PDA

View Full Version : Die Wysheid van Salomo



Stefanus
1st February 2009, 22:13
Die Wysheid van Salomo

DEEL 1

DIE LEWE IS GOED SAAM MET DIE WYSHEID EN ONSTERFLIKHEID GAAN DAARMEE SAAM

Hoofstuk 1


Wysheid wil mense op die regte pad help


Sit julle harte daarop om te doen wat reg is, julle wat die aarde regeer. Kry julle gesindheid reg as julle aan die Here dink. Soek in alle eerlikheid na Hom,
want Hy hou van die mense wat Hom nie die hele tyd op die proef stel nie; ja, Hy laat mense sy teenwoordigheid ervaar wat Hom nie die hele tyd bevraagteken nie.
Verkeerde gedagtes veroorsaak 'n kloof tussen God en mens. Die domkop wat God se mag wil toets, sal onder die straf van daardie selfde mag deurloop.
Wysheid sal nie in 'n agterbakse mens inkom nie en nog minder in 'n mens kom bly wat aan sonde verslaaf is.
Die mens wat God s'n is en gedissiplineerd leef, sal vir alle valsheid vlug en van verkeerde gedagtes af wegbly As hy naby verkeerde dinge kom, sal hy dadelik ongemaklik begin voel.
Wysheid is 'n gees wat vriendelik en liefdevol teenoor mense is. Tog sal Wysheid nie iemand wat sleg praat van God daarmee laat wegkom nie. God ken immers sy diepste gevoelens, kyk en sien deur sy hart en luister na wat hy s.
Die Gees van die Here is die hele wreld vol; ja, dit omvat alles en weet alles wat mense s.
Daarom sal niemand wat verkeerde dinge s, daarmee wegkom nie. Hy sal nie die regverdige oordeel van God kan ontglip nie.
Die planne van 'n goddelose mens sal deeglik ondersoek word en die verslag van wat hy ges het, sal aan die Here gegee word. So sal die verkeerde dinge wat hy gedoen het, gestraf kan word.
Ja, God se oor luister fyn en hoor alles. Selfs 'n sagte agteraf gefluister, ontsnap sy ore nie.
Oppas, moenie agteraf onsinnighede kwytraak nie; moenie oor ander mense skinder nie. Wat jy saggies in iemand anders se oor fluister, sal God nie ontglip nie. 'n Geliegery vernietig 'n mens se binneste.



Oppas vir wat jy s en doen - dit kan jou dood beteken


Moenie in die voorportaal van die dood speel deur verkeerd te lewe nie. Moenie jouself vernietig deur dit wat jy doen nie.
God het nie die dood gemaak nie. Hy hou niks daarvan dat mense hulle lewe verloor nie.
Hy het immers alle dinge gemaak om te kan leef. Alles wat in die wreld gemaak is, is goed. Daar is geen kanker in hulle wat hulle sal vernietig nie. Vir die dood is daar op aarde nie plek nie.
Dit wat reg is, ken geen einde nie.
Goddelose mense nooi die dood nader en speel speletjies daarmee deur wat hulle doen en s. Hulle dink die dood is hulle vriend en hulle wil graag naby daaraan wees. Hulle loop hand om die nek daarmee en verdien om in die kloue daarvan te beland.

.

Stefanus
1st February 2009, 22:24
Hoofstuk 2


Die lewe eindig maar net in die dood - of so dink party mense


Die mense wat so verkeerd redeneer, het vir mekaar ges: "Ons lewe is kort en vol hartseer. Teen die dood is daar geen medisyne nie. Daar was immers nog niemand wat uit die dood uit teruggekom het nie.
Ons is maar toevallig gebore en nadat ons dood is, sal dit net so goed wees asof ons nooit daar was nie. Die asem in ons neuse is net rook en ons denke is 'n vonkie wat deur die klop van ons hart aan die gang gehou word.
Wanneer dit geblus word, sal ons liggame tot niet gaan en ons gees sal soos 'n luggie verdwyn.
Met verloop van tyd sal mense selfs ons name vergeet. Niemand sal eers meer onthou wat ons gedoen het nie. Ons lewens sal soos 'n wolkie verdwyn. Soos mis wat deur die strale van die son gejaag word, sal dit verdwyn.
Ons lewensjare gaan soos 'n skadu verby en as die dood ons inhaal, is daar geen kans vir omdraai meer nie. Die dood staan onveranderbaar vas. Niemand kom daarvandaan terug nie.
Kom laat ons daarom die goeie van hierdie lewe geniet. Laat ons alles in die skepping ten volle geniet soos toe ons jonk was.
Laat ons genoeg van die beste wyn drink en onsself vol parfuum gooi. Laat ons nie een lentebloeisel miskyk nie.
Laat ons kranse van roosknoppe op ons koppe sit voor dit dalk verlep.
Laat nie een van ons die wilde feeste misloop nie. Laat ons orals die tekens van ons genot nalaat. Dit is wat vir ons gegee is en dit is ook ons lot.
Laat ons die arm man wat reg lewe, verdruk, ook die weduwee moet ons nie spaar nie. Vir die grysheid van die jare moet ons geen respek h nie.
Laat ons krag bepaal wat reg en wat verkeerd is, want swakheid bring 'n mens niks in die sak nie.



God sal vir die goeie mens sorg, al hou die slegte mense nie van hom nie


Laat ons vir die regverdige man l en wag, want hy is lastig en irriterend. Hy vind mos altyd fout met wat ons doen. Hy vryf dit onder ons neuse dat ons die wet oortree en beskuldig ons daarvan dat ons nie leef soos ons opgevoed is nie.
Hy gee voor dat hy kennis van God het en hy noem homself 'n kind van die Here.
Hy laat ons gedurig sleg voel oor wat ons dink.
Om hom net te sien gee ons al 'n pyn. Sy manier van lewe is so anders as ander mense s'n; ja, so vreemd.
Hy sien ons as oneg en vals. Hy vermy ons manier van lewe asof dit vuilgoed is. Hy roem daarop dat mense wat reg lewe uiteindelik baie gelukkig sal wees en spog daarmee dat God sy Vader is.
Laat ons sien of sy opinie waar is. Laat ons probeer uitvind wat uiteindelik met hom sal gebeur.
As die regverdige man die seun van God is, sal God hom help. God sal hom uit die hande van sy vyande red.
Laat ons hom dus op die proef stel deur hom te beledig en te treiter sodat ons kan uitvind presies hoe saggeaard hy is en ons sy geduld kan beproef.
Laat ons hom tot 'n skandelike dood verdoem. Hy het mos self ges dat God vir hom sal sorg.
Dit is hoe hulle geredeneer het, maar hulle het 'n groot fout gemaak. Hulle eie boosheid het hulle blind gemaak.
Hulle het geen insig gehad in God se diepste planne nie, nog minder het hulle gedink dat mense wat reg lewe, beloon sal word. Hulle het nie rekening gehou met die beloning wat God aan mense sal gee wat niks verkeerd gedoen het nie.
God het die mens gemaak om onverganklik te wees. Hy het hom as beeld van sy eie wese gemaak.
Die duiwel was nie daarmee tevrede nie en deur sy jaloesie het die dood in die wreld ingekom. Die mense wat aan die duiwel se kant staan, sal hierdie dood verseker ervaar.

.

Stefanus
1st February 2009, 22:29
Hoofstuk 3


Goeie mense mag in die lewe swaarkry, maar onsterflikheid by God wag op hulle


Die regverdige mense se lewens is in die hand van God. Angstigheid sal hulle nie oorval nie.
Vir mense sonder insig lyk dit of die regverdiges dood is; ja, dit lyk of die ongeluk hulle getref het.
Dit lyk of hulle vertrek uit hierdie wreld hulfe einde beteken het, maar eintlik het dit vir hulle vrede beteken.
Hulle is wel in die o van mense gestraf, maar hulle was vol hoop op onsterflikheid.
Hoewel hulle tug ervaar het, sal die goeie wat hulle daarna kry die swaarkry by verre oortref, want hulle het God se toets geslaag. God self het besluit dat hulle werd is om by Hom te wees.
Hy het hulle getoets soos die suiwerheid van goud in 'n oond getoets word en Hy het hulle soos 'n offer vir Hom aangeneem.
As die tyd aanbreek dat God hulle liefdevol moet oordeel, sal hulle helder skyn en opflikker soos vonke in 'n vuur.
Hulle sal die nasies oordeel en oor die mense regeer. Die Here sal weer vir ewig oor hulle regeer.
Die wat op die Here vertrou, sal weet wat waar is. Die wat getrou is in liefde sal (in liefde) by Hom bly. Sy goedheid en genadige liefde bly by die mense wat Hy vir Homself afgesonder het. Hy versorg die wat Hy vir Homself gekies het.
Maar die goddeloses, met hulle astrante houding, sal die straf kry wat hulle verdien; ja, hulle het mos niks gevoel vir die persoon wat reg opgetree het nie en het hulle rug vir die Here gedraai.
'n Mens kan daardie persoon maar net jammer kry wat sy neus optrek vir goeie raad en leiding oor hoe om te leef. Hy hoop op niks en alles wat hy doen, is tevergeefs; sy werke is sonder enige waarde.
Hulle vrouens weet nie wat om hulle aangaan nie en hulle kinders is sleg. Daar is 'n vloek op elke kind van hulle wat gebore word.
Gelukkig is die vrou wat, al is sy kinderloos, tog rein gebly het; wat nie teen die wet van die Here in 'n verbode huwelik ingegaan het nie. As die Here se genadige oordeel kom, sal sy die vrug van haar dade geniet.
Gelukkig is ook die eunug wat niks verkeerd gedoen het nie en niks slegs teen die Here bedink het nie. Die Here sal aan hom spesiale guns bewys vir die feit dat hy so getrou was. Hy sal 'n aangename deel in die tempel van die Here gegee word.
Die vrug van goeie dade is soet en die wortel van begrip en wysheid staan onwrikbaar vas.
Die kinders van slegte vrouens sal voor hulle tyd doodgaan en die persoon wat uit 'n onwettige saamslapery gebore is, sal verdwyn.
Hulle mag dalk lank lewe, maar niemand sal vir hulle respek h nie. Selfs in hulle oudag sal eer hulle nog steeds ontwyk.
As hulle skielik sterf, sterf hulle sonder hoop. Hulle het niks wat hulle vir die oordeelsdag kan troos nie.
Verskriklik is die einde van sulke slegte mense.

