PDA

View Full Version : Dagboek van 'n Boer



Carel van Heerden
16th March 2009, 17:16
Dags aan almal,

Met die skryf van die Bloedrivier gelofte het gewonder hoeveel van ons jong mense nog die voorreg het om op 'n plaas te kom en die lewe aldaar te ervaar. Ek praat dan meer spesifiek van dorpsjapies. Ook is dit by baie ons Boerevolk wat in die stede werksaam is 'n begeerte om 'n eie lappie grond te besit. Ander wil graag self boer.

Vir diegene wat beplan om te boer of hunker na 'n eie stukkie grond om in die ware sin van die woord 'n BOER te wees, plaas ek uit my dagboek een dag wat ek as boer ervaar het. Die gebeure is waar. Indien 'n na die lees van di volgende paar poste nog die Boerbloed in u are voel vloei, kan 'n grus boerdery as 'n beroep oorweeg - selfs na u afgetree het.

Groetnis,

Carel

Carel van Heerden
16th March 2009, 17:27
Die varke en die veiling

Di dag wanneer n boer sy lewende hawe veiling toe neem is n besondere dag. Nie net kry hy n inkomstetjie om die bankbestuurder gelukkig te hou nie, daar is dalk n paar pennies oor waarmee die nodige negosieware aangekoop kan word. As die pryse goed is, is daar n ekstratjie vir n ietsie.

By ons is Donderdae elke week di dag. Nie dat daar elke week na die veiling gegaan word nie. Nee, dit gebeur maar so een of twee keer n jaar. Die speenkalwers moet die regte gewig h, die varke moet skoon gewas wees en respektabel vertoon vir n moontlike bier. Dit verg natuurlik goeie beplanning. n Dag se lengte is beperk en as n mens varke en speenkalwers op dieselfde dag by die veilingskrale wil kry, moet jy by jou lessenaar uitkom en n paar sommetjies maak.

Die eerste stap is om die markpryse te bestudeer. Elke week word die Landbouweekblad eerste by speenkalwerpryse oopgemaak en dan met di van die vorige weke vergelyk. Werfbobbejaan - n kort strokiesprent op die laaste bladsy kom eers daarn aan die beurt. Toon die pryse n stygende neiging moet geantisipeer word wat die volgende week se pryse gaan maak. Gaan dit op- of af wees? Di besluit verg nogal kundigheid! Nadat tot n ingeligde besluit gekom is, word die wiele aan die rol gesit.

Die tweede stap is om die veilingkrale se verteenwoordiger te bel en n kraal te bespreek. So terloops, baie ver terloops word dan ook sylangs verneem hoe die pryse vir varke en speenkalwers die vorige week was. Natuurlik is die antwoord altyd dieselfde: Goed oom, baie goed! al is die teendeel die geval. Di versekering is genoeg om jou te laat besef dat jou ingeligte besluit reg was, en jy voel gemaklik met wat volgende gedoen moet word.

Dan volg die volgende stap. Die logistiek word met militre presisie bereken. n Sleepwa moet gehuur word, die varke moet die Woensdagaand gelaai word eers na kostyd , gewig is op n veiling baie belangrik - sodat vroeg vertrek kan word om weer terug te keer om dan die speenkalwers te laai. Daar moet voorsiening gemaak word vir oponthoude, n vragmotor voor jou op die lang bult, n moontlike pap wiel, noem maar. Afstand en gemiddelde snelheid met en sonder vrag is eweneens belangrik. Die kalwers moet geklas en in die drukgang se kraal ingejaag word k die Woensdagaand. Die tye vir die varke se veiling en die van die speenkalwers moet ook in ag geneem word.

Na die papierwerk (beplanning) afgehandel is, kom die doen deel (implimentering) aan die beurt. Die mense wat die sleepwaens verhuur word geskakel. Jy bespreek sleepwa nommer 8. Di een het vier wiele is goed gebalanseer, en kan met gemak 80 tot 100 km per uur getrek word, n pluspunt as in ag geneem word dat die veilingskrale 110 km ver is en dat daar eers weer terug gery moet word om die speenkalwers te laai.

