PDA

View Full Version : Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?



Carel van Heerden
25th February 2009, 08:37
Inleidend

Die gebeure vooraf, en verder, tot en met die konfrontasie by Bloedrivier, wat aanleiding gegee het tot die Gelofte, word deur geskiedskrywers en ander skrywes op min of meer dieselfde wyse weergegee. Dit is naamlik in die vorm van ‘n vertelling of ‘n verhaal. Wat egter baie min (oorwinning), tot selfs glad nie belig word nie, is God se rol in hierdie gebeure vanaf die “tweede sondeval” – Gam se optrede teenoor sy vader en die daaropvolgende vervloeking aan Gam se nageslag en dat die teenoorstaande van vervloeking, naamlik die sen aan Jafet en Sem en hul nageslagte.

Daar kan geargumenteer word dat die tydsverloop tussen di gebeure (Sem, Gam en Jafet), daar etlike duisende jare verloop het tot die gebeure by Bloedrivier. Kan daar enige verband wees, meer nog, wat het die gebeure van Noag en sy seuns te doen met die gebeure by Bloedrivier?

In die geestelike lewe bestaan tyd, massa, afstand, snelheid en ander fisika beginsels nie. As voorbeeld die volgende: In die geestelike dimensie kan ‘n mens byvoorbeeld aan tafelberg dink – dan is jy daar.

Dink ons as vleeslike wese op aarde aan tyd, dan is daar beperkings. ’n Dag het ‘n bepaalde lengte en bestaan uit soveel uur of soveel minute ensomeer. In die geestelike lewe bestaan hierdie beperkings nie. Fisiese strukture op aarde bestaan nie in die geestelike lewe (dimensie) nie. So gesien is byvoorbeeld twee duisend jaar op aarde. ‘n oogknip in die geestelike lewe. Om dan te argumenteer dat die tydsverloop tydens Noag se lewe na die vloed tot en met die slag van Bloedrivier nie verbandhoudend kan wees nie, gaan nie af nie.Trouens nie wat tydsverloop betref nie.

Om die perspektief waaruit hierdie skrywe benader word beter te verstaan sal dit help om die volgende inligting, wat die nodige agtergrond sal verskaf, eers te lees:

1. Op die webwerf, Siener van Rensburg.co.za, onder Artikels, was daar ‘n skrywe van F.H. Pretorius Die Boervolk is inderdaad Juda! Die naam is later gewysig na “Aanhangsel 3 tot die nuwe boek.” Met die nagaan van die gegewens vanoggend blyk dit dat die pos onttrek is – laasgenoemde naam is egter nog daar. Ek beskik oor ‘n uitdruk van Die Boervolk is inderdaad Juda!, waarna ek dan meer volledig sal verwys.
2. Op Wendag, onder skakels – Volksake - Wendag Herdenking, kry u die skrywe van Karin Strydom geskrywe op 14 Desember 2006 – di skrywe is relevant.
3. Lees ook by kletshoekie: Kanan vervloek deur Noag. Hierdie skrywe verduidelik onder andere waar die Boerevolk en die Swart bevolking van ons land sy ontstaan het. Wat ondel die bymekaarkom van ondere andere die Zoeloes en die Voortrekkers in KwaZulu Natal.
4. Die boekie wat die Boek van Herinnering vergesel: Daar is ‘n Boek van Herinnering geskrywe – op bladsy 7 - Historiese agtergrond.

Groetnis

Carel

Carel van Heerden
26th February 2009, 09:37
Van wie? [1]

Die bedoeling met die opskrif van wie, is om vas te stel wie, met ander woorde watter mense, hierdie gelofte afgel het. Waar kom di mense vandaan, waarom was hulle waar hulle was tydens die aflegging van die gelofte. Die geskiedenis van die trek is goed geboekstaaf. Wat hier vasgestel wil word is of dit om meer gegaan het as dit wat in die geskiedenisboeke weergegee word en waarom?

As vertrekpunt kan Noag en sy drie seuns geneem word nadat God hulle gesen het en ges het dat hulle vrugbaar moet wees en vermeerder en die aarde vul.

Gen 9:1 En God het Noag en sy seuns gesen en aan hulle ges: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.

Waarop dit neerkom is dat die Swart bevolking en die Voortrekkers, wat by die slag van Bloedrivier betrokke was, die nageslagte van Noag was. Wat egter belangrik is is dat Kanan en dus ook Gam se nageslag vervloek was, terwyl Noag God versoek het om aan Jafet ruimte te verskaf en dat Jafet mag woon in die tente van Sem. Daarteenoor het Noag Sem se God naamlik die HERE (Yahweh) gesen. Kanan moes beide Sem en Jafet se diensknegte wees.

Gen 9:24 Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het,
Gen 9:25 s hy: Vervloek is Kanan! n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.
Gen 9:26 Verder het hy ges: Gesend is die HERE, die God van Sem. Maar Kanan moet sy dienskneg wees.
Gen 9:27 Mag God aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem! Maar Kanan moet sy dienskneg wees.

In die gedeelte Kanan vervloek deur Noag word dit aangetoon dat die Voortrekkers en dan eintlik die Boerevolk van Jafet se nageslag afkomstig is. Meer presies van Nederland, Duitsland Frankryk (Europa) ensomeer. Hierdie mense het aan die Kaap geland en die meerderheid het by boerdery aktiwiteite betrokke geraak. Redes (nie hier ter sprake) het hulle die binneland in laat trek. Was dit slegs die redes wat die handboeke aangee wat hulle laat trek het? Dit mag aanleidende oorsake gewees het. Belangrik is egter God se versoek dat hulle moet vermeerder en die aarde vul. In alle waarskynlikheid het so n gedagte nie eers by die Voortrekkers opgekom nie. Vir God was Afrika nog onbevolk en kon die moontlike redes vir die trek binneland in, dieselfde gewig gedra het as die taalverwaring wat deur God bewerkstellig is by die bou van die toring van Babel.

Die teenargument dat die Voortrekkers nie van Jafet se nageslag is nie, vind ons onder andere in die skrywe van F.H. Pretorius, Die Boervolk is inderdaad Juda!

Die hoofargument van Pretorius berus op die feit dat Yahweh n "ewigdurende Verbond" met ou Israel gesluit het. Hy verwys dan na Esegil 23 waar die twee susters Ohla en Ohliba dieselfde pad loop as gevolg van hul oortredinge. Die twee bannelingskappe van Israel wat vir alle praktiese doeleindes tussen die nasies van die wreld in verdwyn word dan deur die twee susters gesimboliseer.

Pretorius verduidelik voorts dat Ou-Israel op n bepaalde volgorde in twee verdeel is en onder die nasies versprei is en dat Israel op n omgekeerde wyse weer herstel sal word. Die laaste deel van die ou Verbond was met Juda en die eerste deel van die nuwe Verbond was met die Boerevolk, die nuwe en hersamelde Juda. Pretorius sien die Gelofte van Bloedrivier nie as n nuwe Verbond as sulks nie, maar bloot n voortsetting van die oue. As rede voer hy aan dat Yahweh nie kan teruggaan op Sy Woord nie (ewigdurende verbond).

Volgens Pretorius is dit nie net Juda wat belangrik is in hierdie verband nie, die ander stamme speel ook n rol daarin, want uiteindelik loop die geslagsregisters deur Abraham terug tot by Adam, die seun van God en God Almagtig gaan nooit regtig terug op Sy woord nie!

Pretorius maak ook melding van die argument wat my stelling ondersteun val heeltemal buite die bestek van hierdie boek (sy boeke oor Siener van Rensburg Carel), maar ons is inderdaad Koningskinders.

Alvorens na Pretorius se argument ten gunste van Sem (Juda) van naderby beskou kan word, moet na die boekie, wat die Boek van Herinnering vergesel: Daar is n Boek van Herinnering geskrywe , onder Historiese agtergrond, bladsy 7 en 8, gekyk word.

Enkele paragrawe van belang word aangehaal uit bogenoemde boekie, en wel op die bladsye soos aangetoon.

Hierdie Boerevolk, wat deur die eeue heen vir sy besonderse vaste geloofsoortuiginge, vervolg en agtervolg is, staan tans voor sy grootste uitwissingskrisis sedert sy ontstaan. Nog nooit was n volk so verward oor sy herkoms of sy toekoms nie. Nog nooit het enige ander blanke volk op hierdie aardbodem ooit so n aanslag teen sy godsdienstige waardes, sy kulturele waardes en sy sedelike waardes beleef nie.