.

Stefanus
1st February 2009, 22:35
Hoofstuk 4


Wees deugsaam - dit is die moeite werd


As jy moet kies tussen die voorreg om kinders te h of om deugsaam te wees, kies laasgenoemde. Deugsaamheid word nooit vergeet nie, want dit is vir God net so belangrik soos vir mense.
Waar mense deugsaamheid tekom, wil hulle graag net so wees. As dit nie meer daar is nie, verlang hulle daarna. Deur al die eeue heen wen deugsaamheid altyd weer; ja, stap deugsaamheid keer op keer met die goue medalje in die lewenstryd weg.
Die baie kinders van goddelose mense beteken niks nie. Hierdie kinders wat net afgode dien, sal nooit vastigheid ken nie - hulle sal nrens behoorlik wortelskiet of enigsins vas op 'n fondament kan staan nie.
Vir 'n rukkie lyk hulle soos takkies baie mooi. Tog sal hulle deur die wind geruk word omdat daar geen krag in hulle is nie. Die krag van die stormwinde sal hulle uit die grond uit ruk.
Voor die takkies kan grootword, sal hulle afgebreek word. Hulle vrugte sal niks werd wees nie - dit sal te groen wees om te €et en 'n mens sal dit vir net mooi niks anders kan gebruik nie.
As ouers van kinders wat uit ontoelaatbare verhoudings gebore is voor God se regterstoel staan, sal daardie kinders as getuies van die boosheid van hulle ouers geroep word.
Die man wat leef soos God wil, mag miskien vroeg doodgaan, maar hy sal rus vir sy siel h.
'n Eervolle lewe word nie in terme van tyd of jare gemeet nie.
Werklike insig en begrip maak mense volwasse. Lewensondervinding gaan met 'n skoon lewe saam.



Om vroeg dood te gaan is nie noodwendig sleg nie


God het daardie man lief wat sy hart gelukkig maak. Tog is daardie man weggeneem onder die klomp sondaars uit.
Hy is onder hulle uit weggeneem sodat hulle boosheid nie sy denke kon besoedel nie en hy nie deur bedrog op die verkeerde pad gelei kon word nie.
Die verlokkinge van die boosheid kon maklik in die pad kom staan van dit wat reg is. Om agter sy begeertes aan te stap kan die opregte persoon die pad laat byster raak.
In 'n kort tydjie het hy geword soos God hom wou gehad het, en so het hy die doel bereik wat normaalweg eers na baie jare bereik word.
Die Here het baie van hom gehou en het hom daarom vinnig tussen die klomp bose mense uit weggeneem.
Die bose mense het dit gesien, maar nie verstaan nie. Hulle het glad nie besef dat God genadig en baie goed is vir sy uitverkorenes nie en dat Hy sorg vir die mense wat aan Hom behoort nie.
Ja, hoewel hierdie regverdige man dood is, sal hy eendag die goddelose mense veroordeel wat nou nog lewe. Die jongman wat geleef het soos die Here wil, maar nou dood is, sal die ou man wat nie reg lewe nie, veroordeel.
Die bose mense sien dat die wyse man doodgaan en verstaan glad nie wat die Here in gedagte het of die veiligheid waarin die Here die persoon hou nie.
Hulle sal die wyse man sien doodgaan en hom verag; maar die Here sal weer met minagting vir hulle lag. Die dood sal hulle ook inhaal en dan sal niemand hulle liggame eer nie. Onder die dooies sal hulle vir altyd gespot word,
want Hy sal hulle platslaan. Hulle sal op die grond l sonder dat hulle 'n woord kan uitkry; tot in hulle fondamente sal hulle geskud word. Totaal hulpeloos en verlate sal die Here hulle los. Smart sal hulle oorweldig en hulle sal gou vergeet word.
As hulle sondes bymekaargetel word, sal hulle van kop tot tone van vrees bewe. Hulle wettelose dade sal openlik as bewys vir hulle skuld dien.

.

Stefanus
1st February 2009, 22:42
Hoofstuk 5


Spyt kom te laat


Die regverdige man sal dan met groot selfvertroue voor die mense staan wat hom so sleg behandel het en niks van hom gedink het nie.
As hulle hom sien, sal hulle bewe van die vrees. Hulle sal verbaas staan oor die feit dat hy gered is op 'n manier wat hulle glad nie verwag het nie.
Terwyl hulle hulle fout besef en swaar kreun en sug onder die swaar las wat op hulle gewete rus, sal hulle vir mekaar s: "Hierdie is die einste man wat ons vroer gespot en uitgelag het.
"Hoe onnosel was ons nie! Ons het gedink hy het nie al sy varkies nie en dat hy in skande dood is.
"Kyk nou net: nou word hy onder die seuns van God getel. Ja-nee, hy is nou een van die mense wat vir God afgesonder is.
"So, dit was dus eintlik ons wat van die waarheid afgedwaal het. Die lig van geregtigheid het nie oor ons geskyn nie en die son het vir ons nie opgekom nie.
"Ons het oorgenoeg gehad van die paaie van wetteloosheid en vernietiging. Ons het deur woestyne getrek waar daar nie eers paaie was nie en tog het ons sowaar nie die pad van die Here geken nie
"Wat het hierdie arrogante houding ons nou in die sak gebring? Wat het al ons geld en die status wat dit ons gegee het nou juis vir ons beteken?"



Die lewe vlieg verby ... en wat laat jy na?


"Soos 'n skaduwee het al daardie dinge verbygegaan; ja, soos 'n fluistering.
"As 'n skip deur die golwe klief, is daar geen teken van hom as hy eers verby is nie. 'n Mens kan sy pad nie meer sien nie.
"As 'n vol eers verbygevlieg het, is daar geen teken meer oor van haar vlug nie. Haar vlerke se slag skeur die lug met die lawaai van hul bewegings, maar daarna weet 'n mens nie waar die vlug haar heen geneem het nie.
"Of, as 'n pyl op 'n kol afgeskiet word, skeur dit deur die lug. Die lug vou egter weer toe en niemand weet meer waar die pyl deurgetrek het nie.
"Net so was dit met ons. Ons is gebore, maar het ook weer aan ons einde gekom. Ons het geen teken van enigiets wat die moeite werd was of nagevolg kan word, agtergelaat nie. Ons boosheid het ons heeltemal verteer."
Want die hoop van die bose mens is soos stof wat deur die wind weggewaai word. Soos 'n wolkie word dit deur die stormwind weggewaai; ja, dis soos rook in die wind. Dit word so gou vergeet soos iemand wat net vinnig by jou kom inloer.



Die Here sal beloon, maar ook straf


Die wat reg en goed gelewe het, sal vir ewig lewe. Die Here sal hulle beloon en die Allerhoogste sal vir hulle sorg.
Die Here sal hulle konings maak en vir hulle krone op hulle koppe sit. Die Here sal hulle beskerm en hulle teen gevare bewaar.
Die opregte en diep gevoel wat God vir hulle het, is vir Hom soos oorlogsklere. Hy sal die skepping bewapen om sy vyande te te staan.
Hy sal geregtigheid dra om sy bors teen aanvalle te beskerm en absolute regverdigheid sal soos 'n helm wees wat sy kop beskerm.
Onoorwinlike heiligheid sal sy skild wees
en sy skerp woede sal sy swaard wees. Die skepping sal saam met hom teen al die dom mense sonder verstand veg.
Weerligstrale sal akkuraat uit die wolke slaan soos 'n pyl wat presies op die kol afgeskiet is.
Haelstene van woede sal soos uit kanonne afgevuur word. Die golwe van die see sal teen hulle slaan en die riviere sal hulle skielik oorstroom.
Ja, geweldige wind sal teen hulle aangejaag kom en die stormwind sal hulle wegwaai. Op di manier vernietig mense wat nie die wil van die Here wil doen nie die aarde. Ja, hierdie klomp misdade sal konings hulle koninkryke laat verloor.

.

Stefanus
1st February 2009, 23:06
Die Wysheid van Salomo

DEEL 2

DlE OORSPRONG EN AARD VAN WSHEID EN HOE OM DIT TE KRY

Hoofstuk 6


Mense in belangrike posisies moenie hulle mag misbruik nie - die Here hou hulle dop


Luister mooi, o konings, en laat dit insink. Leer, o regters, oor die hele wreld.
Gee aandag, julle wat oor derduisende mense regeer en met baie nasies spog.
Want dit is die Here wat vir julle die mag gegee het. Die Allerhoogste het julle in die soewereine posisies geplaas. Hy sal navrae doen oor wat julle doen en ondersoek instel na julle planne.
Want hoewel julle dienaars in sy koninkryk is, het julle nie reg regeer nie en het julle ook nie die wet gehou nie. Julle het nie volgens die wil van Godgeleefnie.
Hy sal julle vinnig en verwoed tref, want mense in ho posisies word strenger geoordeel.
Die onbelangrike persoon mag uit genade vergewe word, maar die persone in magtige posisies sal aan baie streng toetse onderwerp word.
Die Here wat oor alles regeer, behandel almal dieselfde; Hy is nie bang vir belangrike mense nie. Hy het immers self die belangrike sowel as die onbelangrike gemaak en Hy sorg vir al twee op dieselfde manier.
Die mense in magtige posisies sal deeglik rekenskap moet gee van wat hulle gedoen het.
Ek praat dus met julle, o prinse, sodat julle die kuns om reg te lewe sal bemeester en nie verkeerde dinge sal doen nie.
As 'n persoon heilige dinge in heiligheid doen, sal God hom meer heilig maak. Mense wat deur hierdie skool gegaan het, sal weet hoe om hulle optrede te regverdig.
Smag daarom na my woorde. Verlang daarna, en so sal julle leer wat om te doen.



