PDA

View Full Version : Hi mense.



Nuwe Man
17th December 2008, 17:32
Oulike webwerf die.:ahand_sos:

Ek het nogal 'n hele paar teologiese vrae gehad my lewe lank en gewonder of daar dalk mense hier is wat antwoorde kan gee.

Ek het op Hoerskool die fout gemaak om my vrae openlik te stel en mymede klasmaats het aan my bewys wat se goeie Christene hulle is deur my in my ribbes te skop en my amper in die swembad te verdrink.:fight:

As gevolg daarvan het ek vir baie jare besluit dat "As ek sulke dinge moet doen om te bewys wat se goeie Christen ek is dan wil ek eerder enige iets anders wees.":mad:

Wel my soeke in die lewe het my baie geleer en ek het seker baie meer van die kerk en Christendom te sien gekry as 'n soort buitestaaner. Ek het natuurlik baie geleer van liefde en almal uiteindelik vergewe en verder ontdek dat ek mense kan genees en dinge manifesteer. Toevallig het my onafhanklike antwoord of "hoe leef mens?" terug gekom na die Tien gebooie toe.

Nou dat ek die webwerf ontdek het dink ek dis nogal 'n goeie (velige) plek om my soekke verder uit te wei.

So dis nou 'n kortlike storie van my.:biggrin:

Nuweman

Stefanus
19th December 2008, 21:21
Welkom by ons "Nuwe Man",

Gesels gerus, ons strewe almal om antwoorde te vind.
Kyk gerus na die "Tien Gebooie van Jahweh (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=99&highlight=tien+gebooie)".

Liefdegroete,
Stefanus

PaulA
26th December 2008, 18:42
Oulike webwerf die.:ahand_sos:

Ek het op Hoerskool die fout gemaak om my vrae openlik te stel en mymede klasmaats het aan my bewys wat se goeie Christene hulle is deur my in my ribbes te skop en my amper in die swembad te verdrink.:fight:

As gevolg daarvan het ek vir baie jare besluit dat "As ek sulke dinge moet doen om te bewys wat se goeie Christen ek is dan wil ek eerder enige iets anders wees.":mad:

Nuweman

It's not dissimilar to the way people were treated during the Inquisition. But, of course, it's just another way that faith is misused. From what I have seen, not many people who have 'faith' of one sort or another actually believe it.

I have worked in Saudi Arabia and Bosnia, both overwhelmingly Moslem countries. They pray 5 times a day, on demand, when the wailing comes from the mosques (in Saudi, at least!) They believe that this alone makes them faithful. But when it comes to writing exams (I am a lecturer,) they will use every trick in the book to cheat. What astounded me is the fact that even those who I knew to be well capable of passing cheated too. The point is, they have no belief in themselves.

Paul