Uit n brandende Europa vlug hierdie volk se stamvaders voor die vernietigende aanslag van die Rooms-Katolieke Kerk met hul Jesutiese moordbendes. Hier in die onbekende en wilde Afrika-vasteland, verander hulle die Kaap van Storms na die Kaap van Goede Hoop. Met die Skrifte van Apartheid (Heilige Skrifte) in die hand en n onwrikbare Ou Testamentiese geloofsbenadering, weer hierdie pioniers aanslag na aanslag af van moordende swart barbare.

Binne ses-en-veertig jaar na hierdie Volk se vernedering in 1902 by Vereeniging, gebeur een van die grootste wonderwerke van die Twintigste eeu. In 1948 verkry hierdie blanke volk beheer oor homself en plaas hy vir die eerste keer in 3450 jaar, die Apartheidswette van die Almagtige op sy Wetboek. Vir die eerste keer nadat Moses die Wet van die Almagtige ontvang het om nie te verbaster nie [Exodus 20:14], word dit weer Wet.

Exo 20:14 Jy mag nie egbreek nie.

Doelgerig verkry die liberaliste beheer oor bykans elke faset van die Boerevolk. Die Boer verloor stelselmatig sy grond, sy minerale, sy media, sy skole, sy parlement en laastens verloor hy sy vaste geloof in JAHWEH, die Skepper van hemel en aarde. Al die aparthede word oopgegooi vir algemene gebruik en die volk beland geheel-en-al in die hande van roofsugtige wolwe. n Algemene (katolieke) godsdiens van verbastering, broederskap en gelykheid word daagliks deur die Afrikaanse Kerke tot vervelens toe in hierdie volk wat afgesonderd wou woon en hom nie tot die nasies wou reken nie [Nύmeri 23:9] se kele afgedruk.

Num 23:9 Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.

Die aangehaalde paragrawe hierbo mag irrelevant blyk te wees. Die bespreking wat volg sal egter belangrikke aspekte na vore bring wat belangrik is om te verstaan van wie hierdie Gelofte kom.

Groetnis

Carel

knipmes
2nd March 2009, 21:22
... sy parlement en laastens verloor hy sy vaste geloof in JAHWEH, die Skepper van hemel en aarde...

Carel

Carel,

ek hou van jou skrywe, en sien uit na die res, maar moet egter daarop wys dat JAHWEH nie die Skepper van Hemel en aarde is nie....

DOM het dit al breedvoerig uiteengesit elders op hierdie blad.
groetnis
knipmes

Carel van Heerden
3rd March 2009, 20:41
Carel,

ek hou van jou skrywe, en sien uit na die res, maar moet egter daarop wys dat JAHWEH nie die Skepper van Hemel en aarde is nie....

DOM het dit al breedvoerig uiteengesit elders op hierdie blad.
groetnis
knipmes

Knipmes,

Dankie vir jou verwysing. Let egter daarop dat genoemde verwysing nie myne is nie, maar in 'n aanhaling voorkom vanuit die boekie, wat die Boek van Herinnering vergesel. Dit kom voor op bladsy 8 binne die derde volledige paragraaf van bo af. Dit is ook hierbo so aangehaal. As jy dit weer lees sal jy dit raaksien.

Dit vorm later een van die basispunte in my argumentasie.

Dankie nietemin.

Groetnis

Carel

Carel van Heerden
3rd March 2009, 21:01
Van wie? [2]

Wanneer na F.H. Pretorius se argument, naamlik Die twee bannelingskappe van Israel wat vir alle praktiese doeleindes tussen die nasies van die wreld in verdwyn het, skep dit n probleem. Ook die aanhaling n volk wat afgesonderd wou woon en hom nie tot die nasies wou reken nie [Nύmeri 23:9] uit die boekie van herinnering is problematies. Indien gesamentlik na beide probleme gekyk word kan die genoemde vers Nύmeri 23:9 gebruik word.

Num 23:9 Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.

Clarke se vertolking van bogenoemde vers is as volg:

From the top of the rocks I see him - That is, from the high places of Baal where he went, Num_22:41, that he might the more advantageously see the whole camp of Israel.

The people shall dwell alone - They shall ever be preserved as a distinct nation. This prophecy has been literally fulfilled through a period of 3300 years to the present day. This is truly astonishing.

Om hierdie vers (Num 23:9) beter te verstaan, moet ons die perikoop n bietjie wyer stel. Wat gebeur is dat Bleam wat in die Ou Testament as n professionele siener en waarser, wat teen betaling opgetree het, deur Balak (die koning van Moab) opgeroep is om Israel te vervloek. Moab het bevrees geraak toe Israel hulle oorwinnaars, die Amoriete, oorwin en vernietig het. Hy (Moab) soek gevolglik sy heil by die siener en waarser Bileam. God keer vir Bleam. (Num 22:12)

Num 22:12 Toe s God vir Bleam: Jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is gesend.

Balak laat roep weer eens vir Bleam. Bleam antwoord Balak (Num 22:38)

Num 22:38 En Bleam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel in staat om iets te spreek? Die woord wat God in my mond l, dit sal ek spreek.


Num 23:5 Toe l die HERE n woord in Bleam se mond en s: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.
Num 23:6 En hy het na hom teruggegaan terwyl hy daar staan by sy brandoffer, hy en al die vorste van Moab.
Num 23:7 En hy het sy spreuk aangehef en ges: Uit Aram laat Balak my haal, die koning van Moabuit die berge van die Ooste: Kom vervloek Jakob vir my, en kom, verwens Israel.
Num 23:8 Hoe sal ek vloek wie Gd nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie die HERE nie verwens nie?
Num 23:9 Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.

Wanneer nou na Num 23:9 gekyk word kan die betekenis beter verstaan word: sien ek hom :- soos God hom (Bleam) die volk (Israel) laat sien het: na die aard van sy geestelike bestaan. Die laaste gedeelte van die vers word gesinspeel op die unieke karakter en bestaan van die verbondsvolk. Ook Deut. 33:28 verwys daarna.

Deut 33:28 So het Israel dan veilig gaan woon, die bron van Jakob in afsondering, in n land van koring en mos; ja, sy hemel laat dou afdrup.

Die opheffing van Israel se politieke en religieus-sedelike afgesonderheid beteken n verbreking van sy krag, en juis daarop was die latere advies van Bleam aan Balak gerig.

Na aanleiding van bogenoemde verduideliking kan ons eerstens na Pretorius se aanname kyk. Israel het nie tussen die nasies in verdwyn nie. Clarke wys juis op die teenoorgestelde. Weliswaar het baie uitgewyk na verskillende lande. Daar het hulle egter hulle tradisies en gebruike gehandhaaf. Trouens tot vandag toe.

Word gekyk na die boekie van herinnering en wel die volgende aanhaling: ..toe in hierdie volk wat afgesonderd wou woon en hom nie tot die nasies wou reken nie [Nύmeri 23:9] se kele afgedruk. Die Verduideliking van Nύmeri 23:9 l juis ten grondslag die feit dat na Israel, die Verbondsvolk, verwys word en nie na die Boerevolk nie. Verder word na Israel se politieke en religieus-sedelike afsondering verwys. Die Boerevolk het maar geen begeerte gehad om afgesonderd te woon nie, nog minder was daar sprake van 'n religieus-sedelike afsondering. Hulle dryfveer was die Engelse regering van die dag. Hulle wou onder hulle heerskappy uitkom. Om n parallel te trek met die Verbondsvolk is noemenswaardig maar ootuig nie. Verder aan sal wat hier ges is duideliker na vore kom. Ook die gedeelte oor verbastering.

Groetnis

Carel

knipmes
3rd March 2009, 21:22
... Dit is ook hierbo so aangehaal. As jy dit weer lees sal jy dit raaksien.

Dit vorm later een van die basispunte in my argumentasie....
Carel

Carel, dankie, ek het dit so gelees maar wou juis dit uitlig, want mens lees dit maklik mis... soos jy tereg uitwys. Ek kyk uit na jou argument, dis 'n baie interessante reis hierdie...

groetnis
knipmes

Carel van Heerden
3rd March 2009, 23:09
Van wie? [3]

Om n verdere en n betere begrip te verkry van wie die Gelofte gekom het, asook om bogenoemde beredenerings aan te vul, is dit eers nodig om stil te staan by n baie interessante gedeelte in ons geskiedenis.

Ek haal gedeeltes aan uit die boek van Prof. T.H. le Roux soos weergegee in Die dagboek van Louis Trigardt. Hierdie gedeeltes vorm die basis vir verdere beredenering.

Vir eers word die gebeure beskryf wat plaasgevind het nadat Louis Trigardt met sy trek die Drakensberg af is.