Soek die Wysheid


Wysheid is stralend en onverganklik. Mense wat vir haar lief is, herken haar dadelik. Die wat haar soek, kry haar sonder probleme.
Sy maak haarself vinnig bekend by die mense wat haar begeer.
Die een wat vroeg in die mre opstaan om haar te soek sal nie ver hoef te soek nie - hy sal haar by sy voordeur vind.
Om jou gedagtes op haar te vestig is die beste ding wat 'n goeie mens kan doen. Hy wat ywerig is vir Wysheid sal gou geen bekommernis meer oorh nie.
Wysheid gaan self rond en soek die wat haar waardig is. Met grasie verskyn sy aan hulle op hulle paaie; ja, sy ontmoet hulle altyd in elke gedagte.
Die werklike begin en eerste stap na Wysheid is om opreg te verlang dat sy jou sal leer. Wie op die manier wil leer, het die Wysheid lief.
Liefde beteken om haar wette na te kom; ja, om na haar wette te luister verseker jou van onverganklikheid.
Onverganklikheid bring jou weer naby aan God.
So lei die begeerte na wysheid jou na werklike heerskappy toe.
O, julle prinse oor baie mense, as julle hou van trone en septers, bemin dan die Wysheid sodat julle vir altyd kan regeer.



Kom leer oor die Wysheid


Ek sal vir julle vertel wat Wysheid is en waar sy vandaan kom. Ek sal niks vir julle wegsteek nie. Ek sal haar pad saam met julle volg van die skepping af en julle net mooi alles van haar vertel. Julle sal die volle waarheid hoor.
Allesverterende jaloesie sal julle ook nie by my kry nie, want jaloesie en Wysheid sit glad nie langs dieselfde vuur nie.
'n Massa wyse manne is die redding van hierdie wreld en 'n verstandige koning is soos 'n pilaar vir sy mense.
Leer dus uit my woorde, want dit sal vir julle baie voordeel inhou.

Stefanus
1st February 2009, 23:51
Hoofstuk 7


Alle mense word op dieselfde manier gebore


Ek is 'n gewone, sterflike mens nes al die ander. Ek stam ook van die eerste mens af wat op aarde gemaak is. In my moeder het ek tot 'n mens gegroei.
Oor 'n periode van tien maande is ek deur die plesier van 'n huwelik gevorm uit bloed en die saad van 'n man.
Toe ek gebore is, was gewone lug ook my eerste asemteug. Net soos enige ander mens het ek ook by geboorte op die grond geval en 'n skreeu was ook my eerste geluid.
Ek is in doeke toegedraai en goed versorg.
Geen koning is op 'n ander manier gebore of het 'n ander begin gehad nie.
Vir alle mense is daar net een manier om in hierdie wreld in te kom en een manier om uit die wreld uit te gaan.



Wysheid maak al die verskil


Ek het daarom daaroor gebid en God het my begrip gegee. Ek het tot God geroep en die gees van Wysheid het na my toe gekom.
Ek het haar bo trone en septers verkies. Geld was niks in vergelyking met haar nie.
Die kosbaarste edelgesteente kom nie naby haar nie. Al die goud lyk maar soos 'n hopie sand in haar teenwoordigheid. Voor haar lyk silwer soos stof.
Ek het haar liewer as gesondheid of skoonheid. Ek verkies haar bo lig, want die lig wat sy uitstraal, word nooit geblus nie.
Saam met haar kry ek al die goeie dinge. In haar hand is daar onberekenbare rykdom.
Oor al hierdie dinge is ek bly omdat Wysheid dit saam met haar bring. Ek het nie besef dat sy eintlik die moeder van al hierdie dinge is nie.
Ywerig het ek van haar geleer. Ek vertel vir almal openlik van haar en steek niks van haar rykdom weg nie.
Vir mense is sy 'n onberekenbare skat. Die persoon wat hierdie skat kry, word ook vriende met God, want die vrug van haar onderrig open die pad na God.
Mag God aan my die vermo gee om te praat soos Hy wil h en om gedagtes te dink wat pas by wat ek geleer is. Want Hy is die gids van Wysheid en die Een wat die wyse die pad wys.
Ons en ons woorde is in sy hand en dit is nie al nie: Alle begrip en vaardigheid om dinge te maak, kom ook uit sy hand.
Hy het my die ware kennis gegee van alles wat bestaan sodat ek weet hoe hierdie wreld aanmekaargesit is en hoe al die elemente in die skepping werk.
Hy het my die kennis gegee van die begin en die einde en die middel van die tye, hoe die son sy gang verander en dae langer en korter word asook hoe die seisoene verander;
van die loop van die jaar, die posisie van die sterre,
die aard van diere en die woede van wilde diere, die magte van die winde en die redenasies van mense, die verskillende plante en die nut van wortels.
Ek het nie net geheime dinge geleer nie, maar ook dit wat oop en bloot is.
Ja, Wysheid, wat al hierdie dinge hulle bestaan gegee het, het my geleer. Sy is intelligent, heilig, uniek, veelsydig, fyn, aanpasbaar, ongekompliseerd, rein, selversekerd, nie fyngevoelig nie, vol liefde vir die goeie, skerp, altyd reg om goed te doen, vriendelik teenoor mense, vas van karakter, vol selfvertroue, sonder allerhande sorge, baie kragtig, bewus van alles en deurdring alle geeste wat intelligent, rein en terughoudend is.
Niks kan onder Wysheid uitbeweeg nie. Omdat sy so rein en suiwer is, dring sy deur alle dinge.
Sy is die toonbeeld van die krag van God en straal die glorie van die Almagtige uit. Onreinheid kan dus nie 'n houvas op haar kry nie.
Sy is die afstraling van ewige lig, 'n perfekte spielbeeld van die werk van God, 'n beeld van sy goedheid.
Al is sy net een kan sy alles doen en alles nuut maak, hoewel sy self nie verander nie. Van geslag tot geslag gaan sy in heilige mense in en maak van hulle vriende van God en die profete.
Want God het niks anders lief as die mens in wie die Wysheid woon nie.
Sy is mooier as die son, en die sterre kom nie naby haar nie. Selfs lig kan nie met haar vergelyk word nie.
N lig kom die nag, maar boosheid sal nooit in die plek van Wysheid kan kom nie.

Sy strek haarself magtig uit van een punt van die aarde na die ander.

.

Stefanus
2nd February 2009, 18:34
Hoofstuk 8


Niks kan die Wysheid oortref nie


Sy beheer alle dinge goed.


Ek het haar liefgehad en van my jong dae af na haar gesoek. Ek wou haar as 'n vrou vir my neem. Ek was deur haar skoonheid betower.
Sy doen haar edele geboorte nog meer eer aan deur by God te leef, en die Here van alles het haar lief.
Sy ken God deeglik en is betrokke by sy werke.
As rykdom iets is wat 'n mens bitter graag wil h, waar kry 'n mens groter rykdom as die Wysheid wat alle dinge tot stand bring?
En as intelligensie dinge laat gebeur, wie in die wye wreld kan dinge beter laat gebeur as die Wysheid?
Hou jy daarvan dat dinge reg verloop? So is die Wysheid - wat sy ioen, is goed en deugsaam. Sy leer mense selfbeheersing en deugsaamheid, geregtigheid en dapperheid. Niks in die lewe is vir die mens beter ts dit nie.
Wil jy graag baie weet? Wysheid weet wat lank terug gebeur het en het 'n goeie aanvoeling vir dit wat nog gaan kom. Sy verstaan hoe taal werk en kan raaisels oplos. Tekens en wonders ken sy vooraf. Sy weet waarheen die eeue lange geskiedenis op pad is.



Wysheid verander jou hele lewe


Ek het vas besluit om haar by my te laat woon, want ek het geweet dat sy vir my uitstekende raad sal gee; en nie net dit nie, sy sal my ook moed inpraat as dit swaar gaan of as ek hartseer is.
Sy sal maak dat ek onder die menigtes in status sal groei en in die teenwoordigheid van die ouer leiers geer sal word, al is ek nog jonk.
Ek sal goeie besluite neem en onder die regeerders bewondering wegdra.
As ek stilbly, sal hulle geduldig wag en as ek praat, sal hulle luister. As ek met nog meer oortuiging praat, sal hulle heeltemal stilbly.
Sy sal sorg dat ek onsterflikheid kry. Mense wie se paaie met myne kruis, sal my vir altyd onthou.
Ek sal oor volke heers en nasies sal my onderdane wees.
Wrede tiranne sal bang word as hulle my naam hoor. Tussen my eie mense sal ek wys dat ek my man kan staan en dat as die oorlog kom, ek 'n dapper vegter is.
As ek by die huis kom, sal ek by Wysheid rus vind. 'n Mens voel nooit onvergenoegd of bitter by haar nie. 'n Lewe saam met haar het geen pyn nie; inteendeel, dit maak 'n mens net bly en vol vreugde.
Ek het op my eie oor hierdie dinge nagedink en gemediteer. Saam met Wysheid is daar onsterflikheid.
Vriendskap met haar is pure plesier. Wat sy doen, is onskatbaar waardevol. Saam met haar begin dinge sin maak. Deur met haar te gesels bring vir jou roem. Ek het dit besef en daarom het ek gaan soek om haar vir myself te vind.
As jongman was ek fisiek goed gebou en het 'n mooi persoonlikheid gekry.
Of liewer, aangesien ek 'n mooi en edel persoonlikheid gehad het, het ek 'n pragtige liggaam gekry.