Met die sleepwa bespreek kom die arbeiders aan die beurt. Noukeurig word verduidelik hoe die varke gelaai moet word. Ja dit is nodig. n Volgevrete vark is soos n bloubulondersteuner wat nie n kaartjie kon kry nie en hom voor die televisiestel met n groot stuk biltong en n skerp mes, enkele minute voor die aanvang van die wedstryd inrig jy roer hom nie. Die laai van die kalwers is ietwat makliker. Die foute van die verlede word opgediep. Sorg dat die kalwers nie langs die laaiplatvorm uitspring nie! Julle weet wat laaskeer gebeur het. As dit nie vir my was nie het julle nou nog gehardloop om hulle weer in die kraal te kry. Onthou, Brahman bulletjies is nie skaaplammers nie! So word aangehou totdat almal waarskynlik verstaan. Sien, hier by ons praat party Swazi en ander Zoeloe. Ek praat Fanagalo en wanneer ek kwaad word, Russies!

Met die doenlysie netjies afgemerk word nou gewag vir die laaidag Woensdag.

Groetnis,

Carel

Carel van Heerden
17th March 2009, 06:14
Dan breek Woensdag aan. Alles word reggekry. Die varke uitgekeer, gewas en gevoer baie. Die kalwers word uitgewys wat gekraal moet word. Dan word gery om die sleepwa te hak. Daar aangekom is daar n klein probleempie. Di sleepwa ja nommer 8 is dubbel bespreek. Nee, daar is ook nie n ander sleepwa beskikbaar nie. Dit is veilingsdag en dinge gaan n bietjie dol So word aan my verduidelik, nie aan die ander huurder van die nommer 8 sleepwa nie. My argumente van vroegtydige bespreking en wat nog word met die waai van n hand afgemaak. Ek sien nommer 6 sleepwa daar staan. Di sleepwa het slegs twee wiele en die risiko vir n pap band is groter wanneer speenkalwers vervoer word. En die een, vra ek. Dit blyk dat die een ook uitverhuur is. Net daar word my Boerebloed warm nie blou nie. Ek oortuig die eienaar dat ek die sleepwa gaan neem, uitverhuur of nie. Hulle moenie hulle probleem myne maak nie.

Op pad terug besluit ek dat alle bande mooi nagegaan sal moet word. Terug op die plaas gebeur dan ook net dit. Bande, noodwiel inkluis word behoorlik gepomp om hitteopbouing te minimaliseer.

Die varke kom aan die beurt. As n vark nie self op die laaiplank wil loop nie kan dit nogal n ding afgee. Die varke is groot en stel nie belang in ons aanmoedigings nie. Ten einde laaste word van agter gestoot en van voor getrek. Om van vooraf te trek verg kundigheid. Die vark word aan sy ore getrek op so n wyse dat hy jou nie kan raakbyt nie. Jou arms word nie heeltemal reguit gemaak nie. Die trek is meer n stuur van die kop om rigting aan te dui. Die trek aan die ore het egter een groot nadeel. Dit is asof di aksie die vark se knaldemper ontkoppel. Sowat van n brieeeek brieeeeeeeek geskreeu hoor n mens nie aldag nie.

Die sleepwa met die varke word onderdak getrek, reg vir die volgende dag se rit. Die kalwers se uitkeer lewer nie veel probleme op nie.

Die aand word my dorpsklere uitgesit, reg vir die volgende dag. Al die nodige papierwerk word afgehandel en saam met bestuurderslisensie ensomeer klaar in die bakkie gepak.

Donderdag breek aan. Dit is somtyds goed dat die Liewe Vader ons nie vooraf in kennis stel wat gaan gebeur nie. Maar dat Hy stilweg help is gewis. Die arbeiders word met enkele handgebare verduidelik om sekere werk om die werf te doen. Ek is nou-nou terug en dan moet die kalwers vinnig gelaai word vir die terugtog om sodoende betyds die spertyd vir die kalwers se veiling te haal.

