PDA

View Full Version : Die Heilige Gees



Ou Sanna
31st January 2009, 19:13
Ek wag nog vir terugvoer vanaf DOM en andere vir die vorige pos aangaande die vrae wat ek gevra het. Ek wou eers almal se mening daaroor gehad het, maar nietemin gaan ek maar solank voort om die volgende te plaas.

Boeke buite die Bybel het vir my persoonlik baie betrekking op die Bybel self en veral op die Ou Testament.

Ek het al vir 'n geruime tyd gewonder waarom die skrywers van ouds meestal na Wysheid verwys as vroulik?

My siening is dat Wysheid (Vroulik) ook Die Heilige Gees is.....voordat almal nou op my spring, gee kans en kyk wat ek het om te sÍ.

Hieronder is 'n paar uittreksels:

1:6 Wysheid is gees wat vriendelik en liefdevol teenoor mense is. Tog sal Wysheid nie iemand wat sleg praat van GOD daarmee laat wegkom nie.
1:7 Die Gees van GOD is die hele wÍreld vol; ja, dit omvat alles en weet alles wat mense sÍ.

6:12 Wysheid is stralend en onverganklik. Mense wat vir Haar lief is, erken haar dadelik. Die wat haar soek, kry haar sonder probleme.
6:13 Sy maak haarself vinnig bekend by die mense wat Haar begeer.
6:14 Die een wat vroeg in die more opstaan om haar te soek sal nie ver hoef te soek nie - hy sal Haar by sy voordeur vind.
6:16 Sy gaan self rond en soek die wat haar waardig is. Met grasie verskyn sy aan hulle op hulle paaie; ja, Sy ontmoet hulle altyd in elke gedagte.
6:17 Die werklike begin en eerste stap na Wysheid is om opreg te verlang dat Sy jou sal leer. Wie op die manier wil leer, het die Wysheid lief.
6:18 Liefde beteken om Haar wette na te kom; ja, om na Haar wette te luister verseker jou onverganklikheid.
6:19 Onverganklikheid bring jou weer naby aan GOD.
6:20 So lei die begeerte na Wysheid jou na werklike heerskappy toe.
6:21 O, julle prinse oor baie mense, as julle hou van trone en septers, bemin dan die Wysheid sodat julle vir altyd kan regeer.

6:22 Ek sal julle vertel wat Wysheid is en waar Sy vandaan kom. Ek sal niks vir julle wegsteek nie. Ek sal Haar pad saam met julle volg van die skepping af en julle net mooi alles van haar vertel. Julle sal die volle waarheid hoor.

7:1 Ek het daarom daaroor gebid en GOD het my begrip gegee. Ek het tot GOD geroep en die Gees van Wysheid het na my toe gekom.
7:12 Oor al hierdie dinge is ek bly omdat Wysheid dit saam met haar bring. Ek het nie besef dat Sy eintlik die Moeder van al hierdie dinge is nie.
7:13 Ywerig het ek van Haar geleer. Ek vertel vir almal openlik van Haar en steek niks van Haar rykdom weg nie.
7:14 Vir mense is Sy 'n onberekenbare skat. Die persoon wat hierdie skat kry, word ook vriende met GOD, want die vrug van Haar onderrig open die pad na GOD.

Van Johannes sÍ geleerdes dat Johannes hierdie beskrywings geken het en gebruik het om van Jesus te vertel. In Johannes is Jesus nie net die Een wat ons na GOD toe lei en vir ons soos 'n lig is nie, maar Hy is GOD. (Joh 1:1,8 & 20:28)