Gebed om wysheid


Tog het ek besef dat ek nie wysheid in die hande sou kry as God dit nie vir my sou gee nie - dit alleen is al 'n teken van insig om te weet van Wie hierdie gawe kom. Ek het my na die Here gewend en Hom gesmeek en met my hele hart ges:

.

Stefanus
2nd February 2009, 18:39
Hoofstuk 9


Gebed om wysheid


"O God van my vaders, Heer wat goed is ver bo wat ons verdien. U het alles gemaak deur net 'n woord te spreek.
"In u wysheid het U mense aangestel om te heers oor alles wat U gemaak het.
"Hulle moet die wreld reg regeer, net soos U dit wil h. As hulle 'n besluit neem, moet dit eerlik en regverdig wees.
"Gee my asseblief die Wysheid wat by u troon sit. Moet my asseblief nie van u kinders af wegstoot nie.
"Want ek dien U voluit, ek, die seun van die vrou wat U ook dien. Ek is 'n swak mens wat ook gou sal doodgaan. Dikwels weet ek nie wat om te besluit as ek in die hof uitspraak moet lewer nie.
"'n Mens mag miskien tussen ander gewone mense perfek lyk, maar sonder Wysheid wat van U af kom, is 'n mens eintlik niks.
"U het my as koning oor u volk gekies en as regter oor u kinders aangestel.
"U het vir my opdrag gegee om 'n tempel op u heilige berg te bou en 'n altaar in die stad waar U self woon - 'n kopie van die heilige tabernakel wat U van die begin af voorberei het.
"Wysheid is by U en weet wat U doen. Sy was teenwoordig toe U die wreld gemaak het. Wysheid verstaan wat U graag wil sien en wat reg is soos U beveel het.
"Stuur haar asseblief na my toe uit u heilige hemele uit en van die troon van u glorie af, sodat sy by my kan wees en saam met my kan werk. So sal ek kan agterkom wat U gelukkig maak.
"Immers, sy weet en verstaan alle dinge en sal my verstandig lei in alles wat ek doen. Omdat sy so groot en belangrik is, sal sy my ook beskerm.
So sal U hou van wat ek doen en ek sal die regte besluite oor u mense neem. Ek sal nie die troon van my Vader in die skande steek nie.
"Watter mens weet wat God dink, of wie kan die wil van die Here peil?
"Mense se argumente is niks werd nie en hulle planne is allesbehalwe seker.
"Die liggaam wat buitendien sal vergaan, rus swaar op die siel; hierdie aardse tent is net 'n las vir die mens wat hom oor alles bekommer.
"Ons kan onsself al die dinge op aarde skaars voorstel. Dinge wat voor die hand liggend is, is vir ons swaar om te peil. As dinge nou nog in die hemel is, hoe sal ons dit ooit kan deurgrond?
"Wie sou ooit kon weet wat U dink as U nie die Wysheid gegee het en u Heilige Gees van U af na ons toe gestuur het nie? So is die paaie van die mense op die aarde reguit gemaak en mense kon leer wat U gelukkig maak. Ja, ons is deur Wysheid gered."

.

Stefanus
2nd February 2009, 18:51
Die Wysheid van Salomo

DEEL 3

DIE ROL VAN WYSHEID IN DIE GESKIEDENIS VAN ISRAEL, MET DIE FOKUS OP DIE REDDING UIT EGIPTE

Hoofstuk 10


Die Wysheid help vir Adam


Die Wysheid het Adam, die aartsvader van alle mense, wat eerste geskape is, bygestaan toe hy n die skepping alleen was. Sy het hom na sy geboorte versorg
en het aan hom die krag gegee om oor alle dinge te heers.
Kain het verkeerde dinge aangevang en sy rug in woede op haar gedraai. Die woede waarmee hy sy broer doodgemaak het, het hom verteer.
Oor hierdie sondige gedrag is die aarde oorstroom, maar die Wysheid het tot die redding gekom deur 'n regverdige man, Noag, op 'n eenvoudige stuk hout oor die water te help.
Toe die nasies in totale boosheid begin wegsak het, het sy geweet van die regverdige Abraham en hom gehelp om sonder skuld voor God te kan staan. Sy het hom gehelp om by sy besluit te bly, al was dit ten koste van die liefde vir sy seun, Isak.



Lot se verhaal wys wat gebeur as jy
jou nie aan die Wysheid steur nie


Sy het die regverdige Lot gered onder die slegte mense uit wat besig was om te vergaan. So kon hy die vuur ontsnap wat uit die hemel op Pentapolis neergesak het.
Die bewyse van hulle boosheid is vandag nog te sien: daar is die kaal en rokende stuk land met plante wat vrugte dra wat nie wil ryp word nie; daar is ook 'n soutpilaar wat daar staan as teken van Lot se vrou wat nie wou glo nie.
Hulle het hulle nie aan die Wysheid gesteur nie. Hulle het nie regtig geweet wat goed is nie en het boonop nog vir die mense die bewyse van hulle domastrantheid nagelaat. So sal die gemors wat hulle gemaak het, nooit weggesteek of vergeet kan word nie.



Wysheid maak Jakob magtig


Wysheid het die mense wat haar dien uit die moeilikheid gehelp.
Sy het die regverdige Jakob wat vir sy woedende broer moes vlug, op die regte pad gelei. Sy het vir hom die koninkryk van God gewys en vir hom die kennis van heilige dinge (engele) gegee. Sy het gesorg dat wat hy gedoen het 'n sukses was en die goeie resultate daarvan vermeerder.
Sy het hom bygestaan en ryk gemaak ten aanskoue van mense wat hom in hulle gulsigheid wou bedrieg.
Sy het hom teen sy vyande beskerm. Teen di wat strikke vir hom gestel het, het sy hom beskut. In woeste konflikte het sy hom laat wen so dat hy kon besef dat toewyding aan die Here 'n mens magtiger maak as enigiets anders.



Wysheid staan Josef en sy mense by


Toe die regverdige Josef verkoop is, het die Wysheid hom nie in die steek gelaat nie, maar teen die sonde beskerm. Sy is saam met hom die tronk in
en het hom daar nie alleen gelaat nie. Uiteindelik het sy hom koning gemaak en mag gegee oor al die mense wat hom voorheen onderdruk het. Sy het gewys dat die mense wat hom beskuldig het, gelieg het. Sy het vir hom roem gegee wat nooit sou ophou nie.
Sy het die heilige mense en onskuldige volk gered uit die kloue van die Egiptenare wat hulle onderdruk het.
Sy het van Moses, die dienskneg van die Here, besit geneem. Sy het wrede konings met tekens en wonders weerstaan.
Sy het die werke van die heiliges beloon en hulle op wonderlike paaie gelei. Deur die dag was sy vir hulle 'n beskutting en in die nag soos die lig van sterre.
Sy het hulle oor die Rooisee laat trek en hulle deur diep water gelei.
Hulle vyande, die Egiptenare, het sy laat verdrink en hulle toe weer uit die dieptes van die see laat opkom.
Die regverdiges kon daarom alles buitmaak wat eers aan die goddeloses behoort het. Hulle het in liedere, o Here, u heiligheid besing. Uit een mond het hulle U geloof en geprys omdat U hulle verdedig het.
Daarvoor het die monde van die stommes oopgegaan en babas het helder en duidelik gepraat - daarvoor het Wysheid gesorg.

.

Stefanus
2nd February 2009, 18:57
Hoofstuk 11


Die straf van die Egiptenare is tot voordeel van die Jode


Deur die heilige profeet Moses het die Wysheid die Israeliete die regte dinge laat doen.
Hulle het deur die onbewoonde wildernis getrek en in verlate plekke hulle tente opgeslaan.
Hulle het hulle man teen hulle vyande gestaan en hulle testanders uitoorl.
Toe hulle dors was, het hulle na U geroep en toe water uit 'n soliede rots gekry. Uit harde steen het hulle hulle dors geles.
Die straf wat hulle vyande getref het, was vir die Israeliete in hulle nood tot voordeel.
In Egipte is opdrag gegee dat die babas van Israel doodgemaak moes word. Die Egiptenare is daarvoor gestraf: hul standhoudende rivier is van sy oorsprong af deur bloed besoedel.
U het egter aan u mense bo hulle verwagting 'n oorvloed van water gegee.
U het vir hulle gewys hoe U hulle vyande straf deurdat hulle self baie dors geword het. U het u volk vir 'n rukkie getoets, hoewel U hulle so deur u genade op die regte pad gehou het.
So kon hulle duidelik agterkom dat die goddeloses geweldig gely het omdat u woede hulle getref het.
U het u mense beproef, net soos 'n pa as hy sy kinders die gevare van die lewe wil leer. Die goddeloses moes egter deurloop net soos wanneer 'n streng koning mense verdoem.
Of die mense nou ver of naby was, hulle het ewe kwaai deurgeloop en het ewe swaar gekry.
Die Egiptenare is met dubbele slae geslaan. Aan die een kant het hulle gekreun en gekla oor die dinge wat in die verlede gebeur het.
Aan die ander kant moes hulle hoor dat die regverdige Israel uit hulle straf voordeel getrek het. Hulle het toe besef dat die Here aan die werk is.



