PDA

View Full Version : Voortrekker Monument: Boere Tempel



Die Ou Man
12th March 2009, 21:27
http://img211.imageshack.us/img211/945/vtm282.jpg


Simboliek van die Voortrekkermonument

Die monument is gebou as 'n huldeblyk aan die Voortrekkers, wat hulle kultuur na die binneland gebring het en daarom vorm orde, meetkundige presiesheid en simmetrie deel van die ontwerp van die monument. Die simboliek is soos volg:

Hek: Die assegaaie stel die mag van Dingaan voor.

Laermuur: 'n Laermuur van 64 waens verleen simboliese beskerming aan die monument.

Hoekfigure: Die vier hoekfigure, naamlik Piet Retief, Andries Pretorius, Hendrik Potgieter en die onbekende Voortrekkerleier, vorm 'n simboliese erewag.
Vrou-en-kinderbeeld: Hierdie beeld is simbolies van die kultuur en Christendom wat deur die vroue op die Groot Trek gehandhaaf en uitgebou is.

Swartwildebeeste: Simbolies van Dingaan se krygers.

Driehoekige lys: Bo-om die monument is 'n lys van driehoekvormige depressies. Dit simboliseer vrugbaarheid. Die kulturele nalatenskap van die Voortrekkers moet groei.

Buffelkop: Die buffel is die gevaarlikste verdediger in die Suid-Afrikaanse dierelewe. Hierdie buffelkop verdedig die monument simbolies teen aanslae van buite.

Senotaaf: (Kenos - leeg, taphos - graf). Dit is die somboliese rusplaas van Piet Retief en al die Voortrekkers wat tydens die Groot Trek gesterf het.

Sonstraal: In die boonste koepel van die monument is 'n opening waardeur die son skyn. Elke jaar op 16 Desember (die dag van die Slag van Bloedrivier) om twaalf-uur skyn die sonstraal op die woorde "Ons vir jou Suid-Afrika." Die woorde kom uit die Stem van Suid-Afrika. Die sonstraal is simbolies van God se seŽn wat op die werk en strewe van die voortrekkers gerus het.

Vloer: Die heldesaal se vloer is met wyer wordende kringe marmer uitgewerk, met die senotaaf as uitgangspunt. Hierdie ontwerp, wat watergolfies voorstel nadat 'n klip in die water gegooi is, word wyer totdat dit die hele gebou vul. Dit simboliseer die verspreiding van die gees van opoffering wat van die Voortrekkers uitgegaan het, totdat die gevolge daarvan die hele land gevul het.

Koepels: Bokant die heldesaal is 'n koepel met 'n groot ronde opening in die middel, wat deur 'n tweede koepel oortop word. Die omvang van die groot daad van die Voortrekkers word deur die boonstel koepel aangedui. As die lyne van hierdie koepel deurgetrek word, sou dit die hele monument in een groot sirkel omvang.

Vlam: Simbolies van die vlam van beskawing wat in Suid-Afrika brand.

Uit die Republikein (http://www.republikein.com.na/kollig/simboliek-van-die-voortrekkermonument.26589.php)

Die Ou Man
14th March 2009, 19:51
'n Onderhoud met Gerhard Moerdyk, argitek van die Voortrekker Monument kan by die onderstaande PDF skakel gelees word.





https://www.up.ac.za/dspace/bitstream/2263/423/1/MDK0467T.pdf




.

Die Ou Man
13th April 2009, 18:27
Die son, as simbool, speel 'n belangrike rol in ons Volksgeskiedenis en monumente. Die rede daarvoor is voor-die-hand-liggend.



http://img209.imageshack.us/img209/3640/jesuskruiskt1.png (http://img209.imageshack.us/my.php?image=jesuskruiskt1.png)


Die son is die simbool van die Christendom en van Jesus.

Dit is die rede waarom die son so prominent in ons simboliek uitgebeeld word.

Dit is ook die rede waarom meeste antieke skilderye Jesus uitbeeld met 'n sonskyf/vuurkruis/wenkruis om sy hoof.

Die simboliese koppeling van die son as simbool van die God van die Bybel, is ouer as die Ou Testament.

Lig teenoor duisternis -

God is Lig -

Jesus getuig van die Lig.