Drie seuns loop weg; die sedes van destyds. Onder die berg gekom, besluit die drie seuns: onderskeidelik die seun van die weduwee Antjie Scheepers, van Botha en van Albach, om terug te keer na waar hulle vandaan gekom het wat dit ook al mag beteken het. Hulle had genoeg van die teenslae van die trek, voorsien hulle van gewere, ammunisie en nog die een en ander en slaan voet in die wind. Na n paar dae kom hulle terug. Hoe nou met die gedrostes te handel? Trigardt sr. is van oordeel dat aangesien hulle behoue teruggekom en die vuurwapens teruggebring het uiteraard n baie waardevolle besit -, die gebeure hierdie keer deur die vingers gesien kon word, maar hy het nie met Antjie Scheepers rekening gehou nie. Nou word n vermaaklike toneeltjie afgespeel en een wat tiperend is van die volksedes van destyds.

Antjie Scheepers as weduwee verantwoordelik vir haar gesin sou haar ouerlike plig versaak soos die gedagte van Trigardt sou meegebring het nie. Sy laat haar seun reeds n weerbare skut deur twee van die mans vashou en dien hom met twee stroppe n gedugte loesing toe. Na die aanskouing hiervan kon die twee vaders Botha en Albach nie anders handel as haar voorbeeld te volg nie. Elkeen loop sy eie seun dientengevolge goed deur.

In hierdie beskrywing van Prof le Roux het ek die naam Albach verdonker. In die volgende gedeelte gaan ek twee woorde uitlaat. Die sal later bygevoeg word wanneer ek na n geedeelte in die boekie van herinnering verwys. Om hierdie gebeure (di hierbo beskryf deur le Roux) nou in die dagboek van Louis Trigardt te lees is insiggewend. Die gedeeltes tussen [ ] vierkantige hakkies is my byvoegings.

Vrijdag den 29 ste [Decimber 1837]

Wij vond alles wat zy weg genomen of gestolen had als 36 koegel van Anthonie, en kruid mankeerd ook van hem; een toom van ouwe Albag; twee osse riemmen van Carolus [Louis Trigardt se oudste seun].

Albag vraag mijn wat ik met zijn kind doen wel. Ik z(ei) terwijl zij zelfs gekomen ben en de goederen bijna alles weer gebragt heb, ik haar voor det maal alles vergeven wel, voor mijn pard. Z(ei) jufr. Schepers dat zij niet te vreden is voor dat haar zoon een loesing gehad heft. Riep zij Carolus en een paar anderen; liet hem vast houden; heef zij hem met twee stroppen een loesing gegeven, en Albag zyn zoon ook; toen Botha zijn zoon ook.

Carolus heef Albag zijn zoon een slag met de vuijst gegeven boven zijn oog, dat hij een wond had. Ik vraag hem waarom hij zulks doet. Z(ei) hij dat -- ----- te trots is en zijn voor komst. Ik z(ei) dat hij het aan de ouders laten moet; dat een eider ouder zijn kind na zijn gevoelen straffen ken. Na dat zij haar loesing gehad had, vergeef wij het haar voor det maal alles.

Die eerste uitgawe van le Roux se boek het in 1964 die lig gesien. Lees gerus weer Trigardt se weergawe deur. U sal opmerk ons huidige Afrikaans al sterk begin vorm aanneem het. Indien u Prof le Roux se weergawe lees sal u opmerk hoe sy aanwending van Afrikaans (let veral op die uitdrukkings en sintaksis) alreeds van ons Afrikaans van vandag verskil.

Le Roux skryf die volgende oor die geskiedenis van die Afrikaanse taal van destyds:

Wat die geskiedenis van die Afrikaanse taal betref, besit die Dagboek van L. Trigardt groot waarde baie meer waarde as op die eerste gesig vermoed sal word. In die eerste plaas het dit waarde ten opsigte van die kennis van Nederlands wat die Afrikaner van daardie dae besit het, want Trigardt wou Nederlands skrywe so goed en so kwaad as wat dit gegaan het. Hier sien n mens duidelik watter kennis van Nederlands die gemiddelde Afrikaner destyds besit het, want Trigardt is n goeie voorbeeld in beskawing en kennis van die deursnee-Afrikaner van destyds.

As jy die bes versorgde bladsy uit die Dagboek neem en aan n Nederlander voorl, sal di s: Nederlands is dit nie. L jy dit vervolgens aan n oordeelkundige Afrikaner voor, dan sal sy uitspraak wees: Ten spyte van allerlei onafrikaanshede is Trigardt se taal tg in wese Afrikaans.

Groetnis

Carel

Carel van Heerden
4th March 2009, 10:29
Van wie? [4]

Vervolgens word gekyk na die volgende aanhaling uit die boekie van herinnering naamlik Vir die eerste keer nadat Moses die Wet van die Almagtige ontvang het om nie te verbaster nie [Exodus 20:14], word dit weer Wet.

Exo 20:14 Jy mag nie egbreek nie.

Exodus 20:14 verwys na die sewende gebod. Een van tien gebooie. Die tien gebooie staan ook bekend as die dekaloog, die Griekse vertaling van tien woorde of sake. Die literre vorm en die teologiese inhoud dui op twee onderafdelings in die tien gebooie.

Die eerste afdeling bestaan uit vier gebooie (Exo 20:1-11) oor diens aan Yahwe en is omvattend geformuleer.
Die tweede afdeling bestaan uit ses gebooie (Exo 20:12-17) oor die verhouding met die medemens en is bondig geformuleer.

In die algemene omgang van die Afrikaanse taal beteken egbreuk dat jy nie inbreuk op n ander man se huwelik mag maak nie, nog minder dat, as jy getroud is, jy met n ander vrou seksueel mag verkeer. Hierdie optrede benadeel die verhouding met jou medemens. Hoeveel huwelike het as gevolg hiervan op die rotse beland.

Belangrik egter is die feit dat die huwelik n heilige instelling van God (Gen 2:24) is. Hy waak oor die heiliheid daarvan en verbied nie net egbreuk nie, maar enige skending daarvan en vergryp daaraan.

Gen 2:24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

Hoekom die boekie van herinnering Exodus 20:14 koppel as n wet teen verbastering is nie heeltemal duidelik nie. As daar egbreuk gepleeg word met s, redenasie onthalwe, deur n wit getroude man met n swart vrou en n kind word uit so n verhouding gebore, is daar sprake van verbastering. Die kruks van die saak is egter dat egbreuk gepleeg is. n Landswet teen gemengde huwelike mag verbastering waarskynlik teenwerk, maar n wettige gemengde huwelik tussen twee mense van verskillende geslagte (een wit een swart) het nie die oortreding van die sewende gebod tot gevolg nie.

Die volgende stelling in die boekie van herinnering verdien ook aandag: n Algemene (katolieke) godsdiens van verbastering, broederskap en gelykheid word daagliks deur die Afrikaanse Kerke tot vervelens toe in hierdie volk wat afgesonderd wou woon en hom nie tot die nasies wou reken nie [Nύmeri 23:9] se kele afgedruk.

Dat die kerke die regering van die dag ter wille wil wees, is in baie gevalle waar. Dat verbastering (gemende huwelike) deur die Afrikaanse kerke verkondig word, is ek nie van bewus nie.

Hoe afgesonderd wou die Trekkers woon? Tot watter mate wou hulle hulle self verskans teen verbastering?

Vervolgens word die paragraaf waar die twee woorde uitgelaat is aangehaal:

"Carolus heef Albag zijn zoon een slag met de vuijst gegeven boven zijn oog, dat hij een wond had. Ik vraag hem waarom hij zulks doet. Z(ei) hij dat -- ----- te trots is en zijn voor komst. Ik z(ei) dat hij het aan de ouders laten moet; dat een eider ouder zijn kind na zijn gevoelen straffen ken. Na dat zij haar loesing gehad had, vergeef wij het haar voor det maal alles.

Wanneer die twee woorde ingevoeg word lees die paragraaf as volg:

"Carolus heef Albag zijn zoon een slag met de vuijst gegeven boven zijn oog, dat hij een wond had. Ik vraag hem waarom hij zulks doet. Z(ei) hij dat de Baster te trots is en zijn voor komst. Ik z(ei) dat hij het aan de ouders laten moet; dat een eider ouder zijn kind na zijn gevoelen straffen ken. Na dat zij haar loesing gehad had, vergeef wij het haar voor det maal alles.