Waardeur jy sondig, daardeur word jy gestraf


Hulle het Moses, vir wie hulle uitgegooi het toe hy nog klein was, gespot en verwerp. Uiteindelik moes hulle hom egter bewonder, nadat hulle op 'n manier dors was wat heeltemal van die regverdiges se dors verskil het.
Hulle koppe was vol dom en dwase gedagtes, wat veroorsaak het dat hulle redelose slange en nuttelose diere aanbid het. Daarom het U groot swerms redelose diere en insekte na hulle toe gestuur om hulle te straf.
So sou hulle gou besef dat dit waardeur jy sondig, daardeur word jy ook gestraf.
Die wreld is deur u almagtige hand uit vormlose materie geskep. Hierdie almagtige hand kon en het ook 'n groot trop bere of wilde leeus na hulle toe gestuur.
Die skeppingshand kan ook onbekende wreedaardige diere nuut skep, wat vuur uit hulle monde skiet, dik bolle rook uitblaas of uit hulle o skrikwekkende vlamme laat flits.
Hierdie diere kon hulle nie net aanval en heeltemal vernietig nie; nee, om bloot net hierdie verskriklike diere te sien kon maak dat iemand hom doodskrik.
Die diere was eintlik nie nodig nie. U kon hulle met een hou platvee wanneer hulle in U vasloop en uitmekaargeblaas word deur u kragtige asem. Maar U het alles gerel volgens maat en nommer en gewig.



Tog is die Here se liefde en genade groot


U kan altyd u groot mag wys. Wie kan ooit u krag teenstaan?
Ja, voor U is die hele wreld soos 'n korreltjie op 'n skaal, soos 'n druppel mredou wat op die grond val.
Maar U het met almal genade, want U kan alles doen. U kyk by mense se sondes verby sodat hulle hulle kan bekeer.
U het alles lief wat bestaan. U verag niks wat U gemaak het nie. U sou tog nie iets gemaak het waarvan U nie hou nie.
Hoe sou enigiets kon bly bestaan as U dit nie so wou gehad het nie? Of hoe sou enigiets kon bly bestaan as U dit nie daardie bestaan gegee het nie? U spaar alle dinge omdat dit aan U behoort, o Here, U wat die lewendes liefhet.

.

Stefanus
2nd February 2009, 19:53
Hoofstuk 12


Die Here help mense reg


U Gees wat nooit kan vergaan nie, is in alle dinge. Daarom help U mense wat verkeerd leef bietjie vir bietjie reg.
U waarsku hulle en herinner hulle aan die sondes waarin hulle geval het sodat hulle kan loskom van die verkeerde dinge en op U kan vertrou, o Heer.
U het daardie mense gehaat wat lank terug in u heilige land gewoon het
omdat hulle veragtelike dinge gedoen het; ja, met toordery en onheilige rites het hulle hulleself besig gehou.
Hulle het hulle kinders genadeloos vermoor en offermaaltye van mensvleis en bloed geet.
U het besluit om hierdie ouers wat hulle hulpelose kinders vermoor deur ons voorvaders te vernietig.
So kon die kinders van God die land wat vir U so kosbaar is, as waardige bewoners ontvang.
Maar selfs hierdie mense het U gespaar omdat hulle maar net mense was. Tog het U perdebye gestuur as voorlopers van u weermag om hulle bietjie vir bietjie te vernietig.
Dit is nie asof U nie in staat was om die regverdiges die oorlog teen die goddeloses te laat wen nie; of om hulle in 'n oogwink uit te wis deur verskriklike wilde diere of net deur een harde woord nie.
Deur hulle bietjie vir bietjie te oordeel het U hulle kans gegee om hulleself te bekeer, hoewel U geweet het dat hulle van binne af sleg was, en dit van hulle geboorte af. U het geweet dat hulle nooit hulle denke sal verander nie.
Hulle was van die begin af 'n vervloekte klomp mense. Dit was ook nie omdat U vir enigiemand bang was dat U hulle sonde ongestraf gelaat het nie.



Wie kan die Here voorskryf?


Want wie kan vir U s: "Wat het Jy gedoen?", of wie kan u besluite verander? Wie kan U beskuldig omdat U volke vernietig het? Of wie kan voor U kom staan en die onregverdiges probeer verdedig?
Daar bestaan ook nie 'n ander god behalwe U wat vir mense omgee nie, sodat U dus nie teenoor hom hoef te bewys dat U regverdig geoordeel het nie.
Nog minder kan enige koning of prins U tot verantwoording roep namens die mense wat U gestraf het.
U is regverdig en U regeer oor alle dinge op 'n regverdige manier. U dink nie eers daaraan om iemand te veroordeel wat dit nie verdien nie, want dit is U doodgewoon nie waardig nie.
U krag is die oorsprong van alle geregtigheid. Ja, omdat U Here oor alles is, vergewe U ook almal.
Maar U wys u krag as mense begin wonder of U regtig so sterk is. Die mense wat daarvan weet se vermetelheid laat U gou aan die pen ry.
U beskik oor alle krag, maar U oordeel nie sommer nie. U regeer ons met baie begrip, hoewel U kan optree net wanneer U wil.



Die Here sal die goddeloses oordeel,
hoewel Hy hulle eers 'n billike kans gee


So het U het vir u mense 'n voorbeeld gestel, naamlik dat die regverdige man gaaf en vriendelik teenoor ander moet wees. U het aan u kinders goeie hoop gegee: as hulle sonde doen, het hulle die geleentheid om dit te bely.
U het u diensknegte se vyande wat niks anders as die dood verdien nie, met groot versigtigheid en openheid bestraf. U het hulle tyd en geleentheid gegee om hulle van hulle slegte optrede te bekeer.
Met hoeveel sensitiwiteit het U nie net u kinders geoordeel nie; met hulle voorouers het U plegtige ooreenkomste gemaak en mooi dinge aan hulle beloof.
U dissiplineer ons wel, maar U straf ons vyande duisend maal meer. In di lig moet ons altyd besef hoe goed U vir ons is as ons ander oordeel; of dat ons genade mag verwag as ons self geoordeel word.
U laat die mense wat nie reg lewe nie, onder hulle eie skandalige optrede ly.
Hulle het heeltemal afgedwaal en op verkeerde paaie beland. Hulle het selfs die diere wat deur hulle vyande verag word, as gode aanvaar. Hulle is soos onnosele babas bedrieg.
Daarom het U u oordeel oor hulle gebring asof oor kinders wat nie mooi kan dink nie. So is hulle tot spot gemaak.
Die mense wat hulle nie wil steur aan hierdie ligte waarskuwings nie, sal hulle verdiende straf van God kry.
Terwyl hulle hierdie dinge gely het, het hulle kwaad geword vir die skepsele wat hulle gedink het hulle gode is - hulle is immers deur hierdie einste skepsele gemartel. Toe het hulle eers gesien en besef dat die God waarvan hulle voorheen niks wou weet nie, die ware God is. Daarmee het die uiterste van strawwe oor hulle gekom.

.

Stefanus
4th February 2009, 20:17
Hoofstuk 13


Die grootsheid van die Skepper


Alle mense wat God nie ken of van Hom weet nie, is van nature dwaas. Hulle kon nie uit al die goeie dinge wat 'n mens sien die Een wat bestaan, leer ken nie. Nog minder het hulle die kunstenaar uit sy werke herken.
Hulle het gedink dat al die dinge in die skepping gode is wat die wreld regeer - die vuur of wind of die vinnige luggie wat verbytrek, die sterre rondom hulle of die stormwater, of die ligte wat die hemel verlig.
Hulle het aangeneem dat hierdie dinge gode is omdat dit vir hulle so indrukwekkend was. As dit die geval is, laat hulle dan besef hoeveel beter die Here is. Hy wat die Oorsprong van alle skoonheid is, het hulle gemaak.
Of as mense verstom staan voor hulle mag en hulle werking, laat hulle dan besef hoeveel magtiger die Een is wat dit alles gemaak het.
Want uit die grootsheid van die skepping kan 'n mens agterkom wie die Skepper is.
Tog moet hierdie mense nie so kwaai verwyt word nie. Hulle is miskien op die verkeerde pad, maar hulle soek God tog en begeer om Hom te vind.
Terwyl hulle tussen sy skeppingswerke leef, bly hulle op soek. Die dinge wat hulle sien, is egter so pragtig dat hulle daarop vertrou.
Tog is hierdie verskoning nie goed genoeg nie.
As hulle kennis so gevorderd is dat hulle die wreld so kan navors, hoe is dit dan moontlik dat hulle nie die Here van al hierdie dinge kan vind nie?



Die belaglikheid van afgode


Hoe pateties is hulle nie, die mense wat hulle hoop op dooie dinge gestel het; hulle wat dinge wat mense gemaak het, gode noem; ja, dinge soos goud en silwer wat kunstig gevorm is en dinge wat nes diere lyk of nuttelose klip wat iemand lank gelede gemaak het.
'n Houtwerker kan 'n geskikte boom afsaag en sy bas met vaardigheid afstroop. Met kunstige vaardigheid kan hy dan dinge maak wat 'n mens vir alledaagse behoeftes kan gebruik.
Hy kan dan 'n vuur maak van die stukkies hout wat oorgebly het, sy kos daarop gaarmaak en lekker eet.
Dan kan hy 'n onbruikbare krom stuk afvalhout vol knoetse tussen die ander stukke afvalhout uit kies. Hy kerf dan daaraan as tydverdryf. Uit verveeldheid kerf hy iets daaruit in die vorm van 'n man,
of maak iets wat lyk soos 'n nuttelose dier. Hy sit dan 'n paar lae rooi verf oor en smeer al die lelike plekkies toe.
Hy maak dan 'n behoorlike plek daarvoor om te staan, sit dit in 'n holte in die muur en maak dit met 'n stuk yster vas -
hy moet doodseker maak dat dit nie sal omval nie, want hy weet die stuk hout kan homself nie help nie. Dit is mos maar net 'n beeld wat gehelp moet word.
Wanneer hy nou bid oor sy besittings en sy huwelik en kinders, is hy nie skaam om met so 'n lewelose ding te praat nie.
Oor sake wat sy gesondheid raak, vra hy so 'n kragtelose ding om hom te help. Vir lewe bid hy tot 'n ding wat dood is. Hy smeek iets om hulp wat glad nie weet hoe om te help nie. Vir 'n voorspoedige reis bid hy tot 'n ding wat self nie 'n enkele tree kan loop nie.
Vir sy geldsake en werk en sukses wat hy deur sy handewerk moet bereik, vra hy krag van 'n ding in wie se hande daar self geen krag is nie.