Die simboliek is dus eenvoudig om te verstaan.


Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan. (Maleagi 4:2)


Want die HERE God is 'n son en skild... (Psalm 84:12)


En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weŽ reg te maak; om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes; deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het, om te skyn oor die wat in die duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig. (Lukas 1:76-79)


Ek het as 'n lig in die wÍreld gekom, sodat elkeen wat in my glo, nie in die duisternis sou bly nie. (Johannes 13:46)


Daar is vele gedeeltes in die Ou en Nuwe Testament wat die Goddelikheid simbolies verduidelik aan die hand van die son, lig, ens. Lees gerus Johannes 1.

Ons monumente slaag by uitstek daarin om deur middel van dieselfde Bybelse simboliek die band tussen ons Volk en die Goddelikheid weer te gee.

Die son as simbool van die Christendom is van die vroegste tye reeds onteenseglik gevestig!

Die sonlig wat op 16 Desember deur die koepel van die Voortrekker Monument skyn, is simbolies van God se seŽn wat op die werk en strewe van die Voortrekkers gerus het.

Die Voortrekker Monument is diť simbool van die band tussen 'n Volk en sy God.

Die Voortrekker Monument is meer as bloot 'n monument. Dit is 'n Boere Tempel!

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
16th April 2009, 21:51
Ons geskiedenis en simbole is deurspek van die Egiptiese "son van geregtigheid" wat later in die Bybel opgeneem is as die simbool van die Goddelikheid.

Ons predikante behoort bekend te wees met die "son van geregtigheid" omdat dit een van die simbole van die Kweekskool op Stellenbosch is. Sou mens egter 'n voormalige tokkelok van Stellenbosch vra na die "son van geregtigheid" sal hy na alle waarskynlik met 'n bek vol tande staan.


http://img517.imageshack.us/img517/9792/kweekskool3.jpg (http://img517.imageshack.us/my.php?image=kweekskool3.jpg)

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
16th April 2009, 22:06
Die Kweekskool van Stellenbosch se bouwerk verteenwoordig egter nůg 'n heel belangrike simbool.


http://img6.imageshack.us/img6/9376/kweekskool4.jpg (http://img6.imageshack.us/my.php?image=kweekskool4.jpg)

Wie is die Vrouw?

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
16th April 2009, 22:23
Hier volg nog 'n simbool van die "Onbekende Vrouw" in ons geloofs geskiedenis.


http://img201.imageshack.us/img201/2715/moeder.gif (http://img201.imageshack.us/my.php?image=moeder.gif)

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
5th May 2009, 19:53
Vergelyk die Christen son-simboliek met die Volkskuns van die Voortrekkers hieronder.

http://img230.imageshack.us/img230/58/vtm014dv4.jpghttp://img206.imageshack.us/img206/1423/vtm019ky1.jpg http://img150.imageshack.us/img150/6461/vtm015xm2.jpg http://img205.imageshack.us/img205/6494/vtm026vt6.jpg

Die bostaande simboliek is noukeurig deur die Voortrekkers op kruithorings, borduurwerk, houtwerk en allerlei persoonlike besittings aangebring. Let veral op die son as simbool in ons Volkskuns.

Iewers in ons hedendaagse geskiedenis het ons voorouers se simboliek "vir die maan" gegaan. Betreurenswaardig, is dit nie?

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
5th May 2009, 20:29
Ons voorvaders het oer-simbole op hul persoonlike besittings aangebring. Die basis van kruithorings is voorbeelde.

http://img259.imageshack.us/img259/2848/vtm030be0.jpg http://img258.imageshack.us/img258/5849/vtm028es5.jpg http://img110.imageshack.us/img110/433/vtm029dn3.jpg

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
24th August 2009, 14:12
Toespraak van Dr. D F Malan op 16 Desember 1949

Vir hierdie magtige skare, ongetwyfeld die grootste wat daar nog ooit op Suid-Afrikaanse bodem vergader het, breek die plegtigste van hierdie geskiedkundige feesviering straks aan.

U staan rondom 'n monument wat nie alleen verreweg die grootste en indrukwekkendste in ons eie land is nie, maar wat onteenseglik ook een van die uniekste in die hele wÍreld is. Dit staan daar as 'n ewigdurende huldebetuiging, nie aan'n bepaalde gebeurtenis of reeks van gebeurtenisse nie, maar aan 'n geslag.