In hierdie paragraaf, uit die dagboek van Trigardt slaan sy seun (Carolus) Albach se seun met die vuis bokant sy oog omdat de Baster hier bedoelende basterkind (gemende huwelik) te trots voorkom. Sy pa vermaan hom om die straf aan die ouers oor te laat.

Wie is Albach of meer volledig Izaak Albach? In die Dagboek is hy die uitlander met basterkinders ( volgens Preller n Frans sprekende Elsasser). Prof. S. P. Engelbrecht dui aan dat hy in die huweliksregister van Beaufort-West, berustende in die Kaapse Argief, gevind het dat op 2 December 1821 getroud is Isaak Albrach van Parijs en Leentjie Lukas. Dit is stellig Izaak Albach van die Dagboek. Gemende huwelike was destyds toelaatbaar.

Om dus te beweer dat Exodus 20:14 basterkinders sal verhoed, is reeds ter ruste gel. Of die Trekkers daarop ingestem was om van verbastering weg te beweeg, volg dieselfde roete.

Dat die Trekkers nie afgesonder wou woon nie word bevestig deur die rigtings waarin hulle getrek het. Piet Retief na Natal. Louis Trigardt na Soutpansberg, na Loreno Marques oor die Drakensberg, en die oorblywendes van die Trigardt-Trek weer na die Voortrekkers in Natal.

Groetnis

Carel.

Carel van Heerden
4th March 2009, 13:22
Van wie? [5]

Ten slotte kan ons kyk na die karaktertrekke en algemene omstandighede van hierdie Trekkers wat uiteindelik tot n Boerevolk ineen gevloei het.

As vertrekpunt kan Louise Trigardt geneem word. Sy stamvader Carel Gustaaf, was afkomstig van Swede, vermoedelik in diens van die Oos-Indiese Kie. Hy trou met Susanna Kuun (van Duitse afkoms).

Louise trou met Martha Elizabeth Susanna Bouwer (oorspronklik Duits: Bauer). Na sy huwelik woon Louise Trigardt op verskillende plekke in die distrikte Uitenhage, Graaff-Reinet en die latere Somerset-Oos. Hy neem deel aan landsake en word o.a. tot veldkornet benoem. Sowel hy as sy vader bots met die regering .

Louise Trigardt was n vermonde man. n Boer se rykdom het in daardie dae veral op sy veestapel berus. Sy veestapel het 1300 beeste, 8000 skape en bokke en 33 perde ingesluit. Selfs in vandag se terme is dit n vermonde man.

Behalwe dat baie Voortrekkers vermond was, het hulle oor eienskappe beskik wat hulle die tog binneland in laat oorleef het. Hieronder is eienskappe soos godsdienstigheid, vasberadenheid, kreatiewiteit, intelligensie, hardkoppigheid, dwarstrekkigheid, eiewys, deursettingsvermo, gehardheid, menslewendheid, toegewydheid asook die feit dat hulle onafhanklik kon optree.

Hierdie eienskappe het tot meningsverskille gelei. Soveel so dat hulle binne sig van mekaar getrek het. Ver genoeg om nie met mekaar te praat nie, maar naby genoeg om mekaar te help indien omstandighede dit sou regverdig.


Samevattend kan van die Trekkers van wie die Gelofte gekom het die volgende ges word:

Hulle was n besonder godsdienstige volk in wording.
Die argumente ten gunste van die trek binneland is was veroorsaak deur die regering van die dag maar die opdrag van God om die land te vul en te vermeerder het onbewustelik die swaarste geweeg.
Daar is onomstootlike bewyse dat hulle nie van Semietiese afkoms is nie. Baie beslis egter was hulle afstammeling van Jafet.
Hulle oorspronklik tale (Nederlands, Duits, Sweeds, Frans ensomeer) het ineengevloei tot n nuwe taal naamlik di van Afrikaans.
n Nuwe volk die Boerevolk het uit hierdie samestelling van volkere ontstaan.
Hierdie Boerevolk het oor besondere eienskappe beskik wat hulle oorlewing in die onbekende moontlik gemaak het.
Hierdie Trekkers het die Nederlandse Bybel met n ou Testamentiese en n nuwe Testament gehad wat as rigsnoer vir hulle godsdiensbeoefening gedien het.
Dit is egter te betwyfel of hulle die onderskeid tussen Yahweh en Elohim geken het.
Hierdie Trekkers wou nie in afsondering gaan woon nie en verbastering was aan hulle bekend.

Dit is opvallend dat nie een enkele bestaande volk soos die Engelse, Duitsers, Nederlanders ensomeer op eie houtjie die binneland probeer intrek het om daar te vestig en te vermeerder nie. Ja fortuinsoekers was daar altyd, hetsy vir jag of ander voordele soos goud. Slegs die Boerevolk (as afstammelinge van Jafet) het die land beset om daar te woon en te vermeerder.

Het hierdie Boerevolk in wording 'n ander Goddelike opdrag gekry waarvan ons onbewus was en selfs nog is?

Ja Kus se nageslag het ook in gedeeltes gewoon en vermeerder. Meer daaroor later

Groetnis,

Carel.

Carel van Heerden
5th March 2009, 15:33
Aan wie [1]

Gelofte

Alvorens gekyk word aan wie die Trekkers die gelofte gedoen het, is dit nodig om eers vas te stel wat met ‘n gelofte bedoel word en of daar meer as een soort gelofte is. Indien daar verskillende soorte geloftes voorkom, onder watter omstandighede geskied dit?

In Gen 28:20-22 vind ons die eerste vermelding van ‘n gelofte in die Bybel en wel di van Jakob. Hiermee verstaan ons ‘n belofte aan die Godheid gedoen – om iets te doen of iets na te laat. Byna alle volke in die Oudheid het die gelofte geken. In die Ou Testament word meermale daarvan gepraat. In tye van nood en in oorlog veral is geloftes gemaak, vergelyk Num. 21:23.


Num 21:2 Daarop het Israel aan die HERE ‘n gelofte gedoen en ges: As U hierdie volk heeltemal in my hand gee, sal ek hulle stede met die banvloek tref.
Num 21:3 En die HERE het gehoor na die stem van Israel en die Kananiete oorgegee. En hy het hulle en hul stede met die banvloek getref en die plek Horma genoem.


Die woord nēder wat daar vir “gelofte” gebruik word, skyn saam te hang met ‘n stam wat ook “wy” of “toewy” kan beteken. ‘n Persoon kan God belowe dat hy iets sal doen wanneer hy uit ‘n gevaar gered of op ‘n ander wyse gesen is.

Hy kan ook belowe om hom van iets te onthou wat op sigself geoorloof, ja selfs aangenaam is, totdat hy van sy God verkry het wat hy begeer. In Num 30 word зIssār en ‘n werkwoord зāsar wat “bind” beteken. зIssār kan beskou word as ‘n gelofte tot onthouding. Sien ‘n gedeelte uit Num 30 hieronder.


Num 30:3 Maar as ‘n vrou aan die HERE ‘n gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug,
Num 30:4 en haar vader van haar gelofte hoor of van die onthouding waartoe sy haarself verbind het, en haar vader swyg teenoor haar, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.


Enkele voorbeelde van geloftes in die ou Testament vind ons in Gen. 28:20-22; Rig. 11:30-31 en 1 Sam. 1:11. Let op watter patroon volg die geloftes, eers As en daarna Dan. Die Here moet eers Sy deel nakom waarna di een wat die gelofte tot stand gebring het, sy deel sal nakom.


Gen 28:20 En Jakob het ‘n gelofte gedoen en ges: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,
Gen 28:21 en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die HERE my God wees.


In hierdie eerste gelofte in die Bybel wat Jakob gedoen het openbaar hy ‘n mate van selfsug. Daar is by hom geen volkome oorgawe nie. Jakob ken die HERE. Ten spyte daarvan stel hy ‘n voorwaarde aan die HERE, naamlik dan sal die HERE sy God wees. Die HERE aanvaar dat Hy vir Jakob ‘n God sal wees en in Gen. 31:13 word aangedui dat die HERE nou vir Jakob ‘n opdrag gee, naamlik om klaar te maak en weg te trek uit waar hy bly, terug na sy geboorteland. Jakob se gelofte het aan die HERE ‘n “vrye mandaat” gegee om hom te gebruik na goed denke. Of Jakob dit besef het word nie ges nie. Jakob gehoorsaam egter die HERE. Hy kom sy gelofte na!


Gen 31:13 Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ‘n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland.


Rig. 11:30 En Jefta het aan die HERE ‘n gelofte gedoen en ges: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee,
Rig. 11:31 dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die HERE behoort, en ek sal dit as ‘n brandoffer bring.