.

Stefanus
4th February 2009, 20:30
Hoofstuk 14


Dit is eintlik die Here wat mense beskerm


Ja-nee, iemand wat regmaak om weg te seil op 'n tog oor stormwaters roep 'n stuk hout aan wat baie broser is as die skip wat hom moet dra.
Die skip is deeglik beplan sodat suksesvol daarmee handel gedryf kan word. Wysheid was die vakman wat dit gebou het.
U versorging, o Vader, is die gids op die tog. U gee daarvoor 'n pad deur die see en 'n veilige weg deur die golwe.
U het gewys dat U dit veilig kan hou teen alle gevaar sodat selfs 'n onervare seeman op die see kan vaar.
U wil nie h dat die werke van u wysheid onbenut moet bly nie. Daarom vertrou mense hulle lewens aan die kleinste stuk hout toe. Op 'n skip steek hulle die stormwaters veilig oor.
Lank, lank gelede, in die tyd van Noag, is die arrogante reuse vernietig. Tog het Noag, die hoop van die wreld, sy toevlug tot 'n ark geneem. So het hy 'n toekoms vir sy mense in hierdie wreld verseker, natuurlik onder u leiding.
So 'n stuk hout wat reg gebruik word, is gesend.



God sal die afgod en sy maker albei straf


Maar die afgod wat met hande gemaak is, is vervloek saam met die een wat dit gemaak het - die een wat dit gemaak het, is vervloek juis omdat hy dit gemaak het en die verganklike stuk hout omdat dit die naam van god dra.
Want God haat die goddelose en sy goddeloosheid ewe veel.
Daarom sal dit wat gemaak is saam met die een wat dit gemaak het, gestraf word.
Daarom sal ook die heidense afgode 'n besoek van God nie vryspring nie. Hoewel hulle deel is van God se skepping, het hulle veragtelik geword. Hulle het strikke vir mense geword en 'n val vir die voete van die dwase.



Waar kom afgode vandaan?


Die idee om afgode te maak dui die begin aan van mense wat van God af weggedraai het. Om afgode uit te dink het die lewe verrot gemaak.
Hulle het immers nie van die begin af bestaan nie, net soos hulle ook nie vir altyd sal bly bestaan nie.
Hulle het in die wreld ingekom vanwe die ydelheid van mense. Daarom sal hulle nie lank hou nie.
'n Pa was bitter hartseer omdat sy kind skielik van hom weggeneem is. Hy maak toe 'n beeld van sy kind en eer dit as 'n god; ja, 'n dooie mens. Aan sy nageslag lewer hy nou geheime rites en spesiale godsdienstige gebruike oor.
Hierdie goddelose gebruike het met verloop van tyd sterker geword en het later wet geword.
Konings het ook beveel dat mense gekerfde beelde van hulle moes aanbid. Mense wat so ver weg gebly het dat hulle hom nie van aangesig tot aangesig kon eer nie, het 'n beeld gemaak wat soos die koning lyk. So wou hulle aan hom eer bewys. Hulle was gretig om hom in sy afwesigheid goed te laat voel, net asof hy daar by hulle was.
Om die godsdiens sterker te maak het die kunstenaar uit suiwer ambisie mense met sy werk aangespoor, al het hulle die koning glad nie geken nie.
Hierdie kunstenaar het in sy kunstigheid die beeld nie alleen net soos die koning laat lyk nie, maar dit ook nog mooier gemaak, miskien omdat hy die koning wou bendruk.
Die massas mense wat deur die werk van die kunstenaar bendruk is, het spoedig begin dink dat die konings aanbid moes word, dit terwyl hy nog kort tevore net as 'n mens vereer is.
Dit het 'n groot gevaar vir mense ingehou: wanneer mense deur ongeluk oorval word of onder tirannie beland het, het hulle aan klippe of stukke hout die Naam gegee wat met niks en niemand gedeel mag word nie.
Asof dit nie genoeg was dat hulle hulle heeltemal misreken het met hulle kennis van God nie, het hulle ook nie verstaan wat vrede is nie. Uit blote onkunde was hulle in 'n stryd gewikkel en het tussen die booshede deur gedink hulle het vrede.
Ja, hulle het kinders doodgemaak as offers en in die geheim misterieuse dinge gedoen of uitbundige feeste met snaakse gebruike gevier.
Hulle het nie meer hulle lewens of hulle huwelike rein gehou nie. Hulle het f mekaar op 'n verraderlike manier doodgemaak, f mekaar die duiwel in gemaak deur by mekaar se vrouens te slaap.
Dit is eintlik maar net een groot deurmekaarspul - oral is bloed en moord, diefstal en bedrog, korrupsie, onbetroubaarheid, chaos en 'n gelieg en bedrieg aan die orde van die dag.
Mense weet nie meer wat is goed of sleg nie, is nie meer dankbaar nie, maak hulle siele onrein, verval in seksuele perversiteit, mors hulle huwelike op, gee nie om saam met wie hulle slaap nie en gedra hulle absoluut skaamteloos.
Om afgode sonder enige status en bestaan te aanbid is die oorsaak en bron van alle kwaad en loop uit op die dood.
Hierdie aanbidders verloor alle beheer as hulle feesvier, of hulle profete mislei hulle, of hulle lewe sonder om enige wet te gehoorsaam, of hulle staan reg om ander te belieg.
Omdat hulle lewelose afgode vertrou, dink hulle daar sal niks met hulle gebeur as hulle allerhande valse beloftes maak nie.
Maar om twee redes sal hulle regverdig gestraf word: omdat hulle sleg van God gedink het deur hulleself aan afgode oor te gee en omdat hulle doelbewus vals beloftes gemaak het en so dit wat reg is, verag het.
Mense sal regverdig gestraf word vir die sonde wat hulle gedoen het. Die afgode waarby hulle so hoog en laag sweer, het geen mag nie.

.

Stefanus
4th February 2009, 20:52
Hoofstuk 15


Staan aan die kant van God, nie van beelde nie


Maar U, o God, is goed en getrou. U is geduldig en heers oor alle dinge met genade.
Selfs as ons sondig, is ons u s'n, want ons ken u krag. Ons sal nie sondig nie, want ons weet dat U ons as u eiendom erken.
Om U te ken plaas ons heeltemal aan die kant van dit wat reg is en om u krag te ken is die wortel van onsterflikheid.
Ons is nie mislei deur die kunstige verbeeldingsvlugte van mense nie; ook nie deur die vrugtelose geswoeg van kunstenaars of 'n beeldjie wat met verskillende kleure verf versier is nie.
Dink net - 'n beeld wat gekke aantrek totdat hulle smag na hierdie lewelose, dooie beeld.
Die mense wat hierdie beelde maak of begeer of dit aanbid, is mense wat die Bose liefhet en pas by daardie goed waarop hulle hulle hoop plaas.



Die maker van afgode is self maar 'n tydelike mens


'n Pottebakker brei die sagte klei en vorm met moeite elke ding vir ons gebruik. Uit dieselfde klei maak hy voorwerpe wat bedoel is vir skoon gebruik, maar ook vir teenoorgestelde gebruik. Hy maak dit op presies dieselfde manier. Daarna besluit hy watter voorwerp vir watter doel gebruik gaan word.
Wanneer hierdie werkers uit dieselfde klei 'n nuttelose god maak, het hulle hulle tyd gemors. Hierdie pottebakker self was nog maar 'n kort rukkie gelede uit die stof van die aarde gemaak en na 'n rukkie sal hy terugkeer na die aarde waaruit hy geneem is. Dan moet hy die siel wat aan hom geleen is, weer teruggee.
Maar hierdie werkers gee nie om dat sterflinge bestem is om te sterf of dat hulle lewe van korte duur is nie. Hulle kompeteer met mense wat met goud en silwer werk, aap die koperwerkers na. Hulle dink dat dit hulle vreeslik belangrik maak om vals gode te maak.
Die gedagte van sy hart is soos as, 'n krieseltjie stof is meer werd as sy hoop. Sy lewe se waarde kan nie eers met di van klei vergelyk word nie,
want hy ken nie die Een wat hom gemaak en vir hom 'n aktiewe siel gegee en 'n lewende gees in hom ingeblaas het nie.
Hy sien egter ons bestaan as 'n speletjie en ons lewe as een groot fees om wins te maak, want hy redeneer dat 'n mens geld in die hande moet kry, maak nie saak hoe nie. Jy kan selfs verkeerde metodes gebruik.
Hierdie man - meer as al die ander - weet goed dat hy sonde doen as hy uit aardse materiaal breekbare voorwerpe en gekerfde afgode maak.



Afgode is kragteloos


Die vyande van u mense, wat hulle so onderdruk, is gek en ellendiger as 'n klein kind.
Hulle het gedink dat al die heidense afgode gode was, hoewel hierdie afgode nie hulle o kon gebruik om mee te sien, hulle neuse om asem mee in te trek, hulle vingers om mee te voel of hulle voete om mee te loop nie.
Want 'n mens het hulle gemaak - iemand wie se gees aan hom geleen is, het hulle gevorm. Niemand kan gode maak wat soos hulleself is nie.
Mense is sterflik en wat hulle met hulle wettelose hande maak, is dood; hulle is beter as die goed wat hulle aanbid, want hulle het lewe, iets wat die afgode nooit gehad het nie.
Dit is nie al nie. Hulle aanbid ook die vieslikste diere wat onnoseler as al die ander diere is.
Hulle is ook nie eers mooi nie - niemand sal hulle voorkoms bewonder nie; beide God se lof en sy sen gaan by hulle verby.

