PDA

View Full Version : Bekendstelling: Carel



Carel van Heerden
24th November 2008, 07:56
Goeie môre.
Graag wil ek net myself voorstel. Ek is Carel. Het al geruime tyd as gas dié forum besoek en is beďndruk met die gehalte van besprekings asook die mooi wyse waarop verskillende gesigspunte oorgedra word. Dit laat mens welkom voel om ook jou vrae te vra en mening/s te lug.
Hier by ons op die platteland is internet spoed maar stadig, en kragonderbrekings aan die orede van die dag, veral tydens swaar weer. Dit laat beurtkrag na ‘n winskoop lyk. Hoe dit ookal sy – binnekort sal ek van my laat hoor.
Groete.
Carel
:blink:

Die Ou Man
24th November 2008, 07:59
Goede morgen Carel.

Welkom hier en ons sien uit na jou insette.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
25th November 2008, 18:04
Carel.

Ek het jou pos aangaande die kruisiging geskuif na : Lyding van die Messias (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=27). Jou inset skakel in by Pionier se draad.

Jy kan dit vandaar verder neem.

Liefde groete.

Die Ou Man

Carel van Heerden
25th November 2008, 20:00
Dankie DOM vir die redigering en plasing van my vraag ten opsigte van die kruisiging.

Die forum is nog ietwat vreemd vir my. Sal hopelik dit eersdaags onder die knie kry.

Tans besig om die inligting na te lees.

Groete

Carel

Stefanus
25th November 2008, 23:38
Die forum is nog ietwat vreemd vir my. Sal hopelik dit eersdaags onder die knie kry.


Welkom Carel,

Die forum "FAQ" is hier (http://www.wendag.com/forum/faq.php?faq=vb3_board_faq#faq_vb3_board_usage) te kry, gaan deur die en indien jy enige vrae het sal ons poog om jou te help.

Liefdegroete,
Stefanus

knipmes
4th December 2008, 21:00
Carel, welkom hoor!

groetnis
knipmes

Nuwe Man
17th December 2008, 17:36
Hallo Carel

Ek is ook nuut hier.

Goed om jou te ontmoet.