1Sa 1:11 en sy het ‘n gelofte gedoen en ges: HERE van die lerskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd ‘n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.


In Deut. 23:21-23 word uitdruklik bepaal dat ‘n mens nie moet versuim om ‘n gedane gelofte te betaal nie; maar kort daarop volg met net soveel nadruk: “as jy nalaat om te belowe (d.i. ‘n gelofte te doen), sal dit geen sonde in jou wees nie.”


Deu 23:21 As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.
Deu 23:22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.
Deu 23:23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het—wat jy met jou mond gespreek het.


‘n Ander tipe gelofte is soos in 2 Sam. 11:9 vv. Onder hierdie soort gelofte neem di van die nasirerskap ‘n afsonderlike plek in. In Israel was die Nasirer een wat homself afgeskei het van ander by wyse van ‘n spesiale gelofte aan Yahweh. Dit spreek vanself dat elkeen vry moes beskik oor wat hy aan die Here belowe het. Daarom kon iemand nie iets aan die Here belowe wat hy volgens wettige voorskrif aan Hom moes gee nie, byvoorbeeld die eersgeborenes van die vee (Lev. 27:25-27).


2Sa 11:9 Maar Ura het gaan slaap by die ingang van die paleis, by al die dienaars van sy heer, en nie na sy huis afgegaan nie.
2Sa 11:10 En daar is aan Dawid meegedeel en ges: Ura het nie na sy huis afgegaan nie. Toe vra Dawid vir Ura: Kom jy nie van ‘n reis af nie? Waarom gaan jy nie af na jou huis nie?
2Sa 11:11 En Ura s vir Dawid: Die ark en Israel en Juda bly in hutte, en my heer Joab en die dienaars van my heer is gelaer in die oop veld; sou ek dan in my huis ingaan om te eet en te drink en by my vrou te slaap? So waar as u leef en u siel leef, ek sal dit nie doen nie!


Lev 27:25 En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel van die heiligdom wees; die sikkel moet twintig gera wees.
Lev 27:26 Maar die eersgeborene van ‘n dier wat as eersgeborene aan die HERE behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit ‘n bees is of ‘n stuk kleinvee dit behoort aan die HERE.
Lev 27:27 Maar is dit van ‘n onrein dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoop en die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word.


Ten opsigte van ‘n gelofte kan nou die volgende ges word:

• Dit is ‘n gelofte aan ‘n Godheid.
• Dit kan kollektief plaasvind.
• Dit kan individueel plaasvind.
• Daar is verskillende soorte geloftes.
• ‘n Gelofte het ‘n as en ‘n dan komponent.
• ‘n Gelofte word deur ‘n mens genisieer.
• ‘n Gelofte is bindend.
• ‘n Gelofte – indien nie nagekom word nie – sal sonde in jou word.

Groetnis,

Carel

Carel van Heerden
6th March 2009, 19:06
Aan wie [2]

Verbond

Ons weet die teenoorgestelde van gesen is vervloeking. As n gelofte n belofte aan n Godheid gedoen impliseer, wat is die teenoorgestelde van n gelofte indien daar wel so iets is? Wat beteken verbond? Beteken dit dieselfde as gelofte (belofte) of dalk die teenoorgestelde daarvan. Wanneer is n verbond ter sprake? Kon die Trekkers nie n verbond met die God aangegaan het nie?

Om hierdie vrae te kan beantwoord moet na die betekenis en toepassing van die woord verbond in die Bybel gekyk word.

n Verbond is n ooreenkoms tussen twee of meer partye. In die Ou Testament kom verskillende verbonde tussen mense voor. Daarnaas word gepraat van n verbond wat God met mense sluit.

Die Hebreeus het die uitdrukking: n verbond sny. Daarop kan n sinspeling wees op die seremonie wat met die verbondsluiting gepaard gegaan het (Gen. 15:9-21). Hulle het n kalf of n ander offerdier in stukke gesny. Die verskillende partye of net die party wat die magtigste was en in die verbond n toegewing gedoen het het tussen die stukke deurgegaan. Die betekenis van hierdie sinnebeeldige handeling was dat, as hulle die verbond sou skend, hulle soos die in stukke gekapte offerdier moes word. Ook ander plegtighede kon die verbondsluiting vergesel: Hulle het n eed gesweer, of n maaltyd gehou, of die hand gegee, of klere geruil ensomeer. Sien in die geval die verbond tussen Abraham en Abimleg hieronder (Gen. 21 : 27-32).


Gen 15:9 En Hy antwoord hom: Neem vir My n driejaaroud vers en n driejaaroud bokooi en n driejaaroud ram en n tortelduif en n jong duif.
Gen 15:10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gel; maar die vols het hy nie verdeel nie.
Gen 15:11 Toe kom daar roofvols op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.
Gen 15:12 En toe die son wou ondergaan, val daar n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.
Gen 15:13 Daarop s Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank.
Gen 15:14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.
Gen 15:15 Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.
Gen 15:16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.
Gen 15:17 En n sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar n rokende oond en vurige fakkel tussen di stukke vleis deur. Gen 15:18 Op di dag het die HERE met Abram n verbond gesluit en ges: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
Gen 15:19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete
Gen 15:20 en Hetiete en Feresiete en Refaete
Gen 15:21 en Amoriete en Kananiete en Girgasiete en Jebusiete.


In die ou Testament word van verskillende verbonde gepraat wat God met mense gesluit het. Met goeie rede kan ons spreek van die werkverbond met Adam, die natuurverbond met Noag, die genadeverbond met Abraham. Daar is die verbond met Israel op die Sinai (Ex. 24:1-8). Daar is n verbond met die Leviete(Mal. 2:4,8) ensomeer.


Exo 24:1 Daarna het Hy vir Moses ges: Klim na die HERE toe op, jy en Aron, Nadab en Abhu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af.
Exo 24:2 En laat Moses alleen nader kom na die HERE toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.
Exo 24:3 Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die HERE en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en s: Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen.
Exo 24:4 En Moses het al die woorde van die HERE opgeskrywe en die mre vroeg hom klaargemaak en onder die berg n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.
Exo 24:5 En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; di het brandoffers geoffer en as dankoffers bulle vir die HERE geslag.
Exo 24:6 En Moses het die helfte van die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed teen die altaar uitgegooi.
Exo 24:7 En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het ges: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.
Exo 24:8 Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en s: Dit is die bloed van die verbond wat die HERE met julle gesluit het op grond van al hierdie woorde.

Gen 21:27 Toe neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abimleg; en hulle twee het n verbond gesluit;
Gen 21:28 Abraham het naamlik die sewe ooilammers van die kleinvee eenkant uitgekeer.
Gen 21:29 Toe s Abimleg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het?
Gen 21:30 En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.
Gen 21:31 Daarom noem hulle di plek Bersba, omdat hulle twee daar gesweer het.
Gen 21:32 So het hulle dan n verbond gesluit in Bersba. Daarna het Abimleg en Pigol, sy lerowerste, klaargemaak en na die land van die Filistyne teruggegaan.

In die Nuwe Testament is daar ook sprake van n verbond meer hieroor n bietjie later.

Ten opsigte van n verbond kan nou die volgende ges word:


Dit is n ooreenkoms tussen twee of meer partye.
Dit kan kollektief plaasvind soos tussen die HERE en Israel.
Dit kan individueel plaasvind (twee mense Gen 21:27-32).
Daar kom verskillende soorte verbonde voor.
n Verbond het n sluitings aksie (handskud, sweer, ete ensomeer).
n Verbond word deur God met n/die mens genisieer. nie andersom nie.
n Verbond is is bindend.
n Verbond wat verbreek word het soos stukke gekapte offerdier tot gevolg verbreker.



Daar blyk ooreenkomste tussen n gelofte en n verbond te wees. In Wese egter verskil dit hemelsbreed van mekaar. Wanneer na die Bloedrivier gelofte gekyk word, is dit beslis nie n verbond nie maar n gelofte. Hieroor later meer.

Neem n mens nou weer Pretorius se skrywe in onskou, en ek haal aan: Die Gelofte van Bloedrivier is ook nie n nuwe Verbond as sulks nie, dit is bloot n voortsetting van die oue, . dan erken Pretorius implisiet dat daar n verskil tussen gelofte en verbond bestaan maar probeer die verskille omseil deur die ou verbond te koppel aan die Bloedrivier gelofte deur dit n nuwe verbond te noem en dit dan in aanhalingstekens te plaas.