.

Stefanus
4th February 2009, 21:07
Hoofstuk 16


God se straf en redding kom deur diere


Die Egiptenare is daarom met reg deur daardie gedrogte gestraf en deur die massa diere gepynig.
Maar in plaas van straf was U baie goed vir u mense. U het aan hulle kwartels voorsien om te eet - 'n baie spesiale dis om hulle honger te stil.
Die Egiptenare sal as hulle honger word alle lus vir kos verloor want hulle sal aan die veragtelike gedrogte dink wat U na hulle toe gestuur het Maar u mense, nadat hulle 'n kort rukkie swaargekry het, sal aan die spesiale kos smul.
Oor die onderdrukkers sal 'n onversadigbare honger kom
terwyl daar aan die volk Israel bloot gewys is hoe hulle vyande gepynig
word.
Daar het oor die Israeliete ook verwoede wilde diere gekom en hulle is ook dood aan die byte van kriewelende slange. Tog het u toorn nie tot op die heel einde gehou nie.
Hulle het vir 'n klein rukkie swaargekry, net om hulle te waarsku. So het hulle 'n teken - 'n koperslang op 'n paal - gekry en besef dat U hulle red. Daaraan kon hulle vashou en altyd weer dink aan u wette en wat dit vra.
Die een wat na die koperslang gedraai het, is nie gered deur dit wat hy gesien het nie, maar deur U, die Redder van alles.
So het U selfs u vyande oortuig dat dit U is wat mense van alle kwaad verlos.
Hulle is doodgemaak deur die sprinkane en vlie wat hulle so gebyt en gesteek het. Hulle kon niks doen nie en geen medisyne of dokters het gehelp nie, want hulle het verdien om op di manier gestraf te word.
Maar nie eers die tande van die giftige slange kon u kinders onderkry nie, want u genade was daar. Dit het hulle te hulp gekom en genees.
Hulle is gebyt om net weer hulle ore oop te maak sodat hulle weer u woorde kon hoor, en is daarna vinnig genees. Dit is gedoen sodat hulle nie heeltemal van U vergeet nie en altyd aan u goedheid vir hulle sal bly dink.
Dis nie medisyne of salf wat hulle gesond gemaak het nie, maar u woord, o Here, wat almal genees het.
Want U het mag oor lewe en dood. U lei sterflike mense af na die poorte van die doderyk en bring hulle weer daarvandaan terug.
Dis so anders as 'n mens: 'n mens kan iemand uit boosheid wel doodmaak, maar nie die gees wat die liggaam so verlaat het weer terugbring nie; hy kan nie die siel uit die gevangenis van die dood bevry nie.



Alles in die skepping is aan die kant van God se mense


Dit is onmoontlik om van U af te ontsnap.
Die slegte mense wat niks van U wou weet nie, het voluit in u krag vasgeloop. Dit het gebeur toe buitengewoon baie ren en hael en onophoudelike storms hulle getref het. Hulle is ook verteer deur vuur.
Die mees ongelooflike was egter dat die vuur nog sterker in die water gebrand het, wat eintlik veronderstel was om dit te blus. Ja, alles in die skepping is aan die kant van God se mense.
Op 'n keer het die vlamme teruggesak sodat die gedrogte wat teen die goddelose mense gestuur is, nie sou verbrand nie. Toe hulle dit gesien het, moes hulle besef het dat dit die oordeel van God is wat hulle tref.
By 'n ander geleentheid het die vuur in die water nog sterker as voorheen gebrand om so die oeste van die bose land te vernietig.



God sorg vir sy volk deur manna


In kontras daarmee het U aan u mense die kos van engele gegee. Sonder dat hulle daarvoor moes werk, het U aan hulle brood (manna) uit die hemel gegee wat reg was om te eet. Hulle het dit baie geniet en almal het daarvan gehou.
Die manier waarop U u mense onderhou het, het gewys hoe goed U vir u kinders is. Die brood wat hulle geet het, het U verander na elkeen se eie smaak.
Sneeu en ys het nie van die hitte van die vuur gesmelt nie. So sou die mense besef dat die oeste van hulle vyande vernietig is deur die vuur van die weerligstrale wat tydens die haelstorm geslaan en in die renbuie geblits het.
Tog het die vuur sy natuurlike krag verloor sodat die regverdiges hulle kos kon eet.
Die skepping is u wat dit gemaak het se dienskneg. Daarom werk die kragte van die skepping saam om die onregverdiges te straf. Maar as hierdie kragte by die mense kom wat op U vertrou, wil dit net goed wees en raak dit kalm.
In daardie tyd het daar ook veranderings in die natuur gekom om U die beste te kan dien. U versorg alles deur u genadegawes volgens wat mense nodig het en graag wil h.
So kan u kinders wat U liefhet, o Here, weer besef dat dit nie die oeste is wat mense versadig maak nie; dit is u woord wat die mense versadig wat op U vertrou.
Want die manna wat nie deur die vuur van die weerlig verbrand is nie, het later gesmelt toe 'n vlugtige sonstraaltjie daarop val.
So sou mense besef dat hulle voor die son opkom vir U dankie moet s. In die oggendskemer moet hulle tot U bid.
Want die hoop van 'n ondankbare persoon sal soos dou voor die oggendson verdwyn en soos nuttelose water wegloop.

.

Stefanus
5th February 2009, 20:07
Hoofstuk 17


Duisternis tref die Egiptenare


U oordele is groot en moeilik om te beskryf. Daarom het mense wat nie wou leer nie die pad byster geraak.
Net toe wettelose Egiptenare dink dat hulle die heilige Israel in hulle mag het, het hulle in die mag van die duisternis geval. Toe is hulle gevange gehou deur die donker nag wat nie wou einde kry nie. So moes hulle binne vier mure bly l, want die ewige Voorsienigheid het hulle daar toegesluit.
Daardie Egiptenare het mos gedink dat hulle geheime sondes ongesiens verbygegaan het; ja, dat dit vergeet sou word en onder 'n donker gordyn sou verdwyn. Maar nee, hulle is deur geeste en visioene uitmekaargejaag en getreiter - en hulle het van vrees gebewe.
Al het hulle waar ook al gaan wegkruip, hulle kon nie van die vrees af wegkom nie. Vreesaanjaende geluide het rondom hulle weerklink en grusame spoke met somber gesigte het aan hulle verskyn.
Niks, nie eers die mag van vuur, kon vir hulle lig bring nie. Nie eers die vlammende helder lig van die sterre kon die donker van daardie nag
breek nie.
Daar was geen lig nie, behalwe die skrikwekkende blitsende weerlig. As die weerlig geslaan het, was hulle angsbevange. Die dinge wat hulle in die flitsende lig gesien het, was slegter as die duisternis wat hulle omvou het.
Die illusies en overblindery van hulle toorkunsies het nou nie meer gewerk nie. Hulle het so gespog oor hoeveel hulle weet, maar op 'n minagtende manier is die teendeel bewys.
Die geestelikes wat voorgegee het om mense van vrees en paniek te genees, was self dodelik siek van die vrees - daaroor kan 'n mens maar net lag.
Selfs al was daar niks ontstellends om hulle bang te maak nie, het die wilde diere wat verbygeloop het en die slange wat gesis het hulle aan die bewe gehou.
'n Verskriklike vrees het hulle beetgepak. Hulle wou nie eers na die lug kyk nie, hoewel dit moontlik was.



Mense verloor perspektief as dinge so sleg gaan


Boosheid is van nature 'n lafhartige ding en dra die kiem van sy eie ondergang. Omdat 'n slegte gewete 'n mens altyd pla, sien dit gewoonlik net die slegste dinge raak en blaas dit dan nog op ook.
As 'n mens mos bang is, kan jy nie meer mooi helder dink nie en verloor jy alle redelikheid.
As jy nie meer hoop en verwagting oorhet nie, oorweldig die radeloosheid jou en verloor jy perspektief op die werklike oorsaak van die plaag.
Dit was 'n nag soos enige ander. Hulle was aan die slaap. Toe is hulle oorval deur die nag wat op hulle toegesak het uit die dieptes van 'n verskriklike onderwreld - dit was ondraaglik.
Verskriklike drogbeelde het hulle doodbang gemaak. Soos lammes het hulle daar gel. Vrees het hulle skielik en onverwags oorrompel.
Almal is platgeslaan en opgesluit in die tronk van duisternis wat nie van yster gemaak is nie -
maak nie saak wie nie: of dit nou boere was of herders of mense wat in afgele plekke gewerk het, niemand het dit vrygespring nie. Niemand kon aan hierdie lot ontsnap nie. Hulle is almal deur dieselfde ketting van duisternis gebind.
Alles en enigiets het hulle onbeheersd laat bewe van vrees: of daar 'n suisende wind gekom het en of dit die pragtige gefluit van die vols deur die digte takke van bome was; ja, of dit die ritme was van stormwater wat verbyloop,
of die harde geluid van vallende rotse; of dalk die geluid van springende diere wat ongemerk hardloop of die brul van die mees wreedaardige dier of die eggo wat uit 'n holte in die berg na jou toe terugkom; ja, hulle was doodbang.
Die lig van die son het helder oor die hele wreld geskyn. Mense kon sonder onderbreking met hulle werk voortgegaan.
Net die Egiptenare alleen was in hierdie geweldige greep van die duisternis vasgevang. Dit was vir hulle 'n voorbeeld van die duisternis wat eendag werklik oor hulle sou kom. Maar nog donkerder as hierdie duisternis was die gemoedere van die Egiptenare.