Di dag hou belofte in om besonder warm te word. Dit is windstil. Gelukkig waai daar n wind oor die varke vanwe die beweging van die bakkie. Dit gaan besonder goed. Die varke het n paar keer gedraai en uiteindelik met hul agterstewe in die rigting van die wind gaan l.

Die veilingskrale l sowat drie kilometer aan die ander kant van die dorp vanwaar ek die dorp binnekom. Om die vroe oggendverkeer te mis, ry ek deur die nywerheidsgebied tot in die hoofpad wat na die volgende dorp gaan. Met die ry deur die nywerheidsgebied beland ek op die pad wat die steenkoolvragmotors gebruik om die steenkool na die kragstasie aan te ry. Slaggate is orals en diep. Elkeen word om die beurt mee onderhandel. Sommige word gemis, ander getref. Die gestamp het die varke op hul pote en hulle beweeg van voor na agter.

Op die hoofpad moet aan die regterkanste baan gery word. Die pad is onder konstruksie en n tweerigting verkeer word in slegs een rybaan aangebied. Die linkerkanste baan is sowat n 150 mm opgevul en swaar masjienerie is besig om die opvulling te kompakteer. Langs die opvulling staan konstruksiewerkers met rooi vlae om die verkeer tot bedaring te bring. Die bakkie word geskud deur die varke se heen en weer geloop. Hulle is nou moeg vir die klein spasie en is honger. Hulle voertyd is toeka al van krag.

Vir die nou baan tot die voertuie se beskikking vorder ons heel vinnig, seker sowat 50 tot 60 km per uur. Aan die linkerkant is n T-aansluiting. n Groot Interlink steenkoolvragmotor draai ongevraagd vanuit die T-aansluiting voor al die motors in. Daar word ernstig met die ry af gerem tot sowat 40 km per uur. Die skielike gerem van die bakkie het die varke voorentoe laat beweeg. Met die versnelling hoor ek net n slag. Met die versnelling het die varke almal na agter beweeg, hul gewig het die koppelstuk van die sleepwa van die bakkie se hak laat loskom ketting en al. In die truspieltjie sien ek die sleepwa soos n branderplank, neus in die lug op my afpeil. Ek probeer vinniger versnel maar n motor voor my laat my rem. Die disselboom van die sleepwa tref die agterkant van die bakkie met n slag. Die weerstand wat die bakkie bied swaai die sleepwa se disselboom na links en die sleepwa met die varke al sittende op die agterkant peil op een van die vlagwaaiers af. Di gee gelukkig betyds pad. Net daarna tref die een wiel van die sleepwa die die opvulling van die pad en slaan om. Die varke stap af, almal ongedeerd. Hulle stap tussen die verkeer in. Jy hoor net remme. Die varke, nou reeds lekker honger, stap na akkerbome oorkant die T-aansluiting en begin vreet. Ek trek af en klim uit.

Vir die eerste keer in my lewe is ek sprakeloos. Die kere uitgesluit toe my pa vir my as kind ges het ek moet stilbly. Al my berekenings en logistiese beplanning het nie hiervoor voorsiening gemaak nie. My plan B is van geen en nuller waarde. Waar begin n mens? Hoe tel jy die swaar sleepwa op? En die varke? Hoe laai jy, man alleen, hulle sonder n laaiplank en hulle is honger!!

Groetnis,

Carel

Carel van Heerden
17th March 2009, 14:53
Die verkeer dreun om my. Realiteit tree in na die, ek kan dit nie glo nie. n Man kom op my afgestap. Dit is n kleurling, waarskynlik die voorman: hy vra vir my of ek gesien het die sleepwa het amper die swartvrou met die vlag omgery. Ek s ek het. Hy beveel aan dat ek haar om verskoning moet vra, want sy het groot geskrik. Ek wou eers s dat die gebeure nie deur my toedoen is nie, maar bly stil. Ek stap na die vrou toe en vra om verskoning vir die amperse ongeluk. Daar word aan haar verduidelik dat sy baie rats is en goeie oordeel aan die dag gel het. Sy is dankbaar.