Op hierdie stadium kan daar tot die gevolgtrekking gekom word dat:


Die Bloedrivier gelofte eie aan die die Boerevolk is Jafet se nageslag.
Dit nie verbanddhoudend tot die verbond is wat in die Ou Testament deur Yahweh gemaak is nie.
Dit nie eienskappe van n verbond bevat nie.


Wanneer die gelofte as sulks bespreek word, sal verdere uniekhede uitgewys word.

Groetnis,

Carel

Carel van Heerden
11th March 2009, 10:20
Aan wie [3]

Bloedrivier Gelofte

Tydens die Bloedrivier verrigtinge op 16 Desember 2008 het die vraag by my opgekom aan wie die Voortrekkers die Gelofte gedoen het? Die dienste was goed maar die gebruik van die benaminge van God die Almagtige en die HERE in dieselfde verband/konteks, het gepla.

Uit die beskikbare literatuur blyk dit dat daar nie ‘n bepaalde standpunt gehuldig word ten opsigte van ‘n God-eenheid wat betrek is tydens die aflegging van die Gelofte op 16 Desember 1838 nie.

Soos alreeds hierbo uitgewys, is die Bloedrivier Gelofte, nie ‘n vootsetting van die verbond wat Yahweh met Abraham later dan ook met Isak en Jakobaangegaan het nie. Omdat ‘n gelofte en ‘n verbond verskil kan so iets nie moontlik wees nie.

Om te kan bepaal met Wie die gelofte aangegaan is, is daar twee moontlikhede naamlik: God (Elohim) of die HERE (Yahweh).

Om tot ‘n sinvolle besluit te kom is dit nodig om ten aanvang, die Geloftes se verskillende bewoordings na te gaan. Die meervoudsvorm geloftes word gebruik aangesien daar verskillende weergawes is: di op die plaat in die wa-laer, en die van Jan Bantjies soos aangedui deur Karin Strydom. Op die Wendag forum Volksake onder “Wendag Herdenking”, is ‘n kritiese beskouing van die omstandigheidsgetuienis rondom die Gelofte van 16 Desember 1838 wat deur Karin Strydom saamgestel is.


Die gelofte – in Nedelands – soos dit staan op die plaat in die wa-laer, lees as volg:


Gelofte op gedenkplaat

“Mijne Broeders en Mede-landgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een Heilige God van Hemel en aarde om een Belofte aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met ons sal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elke jaar zoals een Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen, en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen waar het Hem zou behagen, en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen dat zij met ons erin moeten delen tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de ere van Zijn Naam daaroor Zal verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven.”

Die Afrikaanse weergawe soos “vertaal” vanaf die Nederlands:


Gelofte in Afrikaans – uit Nederlands vertaal

“Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n sabbat sal deurbring, en dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal s dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan hom te gee.”

Volgens Strydom dui haar navorsing daarop dat die mees getroue weergawe van die Gelofte di een is wat deur Jan Bantjes in sy dagjoernaal neergeskryf is. Dit is gedoen tydens die tyd van die afl van die Gelofte in 1838. Hierdie weergawe lees as volg:


GELOFTE volgens Jan Bantjes

“Aan den Almagtigen eene gelofte doen wilde (indien allen wel wilden), om zoo de Heere ons de overwinning geven mogt, een Huis tot zynes Grooten Naams gedachtenis te stichten, alwaar het Hem zal behagen – en dat zij ook moesten afsmeken, de hulp en bystand van God, om deze gelofte zeker te kunnen volbrengen, en dat wij den dag der overwinning, in een boek zullen aanteekene om dezelve bekend te maken, zelfs aan onze laatste nageslachten, op dat het ter Eere van God gevierd mag worden.”


Indien die bewoording van die Gelofte volgens die weergawe van Jan Bantjes korrek is, ontstaan die vraag of dit enige wesenlike verskil aan die inhoud en betekenis van die gelofte, soos geskryf op die plaat in die wa-laer gaan maak? Dit sal vervolgens nodig wees om die belangrikste elemente in die verskillende “geloftes”, ten spyte van verskillende bewoordings en sintaksis, te ondersoek om te bepaal of daar ooreenstemming in hul betekenis is:


• Alhoewel die aanhef van die geloftes verskil, blyk dit duidelik dat die Emigrante Boere of Voortrekkers ‘n belofte/gelofte wou doen.
• Hulle wou hierdie gelofte doen aan die God van Hemel en aarde / aan den Almagtigen eene.
• Dat indien aan hulle, Sy bystand/beskerming verleen word, en dat die vyand in hulle hande sal gee / overwinning geven mogt, hulle ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, dat hulle di dag elke jaar as ‘n Sabbat dag sal deurbring. Ook aan hulle nageslag sal hulle die oorwinning bekend maak tot die eer van God.

Die woord Heere in Jan Bantjes se aangetekende gelofte word gebruik as ‘n noemnaam en is nie gerig aan die HERE (Yahweh) nie.

Dit blyk dat ten spyte van verskillende bewoordings en sintaksis, die belangrike elemente van die gelofte behoue gebly het. Dit is veral belangrik om te let aan en met wie hierdie gelofte gedoen is. Dit is die Almagtig God van hemel en aarde van wie ons in Genis 1:1 lees. Hierdie God word onder andere ook vermeld in Openbaring 14:7 en in Handelinge 17:23. Di God is die adrogene God (Elohim).

Uit voorafgaande kan daar tot ‘n gevolgtrekking gekom word dat:

• Die gelofte tydens Bloedrivier aan God die Almagtige, Skepper van hemel en aarde gedoen is.
• Die gelofte deur ‘n nuwe wordende volk – die Boerevolk – gedoen is.
• Di volk voortkom uit ander volke – afstammelinge van Jafet.
• Die volk ‘n nuwe taal ontwikkel het.
• Die boerevolk se gelofte ‘n “as” en ‘n “dan” bevat.
• Dat God oorwinning gegee het – die “as”. Later meer hieroor.

Die omstandighede waaronder hierdie gelofte gedoen was, was van ‘n dreigende gevaar en sodanig, dat almal in die laer vermoor kon gewees het as God nie oorwinning gegee het nie.

Groetnis

Carel

Carel van Heerden
12th March 2009, 10:28
Aan wie [3]

Bloedrivier Gelofte: die as [1]

Die gelofte soos aangeteken op die plaat in die wa-laer (Nederlandse weergawe) by Bloedrivier en die van Jan Bantjes, soos aangeteken deur Karin Strydom word nou van nader beskou. Om n onderskeid tussen die twee weergawes te vergemaklik sal aanhalings uit die Bloedrivier weergawe in blou gedoen word en die van Jan Bantjes in groen. Karin Strydom verwys na die gelofte as n kontrak tussen God en die Emigrante Boere. Soos hierbo aangetoon word n gelofte aan n Godheid gedoen en is n kontrak nie ter sprake nie. Nietemin, vir die doeleindes van di beredenering laat ons dit daar aangesien sy (Karin) dit slegs by implikasie aandui.


Volgens Strydom bevat die as gedeelte (As God dit doen dan sal) vier elemente naamlik:

1. zoo de Heere ons de overwinning geven mogt.
2. een Huis tot zynes Grooten Naams gedachtenis te stichten.
3. alwaar het Hem zal behagen-.
4. de hulp en bystand van God, om deze gelofte zeker te kunnen volbrengen.

Vergelyk ons nou Strydom se as gedeelte met di op die plaat in die wa-laer, kry ons die volgende:

1. als Hij met Zijn bescherming met ons sal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven dat wij hem overwinnen,
2. dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen.
3. waar het Hem zou behagen.

Die gelofte soos aangedui in die wa-laer kort dus een element naamlik di vande hulp en bystand van God, om deze gelofte zeker te kunnen volbrengen. wanneer vergelyk word met di van Jan Bantjes.

Die eerste gedeelte van die as, het God nagekom.

Die tweede en derde gedeelte van die as is daar ook ooreenstemming tussen die twee gelofte weergawes. In Jan Bantjes se opgetekende gelofte word verwys na n Huis met n hoofletter en in die Bloedrivier weergawe na n tempel. Op gesigwaarde kan dan ges word dat daar na n fisiese gebou verwys word. n Gebou wat dan sodanig gebou sal wees dat dit God se Groote Naam en Sy Eer sal gedenk. Dan, dat so n gebou geplaas/gebou sal word waar dit God sou behaag.

Karin Strydom erken bogenoemde siening maar gaan egter verder en sien Huis ook as n Volk. In di verband word verwys na die Ou Testamentiese gebruik van Huis van Israel waar daar dan verwys word na die Volk van Israel. Die gebruik van die woord tempel skep n probleem om na n volk te verwys in die bre of na n spesifieke volk soos die Boerevolk. Karin se siening het meriete maar omdat dit na n Ou Testatamentiese gebruik verwys wil ek gekwalifiseerd daarmee verskil. Later sal die redes en motivering gegee word waarom dit nie noodwendig aanvaarbaar is nie.