7:15 Mag GOD aan my die vermoŽ gee om te praat soos Hy wil hÍ en om gedagtes te dink wat pas by wat ek geleer is. Want HY is die gids van Wysheid en die EEN wat die wyse die pad wys.
7:22,23 Ja, Wysheid, wat al hierdie dinge hulle bestaan gegee het, het my geleer. Sy is intelligent, HEILIG, uniek, ........en deurdring alle geeste wat intelligent, rein en terughoudend is.
7:24 Niks kan onder Wysheid uitbeweeg nie. Omdat Sy so rein en suiwer is, dring Sy deur alle dinge.
7:25 Sy is die toonbeeld van die krag van GOD en straal die glorie van die ALMAGTIGE uit. Onreinheid kan dus nie 'n houvas op Haar kry nie.
7:26 Sy is die afstraling van ewige lig, 'n perfekte spieelbeeld van die werk van GOD, 'n beeld van SY goedheid.
7:27 Al is SY NET EEN kan Sy alles doen en nuut maak, howel Sy self nie verander nie. Van geslag tot geslag gaan Sy in Heilige mense in en maak van hulle vriende van GOD en die profete.
7:28 Want GOD het niks anders lief as die mens in wie die Wysheid woon nie.
8:1 Sy strek Haarself magtig uit van die een punt van die aarde na die ander. Sy beheer alle dinge goed.

Hier dink ek dadelik aan die volgende in Gen 1:2

2And the earth was without form, and void; and darkness was upon the face of the deep. And the Spirit of God moved upon the face of the waters.


8:3 Sy doen Haar edele geboorte nog meer eer aan deur by GOD te leef, en GOD van alles het Haar lief.
8:4 Sy ken GOD deeglik en is betrokke by sy werke.
8:13 Sy sal sorg dat ek ontsterflikheid kry.
8:17 .....Saam met Wysheid is daar onsterflikheid.
8:21 Tog het ek besef dat ek nie Wysheid in die hande sou kry as GOD dit nie vir my sou gee nie - dit alleen is al 'n teken van insig om te weet van Wie hierdie gawe kom. Ek het my na GOD gewend en HOM gesmeek en met my hele hart gesÍ:

Hier raak dit nou baie mooi......

9:1 O, GOD van my vaders, Heer wat goed is ver bo wat ons verdien. U het alles gemaak deur net 'n woord te spreek.

Ek lees niks van vorm uit grond ens. nie??????

9:4 Gee my asseblief die Wysheid wat by U troon sit.
9:9 "Wysheid is by U en weet wat U doen. SY WAS TEENWOORDIG TOE U DIE WERELD GEMAAK HET Wysheid verstaan wat U graag wil sien en wat reg is soos U beveel het.

9:10 Stuur Haar asseblief na my toe uit U Heilige Hemele uit en van die Troon van U glorie af, sodat Sy by my kan wees....

Hier kom die volledige "antwoord" nou:

9:17 Wie sou ooit kon weet wat U dink as U nie die Wysheid gegee het en U Heilige Gees van U af, na ons toe gestuur het nie?

Ek hoor graag van almal.

Groete

Die Ou Man
1st February 2009, 09:15
Hier raak dit nou baie mooi......

9:1 O, GOD van my vaders, Heer wat goed is ver bo wat ons verdien. U het alles gemaak deur net 'n woord te spreek.

Ek lees niks van vorm uit grond ens. nie??????

Groete

Ou Sanna.

Die volgende gedeeltes bevestig jou aanhaling.


HebreŽrs 11:3

Deur die geloof verstaan ons dat die WÍreld deur die Woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

2 Petrus 3:5

Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en 'n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God.

Liefde groete.

Die Ou Man

Vicky
1st February 2009, 18:08
Ou Sanna, jou aanhalings in pos 1 is aangrypend. Waaruit het jy dit aangehaal?

Ou Sanna
1st February 2009, 18:29
Ou Sanna, jou aanhalings in pos 1 is aangrypend. Waaruit het jy dit aangehaal?

Hi Vicky

Ek het dit aangehaal uit die Apokriewe Ou en Nuwe Testament.

Om meer presies te wees uit die Die Wysheid Van Salomo - of as jy wil Die Heilige Gees Wat GOD aan Salomo gestuur het, omdat dit presies is waarvoor Salomo tot GOD ALMAGTIG gebid het en toe ontvang het uit genade.