Toe ek weer sien, kom daar n vragmotor met n hyskraan op aangery. Die voorman het dit gerel. n Klompie werksmense los hulle werk en help die sleepwa op sy wiele. Ek ondersoek die skade. Behalwe vir die modderskerm oor die een wiel wat sleg afgebuig is, is daar geen noemenswaardige skade nie, net skrape aan die traliewerk vanwe die teer. Hulle help my om die sleepwa te haak, beheer die verkeer terwyl ek oor die T-aansluiting na die varke toe ry.

Ek kyk op my horlosie en sien daar is nog sowat n halfuur oor voor die veiling van die varke begin. Dan skop my verstand in werking. Die veilingskrale se verteenwoordiger word gebel en my probleem verduidelik. Hy sal my terugbel. Nie lank nie of my selfoon lui. Hy verduidelik dat hy van hulle mense oorstuur om my te help om die varke te vang en te laai. Ek is dankbaar. Nie lank nie, toe daag n ander boer met n bakkie en sleepwa op. Twee arbeiders kom saam.

Ons probeer die varke vang. Die terein is ongelyk en langs die hoofpad is n diep donga met water in. Dit is warm en die varke besluit om in die modder te gaan l. Die boer het, toe ons begin het, gesien dat die operasie lank gaan duur en het verskoning gevra om sy ander verpligtinge na te kom. Een van die arbeiders ken nie varke nie. Elke keer as een van ons ander n vark gevang het, en hy kom help, dan ruk die vark los. Met n groot, baie groot gesukkel het ons naderhand ses van die sewe varke in die sleepwa. Die veilingskraal verteenwoordiger bel. Oom ons het probeer om die veiling n bietjie uit stel, maar die mense is haastig. Ek verduidelik dat ons amper klaar is, dat hy asseblief die mense moet laat weet ek is op pad. As hulle mooi varke wil koop, moet hulle net n bietjie wag!

Met die omstap om die sleepwa merk ek op dat die afgebuigde modderskerm se rand op die band rus. Daar is nie n manier dat die band vir 20 meter gaan loop as die sewende vark gelaai is nie. Die modderskerm sal die band eenvoudig oopkloof. Die bakkie se domkrag kom tot my redding. Di word onder die modderskerm staangemaak en opgedomkrag. Stadig buig die modderskerm weer terug. Die arbeiders klim op die sleepwa en hul gewig druk die modderskerm weer op sy oorspronklike plek.

Die sewende vark is nie meer lus vir die sleepwa nie en kies koers die veld in. Na groot gesukkel kry ons hom deur die verkeer tot by die sleepwa. Skreeuend word hy gelaai. Net toe ons wou ry, beweeg al die varke om watter rede weet ek regtig nie na die agterkant van die sleepwa. Die sleepwa reageer op die gewig, slaan agteroor, disselboom in die lug. Nou om hom terug te kry. Ons aldrie hang aan die disselboom. Die swaartekrag is in die guns van die varke die sleepwa roer nie. Wat nou? die tyd loop uit. Die veiling is aan die gang. Weer het ek n oomblik van helderheid. Die domkrag. Di word nou onder agter die sleepwa geplaas en stadig in werking gestel. Dit werk. Met behulp van klippe wat ver gesoek en aangedra moes word, kry ons die sleepwa geleidelik hor totdat hy naby aan oorbeweeg is. Die varke, moeg van opmekaar sit, beweeg vorentoe tot die sleepwa begin oorbeweeg. Hulle gewig druk die disselboom vinnig af en die sleepwa se neus val, by die bakkie se hak verby tot op die grond. Al die varke skuif vorentoe. Ons probeer die disselboom optel. Pure verniet. Die domkrag kom weer tot ons redding. Uiteindelik het ons die koppelstuk waar hy moet wees netjies op die hak. Die pen wat die koppelstuk van die sleepwa moet vashou, het gebreek. Ons soek n stuk draad. Die is moeilik bekombaar aangesien die lyndrade klaar herverdeel is. Uiteindelik kry ons n stuk en draai die koppelstuk goed vas. Een arbeider bly agterop die sleepwa staan om die varke te keer om nie na agter te beweeg nie. Die ander een trap op die haak om dit nie op te laat beweeg nie. Of dit sal help, is te betwyfel maar, die gesindheid is reg.