Karin beweer dat God Sy deel van die gelofte (as gedeelte), naamlik:

1. een Huis tot zynes Grooten Naams gedachtenis te stichten.
2. alwaar het Hem zal behagen-.
3. de hulp en bystand van God, om deze gelofte zeker te kunnen volbrengen.

nie kon nakom nie aangesien God nooit deur die mense wat die gelofte afgel het in die saak geken alwaar het Hem zal behagen nie. Sy beweer ook verder dat daar geen bewys is dat die vierde element naamlik di vande hulp en bystand van God, om deze gelofte zeker te kunnen volbrengen. onderl is deur n byeenkoms om hierdie uiters belangrike deel van die Gelofte na te kom nie.

Dit is opvallend dat die gelofte soos aangeteken in die wa-laer nie hierdie element as n as bevat nie maar wel as n dat. Die verskil is dan daarin gele dat God se bystand nie benodig word nie. Die volk onderneem om uitvoering daarvan self te laat geskied. Natuurlik sal God se vrywillige hulp om die gelofte te volbring n besondere pluspunt wees.

Nou kan met reg gevra word waar ons nou staan met die gelofte en God se aandeel? Moet die Boerevolk eers bymekaar kom om van God te verneem waar n huis/tempel gebou moet word om Hom te verheerlik? Waar gaan die geld vandaan kom in hierdie moeilike tye? Moet dit n swart bemagtigings projek wees volgens regerings voorskrifte? Wie is Boere en wie aanvaar dan verantwoordelikheid? Hoe gaan God ons antwoord? Baie sulke vrae, sinvol tot onsinnig kan gevra word.

My beskeie opinie is dat God alreeds sy deel van die gelofte TEN VOLLE nagekom het. God is almagtig en weet wat vooruit gaan gebeur. In Sy wysheid is besluite alreeds geneem, en waar nodig uitvoering daaraan gegee. Somtyds sonder dat dit besef word. Soos die Voortrekkers die onbekende ingetrek het, het hulle onbewus onder God se sen Sy opdrag om die aarde te vul en om te vermeerder uitgevoer.

Groetnis

Carel

Carel van Heerden
12th March 2009, 17:16
Aan wie [4]

Bloedrivier Gelofte: die as [2]

Wanneer ges word dat God sy deel van die gelofte ten volle nagekom het, waarna word verwys? Die volgende word vervolgens bespreek:

1. een Huis tot zynes Grooten Naams gedachtenis te stichten.
2. alwaar het Hem zal behagen-.

1. dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen.
2. waar het Hem zou behagen.

Ten eerste dui die gelofte op n fisiese huis of tempel wat sodanig gebou sal wees dat dit God se Groote Naam en Sy Eer sal gedenk. Dan, dat so n gebou of tempel geplaas/gebou sal word waar dit God sou behaag. Die waarskynlikheid dat so n huis of tempel deesdae gebou sal word is baie skraal soos alreeds aangetoon. Bestaan daar nie dalk alreeds so n gebou waarvan ons dalk net nie van kennis dra nie?

Na my wete is daar net een so n gebou wat aan die nodige vereistes voldoen en dit is die Voortrekker Monument. Wanneer n mens die eerste keer daaraan dink, dan wil n mens di gedagte eers verwerp. Wanneer egter na die feite, simboliek, die plasing ensomeer gekyk word, dan kom die besef tot n mens dat dit moontlik kan wees. As alle relavante feite egter onder o geneem word dan kan dit nie anders as om di bepaalde gebou te wees nie.

Kom ons kyk eerstens na die plasing van die gebou.

Die volgende plekke het aanspraak gemaak op die beoogde Voortrekker Monument: Pietermaritzburg, Weenen, Danskraal, Bloedrivier, Blijde Vooruitzicht, Thaba Nchu, Bloemfontein, Winburg, Potchefstroom, Vegkop, Pretoria en Ohrigstad.

Die keuse het op Pretoria geval wat in 1855 gestig is, byna 20 jaar na die begin van die Trek. Die naam van Pretoruis, na wie Pretoria vernoem is, is nou verbonde aan Bloedrivier en geskiedkundiege gebeurtenisse in Natal, Vrystaat en Transvaal. Hier, na al die omswerwinge van jare, kon die Voortrekkerideale uitgelewe word. Pretoria kan beskou word as die middelpunt waarop die Voortrekkergeskiedenis uitgeloop het. Die naam van Paul Kruger wat as kind die Groot Trek meegemaak het, is ook onafskeidbaar aan Pretoria verbonde omdat hy teen die end van die negentiende eeu daar as President van die Suid-Afrikaanse Republiek gevestig was.

Wie beter was daartoe in staat om n geskikte plek vir n monument te vind namens die Boerevolk as die destydse Sentrale Volksmonumentekomitee van 1936.

Die ligging van die monument is uniek. Dit is vanuit baie rigtings van ver af sigbaar. Destyds vanaf die ou Warmbadpad kon die Monument (seker vandag nog) kilometers ver deur Wonderboompoort gesien word. Sy verhewe ligging maak dit moeilik om deur omringende geboue tans nie daar nie verberg te word indien gebou. Letterlik duisende mense reis daagliks verby die Monument meeste glo ek is Boeremense. By die aanskoue van hierdie gebou kan nie net ons voorsate se opofferings herdenk word nie maar veral God se ingrype in n kritieke stadium van ons volk se geskiedenis. So kan God se Naam daagliks gedenk en verheerlik word.

Vanaf die voet van die Monument, anderkant die amfiteater in die verre agtergrond is die stad Pretoria en die Uniegebou op Meintjieskop duidelik sigbaar daar vanwaar die Boerevolk vir 40 jaar* regeer het.

Wanneer ons na die simboliek van die Voortrekkermonument (volgende poste) kyk, dit wat ges en nie ges is nie, dan sal ons besef hoe uniek hierdie gebou is en waarskynlik dan die hand van God agter alles sien.

Groetnis

Carel
*40 Jaar later meer hieroor.

Carel van Heerden
15th March 2009, 10:00
Aan wie [5]

Bloedrivier Gelofte: die “as” [3]


Die Voortrekkermonument is gebou om in tasbare vorm ‘n huldebewys te lewer aan ‘n groep mense wat ‘n groot daad verrig het. Op ‘n bepaalde wyse, onder andere deur simboliek, word hierdie dade uitgebeeld. In die Heldesaal word gebruik gemaak ‘n Historiese Fries. Dit is te betwyfel of enige simboliek van geskiedkundige gebeure van ‘n volk so ‘n monument kan verander in ‘n tempel. Die Taalmonument is ook van ver af sigbaar en en beskik oor simboliese betekenisse. Maak dit die Taalmonument ‘n tempel? Die Paardekraalmonument by Krugersdorp byvoorbeeld, is meer in die vorm van ‘n huis/gebou opgerig. Kan daar dus ges word dat dit ‘n Boeretempel is? Helaas nie. Op watter gronde fundeer ek dan my stelling dat die Voortrekkermonument, behalwe as ‘n vorm van huldebewys vir die Voortrekkers, ook die “een Huis/ tempel tot zynes Grooten Naams gedachtenis te stichten”is?

Volgens my l die verskil in die volgende:

• Met die ontwerp van die monument het Dr. Gerhard Moerdeyk as vertrekpunt geneem dat die Voortrekkers met sy probleme die Bybel sou raadpleeg. Hulle sou soos Abraham toe hy uit Ur van die Chalders weggetrek het om ‘n nuwe tuise te stig, sy monument godsdienstig gemaak het. In die Beskrywing van Abraham se ervaringe sou die Voortrekker telkens weer gelees het: “Hy bou aldaar ‘n altaar.” Gen. 12:7 Daarop verskyn die HERE aan Abram en s: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar ‘n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.

• In die monument neem die “altaar” die vorm aan van ‘n senotaaf uit Afrikaanse graniet gebou. Hierdie altaar dui op die offer van die lewe self – vir my simboliseer dit nie net op di van Piet Retief en ander Voortrekkers nie, maar veral ook op die hoogste offer gebring naamlik di deur Jesus Christus. Die gelofte is aan Elohim gedoen en Sy uitkoms soos bewerkstellig aan die Voortrekkers is ook vir ons bewerkstellig (afstammelinge van Jafet) deurdat ons mag woon in die tente van Sem.