Dit was 'n geslag met 'n daadkrag wat tot magtige resultate gelei het, maar dan ook 'n daadkrag wat alleen moontlik was omdat dit die uitvloeisel was van 'n bepaalde lewensdrang, en wel 'n lewensdrang wat met sy opheffende en besielende krag deur hierdie monument bedoel word om onsterflik te wees.

Presies om twaalfuur word ten aanskoue van hierdie magtige skare die deure van die monument ontsluit. En op daardie selfde oomblik sal daar vir die eerste maal, soos daarna dit op elke 16de Desember sal geskied,'n sonnestraal van die hemel val op die sarkofaag daarbinne - sinnebeeld van daardie goddelike waarheid, so treffend deur die Voortrekkergeskiedenis bevestig, dat geen groot ideaal bereik kan word sonder sy offers nie, dat dit langs die weg van die kruis is dat die oorwinning behaal word, en dat dit die dood is waaruit die lewe voortkom.

Op daardie plegtige oomblik sal u daar staan, nie net as belangstellende toeskouers nie, bereid om u eie hulde aan die Voortrekkergeslag te bring. U sal veral daar staan as die verteenwoordigers van die geslagte wat nog sal kom, en as die waarborg dat ook hulle, net soos uself, die betekenis en die boodskap van hierdie monument sal verstaan en dit in die toekoms getrou sal uitlewe.

In diepe eerbied en dankbaarheid bring ons nou hulde aan die Voortrekkers vir daardie taaie volharding en heldemoed wat hulle in staat gestel het om ten spyte van die grootste ontberings die fondamente te lÍ van 'n blanke Christelike beskawing in 'n groter Suid-Afrika.

Groot is hierdie prestasie op sigself, maar groter nog as in gedagte gehou word dat sedert die ontdekking van die passaat om Afrika se suidpunt, daar drie-en- 'n -halwe eeu verloop het dat die Portugese, Hollanders en Engelse - die toenmalige drie groot seevarende nasies en koloniale magte van die wÍreld - ons kuste omseil het sonder om die binneland van Suid-Afrika, met al sy woestheid en gevare, maar ook met sy ontsaglike moontlikhede, binne te dring. Dit was alleen vir die daadkrag van die Voor*trekkers beskore om dit te doen.

As erfenis het die Voortrekkers ons 'n groter Suid-Afrika nagelaat, en dit het swaarder offers gekos. Maar blote pioniers was hulle nie. En dis juis dit wat hulle van ander dergelike trekbewegings onderskei het.

Hul motief was meer verhewe en die resultaat daarvan was daarom blywender en oneindig ryker aan geestelike inhoud as wat deur die blote inbesitneming van nuwe grondgebied verkry kan word.

Dit was ook nie landhonger wat hul voortgedrywe het nie, want grond en besittings het hulle in hul vroeŽre woongebied genoeg gehad. Veroweringsug was dit ook nie. Want ten spyte van die militÍre oormag aan hul kant en van moorddadige verraad teen hulle aan die kant van sommige inboorlingstamme, het hulle nooit enige uitroeiingsoorlog gevoer, soos onder dergelike omstandighede in sommige ander lande plaasgevind het nie.

Inteendeel, daar is geen inboorlingstam deur hulle uit sy erfdeel verjaag nie, en geen geweld is gebruik anders as om lewe en eiendom te beskerm nie.

Woonplek vir hulself het hulle verkry of op ongeokkupeerde grond*gebied of deur vreedsame onderhandeling.

En deur eie vrye besluit het hulle die tot op daardie tyd heersende slawerny nie met hulle saamgeneem nie.

Dit was ewe min afkeer of haat teen enige ander ras of bevolkingsdeel wat hulle beweeg het om huis en haard te verlaat en om die ontberings en die gevare van die wildernis te trotseer. Met die 1820-Setlaars het hulle in vrede en vriendskap verkeer, en van hierdie nuwere bevolking, wat saam met hulle dieselfde griewe teen die oorsese owerheid gedeel het, het hulle niks anders as respek en waardering afgedwing. Getuie hiervan is die oor*handiging van 'n Bybel deur die vooraanstaande Britse setlaar Thompson aan die Voortrekkerleier Uys, wat ook in hierdie monument in marmer afbeelding verewig is.