.

Stefanus
5th February 2009, 20:17
Hoofstuk 18


Die Egiptenare kry duisternis - die Israeliete kry 'n vuurkolom


Vir God se heilige mense was daar meer as genoeg helder lig. Hulle vyande het hulle stemme gehoor, maar kon hulle nie sien nie. Volgens hulle was die mense van God gelukkig omdat hulle nie soos hulle gely het nie.
Die Egiptenare was ook bly dat u heilige mense vir wie hulle voorheen so sleg behandel het, hulle nie in gelyke munt terugbetaal het nie. Hulle het u mense ook mooi om verskoning gevra omdat hulle hulle voorheen so sleg behandel het.
U het toe vir u mense 'n brandende vuurkolom gegee om hulle op hulle onbekende pad te lei. U het ook gesorg dat die son hulle nie te kwaai op hulle roemryke tog brand nie.
Die Egiptenare het dit verdien om sonder lig in die duisternis toegesluit te wees. Hulle het immers u kinders gevange gehou deur wie die onverganklike lig van die Wet oor die wreld moes skyn.



Die straf van die dood kom oor Egipte


Toe die Egiptenare besluit het om die babas van u heilige mense ter vermoor, is een kind, Moses, weggesteek en so gered. Vanwe hierdie besluit van die Egiptenare het U 'n massa van hulle kinders as straf laat sterf en hulle almal deur 'n magtige watermassa verdelg.
Ons voorvaders het vooraf van daardie nag geweet. So kon hulle moed hou en vrolik wees. Hulle het geen twyfel daaraan gehad dat U u beloftes sou nakom nie.
U mense het verwag dat die mense wat reg optree, gered sou word en dat hulle vyande vernietig sou word.

Hierdie straf oor ons vyande was soos n roepstem wat ons na U toe geroep het en ons baie aansien gegee het.
Die heilige kinders van die regverdiges het in die geheim offers gebring en het eenparig die goddelike wet gehou. Hulle het geweet dat die heiliges op dieselfde wyse aan die goeie dinge en aan die gevare deel kon h. Hulle het reeds die lofliedere van hulle voorvaders gesing.
Daar was egter ook ander klanke - die bitter geroep van hulle vyande het teruggeggo; hulle jammerlike gehuil en gekla oor hulle dooie kinders kon 'n mens van ver af hoor.
Baas en slaaf is met dieselfde slag getref en die gewone mens het dieselfde verlies as die koning gelei.
Daar was ontelbare dooies wat almal op dieselfde manier dood is. Di wat lewendig agtergebly het, was nie genoeg om almal te begrawe nie. Hulle mees geliefde kinders is almal op een oomblik dood.
Die towenaars het hulle om die bos gelei sodat hulle nie in God sou glo nie. Toe sterf hulle eersgeborenes ... hulle kon toe nie anders as om te erken dat hierdie volk soos God se seun was nie.
Die stilte van die nag het alles omvou - die nag was byna halfpad verby.
U magtige woord het egter uit die hemel weerklink. Die woord het van u koninklike troon af soos 'n ervare soldaat in die land ingespring wat gedoem was.
U onwrikbare bevel het soos 'n skerp swaard deur hulle gesny. Toe die Engel op die aarde kom staan het, het hy alles met die dood gevul. Hoewel hy op die aarde gestaan het, het hy die hemel geraak.
Skielik het Egiptenare angstig op hulle beddens begin rondrol van die verskriklikste nagmerries wat hulle getref het. 'n Onverwagte vrees het hulle beetgepak.
Hier het een halfdood neergeval en daar 'n ander, terwyl dit tot hulle deurgedring het waarom hulle so moes sterf.
Immers, hulle is in die nagmerries wat hulle so omgekrap het vooraf oor die dinge gewaarsku. Hulle is dus nie dood sonder om te besef waarom hulle so moes ly nie.



Die dood tref Israel ook, maar duur nie lank nie - die hopriester red hulle


Die regverdige Israel se pad het egter ook met die dood gekruis. 'n Plaag het hulle in die wildernis getref, maar die ontevredenheid van die Here het nie lank geduur nie.
'n Man, Aron, wat niks verkeerd gedoen het nie, het toe tot hulle redding gekom. As hopriester kon hy dit doen. Hy het vir hulle gebid en vir hulle ingetree terwyl hy wierook gebrand het. Hy het die ontevredenheid en straf van die Here op die regte manier hanteer - dit het die einde van die ramp beteken. So het hy gewys dat hy u dienskneg is.
Hy het hierdie probleem nie met sy liggaamskrag of met wapens opgelos nie. Nee, deur dit wat hy ges het, het hy die Engel van vernietiging wat die straf gebring het, onderwerp. Hy het hom beroep op u beloftes aan en ooreenkomste met die voorvaders.
Toe die dooies reeds in hope op mekaar gel het, het hy tussen die lewendes en die straf gaan staan. So het hy die mense teen die straf beskerm.
Die hele wreld is op sy toga afgebeeld. Die belangrikheid van die vaders is op vier rye stene uitgekerf. U heerlikheid het uit die kroon gestraal wat op sy kop gerus het.
Voor hierdie dinge het die Engel van vernietiging teruggedeins, want hy het dit gerespekteer en gevrees. Dit was immers al genoeg om net deur hierdie Engel getoets en gewaarsku te word.

.

Stefanus
5th February 2009, 21:11
Hoofstuk 19


Die Egiptenare kry hulle verdiende loon


Slegte mense sal God se genadelose woede nooit kan ontsnap nie. God weet vooraf alles wat hulle gaan doen.
Hy het geweet dat hulle self sy mense sou toelaat om uit Egipte weg te trek, om die waarheid te s, dat hulle hulle selfs vinnig sou wegstuur. Maar Hy het ook geweet dat hulle hulle opinie vinnig sou verander en hulle weer agterna sou sit.
Terwyl hulle nog gerou en by die grafte van hulle dooies getreur het, het die Egiptenare 'n ander belaglike besluit geneem: hulle het dieselfde mense wat hulle gesmeek en selfs gedwing het om weg te trek, agternagesit asof hulle skelm weggehardloop het.
Maar dit moes so gebeur sodat hulle die dood sou sterf wat hulle verdien het. Hulle het vergeet wat gebeur het, met die gevolg dat hulle volgens hulle verdienste gestraf is. Hulle swaarkry was nie genoeg nie; God het hulle nog verder gestraf.



God sorg vir sy volk in die woestyn


So kon u volk die ongelooflike reis deur die woestyn aanpak, hoewel 'n uitsonderlike einde op hulle sou wag.
Die skepping het wesentlik vernuwe sodat u bevele nagekom kon word. So kon u kinders bewaar bly sonder dat hulle iets oorkom.
'n Wolk het oor hulle kamp getrek en waar daar eers 'n see vol water was, het dro land te voorskyn gekom. Hulle kon ongehinderd deur die Rooisee trek - die magtige watermassa het U in 'n groen vlakte verander.
Die mense wat deur U beskerm is, het daar soos een nasie deurgetrek nadat hulle die buitengewone wonders aanskou het.
Hulle het soos perde deur die veld galop en soos lammetjies gehuppel terwyl hulle U prys, o Here, U wat hulle gered het.
Wat in Egipte gebeur het, was nog helder in hulle geheue - hulle het onthou hoe muskiete in plaas van diere uit die aarde en miljoene paddas in plaas van vis uit die riviere voortgekom het.
Toe hulle uitgehonger was en hulle lus nie meer kon hou nie en vir God lekker kos gevra het, het hulle 'n nuwe tipe vol tot stand sien kom.
Kwartels het uit die see uit opgekom om hulle honger te stil.



Die Egiptenare word gestraf omdat hulle die Jode nie gasvry wou ontvang nie


Die straf het egter op die sondaars neergeren, maar nie sonder dat swaar donderweer hulle vooraf gewaarsku het nie. Hulle het die straf gekry wat hulle verdien het vir al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het. Hulle het mos die Joodse vreemdelinge so vurig gehaat.
Ander het sowaar geweier om vreemdelinge te ontvang wat na hulle toe gekom het. Die Egiptenare het slawe gemaak van die mense wat as gaste na hulle toe gekom het; die mense wat eintlik net aan hulle goedgedoen het.
God sal die sondaars beslis straf vir wat hulle gedoen het, aangesien hulle die Joodse vreemdelinge so vyandig ontvang het.
Aanvanklik het hulle hulle feestelik ontvang, maar daarna die aakligste werk moontlik laat doen, hoewel daar in status en aansien geen verskil tussen hulle was nie.
Daarom is hulle deur blindheid geslaan, net soos die sondaars by die deur van die regverdige man Lot. Die duisternis het hulle heeltemal toegevou en elkeen moes al tastend en soekend na sy eie deur soek.


Die skepping verander sy aard


Die dinge in die skepping het ook kwaliteite verruil, net soos note van 'n harp die ritme kan verander terwyl die toon dieselfde bly. Dit was baie duidelik uit dit wat alles gebeur het.
Landdiere het in waterdiere verander terwyl waterdiere land toe is.
Vuur het in water sterker gebrand en water kon dit nie meer blus nie.
Vuurvlamme kon egter nie meer die verganklike mense wat in die vuur gestaan het, verbrand nie. Nog minder kon die vuur die hemelse voedsel smelt wat van nature soos ys maklik gesmelt het.
U het u mense in alles groot en roemryk gemaak, o Here. U het nie nagelaat om hulle altyd en orals te help nie.

.

Stefanus
7th February 2009, 11:26
Die Wysheid van Salomo

APOKRIEWE

Verlore boeke uit die Bybelse tyd




Laai die "Die Wysheid van Salomo" in PDF formaat hier af: http://www.wendag.com/forum/downloads.php?do=file&id=58






.