• As daar een volk was wat in hulle bouwerk die eienskap van geweldigheid kon weergee, was dit die Egiptenare. Selfs in hulle kleinere bouwerke het hulle daarin kon slaag om die weergawe van die grootsheid van Afrika vas te l. Die Voortrekkermonument bied die eienskap van geweldigheid, ‘n eienskap wat die werk van mensehand verdwerg. Dit is nie ‘n geval van besliste afmetings nie, maar van skaal en gevoel.

• Die Voortrekkermonument is geskoei op die tipe bouwerk van die Mausoleum van Halicarnassus, ‘n monument wat in Klein-Asi vir koning Mausolos opgerig is en is omtrent net so groot. Dit beslaan egter slegs een-sewe-en-twintigste van die grootte van een piramide.

• Ten spyte van die aanvanklike gedagte om die monument van sandsteen te bou is op graniet besluit. Hierdie graniet was afkomstig uit die granietgroewe in Soutpansberg – daar waar Louis Trigardt ‘n dorp gestig het – toeval? Hierdie graniet is van dieselfde gehalte as die Egiptiese graniet uit die groewe van Assoean. Die geboue in Egipte staan na 4 000 jaar nog, en die graniet vertoon in baie gevalle nog die oorspronklike hamer- en beitelmerke.

• Die gang om die monument vergelyk met sommige van die tempels in Egipte. Hier is die pilare nie rond nie maar vierkantig om aan te pas by die ontwerp en boustyl.

• Bo-om, bokant die groot boogvensters, is daar ‘n sig-sag-lys aangebring. Dit is die lyn wat in die ou spykerskrif of wigskrif (wyd in Mesopotami aangewend vir ongeveer 3000 jaar) water aandui – die onontbeerlike element vir vrugbaarheid. Dink hier aan God se opdrag aan Noag en sy seuns om “vrugbaar te wees, te vermenigvuldig en die aarde te vul.”

• Die koepel met ‘n opening vir lig en lug, van buite af verberg vanwe die ontwerp maar van binne duidelik sigbaar. Sou daar enige verband wees ten opsigte van die ooreenstemming met koepels soos met di van die katedraal van die Heilige Wysheid, Masedoniese Moederkerk of die moederkerk van Kiev?

• Ten laaste is dit opvallend dat die hoeksteen gel is op 16 Desember 1938 en die monument ingewy is op 16 Desember 1949 om 12:00. Die feit dat die son se strale elke jaar op 16 Desember om 12:00 op die altaar skyn, bevestig vir my meer as enige iets anders, dat God uitkoms gegee het toe dit gevra was, en dien di gebeurtenis elke jaar as ‘n bevesting van die gelofte wat eendersyds deur God nagekom is, en ons verantwoordelikheid om ons – die “dan” gedeelte ook getrou na te kom.

Groetnis

Carel.

Carel van Heerden
15th March 2009, 11:47
Vir Wie en die “dan” gedeelte

Met hierdie slotgedeelte word kortliks gekyk vir wie hierdie gelofte bedoel is. Wie kan op die gelofte aanspraak maak en wie nie? Op wie is die “dan” of “dat” gedeelte naamlik: “dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen dat zij met ons erin moeten delen tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de ere van Zijn Naam daaroor Zal verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven” van toepassing?

Met hierdie gedeelte gaan ek slegs konsentrreer op vrae, nie antwoorde nie. Elkeen moet self besluit hoe toepaslik sekere stellings is aldan nie en indien nodig waar hy of sy inskakel as nageslag van die gelofte.

Wie is die Boerevolk? Nakomelinge van die Voortrekkers of enige persoon wat hom vereenselwig met die gebeure? Is daar ‘n verskil tussen ‘n Afrikaner en ‘n Boer?

Thomas Halstead – ‘n Engelsman – wat as tolk tussen Piet Retief en Dingaan opgetree het, se beendere l by die beendere van Piet Retief en sy makers in dieselfde graf. Sou sy nageslag kwalifiseer as kinders van die gelofte en as deel van die Boerevolk?

Theresa Viglione, ‘n Italiaanse vrou wat aan ‘n groepie negosiante behoort het wat met die Trekkers handel gedryf het. Hulle waens het buite die Bloukranslaer gestaan. Die nag van die moord het Theresa onraad gemerk, op ‘n perd gespring en die Trekkers al langs die Boesmansrivier gaan waarsku dat die Zoeloes op die oorlogspad is. Sou haar nageslag kwalifiseer as kinders van die gelofte en as deel van die Boerevolk?

Waar ‘n Afrikaans-sprekende Boeredogter met ‘n Engelsman trou. Hoe sal die gelofte hulle en hulle nageslag raak. Is daar voorwaardes aan verbonde?

Daar is van die jonger generasie wat hulle as deel van die Boerevolk beskou maar terselfdertyd die aanname maak dat die gelofte nie op hulle van toepassing is nie aangesien dit te lank gelede gebeur het. Hulle woon nie ‘n geloftefees by nie want dit is “outyds” en irrelevant. Hoe raak die gelofte sulke persone teen die betekenis van ‘n gelofte dat as jy dit sou verbreek is dit sonde in jou?

Di wat s hulle is lede van die Boerevolk en die geloftedae bywoon. Om dan tydens die diens f worsbroodjies te verkoop, f worsbroodjies te koop en dit dan tydens die diens in die saal te eet. Dit was om 11:30. Watter gewig dra Geloftedag vir die sulkes?

Is die “vir wie” oop vir alle rassegroepe? Wat van Albach se basterkinders en hul nageslag? Was hulle nie ook Trekkers nie?

Sarel Cilliers en die mense in die wa-laer het op die voorraand van die geveg met die Zoeloes het alles tot hul beskikking gereed gemaak om tydens die komende geveg oorwinning te verseker. Ons wat aanspraak maak op Boermanskap, gebruik ons alles tot ons beskikking om ons huidige situasie om te keer? Is die uitoefening van ons stemreg een?

Die Nasionale party het, vandat hulle ‘n volstrekte meerderheid in die parlement verkry het (1953) vir 40 jaar regeer. Die onderhandelinge by Kempton Park het die verkiesing wat in1993 moes plaasvind, na 1994 verskuif waartydens die Blanke sy “beheer” verloor het. Wanneer in ag geneem word dat die volk Israel vir 400 jaar in knegskap onder die Egiptenare gedien het, dat hulle daarna vir 40 jaar in die woestyn moes rondswerf vanwe hul ongehoorsaamheid, hoe lank gaan dit duur voordat die Boerevolk weer vry is – ook 40 jaar? Slaan gerus die getal 40 jaar na in die Bybel. Ook die Egiptenare is uit hul land vir veertig jaar verdryf.

Groetnis

Carel

Fulcrum X
15th March 2009, 16:39
Dags Carel.

Baie dankie vir jou gesprek oor bloedrivier, ek vind dit indrukwekkend. Ek dink ons as Boervolk het baie om te leer ook daaruit en baie vrae om onself te vra. Die getal 40 speel inderdaad n groot rol, nog n voorbeeld is ren wat 40 dae en 40 nagte aangehou het in Noag se tyd. Nog iets is dat daar volgens my beslis n verskil is tussen n Boer en n Afrikaner, ek het onlangs n baie goeie boek gelees wat onder meer daaroor handel genaamd "Visies van Vryheid" deur Tobias J.G. Louw. Ek weet nie of jy bekend is met die boek nie. Maar in elk geval, dankie weereens.

Die Ou Man
15th March 2009, 19:17
Carel van Heerden.

Jou insette getuig van 'n eerlike, diepgaande studie en 'n liefde vir ons Volk.

Dankie dat jy hierdie studie met ons gedeel het. Ek kyk uit vir jou volgende onderwerp.

Liefde groete.

Die Ou Man

knipmes
16th March 2009, 19:31
...Nog iets is dat daar volgens my beslis n verskil is tussen n Boer en n Afrikaner....

Fulcrum X, hiermee gaan ons beslis akkoord, dalk moet ons 'n draad hieroor oopmaak, en dit dalkies uitpluis, of wat praat ek?

groetnis
knipmes

Ns. Carel, ek kom nog by jou... puik werk!!

subie
17th December 2009, 16:47
Pragtig uiteengesit sodat selfs n eenvoudige soos ek kan sin maak daaruit.
Wens ek het die stuk al lankal ontdek.
Die slot paragraaf is egter vir my onduidelik of nie klaar geskryf nie.
Vir Wie en die dan gedeelte??? Is die vraag beantwoord of mis ek iets?

subie