Ons ry stadig aan na die veilingskrale. Weer lui die selfoon. Ons is amper daar. Nog net n paar minute, verduidelik ek. Die varke word afgelaai en in die kampe gejaag. Ek bedank almal en neem die sleepwa terug na die verhuurders. Wie weet, dalk kan ek n ander sleepwa bekom en tog nog betyds wees om die kalwers te laai en te bring. Dit sal egter vinnig moet gebeur.

Groetnis,

Carel

Carel van Heerden
17th March 2009, 14:57
Aangekom by die verhuringsmaarskappy verduidelik ek my probleem. Terwyl ons nog praat kom sleepwa nommer 8 daar aangesleep. Ons kom tot n vergelyk, ek haak die sleepwa en sit af plaas toe.

Die sleepwa is vir groot beeste gebou. Hy is swaar en die bakkie kry teen opdraendes n bietjie swaar. Toe ek die gelyktes tref toe sit ek voet neer. Alles gaan goed. Die sleepwa is rustig agter die bakkie teen sowat 150 km per uur. Omtrent 50 km weg sien ek stukke goed by my regterkantste venster verby vlieg. Met die kyk in die kantspieltjie, sien ek die rook onder die sleepwa uitborrel. Ek hou stil. Een van die twee wiele aan die regterkant se band het gegaan. Behoorlik gegaan!

Ek kyk op my horlosie. As ek vinnig die band vervang, kan ek dit nog maak, dan met sekere voorbehoude. Die noodwiel wat op die bak l word nader gehark. Toe ek hom optel, besef ek hy is pap, baie pap. Ek is weer terug na die eerste blokkie (square one). Ek klim in die bakkie. Hierdie stryd het ek verloor. My appelkar is nou heeltemal omgekeer. Dan besluit ek om met my omstandighede vrede te maak. Stadig ry ek terug dorp toe. Die stukkende band al klappend op die agtergrond. Ek besef ek gaan dit nie maak nie. By die eerste plaashuis draai ek in.

Niemand is tuis nie. Dit is mos veilingsdag! Die werf is netjies en goed versorgd. Ek trek die sleepwa eenkant op die werf en wil hom afhaak. Ek kan nie. Die neusgewig is te swaar. Nou verstaan ek waarom twee werkers hom moes aanhaak. Ek is n stadige leerder. Ek soek rond op die werf. In n le sementdam naby die werf sien ek n ysterpaal op die dam se vloer l. Nee, ek sal inkom maar nie uit nie, die dam is te diep. Wie wil in elk geval vir n vreemde eienaar verduidelik wat jy in sy le dam soek deur van daar onder na hom op te kyk.

Uiteindelik loop ek n sterk pyp in die oop afdak raak waar die plaasbakkie staan. Met n groot gesukkel kry ek die sleepwa ontkoppel. Ek is moeg en honger. Dit raak laat. Ek ry terug dorp toe. By die verhuringsmaatskappy verduidelik ek weer. Hierdie keer is die omstandigehede anders. Hulle sal die sleepwa loop haal.

Terug by die veilingskrale kry ek my geldjie. Ek kyk na die bedrag. Ek het hulle mos ges dit is mooi varke! Terug in die dorp eet ek n laat middagete en ry stadig huis toe.

Groetnis,

Carel

Carel van Heerden
17th March 2009, 15:07
Noudat u hierdie stuk gelees het, sou u s dat hierdie skrywe u sal laat belangstel om BOER te wees? Ek glo nie. Het hierdie skrywe u laat voel dat die Boerbloed in u are sterk sal vloei? Ek glo nie. n Laaste vraag sal u boerdery as n beroep oorweeg, selfs na u aftrede nadat u hierdie stuk gelees het? Ook dit glo ek nie. Nou wat wil hierdie skrywe oordra? Lees gerus verder.

