afrika sing. Jonk en trots op my land, op my liedere, op my mense en my geskiedenis.

My Goddelike Ouers het my gemoed kom stilmaak en in my n ongekende gevoel van oorwinning gelaat.

Vrou tot Volk.

Moeder

Moeder
22nd November 2008, 21:35
Die pragtige Duitse Fort l aan die voet van die Waterberge tussen Otjiwarongo en Okakarara.

http://img213.imageshack.us/img213/9803/waterbergduitsefortzn0.jpg

En hoog teen die berg is hierdie gedenkplaat ter nagedagtenis aan 'n Duitse soldaat. Hierdie kruis bly darem maar mooi en uniek.

http://img402.imageshack.us/img402/7624/waterbergokakararawenkrbc1.jpg

Veertien jaar na die oorlog word ons bomskuiling in Laerskool Noordgrens gebruik as pakstoor.

http://img510.imageshack.us/img510/4287/noordgrensbomskuilingdb1.jpg