As 'n mens die boek lees besef 'n mens hoe gelukkig Salomo moes gewees het en so ook ander mense wat in daardie tyd so geseŽn was!!

Gelukkig was dit GOD se behae dat hierdie inligting nie vir ons verlore gegaan het nie....ek is ook baie seker dat die "kerk leiers" spesifiek hierdie boek uit die Bybel wou uithou omdat dit soveel inligting bevat wat hulle verkies het om nie aan almal bekend te wees nie - veral in die lig dat vrouens dan van die "2de skeppings verhaal" dan juis uitgemaak moes word as die "ewige skuldige" vir die begin van sonde???

Maar ek gaan vir julle nog voorbeelde uitwys in die ander Apokriewe boeke waar meer as een persoon na Wysheid verwys en raai wat? - ALTYD as 'n vrou; partykeer as mens, maar meestal in die sin van Gees.

Groete

Ou Sanna
1st February 2009, 18:43
Ou Sanna, jou aanhalings in pos 1 is aangrypend. Waaruit het jy dit aangehaal?

Hi Almal

Die onderstaande is verwysings in "Die Wysheid van Salomo" na boeke in die Bybel; die getalle in hakies dui aan ongeveer hoeveel keer na hierdie boeke verwys of deur boeke geÔmpliseer word:

Ou Testament
Genesis (24)
Eksodus (60)
Levitikus (1)
Numeri (2)
Deuteronoium (7)
Josua (1)
Rigters (1)
1 Samuel (1)
2 Samuel (1)
1 Konings (3)
2 Konings (2)
Job (8)
Psalms (22)
Spreuke (13)
Prediker (3)
Jesaja (18)
Jeremia (8)
Daniel (6)
Hosea (1)
Amos (2)
Habakuk (1)
Maleagi (1)

Merkwaardig is dit nie?
Hoe is dit dat so 'n boek dan uit die Bybel gelaat word? Wie het dan die mens soveel mag gegee om namens ander te besluit waarop hulle geestelike lewe met die ALMAGTIGE GOD geskool behoort te word.

Basta!!!!

Vicky
1st February 2009, 19:26
Dis nogal verskriklik insiggewend! Miskien moet jy bietjie hier (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=215) ook gaan lees.

Ou Sanna
2nd February 2009, 12:26
Dis nogal verskriklik insiggewend! Miskien moet jy bietjie hier (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=215) ook gaan lees.

Hi Vicky

Ek het al daardie "links" gevolg en dit bring jou nie fisies by die boeke uit nie, maar slegs by meer inligting rondom hierdie boeke; kon jy die boek opspoor?
Laat maar weet.
Ek sal later weer 'n bietjie oor Wysheid plaas vanuit die Apokriewe Boeke.
Jy moet my ondersteun met die nuwe draad wat ek gaan open i.v.m. die Sabbat - ek is heeltemal deurmekaar of dit dan nou 'n instelling (wet) is wat ons as mense moet onderhou en of is dit ook net van toepassing op die Israeliete.

Ek voel soos die Ou Man...ons as Boerevolk het net een verbond met GOD gesluit en dit is die Bloedrivier verbond van Geloftedag. Ek wil net na die Paardekraal Gelofte ook gaan kyk, want as dit tot GOD gemaak/belowe is dan is dit twee (2). Ek sien nie myself as 'n Israeliet nie, maar eerder as iemand van Europese afkoms - hetsy dit nou van Jafet se afstammelinge.

My siening is dat die wette/gebooie van Moses is deur YHWH (Israel se Heer) aan hulle spesifiek gegee is en die teken daarvoor is dus die besnydenis vir die fisiese teken dat hulle (Israeliete) die wette sal gehoorsaam en sal nakom.

Ek moet erken dat basies al die wette BAIE realisties is en van toepassing is op ons basiese mens wees. Maar wanneer dit kom by "rituele en vergadering" wat ehou moet word is ek baie skepties - maar kom ons bespreek dit onder 'n nuwe draad.

Groete