Wat die Voortrekker 'n trekker gemaak het, is so welbekend dat dit hier geen herhaling of beklemtoning vereis nie. Dit was die onoordeelkundige toepassing van die Franse Revolusie se leuse "vryheid, gelykheid, en broederskap", wat toe sy invloed oral oorsee nog laat voel het, op 'n gemeenskap waar die blanke Christelike beskawing om sy voortbestaan moes worstel teen die aanvalle en die invloede van 'n omringende barbarisme, en waar die gelykstelling en die daarmee gepaard gaande prysgee van blanke rassesuiwerheid en blanke heerskappy die noodlottigste gevolge na beide kante toe kon hÍ.

Die Voortrekkers was nie bereid om op enige wyse, doelbewus en spoedig, of geleidelik en ongemerk, rasse- en nasionale selfmoord te pleeg nie. En hierom moes hulle toe die prooi word van misverstand en van die gruwelikste belastering van wreedaards en onderdrukkers te wees, waaraan ooit enige gemeenskap blootgestel was.

Hoewel die berugte Swarte Ommegang hierdie belastering doeltreffend aan die kaak gestel het, en die Voortrekkers met 'n skoon karakter en gewete kon vertrek, het die beleid om hulle met hul gesinne en hul besittings aan roof en moord bloot te stel sonder die reg tot effektiewe selfverdediging, voortgeduur.

Dis onreg wat nie langer verduur kon word nie, wat die Voortrekkers voortgedryf het. En dis daardie stryd teen onreg, wat dit ook al moes kos, wat hulle nie sou of kon verneder nie, maar wat hulle alleen kon verhoog.

Met belastering is hulle weliswaar agtervolg - en ongelukkig tot vandag toe nog - maar hulle het uitgetrek ook nie sonder 'n ongevraagde getuigskrif wat sonder hul wete oorhandig is aan die toenmalige Britse regering, en wel deur die hoogste gesag in Suid-Afrika, die Goewerneur, sir Benjamin D'Urban. "Die Trekkers," so het hy hulle beskrywe, "het behoort tot die oudste en eerbaarste lede van die distrikte waaraan hulle behoort het, en inherent is hulle 'n dappere, geduldige, arbeidsame, ordelike en godsdienstige gemeenskap - 'n onberekenbare verlies vir die Kolonie, van watter kant jy dit ook al mag beskou."

Om 'n groot, kosbare gebied vir die nageslag te open, was inderdaad 'n groot prestasie, veral waar dit sware offers geŽis het. Maar op sigself was dit nog die minste, omdat sonder meer dit nog nie die toekoms van Suid-Afrika in sy innerlike wese en blywend kon bepaal nie.

Hul oneindig groter prestasie was dat hulle aan die nageslag nie slegs grondgebied nagelaat het nie, maar grondgebied wat tegelyk draer en verdere kweekplaas was van 'n volksiel.

As die grondslae van'n eie Suid-Afrikaanse nasieskap in die ou Kolonie langsamcrhand gelÍ was sedert die dae van Adam Tas, en as dit in diť mate by die Groot Trek daarom reeds bestaan het, het die Voortrekkers met hul stryd en lyding en hul groot prestasies sodanig daarop voortgebou, en het hulle daardie eie nasieskap sodanig tot sy uiterse konsekwensie uitgeleef, dat hulle byna as die skeppers daarvan aangesien kan word.

Hulle het ten minste in die grootste mate daaraan inhoud en geestes*rigting en karakter gegee. Die Groot Trek het inderdaad geword dic mees sentrale gebeurtenis in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Met die Groot Trek was al die nodige materiaal vir daardie vollere nasicskap nou daar. Vir eers was daar die alles onderskragende agtergrond - afkoms. Die Voortrekkers was die kinders van die Geuse en die Hugenote, en daarom was hulle ook kinders van die vryheid en van 'n gods*dienstige geloofsoortuiging wat vir die behoud van daardie geestelike besit selfs die grootste offers van goed en bloed gering geag het.