Die aand gaan ek vroeg slaap. Omtrent 1 uur die oggend word ek wakker. Weer speel die dag se gebeure voor my af. Nou is ek uitgerus en kan beter dink. Dan kom die antwoord. Hierdie gebeurtenisse wil my iets oor myself vertel. Soos ek die gebeure herroep, kom die antwoorde:

Jy kan so goed beplan soos jy wil;
die dag kan so belangrik wees soos hy wil;
jy kan so sterk optree soos jy wil;
jy kan selfs so geskok wees soos jy wil;
jy kan waarskynlik geld nodig h soos jy wil;
alleen is jy tot niks in staat nie.

Die kleurlingman was nie arrogant toe hy my gevra het om die swartvrou om verskoning te vra nie. Hy was bloot bekommerd oor die mense onder hom aangestel. Hy het hom ook nie verlustig in my tenspoed nie. Hy het kom help. Die swart vrou het na my om verskoning vra gehelp om die verkeer om die toneel te deflekteer sodat ek gehelp kan word. Ja selfs toe die een vark koers gekies het die veld in, het sy met die terugjaag die verkeer beheer.

Ja, ons boeremense het ook gehelp. Die verteenwoordiger by die veilingskrale het binne sy vermo gedoen wat hy kon. Die arbeider wat nie varke ken nie, het ten spyte daarvan gehelp. Al het party varke los gekom, sou ons nie almal kon laai sonder hom nie. Die omheining langs die treinspoor? Waarskynlik het dit iemand gehelp om ook sy of haar goed te beskerm teen diewe. Die man by die verhuringsmaatskappy het gehelp, nie omdat hy n dubbel-bespreking gedoen het nie, maar omdat hy n medemens in nood gesien het.

En ek? Waar was ek? Ja ek was aan die ontvangkant van die goeie dade. Dit het my diep laat nadink. En vandag? My arbeiders word nie meer vertel wat hulle moet doen nie, hulle word geraadpleeg. Wanneer kalwers gelaai word, word nie meer vertel hoe hulle drooggemaak het nie. Hulle word gevra hoe ons die probleem kan oplos. Meer nog, ek praat nie meer Russies nie, maar Zoeloe. Stelselmatig leer ek die taal aan en word baie daarin ondersteun. Tot my verbasing begin my arbeiders nou Afrikaans aanleer. Die mense wat hier kom aankope doen, sal my groet in Zoeloe en die wat kan sal met my in Afrikaans praat. Dit ten spyte van die ANC se opdrag om dit nie te doen nie. Hulle doen dit vrywillig! Ek het hulle kultuur leer ken en besef vandag een ding: as jy n ander se taalgroep kan praat, maar jy praat lelik met hom, verstaan hy jou. As jy sy taal kan praat en jy praat respekvol met hom, praat jy met sy hart. Vandag sing my werkers as hul werk. My omset het toegeneem, die mense spreek my met respek aan en my weivelde word nie meer afgebrand nie. Is hierin miskien iets vir ons almal te leer? Besluit self.

Ten slotte: Wie het ges veilingsdag is nie belangrik nie. Jy kry dalk meer as waarvoor jy gevra het, veral as jy varke vervoer.

O ja, vir die wat belangstel. Ek het toe sleepwa nommer 8 gekry die daaropvolgende week. En ja, die veilingsverteenwoordiger was reg: die pryse was nie net hor nie maar goed, baie goed! Die bankbestuurder glimlag en die ekstra geldjie vir n ietsie? Ja dit was moontlik. Met die terugry het ek di staande gemaak anderkant die rathefboom langs die luguitlaat van die bakkie se lugversorger sodat dit koel kon bly. Ja, n pakkie sjokalade vir my vrou sy hou tog so daarvan!


NASKRIF: Hierdie is die laaste skrywe in n reeks van drie: Met Kananan vervloek deur Noag wou ek weet waar die swartbevolking en die witbevolking vandaan kom. Met die skrywe van Bloedrivier gelofte: van wie, vir wie,aan wie wou ek vasstel wat die betekenis van die gelofte-, en op wie dit van toepassing is. In hierdie vertelling het ek die antwoord gekry waar ek tuishoort in die nuwe dispensasie. Sterkte met elkeen op sy eie reis!

Groetnis,

Carel