PDA

View Full Version : Dagboek van 'n Boer II



Carel van Heerden
1st April 2009, 10:03
DAGBOEK: Jou siel gaan hel toe redes ten spyt.

Wanneer n mens boer is een ding seker: dit is die onsekerheid van dit wat voorl.

Die kerk op die dorp se dienste begin nie te laat nie eers half-tien elke Sondagoggend. Om egter alles voor nege-uur gereed te kry om kerk toe te kan gaan, moet baie van die boerdery se vertakkings alreeds sover moontlik die Saterdag voor die Sondag afgehandel word.

Sondagoggend is dit dan slegs n kwessie van kontroleer of alles in plek is, die diere wat moet kos kry van die nodige te voorsien en dan te skarrel om by die stort uit te kom. Sodoende kan die reuk van kraal- en hoendermis, ek praat nie eers van die varkmis nie, by die huis agtergelaat word! n Goeie gedagte is natuurlik ook om jou skoene goed af te vee voor jy die huis ingaan. Dalkies kan van die mis afval en onwetend trap jy met jou kerkskoene daarin om dan net in die kerk agter te kom jy het n klankie. Natuurlik nou nie van jouself afkomstig nie.

Die ren en kalfseisoen lewer egter sy eie verrassings. Gewoonlik kalf koeie in die nag. Of hulle dit so rel is ek nie seker nie. Altans, dit is soos die boere wat weet my vertel. Natuurlik is daar uitsonderings, selfs baie, maar die meeste kalf in die nag.

Ja, daar is uitsonderderings, baie uitsonderings Die enigste probleem is dat elke uitsondering op hierdie plaas plaasvind. Dan nie op gewone week- en werksdae nie, nee, hulle kalf op Sondae so ongeveer agt uur in die oggend. Natuurlik is daar wat in die week kalf. Hulle is egter in die minderheid. So gebeur dit dan dat di kalwers wat op Sondae aankom, nie net die vierde gebod oortree nie, maar my ook daarby betrek. Sondag kalwers is bulletjies en hulle moet in die harde werklikheid ingehelp word, met of sonder die hulp van die ma (koei). Die pa (bul) slaap natuurlik laat want hy moet rus hy het mos in ses dae al sy werk gedoen. Die uiteinde is dat dit te laat word en kerkbywoning, di betrokke Sondag oorstaan aangesien ons nie saans dienste het nie.

Die volgende Saterdag word alle dragtige koeie opgekommandeer na die kraalkamp voor die huis. Elkeen se uier word met n kennersoog ondersoek. Trouens, so wil ek dit graag laat voorkom vir die arbeider wat saam met my di kontrole doen. Dan word die arbeider se opinie ingewin. Sonder uitsondering stem hy saam met my bevindings. Sondag gaan n goeie dag wees n kerkbywoningsdag! Die koeie word van die nodige lek en voldoende voer voorsien so n bietjie bederf voor die groot hef aan!

Di nag vreet die koeie soveel voer dat hulle nie anders kan as om die volgende oggend te kalf nie. Dit is nou die wat Maandag eers moes gekalf het. So begin ons weer voor. Sien, dit is nie dat die koeie die gevolge van hulle eie dade kan hanteer nie, dit is die nuwe bul wat so dominant is dat hy die ander bul se koeie dek nuwe lyndrade ten spyt. Boere wat weet sal jou vertel dat n Brahmanbul se kalf by n middelslag koei, probleme gaan gee. Die Angusbul is gewillig, meer as gewillig, maar die ander bul is net te groot en te vinnig.

Groetnis

Carel

Carel van Heerden
1st April 2009, 10:10
Die volgende Saterdag word weer die nodige voorsorg getref vir enige onvoorsiene gebeurtenis. Jy staan vroeg op. Die dag lyk belowend. Geen koei trek n skewe gesig nie. Geen groot o van benoudheid nie. Nee, trouens, n sagte gesnork ontmoet jou by die kraalkamp. Jy sien die nuwe kalf sukkelend op sy bene probeer kom. Wanneer hy uiteindelik daarin slaag soek hy sy ma se uier sommer by die voorbene. Jy glimlag gelukkig. Dit is n verskalf en boonop nogal n mooie. Brahman-wit met lang hangore en n nuuskierige kyk op die gesig.

Vandag kan mens kerk toe gaan. Fluitend stap jy hoenderhok toe. Net kyk of alles reg is. Gister kos gegee, en di kan nog nie klaar wees nie.

n Aardige gevoel omklem jou hart as jy die hok nader. Geen vrolike vretende hoedergeluide is hoorbaar nie. n Vreemde plas-plas geluid begroet jou. By die hok aangekom is die waarheid groter as jou vermoedens. n Waterbak se klep het vasgehaak en die water stroom oor die bak se rand. Die hok se vloer is pap sop nat, nee, natter as pap sop nat! Die hoenders staan in die water en pik pik na onbekende drywende ietsies. Seker houtskaafsels wat nie met die vloed ondergegaan het nie. Die arbeider wat die naweek aan diens is, weet: hier kom werk.

Die water-toevoer word afgedraai. Die bak se klep word gesluit, hoenders op n hoop gejaag en al die water en skaafsels met grawe, en later besems uitgevee. Daar is nie kans om lyf weg te steek of om kerk toe te gaan nie. Die hoenders het my weer sekere gebooie laat oortree. n Nuwe gebod is hierdie Sondag oortree. Jy mag nie begeer nie. Hoe het ek nie n buurman se hok begeer wat geen probleme oplewer nie! Met die skaafsels uit, die vloer net klam, moet nuwe skaafsels ingery word. Di is toe heeltoevallig klaar. Die hoop skaafsels in reserwe lewer een kruiwa vrag vol. Nou is dit saagmeule toe, Sondag of nie, om skaafsel te gaan laai.

Uiteindelik tree rustigheid in. Die geluide uit die hoenderhok is vretend en die uit die kraal suipend. Geluide vir n belowende dag waarvan die uurglas ongelukkig leeg geloop het.

Die daaropvolgende Sondag, loop alles teen die verwagtinge in, goed. Geen ongevalle, watervloede, gesteelde lyndrade of siek beeste nie. Veldbrande is nog enkele maande weg. Die dag lyk belowend. Ons is moeg en besluit ons bly by die huis om te rus en om die stilte te waardeer.

So gebeur dit dat ons eers na twee maande by die kerk uitkom. Uitgerus en gereed om die woord van die Here te ontvang.

Die preek verloop goed. Ek merk op dat die predikant my en my vrou so onderlang dophou as hy preek. Wat kan ons nou s, as jy lanklaas in die kerk was dan was jy lanklaas in die kerk. Dit is n feit soos n koei wat kalf!

Amper aan die einde van die preek gebeur dit. Daar word so ietwat van die gepreekte vers afgewyk en onomwonde word verklaar dat di wat nie n kerkdiens bywoon nie, se siele hel toe sal gaan. Dit maak nie saak wat die redes ookal is nie. Di word ges terwyl stip na ons gekyk word.

Nou wonder ek net, met my siel klaar in die hel, wat om Sondae te doen.

Groetnis,

Carel