Daar was vaderlandsliefde, wat in hierdie geval des te intenser was omdat die Voortrekkers in hul nuwe woongebied ingetrek het nie as immigrante wat in hul aangenome land die voordeel van ander se opofferings en voorbereidingswerk kon trek nie. Inteendeel, die bodem waarop hulle hul nuwe toekoms moes gaan bou, was deur hulself met hul eie ontberings en heldedade en bloedoffers gekoop. In 'n besondere en diepere sin was daardeur hul vaderland hul eie.

Gevolglik kon hulle nie meer in enige sin die kinders van 'n ander land bly nie. Uitsluitend, en deur hul eie bloedbande gebind, moes hulle wees kinders van Suid-Afrika.

Daar was verder die besef dat as draers en voortplanters van die Christelike beskawing, hulle 'n volksroeping gehad het wat aan hulle en hul nageslag die onverbiddelike eis gestel het om aan die een kant op te tree as die voogde van die nie-blanke rasse, maar aan die ander kant dan ook, om te sorg vir die behoud van hul eie blanke heerskappy en van hul blanke rassesuiwerheid.

Daar was by hulle die sorg vir die eenheid en die onskendbaarheid van die gesinslewe, wat 'n besondere kenmerk van die Voortrekkers was en waarop alleen 'n gesonde volksbestaan opgebou kan word.

Vryheidsin, toegepas en uitgeleef ook op staatkundige gebied, gods*dienstige geloof, vaderlandsliefde, bereidwilligheid om, as dit geŽis word, vir groot volksideale en vir beginsels te ly en te sterf, die vaste wil om nie deur bloedvermenging af te sak tot 'n laer beskawingspeil nie, regverdig*heid teenoor die omringende nie-blanke rasse, en die gehegtheid aan en die beskerming van die familielewe, siedaar alles bymekaar wat die ont*staan moontlik en selfs noodwendig moes maak van 'n eie, egte en Christelike Suid-Afrikaanse nasieskap met 'n eie toekoms in 'n eie vrye en onafhanklike vaderland.

So gebore, kan enigiemand hom nog daaroor verbaas dat so 'n volk, gering in getalsterkte, so 'n groot getal van groot manne en vroue kon voortbring, en dat waar hy daarna meer dan eens teen 'n geweldige oormag 'n worstelstryd vir sy voortbestaan moes voer, hy homself so kon handhaaf dat hy die bewondering van die hele wÍreld kon afdwing en daardeur ook Suid-Afrika vir goed op die wÍreldkaart kon plaas?

Hierdie monument staan daar as 'n huldebetuiging aan die Voortrekkers. Dit is egter maar die geringste deel van sy betekenis. Dit is nie 'n monument vir die dode nie, maar vir die lewende.

Dis nie maar net 'n sierlike bouwerk van kunstig verwerkte klip en graniet nie, maar dit is die draer van 'n boodskap. En as u oog of die oog van u kinders tot in verre nageslagte daarop val, dan is bedoel dat u daarop sal lees 'n vraag - 'n vraag aan u as volk en aan u en u kinders as individuele lede daarvan. Dis hierdie diep ernstige en sieldeursoekende vraag. Volk van Suid-Afrika, of ook u wat met trots op u bors slaan en uself 'n Afrikaner noem: Waar gaan jy heen?

Suid-Afrika, waar gaan jy heen?

Die Voortrekkers het in hul dag hul eie reusetaak vervul. Maar ook hulle was ten slotte maar fondamentleggers. Dis u en elke geslag voor u en na u wat geroep word om daarop voort te bou - elkeen volgens die behoeftes en omstandighede en geleenthede van sy tyd hom daartoe in staat mag stel.

Die Groot Trek van meer as honderd jaar gelede is verby. Maar Suid-Afrika self is sedert daardie tyd, en in u tyd meer as ooit tevore, op die trekpad. Op die trekpad! Waarheen? Kyk vorentoe en oordeel vir uself!

LÍ die Pad van Suid-Afrika voor u oog helder en ope tot gindse aanlokkende bloue berge van nog onbereikte Voortrekkerideale? Of kyk u vas teen 'n gryse misbank waarop daar uitdagend 'n groot vraagteken voor u afgeteken staan?

Op daardie deel van die trekpad wat u en u geslag geroep word om te bewandel, is die moeilikhede en die gevare, hoewel in 'n ander vorm, niks minder groot en dreigend as diť wat die Voortrekkers in die gesig gestaar het nie.

WÍreldomstandighede het verander en wÍreldinvloede werk op ons in. Met hooghartigheid en gefronste wenkbroue word daar opnuut op die Voortrekkergees en -ideale neergesien. Deur die verstedeliking van ons volk het die Afrikanerdom sy beskutte posisie geestelik sowel as ekono*mies grotendeels verloor. Blanke armoede, gepaard met nie-blanke voor*uitgang, sowel as menigvuldige daelikse kontakte op allerlei gebied en op vrywel gelyke voet maak die stryd om rasse-suiwerheid altyd swaarder.

Die gesinslewe en daarmee ook die godsdiens en die sedelikheid raak gaandeweg in verval. En die goddelose Kommunisme, wat die omverwerping is van alles wat die Voortrekkers opgebou en as heilig beskou het, woed soos 'n vernietigende en dodelike kanker in die donker voort.

Wat dreigend voor u staan, is niks minder nie as moderne en uiter*lik beskaafde heidendom sowel as versinking in semi-barbarisme deur bloedvermenging en die desintegrasie van die blanke ras.

Sal Suid-Afrika nou en altyd, sal u vir uself en vir u kinders die uit*daging aanneem en moedig en vasberade u taak aanvaar?

Waarheen Suid-Afrika? Die antwoord hierop kan alleen deur u self gegee word, vandag met die woord, maar daarna met die daad.

Na vandag sal op elke 16de van Desember presies om twaalfuur die hele Afrikanerdom, so nie in werklikheid nie, dan tog in die gees rondom hier*die monument vergader staan.

As dan in die gees die rapportryers uit die Noorde en uit die Suide en uit die Ooste en die Weste aangejaag kom met tyding omtrent vooruit*gang of agteruitgang, omtrent oorwinning of nederlaag, en as die sonne*straal vanuit die hemel dan op die Voortrekker-sarkofaag daarbinne val, sal rekenskap van u en van u kinders na u afgeŽis word.

Langs die Appiese weg by die ingang van Rome staan daar wat genoem word die Quo Vadis-kerk. Die oorlewering daaraan verbind, is dat hier die plek is waar Petrus wegvlugtende van vervolging en dreigende marteldood in 'n gesig sy Heer ontmoet het, draende Sy Kruis, wat hy nou vir die tweede maal besig was om te verloŽn.

"Quo vadis?" (Waar gaan jy heen?) vra toe sy Heer eerste aan hom. "Ek vlug vir die behoud van my lewe" was die antwoord van die dissipel; "maar, Quo vadis? "(waar gaan U heen?)

Hierop volg toe weer die antwoord van sy Heer: "Terwyl jy My vir die tweede maal verloŽn, gaan ek na Rome om vir die tweede maal gekruisig te word." Onmiddellik het Petrus toe omgedraai en hom vir sy Heer gewillig laat kruisig.

Hierdie monument staan hier vir die Voortrekkers se nagedagtenis en huldiging. Maar dit staan hier langs die Pad van Suid-Afrika ook vir u en vir u nageslag. Dis u Quo Vadis-heiligdom, Afrikaner, nou en deur al die toekomende geslagte heen! As u weggedwaal het van die Voortrekker*gees en -gedagte, as u die Voortrekkers wat u vandag huldig, met die daad verloŽn en opnuut kruisig en u oog val op hierdie monument waar u en die Voortrekkers vandag in die gees mekaar van aangesig tot aangesig ontmoet; as daardie sieldeursoekende vraag hom dan aan u opdring: Afrikaner, Quo Vadis, waar gaan jy heen?

Staan dan stil, en draai terugl Terug na u volk; terug na u volk se hoogste ideale; terug na die pand wat ook aan u toevertrou is om te bewaar; terug na die volksaltaar waarop u u offers moet lÍ, en as dit geŽis word ook uself as 'n offerande; terug na die heiligheid en die onskendbaarheid van die gesinslewe; terug na u Christelike wandel; terug na u Christelike geloof; terug na u Kerk; terug na u God!